Potgooi – Nuus en Weer 3 Augustus 2018

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Weeksdae om 9h30 Aangebied deur Yolanda
Klik HIER om weer te luister

https://archive.org/details/yol2018-08-03.093006

Kennisgewing

  1. Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berig skrywer.
  3. Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

Die Nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo & FMliveGospel

 

Nuus Hooftrekke

 Die president van Zimbabwe, Emmerson Mnangagwa, sê die geweld wat gister in Harare uitgebreek het was boewery en hy hou die MDC-Alliansie daarvoor aanspreeklik. Minstens drie mense is dood in skermutselings tussen die polise en betogers toe geweld ná die bekendmaking van die parlementêre verkiesingsuitslag uitgebreek het. Mnangagwa sê hy het nooit gedink die opposisie sal hulle so gedra as hulle ‘n verkiesing verloor nie. Hy sê die opposisieparty het bygedra tot die geweld wat uitgebreek het en het dit ook aangehits. Die MDC-Alliansie het Zanu-PF intussen daarvan beskuldig dat die regerende party persone wat hulle as ondersteuners van die MDC voorgedoen het, die strate van Harare ingestuur het om geweld aan te stig. ‘n Woordvoerder van die MDC, Nkululeko Sibanda, sê die party veroordeel die geweld. Die uitslag van die presidensiële verkiesing is nog nie bekendgemaak nie.

Die burgerregtegroep AfriForum sê hy oorweeg om die hoof van die EFF se veiligheidsmaatskappy, Adriaan Snyman, by die veiligheidsvereniging, Sasa, te verkla. AfriForum se hoof van Gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, sê Snyman is ingesluit op die klagstaat oor ‘n video op sosiale media waarin die EFF-leier, Julius Malema, tydens ‘n saamtrek ‘n skoot met ‘n aanvalsgeweer afvuur. In die video kan gesien word hoe Snyman die wapen aan Malema oorhandig. Cameron sê hulle wil hê die vereniging moet Snyman en sy maatskappy ondersoek. Die EFF het vroeër die bewerings dat Malema ‘n skoot met ‘n aanvalsgeweer geskiet het, verwerp.

Vrouemaand het in Mpumalanga op ‘n harsteer noot begin toe ‘n verbyganger in Wesselton by Ermelo op die liggaam van ‘n dertienjarige meisie afgekom het. Die polisie sê die meisie, Dimpho Malevu, het die naweek vermis geraak. Volgens die polisie wil dit voorkom of sy verkrag en verwurg is. Die polisie soek nog na die moordenaar.

Nege mense is in De Aar in die Noord-Kaap in hegtenis geneem weens openbare geweld. Inwoners betoog die afgelope twee dae al oor ‘n gebrek aan dienslewering. Die betogers het paaie met brandende bande versper en buitelanders se winkels geplunder. Die betogers het vanmiddag uiteen gegaan en die polisie monitor die situasie.

President Cyril Ramaphosa het die adjunk-nasionale direkteur van openbare vervolging, Nomgcobo Jiba, en die spesiale direkteur van openbare vervolging, Lawrence Mrwebi, in kennis gestel van sy voorneme om ondersoeke in te stel na hul geskiktheid vir hul poste. Jiba en Mrwebi moet voor volgende Vrydag redes te verskaf waarom hulle nie geskors moet word, hangende die ondersoeke nie. Hulle is in 2016 van die rol geskrap weens verskeie omstrede besluite, maar hul appèl teen die skrapping het onlangs geslaag. Ramaphosa se besluit volg op die vooraand van die Konstitusionele Hoof se uitspraak oor die geldigheid van Shaun Abrahams se aanstelling as hoof van die NVG.

Die raad van SA Express het Siza Mzimela as sy nuwe waarnemende bestuurshoof aangestel. Die aanstellling is met die vergunning van die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, gedoen. Die huidige waarnemende bestuurshoof, Matsietsi Mokholo, is in ‘n nuwe pos in die Presidensie aangestel. Mzimela se aanstelling volg kort op die Presidensie se aankondiging dat die SAL oorgedra word van die Tesourie na Gordhan se portefeulje.

Die nuutaangestelde bestuurshoof van die SAUK, Madoda Mxakwe sê die SAUK se finansiële krisis het tot gevolg dat sommige onafhanklike kontrakteurs nie verlede maand betaal is nie. Die uitsaaier sukkel ‘n geruime tyd reeds met finansiële terugslae en voortslepende regsgedinge. Mxakwe sê die SAUK is van plan om ‘n nuwe gediversifiseerde befondsingsmodel implementeer.

Die voormalige eiendomsagent, Vicki Momberg, wat tronkstraf opgelê is weens ‘n rassistiese tirade in 2016 doen vandag in die Randburgse landdroshof aansoek om borgtog. Die Hooggeregshof in Johannesburg het Maandag toestemming gegee dat sy kan appeleer teen haar skuldigbevinding en vonnis. Momberg is besig om haar tronkstraf van effektief twee jaar uit te dien. Sy sal vandag die hof vra om haar op borgtog vry te laat hangende die uitslag van haar appèlsaak.

Die polisie het ‘n jong man in Kaapstad in hegtenis geneem vir die besit van meer as 760-duisend rand se perlemoen. ‘n Polisiewoordvoerder, Frederick van Zyl, sê die 23-jarige man van Hermanus in die Wes-Kaap is in Goodwood met die perlemoen in sy motor betrap. Van Zyl sê die man sal eersdaags in die hof verskyn.

Impala Platinum sê hy sal sy skagte verkoop indien kopers gevind kan word. Die mynmaatskappy het vanoggend aangekondig dat hy oor die volgende twee jaar 13-duisend poste gaan besnoei. Implats is die tweede grootste platinumprodusent in die wêreld, maar sukkel weens lae platinumpryse en hoë bedryfskoste. Die meeste van sy skagte in Rustenburg word teen ‘n verlies bedryf en gaan van elf tot ses verminder word. Die maatskappy is van plan om sy werkmag – wat kontrakteurs insluit – van sowat 40-duisend tot 27-duisend te verminder. Die hoofbestuurder, Nico Muller, sê Implats is egter positief oor sy bedrywighede in Zimbabwe en sien ‘n geleenteid om daar uit te brei.

Aanvalle op treine in Kaapstad en vandalisme het tot gevolg dat die aantal beskikbare treine vir pendelaars van 88 tot 40 verminder het. Dit het toenemende verkeersprobleme op hoofweë tot gevolg wat die plaaslike ekonomie negatief raak. Die DA-leier in die Wes-Kaap, Bonginkosi Madikizela het vanoggend Kaapstad stasie besoek om die omvang van die skade weens brandstigting vas te stel. Hy sê hy glo dat die aanvalle toegeskryf kan word aan pogings om die DA-geleide provinsie onregeerbaar te maak. Volgens Madikizela neem die aanvalle voor ‘n verkiesings toe.

Die Minister van Visserye, Senzeni Zokwana, het ‘n forensiese oudit gelas na die beweerde betrokkenheid van personeel van die Departement by perlemoenstropery. Zokwana het aan die media in die Parlement gesê hy is bekommerd oor die skaal van stropery deur gesofistikeerde buitelandse sindikate. Die Minister sê van die personeel, wat na bewering met die sindikate saamwerk, is in hegtenis geneem. Zokwana sê hulle gaan ook leefstyl-oudits doen op die personeel.

 

Die voertuiginsleepbedryf in Gauteng gaan gereguleer word. Die LUR vir Paaie en Vervoer, Ismael Vadi bring wysigings aan wetgewing aan ná talle klagtes dat daar geen regulasies vir dié bedryf bestaan nie. Vadi sê bestuurders van insleepvoertuie verontagsaam alle padverkeersregulasies en -wetgewing in hulle haas na ongelukstonele. Hy het ook verwys na voorvalle waar mense op ‘n ongelukstoneel geïntimideer word. Vadi sê die wetgewing sal verseker dat die bedryf se sakepraktyke professioneel is en insleepdiensbestuurders by die departement geregistreer moet wees.

Die DA-leier in die Wes-Kaap, Bonginkosi Madikizela, sê hy dink die jongste brande op Metrorailtreine is dalk ‘n poging om die provinsie te destabiliseer. Madikizela het ‘n oorsigbesoek by die Kaapstadstasie gedoen nadat sewe rytuie verlede naweek aan die brand gesteek is. Hy sê die aanvalle kan dalk vererger voor aanstaande jaar se algemene verkiesing…

Die premier van Noordwes, Job Mokgoro het bevestig dat die voormalige premier, Supra Mahumapelo steeds sy byvoordele ontvang twee maande nadat hy bedank het. Mahumapelo het in Mei gesê dat hy nie bedank nie, maar met vervroegde aftrede gaan. Volgens berigte het Mahumapelo steeds ‘n ampsvoertuig en staatsbeskerming. Mokgoro sê ingevolge wetgewing kan Mahumapelo nog van staatsbeskerming gebruik maak, maar nie langer as drie maande nie. Hy het oor die ampsvoertuig gesê dat die departement van Vervoer in Noordwes opdrag gekry het om te verseker dat die voertuig teruggebring word.

Studente van die Universiteit van Venda in Thohoyandou is vasbeslote dat hulle nêrens heen gaan nie, te midde van die polisie se pogings om hulle met traanrook en rubberkoëels van die kampus te verwyder. Die bestuur het vroeër ‘n ultimatum aan studente uitgereik om die kampus teen vanmiddag te ontruim. Die studente betoog sedert Maandag en eis die betaling van verskeie toelaes, insluitende maaltye en handboeke. Die president van die Studenteraad, Gcina Mhlabane, sê hulle sal nie padgee van die kampus af nie.

 

Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos deur die Suid Afrikaanse Weerburo

 

Warmbad – gedeeltelik bewolk tot warm

Min 10 Max 22

Nelspruit –  mooiweer tot watm

Min 12 Max 26

Pretoria –  mooiweer tot warm

Min 15  Max  21

Johannesburg –  sonnige dag

Min 12 Max  19

Vereeniging – mooiweer tot warm

Min 12  Max 21

Rustenburg – mooiweer en n sonnige dag

Min 11 Max 22

Bloemfontein – koud in die oggend en warmer in die na middag 

Min  6 Max 22

Kimberley – koud in die oggend en ‘n warmer namiddag

Min  7  Max 24

Durban – gedeeltelik bewolk tot warm 

Min 20 Max 26

Oos London – gedeeltelik bewolk tot warm

Min  17 Max 29

Upington –     koud in die oggend en warmer in die namiddag

Min 10 Max 21

Kaapstad – bewolk met verspreide reen buie plek plek

Min  13  Max 16

Port Elizabeth –   bewolk met verspreide reen buie

Min 11  Max 19

En laastens

Sutherland – Bewolk en koud ,et verspreide reen buie

Min 7 Max 11


 

Be the first to comment

Leave a Reply