Crime Time Feesseisoen 2018

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Skakel om te luister:

Link to listen:

Goeie naand! Trevor Nasser se Vyfster se vir jou dat dit so net na 18:00 moet wees en dat dit weer tyd is vir Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee.  Ek is William Munnik. Hierdie program van Netradiosa word uitgesaai in samewerking met FM Stereo en Connect SA . Ek hoop jy het `n misdaadvrye week gehad. Die week was weer geken deur plaasaanvalle en moorde en verkragtings en huisbrake en diefstalle ens. Onluste het ook sporadies sy kop uitgesteek. Dit het alles net deel geraak van alledaagse lewe in Suid- Afrika.  Hartseer maar dis waar. Dis weer Feesseisoen. Nee nie Halloween nie. Kersfees. Nou gaan jy vir my se dat Kersfees nog 2 maande ver is. Dink weer dis 1 maand en 25 dae ver. Kyk maar in die winkels. Kersversierings is al op die rakke. Winkels adverteer as Kersfees. Dit beteken ook dat die kriminele meer aktief is as ooit. Ja onthou hule wil ook Desember vakansie vat en lekker by die see gaan le en drink en partytjie hou en varkboud en koue vleis eet. Hulle wil ook braai en alles doen wat lekker is. Weet jy wie gaan hulle vakansie financier? Jy, jy die wetsgehoorsame burger. Hulle gaan by jou motor inbreek. Hulle gaan by jou huis inbreek. Hulle gaan aan jou kinders dwelms verkoop. Hulle gaan die goed waarvoor jy hard gewerk het steel, roof en plunder in hierdie tyd sodat hulle lekker vakansie kan gaan hou op jou onkoste. Baie mense gaan vir my se dat dit nie hulle problem is nie, want dis mos hoekom jy versekering het. Gaan dink weer. Elke keer wat daar by jou huis of motor ingebreek word of jou waardevolle items word gesteel of beroof en jy eis van jou versekering, gaan jou premie op en jou versekereingsrisiko raak hoer. So jy betaal daarvoor meneer en mevrou Volstruis. Dit help nie jy steek jou kop in die sand nie, jy betaal daarvoor. So vanaand gaan ek vir jou wenke gee sodat jy nie `n slagoffer van misdaad word gedurende die feesseisoen nie. Ek gaan ook vir jou se wat die mees algemeenste misdade is wat jy in hierdie tyd sal aantref. Voor ek dit gaan doen is dit eers tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Mwah met Gee Gee Gee en Depeche Mode met Dream on en Timo ODV met Move.

Op die webwerf : http://netradiosa.co.za/

Op RekenaarsVLC, Winamp & Media Player)

http://192.99.139.20:9308/listen.pls

http://radiostart.co.za:9308/listen.pls

Op Blackberry en Ander Selfone:

Audio Player

00:00

00:00

Use Up/Down Arrow keys to increase or decrease volume.

 

Audio Player

00:00

00:00

Use Up/Down Arrow keys to increase or decrease volume.

 

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-389103861456103/ – die radio speel op die blad  klik regs op radio plugin

Of laai die applikasie af op jou foon:

https://play.google.com/store/apps/details…

http://testappusl.inmotionapps.net/apiv3/download

https://join.skype.com/mrWszexp2HGF

Be the first to comment

Leave a Reply