Potgooi – Kuiertyd met Cathy 21 April 2017

Kom kuier saam tussen 11 en 13:00 elke Vrydag saam met my Cathy Louw. Kom luister hoe ek rol…lekker man, lekker!!! Braairesepte, bygeregte, grappe…wonderlike musiek…man dis weer Vrydag en ek RUK!!!

Gesels saam as jy wil of ‘n boodskap vir iemand wil stuur.

PIESANGBLARE
Was ‘n piesangblaar en vou ‘n vis toe daarin. Stoom gaar op die braai, ± 45 minute. Probeer ‘n pasta van gemmer, suurlemoensap en olyfolie op die vis.

ROOSTER
Indien jou vleis vassit op jou rooster, maak dit skoon met jou draadborsel terwyl dit nog warm is en smeer ui daaroor.
Met komplimente van Anna Eksteen uit Pa se Boek.

BRAAIVLEIS:

Kos wat in die buitelug gaargemaak word, hou ‘n wonderlike bekoring in, en die tergende geur van vleis wat op die kole sis maak ‘n mens rasend honger. Dit is seker een van Suid-Afrikaanse se nasionale tydverdryfte. Dit is wonderlik hoe dikwels mense met bitter min ervaring aan kookkuns dit regkry om die heerlikste kos oor die kole gaar te maak. Daar is geen formaliteite by ‘n braaivleisvuur nie. ‘n Braai is wat jy self daarvan maak. Braaivleis bly ewe lekker, of dit nou by ‘n swierige braaiplek, jou eie lapa, in die tuin of op ‘n eenvoudige braaitoestelletjie berei word. Wat is nou geselliger as die sorgelose saamkuier om ‘n braaivleisvuur? Niks klop immers daardie besonderse rooksmakie van kos wat oor die kole gaargemaak is nie.

BRAAI WENKE
So maak mens jou braai beter as die buurman s’n:

BEESHAAS (STEAK)
Moet nie gevriesde steak ontdooi nie. Plaas dit net so op die vlamme en sout eers wanneer dit amper klaar is.
BOEREWORS
Ryg boerewors deur ‘n sosatiestok met uie tussen in. Braai die wors oor die koeler deel van jou vuur / kole. So laat jy dit stadiger kook. Moet nie die vel prik dat die vet uitkook nie. Die wors moet juis gaar kook in die vet om sodoende die smaak te behou.
Draai die wors om sodra jy kan sien die vet kook aan die binnekant. Moet nooit meer as tien minute aan ‘n kant braai nie. Doop wors in water voor jy dit braai. Dit verhoed dat die wors maklik oopbraai terwyl dit gebraai word.
FILET
Laat ‘n filet vir ‘n paar uur in Cola Cola marineer voor jy dit braai. Braai dit oor vlamme en sorg net dat die kante seël.
GROENTE
Maak ‘n sousie met gelyke hoeveelhede van balsemasyn, suiker en olyfolie en verf dit gereeld oor jou groente terwyl dit braai.
HOENDER
Kook hoender in Coke voor jy dit braai of 20 minute in water. Dit maak dit sag en smaakvol.
KRUIE
Gooi jou gunsteling kruie op die vuur vir ‘n aangename reuk.
KRUISSTUK (RUMP)
Marineer jou kruisstuk (Rump) oornag in sonneblomolie en worcestersous voor jy dit vinnig weerskante seël en dan verder braai soos jy dit verkies.
LAM
Vir ekstra geur gooi jy klam takkies roosmaryn of lourierblare in jou halfuitgebrande vuur waarop jy gaan lam braai.
Komplimente van Anna Eksteen uit Pa se Boek.


 

Be the first to comment

Leave a Reply