Helikopter red man (23) uit Bainskloof

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Helikopter red man (23) uit Bainskloof
Deur Malherbe Nienaber
14 Junie 2018

’n Man (23) van Wellington is Woensdag per helikopter uit die berge by die Bainskloofpas gered nadat hy in ’n rivier gegly en sy knie ernstig beseer het.
Dié man is deel van ’n groep van vier jongmense wat in die berge in die omgewing tussen Wellington en Wolseley gaan stap het. Ná die voorval het sy vriende na die pad gestap om die reddingsdienste te ontbied.
Johann Marais van Wildernes-soek-en-redding (WSAR) sê ’n reddingspan uit die Paarl het gegaan om die stapper te help. “Dit was egter ’n baie moeilike terrein om hom daarvandaan uit te dra.”
’n Helikopter is dus ontbied en het die man na ’n wagtende ambulans geneem, waarna hy in die Paarl Mediclinic opgeneem is.

Netwerk 24

Be the first to comment

Leave a Reply