Nuus en weer 3 Julie 2018

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Aangebied weeksdae om 9:30(CAT) deur Yolanda

Klik HIER om weer te luister

https://archive.org/details/yol2018-07-03.093002

Kennisgewing

  1. Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
  3. Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

Die programme word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo

Nuus

HOOFTREKKE

 

  • Die Minister van Finansies, Nhlanhla Nene, sê hy is vol vertroue dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens vanjaar hul doelwit met belasting insameling sal bereik. Nene het in Alberton die 2018 belastingseisoen amptelik van stapel gestuur. Die Inkomstediens het ook ‘n diensleweringshandves bekendgestel wat belastingebetalers in staat stel om die inkomstediens aanspreeklik te hou deur hul regte en verpligtinge te verstaan. In die dokument word uitgespel wat belastingebetalers van die Inkomstediens kan verwag. Die S.A.I.D verwag om vanjaar een komma drie duisend miljard rand in te samel.

 

  • Oudregter Robert Nugent het intussen beslis dat die ondersoek na die geskorste kommissaris van die Inkomstediens, Tom Moyane sal voortgaan. Moyane se regsverteenwoordiger, Dali Mpfu het verlede week gevra dat die ondersoek na die sake van die Inkomstediens gestaak word totdat Moyane se tugverhoor afgehandel is. Nugent het die aansoek van die hand gewys en sê die kommissie kan nie homself ontbind nie, omdat dit deur die president aangestel is. Hy het Moyane se voorlegging as skandalig bestempel en sê dit is deurspek met beskuldigings en sinistêre bewerings.

 

  • Die DA-leier in die Wes-Kaap, Bonginkosi Madikizela, sê Lennit Max se nuwe pos as spesiale raadgewer vir die minister van Polisie is ‘n botsing van belange omdat dit ‘n politieke aanstelling is. Die voormalige DA-lid van die provinsiale wetgewer het Vrydag sy bedanking ingedien. Sy kontrak met die minister, Bheki Cele het gister van krag geword. Max hou vol dat hy steeds ‘n lid van die DA is, en dat sy bedanking nie ‘n voorwaarde vir die aanstelling was nie. Madikizela sê Max moet duidelikheid gee oor sy politieke tuiste, aangesien iemand nie ‘n spesiale raadgewer vir ‘n ANC minister kan wees en beweer dat hy steeds ‘n DA-lid bly nie.

 

  • Die Vereniging van Staatsamptenare het aangekondig dat die meerderheid van sy lede by die Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid met arbeidsoptrede gaan begin. Die adjunkbestuurder van die Vereniging, Tahir Maepa, sê die staking is te wyte aan Sassa en die ministerie van Maatskaplike Ontwikkeling se weiering om met die vakbond oor Sassa-personeel se salarisse te onderhandel. Maepa sê die huidige geskil spruit uit die werkgewer se eensydige besluit om Sassa-personeel by die Staatsdiens-Bedingingsraad se salarisooreenkoms in te sluit. Hy sê Sassa se weiering om te onderhandel maak nie sin nie omdat Sassa-personeel nie staatsamptenare is nie en derhalwe nie deel van die bedingingsraad se ooreenkoms kan wees nie.

 

  • Die Suid-Afrikanse Menseregtekommissie het gevra dat ‘n amptenaar van Gauteng se Departement van Sport en Ontspanning, Velaphi Khumalo, ‘n boete van 150-duisend rand opgelê word vir sy inskrywings op sosiale media na aanleiding van die Penny Sparrow rassisme saak.’n Verdere aanbeveling is dat hy vir ‘n jaar geskors word. Khumalo is na die

 

  • Gelykheidshof geneem nadat hy in 2016 op Facebook gesê het witmense moet doodgemaak word soos wat die Jode uitgeroei is. Die Menseregtekommissie vra ook dat die hof sy uitsprake as haatspraak moet verklaar. Die ANC het vroeër aan Khumalo ‘n finale skriftelike waarskuwing gegee en hom met 30-duisend rand beboet. Die Nasionale Vervolgingsgesag moet nou besluit of Khumalo strafregtelik vervolg gaan word.

 

  • ‘n Een-jarige meisie is dood en ‘n kleuter is ernstig beseer toe ‘n plakkershuis vanmiddag in Meadowlands in Soweto aan die brand geslaan het. Volgens die Johannesburgse Nooddiens was die kinders alleen toe die brand uitgebreek het. Die oorsaak van die brand moet nog vasgestel word. Vroeër vandag is ‘n kind dood in ‘n brand in Mandelapark in Houtbaai toe 15 informele woonstrukture afgebrand het.

 

  • Die grootste dam in die Wes-Kaap, die Theewaterskloofdam, het vandeesweek met vyf persent tot 34 persent gestyg. Verlede jaar dié tyd het die dam slegs 19 persent water in gehad. Ondergemiddelde reënval sedert 2015 het tot gevolg gehad dat die watervlak gevaarlik laag gedaal het. Die dam het ‘n kapasiteit van 480 miljoen kubieke meter wat sowat 41 persent van die waterbergingskapasiteit van Kaapstad is. Na raming is minstens drie jaar se goeie wintereën nodig om die watervlak behoorlik te laat herstel. Die gemiddelde vlak van die ses grootste damme in die provinsie staan nou op 42 persent.

 

  • Die grootste dam in die Wes-Kaap, die Theewaterskloofdam, het vandeesweek met vyf persent tot 34 persent gestyg. Verlede jaar dié tyd het die dam slegs 19 persent water in gehad. Ondergemiddelde reënval sedert 2015 het tot gevolg gehad dat die watervlak gevaarlik laag gedaal het. Die dam het ‘n kapasiteit van 480 miljoen kubieke meter wat sowat 41 persent van die waterbergingskapasiteit van Kaapstad is. Na raming is minstens drie jaar se goeie wintereën nodig om die watervlak behoorlik te laat herstel. Die gemiddelde vlak van die ses grootste damme in die provinsie staan nou op 42 persent.

Man attacked with panga during a hijacking

George Herald

 

Three assailants made off with the driver’s Golf.

Police are investigating a case of hijacking after three robbers assaulted a man with a panga before speeding off with his car at 00:45 on Monday morning in Thembalethu, George, in the Western Cape.

The George Herald reports that the vehicle was a white VW Golf 3, registration number CBS 21605.

According to Thembalethu police communications officer Captain Dumile Gwavu, the complainant had parked his car next to the road in Phelandaba when the incident took place.

No one had been arrested and the police were still investigating the incident.

Source: The Citizen

DA slams Sassa, Sapo for failing to pay out social grants

The DA says Sassa and Sapo appeared to have been ill-prepared for the changes to the payment system.

The Democratic Alliance (DA) said on Tuesday it was concerned about reports from social grant beneficiaries across the country of systems glitches which had resulted in many of them failing to cash their monthly payouts.

The DA said the South African Social Security Agency (Sassa) and the South African Post Office (Sapo), which has been appointed preferred payment channel for all social grants, appeared to have been ill-prepared for the changes to the payment system which came into effect on July 1.

An apology issued by Sassa acting CEO Abraham Mahlangu on Monday citing system failure for the problem was not good enough, the party said, noting that 2.8 million South Africans depended on the payouts to put food on the table.

“Until pay points change to the new system, beneficiaries will not be able to access their funds,” DA shadow minister of social development Bridget Masango said.

“Neither Sassa or Sapo can say for certain when they expect this to happen which means millions of people will go hungry for an indefinite period because of Sassa’s negligent behavior.”

Source: The Citizen

Fire destroys Little Elephant tourist center in Middelburg

Almost all the buildings were destroyed.

A fire that broke out early on Tuesday morning has completely consumed a job-creation cultural project in Mpumalanga.

It was a night of freezing winter destruction and heartache for the traders at the Little Elephant/Ndlovu Encane Art & Craft Market, on the Midway Inn property in Middelburg, Mpumalanga.

The Middelburg Observer reports that almost all the buildings in the center were destroyed overnight.

The facility consisted of colorful, thatched arts and crafts stalls surrounding a sunken amphitheater used for a cultural song and dance performances on special occasions offering three cultural huts showcasing the traditions of the Ndebele, Tsonga, and Zulu.

The local job creation project offered an opportunity to local artists and crafters to practice their work in the traditional huts.

Source: The Citizen

 

Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo

Yskoue weer word Dinsdag oor die grootste deel van die land verwag. Ryp kan in Gauteng, Noordwes, die Vrystaat, die Hoëveld van Mpumalanga en dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorkom.

Minimum temperature van onder die vriespunt word oor groot dele van die binneland en die noordelike provinsies voorspel.

Expected minimum temperatures for 03 July 2018. Frost expected over the interior of South Africa with severe frost in places (highlighted in red). Please keep you and your pets warm.

Gauteng

Mooi weer word oor die provinsie heen verwag. Vir Johannesburg word ’n maksimum van 16 °C voorspel en ’n minimum van 2 °C en in Pretoria ’n maksimum van 15 °C en ’n minimum van 4 °C.

In Vereeniging kan die temperature tot -2 °C daal en in Springs tot -1 °C.

Noordwes

Sonnige, koue weer word verwag, met maksimum temperature van minder as 20 °C.

Vir Mahikeng word ’n maksimum van 18 °C voorspel en ’n minimum van -2 °C. In Potchefstroom kan die temperatuur tussen -4 °C en 16 °C wissel.

’n Minimum van -1 °C word vir Rustenburg voorspel.

Mpumalanga

Mooi weer word oor die grootste deel van die provinsie verwag, maar oor die ooste sal dit gedeeltelik bewolk wees.

Vir Mbombela word bewolkte weer en ’n maksimum temperatuur van 16 °C voorspel.

In Standerton kan die temperatuur tot -6 °C daal en in Ermelo tot -2 °C.

Limpopo

Gedeeltelik bewolkte weer word verwag, behalwe in die weste. Temperature kan tot 20 °C styg.

Vir Polokwane is 18 °C voorspel, met ’n minimum van 4 °C.

Vrystaat

Mooi weer met baie lae minimum temperature word oor die provinsie verwag, met maksimum temperature van net meer 10 °C.

In Bloemfontein kan die kwik tot -9 °C daal, in Bethlehem tot -8 °C en in Welkom tot -6 °C. ’n Maksimum van 13 °C word vir Bloemfontein voorspel.

Noord-Kaap

Koue, sonnige weer word oor die grootste deel van die provinsie verwag en temperature kan tot 20 °C aan die noordwestelike kus bereik.

Vir Kimberley word ’n minimum van -7 °C voorspel en ’n maksimum van 13 °C.

Temperature kan tot -6 °C daal in Sutherland, -4 °C in De Aar, -3 °C in Upington en -1 °C in Calvinia.

’n Maksimum van net 5 °C word vir Sutherland voorspel.

Wes-Kaap

Gedeeltelik bewolkte weer word in die oggend oor die suidweste verwag en mooi weer oor die res van die provinsie.

Vir Kaapstad is ’n maksimum van 14 °C voorspel en ’n minimum van 8°C. In George word ’n maksimum van 16 °C verwag en ’n minimum van 6 °C.

Temperature kan tot 0 °C in Laingsburg, Beaufort-Wes en Oudtshoorn daal en tot 1 °C in Ceres.

Oos-Kaap

Mooi weer word oor die grootste deel van die provinsie verwag, met yskoue temperature veral oor die binneland.

Vir Port Elizabeth is ’n maksimum van 17 °C voorspel en ’n minimum van 7 °C.

Temperature kan tot -11 °C in Aliwal-Noord daal, tot -4 °C in Cradock, -2 °C in Graaff-Reinet, -1 °C in Queenstown en 1 °C in Uitenhage en Grahamstad.

KwaZulu-Natal

Sonnige, warmer weer word oor die grootste deel van die provinsie verwag, veral aan die kus, met maksimum temperature van sowat 20 °C. In die binneland kan die minimum temperature tot onder 10 °C daal.

Tussen 12 °C en 19 °C is vir Durban voorspel, maar in Kokstad kan die kwik tot -5 °C daal.

Warmbad – mooiweer tot warm

Min  9 Max 21

Nelspruit –  regstreekse koue dag

Min 6 Max 18

Pretoria – regstreekse koue dag

Min 8  Max 17

Johannesburg – regstreeks n koue dag

Min 5 Max 13

Vereeniging – sal ook n regstreekse koue dag wees

Min 4 Max 16

Rustenburg –koud met ‘n matige warm namiddag

Min  6 Max 16

Bloemfontein – koue dag regstreeks

Min 2  Max 10

Kimberley – baie koue dag

Min  2 Max 11

Durban –  mooiweer tot matig warm

Min 14 Max 19

Oos London – mooiweer tot  warmer in die namiddag

Min  11 Max 18

Upington –     regstreekse koue dag

Min 4 Max 13

Kaapstad – regstreek n koue dag 

Min 10 Max 14

 

Port Elizabeth –   mooiweer tot warm

Min 11  Max 15

En laastens

Sutherland – baie koue dag

Min -1 Max 6


 

Be the first to comment

Leave a Reply