DA vrees De Lille planne

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

DA vrees De Lille planne
Die leiers van die linkse DA is erg bekommerd oor die moontlike planne wat Patricia de Lille in die mou voer met di stigting van ’n nuwe party, of selfs die moontlikheid om haar ou party te heraktiveer. De Lille is blykbaar besig om die Onafhanklike Demokrate te stig, wat kan meebring dat die DA die Wes-Kaap kan verloor in die plaaslike verkiesings van 2019. Die feit dat die Onafhanklike Demokrate as party geregistreer is by die Onafhanklike Verkiesings Kommissie, is ’n duidelike teken dat De Lille se optrede die DA baie stemme gaan kos en hulle aansien in die Wes-Kaap kan vernietig. Die deelname van De Lille se party in volgende jaar se verkiesing word ook beskou as ’n gulde geleentheid vir die kommunisties gesinde ANC om weer beheer oor te neem omdat sy die DA se tradisionele steun gaan verdeel. Waarnemers men De Lille se ondersteuning van verskeie DA raadslede wat saam met haar bedank het, kan ’n sterk invloed uitoefen op die streek se politieke toekoms.
Bron: Die Vryburger, Foto ter illustrasie

Be the first to comment

Leave a Reply