Broodpoeding met appel en kaneel

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

15 min.Bereiding

6Porsies

25-30 min.Gaarmaak

Bestanddele

  • 1 x brood van ’n dag oud of 10 snye brood
  • 1 x 410 g-blik appelstukke, gedreineer
  • 2 kaneelstokkies, gebreek (opsioneel)
  • EIERVLA
  • eiers
  • 500 ml (2 k) melk
  • 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
  • AFRONDING
  • 60 ml (¼ k) botter, gesmelt
  • 60 ml (¼ k) ligte bruin­suiker
  • 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
  • VIR VOORSIT
  • 125 ml (½ k) room, styfgeklop

Metode

15 min.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 4-6 klein oondbakkies of 1 middelslag-oondbak goed met kossproei.

  • Breek die brood in grow­we stukke. Pak die brood- en appelstukke in die oondbak- of bakkies. Plaas die kaneelstokkies bo-op, indien verkies.
  • Eiervla: Klits al die bestanddele goed saam en giet eweredig oor die brood.
  • Afronding:Bedruip die broodmengsel met die botter. Meng die suiker en kaneel goed en sprinkel bo-oor die poedings.
  • Bak die poedings 25-30 min. of tot die eier­vla heeltemal gestol is.
  • Vir voorsit:Sit die warm broodpoedings voor saam met die geklopte room.

Dis nie altyd nodig om duur bestanddele vir ’n heerlike Sondagpoeding te koop nie. Dié broodpoeding is die ideale resep vir oorskietbrood – die appel kan met enige ander geblikte vrugte of rosyntjies vervang word.

Bron: Huisgenoot wen resepte, foto: Pixabay


 

Be the first to comment

Leave a Reply