ROOMYSPOEDING

ROOMYSPOEDING 1 Liter Melk 4 Eiers 6 Eetlepels Botter/margarien 14 Eetlepels Suiker 1 Eetlepel Mielieblom (Maizena) 4 Eetlepels Bruismeel (opgehoop) 1 Teelepel Vanielje Room botter en suiker. Voeg eiergele en vanielje by. Meng goed. Voeg meel by. Kook melk. Voeg by meelmengsel. Meng goed. Kook vir ‘n paar minute tot dit begin dik word. Gooi in Pyrex bak (gesmeer of gespuit). Plaas paar stukkies appelkooskonfyt Bo-op. Klits eierwitte met bietjie suiker. Plaas Bo op poeding. Bak teen 180 grade C vir ‘n paar minute tot goudbruin
 

Be the first to comment

Leave a Reply