Potgooi – Nuus & Weer 9:30 11 Desember 2018

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus & Weer 9:30  11 Desember 2018 Aangebied deur Corrie

Weeksdae Aangebied deur Yolanda om 9:30(CAT)

Klik HIER om weer te luister

https://archive.org/details/NuusEnWeer11Desember2018Cor20181211.093336

 

Kennisgewing

  1. Die Radio’s raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar wel die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio’s gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda

Die nuus word aangebied in samewerking tussen Netradiosa & FM stereo.

 

Honderde poste by Gesondheid

Die staat gaan glo 5,000 poste skep in die gesondheid sektor. Dit volg na Cyril Ramaphosa se gesondheid-indaba rondom die krisisse in die land se gesondheidsdienster.

Volgens Aaron Motsoaledi is dit tans al wat hul kan bekostig alhoewel daar meer personeel benodig word.

Nuwe beddens en linne gaan ook aangekoop word. Mediese kenners meen dit kan help om die krisis teen te werk, maar waar die staat aptekers, radiografiste, spesialiste, sielkundiges en ander gevorderde personeel gaan kry is ‘n ope vraag.

Kenners reken die regering sal waarskynlik Kuba weer nader om medici te stuur, of om swartes uit die land te kry vir opleiding aldaar..

Bron Die Vryburger

Persoonlike assistent kla Pule Mabe aan

Die 25-jarige assistent van die ANC woordvoerder, Pule Mabe, het ‘n interne klag van seksuele teistering teen hom gelê by die party se sekretaris-generaal Jessie Duarte.

Sy beskuldig Pule daarvan dat hy aangedring het op seks in ruil vir haar pos en na haar weiering het hy haar salaris verminder en haar emosioneel mishandel.

Mabe het op navraag gesê dat hy nie bewus is van die klag nie alhoewel die ANC bevestig het dat ‘n klag ontvang is en dat daar Woensdag 12 Desember 2018 ‘n verhoor sal plaasvind.

Hardnekkige gerugte doen die rondte dat talle soortgelyke gevalle deurlopend plaasvind, maar dat ondergeskiktes nie klagtes opper nie uit vrees dat hulle die werk kan verloor.

BLF se gevaarlike uitlatings

Andile Mngxitama se oproep aan sy volgelinge dat Blanke mense en hul troeteldiere vermoor moet word sou swartes aangeval word, word wyd veroordeel.

Daar is oproepe vanuit verskeie oorde dat hy vervolg moet word vir haatspraak.

BLF se segsman sê dat die uitlatings gedoen is in”‘self-verdediging” sou swartes aangeval word.

Andile het in reaksie op Johan Rupert se uitlatings rondom die huurmotor bedryf gesê dat as een swarte gedood word dur ‘n blanke, sal vyf blankes gedood word ter vergelding.

Bron Die Vryburger

Boere se verlies deur beurtkrag

Boere reg oor die land, maar veral in die sagte vrugte bedryf, sit met hul hande in die hare. Spilpunte wat water lewer op ‘n bepaalde tyd van die dag vir ‘n bepaalde tyd word nou geraak deur kragonderbrekings.

Die “koue-ketting” naamlik verkoeling van uitvoer vrugte word konstant onderbreek deur ongereelde kragtoevoer, en beïnvloed die gehalte nadelig.

Op die wyse word miljoene Rand se skade veroorsaak, en waar vrugte nie meer uitgevoer kan word weens die krag onderbrekings nie, kan die land sy status as betroubare voorsiener verloor.

Melkerye waar daar met ‘n sensitiewe en uiters bederfbare produk gewerk word, raak verplig om n bystand kragopwekker aan te skaf weens die onbetroubaarheid van Eskom se diens.

 Bron Die Vryburger

 

Data sentrums en beurtkrag

Volgens data spesialiste kos krag onderbrekings die bedryf nie net probleme nie maar ook baie geld. Data sentrums moet te alle tye in staat wees om dienste te lewer aan hul kliënte sonder onderbreking en sodra beurtkrag plaasvind, moet bystand kragopwekkers “inskop” om te verseker dat daar geen onderbrekings plaasvind nie.

Hierdie opwekkers moet van hoogstaande gehalte wees aangesien  onderbrekings daagliks kan plaasvind en dus vir langer periodes krag moet voorsien.

Buiten die uitleg koste, is die lopende koste hoog selfs soveel as R100 000 vir ‘n vier-en-’n-half uur onderbreking

Bron Die Vryburger

 

Water krisis in Transvaal

’n Ernstige water tekort is op hande in groot dele van Transvaal, en met die vooruitsig dat die land afstuur op ’n El Niño, maak die krisis soveel groter.

In die noorde van Suid-Afrika is die reën skaars, en  dit terwyl die gemiddelde verbruik van water meer as 300 liter per daf per persoon is.

Die verbruik is hoër as wat die invloei van water na opgaardamme is gedurende die normale reënseisoen.

Die geweldige besoedeling in veral die Vaaldam, vererger die situasie en deskundiges waarsku dat die Sentrale gebied van Transvaal in die grootste water krisis van alle tye gaan beland as mense nie meer verantwoordelik optree nie.

Waarnemers wys daarop dat lekkende krane, buite krane wat nie toegedraai word nie, gebarste toevoer pype wat nie vinnig deur munisipale werkers herstel word nie, dra by tot die ernstige probleem wat op inwoners van die gebied wag.

Bron Die Vryburger

TLU SA bekommerd oor plaaswerkers

Mnr Drickus Botha, Streekbestuurder van TLU SA Noord streek sê in ’n mediaverklaring dat daar kommer bestaan oor die plaaswerkers se veiligheid.

Hy sê dit het die afgelope tyd duidelik geword dat veral plaaswerkers ook toenemend geteiken word in plaasaanvalle. Dit is heelwaarskynlik omdat die misdadigers vermoed dat die slagoffers reeds hul jaarlikse bonusse ontvang het en dat daar gevolglik aansienlik meer kontant in besit van plaaswerkers is.

“Landbouers word aangemoedig om werkers te waarsku om nie hul bankrekeninge leeg te trek soos wat by talle wel die geval is nie”, versoek die Adjunk President van TLU SA en Voorsitter van die Veiligheidskomitee, mnr Henry Geldenhuys.

“Dit is belangrik dat die voordeel van ‘n jaar se harde werk nie onklaar gemaak word deur baie kontant byderhand te hou wat as lokaas vir ongure geselskap met misdadige intensies kan dien nie”, aldus mnr Geldenhuys.

“Terselfdertyd herinner ons landbouers en hul gesinne om nie waaksaamheid te verslap wanneer daar sosiaal saam met familie, bure en vriende verkeer word nie. Tè veel lewens en ernstige beserings was in die verlede die gevolg van verslapte waaksaamheid tydens die feesseisoen”.

Bron Die Vryburger

 

Kuberkrakers kos SA miljoene

Aanlyn inkopies is wel gerieflik, veral gedurende die Kerstyd wanneer die winkels oorstroom word van mense en die skurke boonop ook hulle deel wil steel , hetsy in die winkel, of by diegene wat inkopies doen.

Die nadeel is egter dat kuberkrakers en internet skurke nie nalaat om op hierdie terrein tee opereer met die doel om iemand skade te berokken tot hulle eie voordeel nie.

Suid-Afrika word nie verniet as een van die wêreld se beste plekke gesien vir internet bedrog deur die krakers nie.

Jaarliks word sowat 450 tot 550 miljoen kuber aanvalle wêreldwyd uitgevoer, waarvan ’n aansienlike deel ook in Suid-Afrika plaasvind.

Suid-Afrika het die derde hoogste aantal voorvalle gehad die afgelope jaar, en daarom moet lesers eerder konsentreer op aanlyn inkopies wat reeds ’n goeie reputasie van betroubaarheid opgebou het.

Alhoewel prys ook belangrik is, word algemeen aanvaar dat betroubare diens van flink aflewering, vriendelike diens en deurlopende beskikbaarheid van gehalte produkte veel belangriker is.

Na raming het die land vanjaar sowat R2,2 miljard verloor weens die kuberkrakers se skelmstreke, en behoort mense nie enige advertensie op die internet, of in die e-posse wat ontvang word, te reageer nie.

Dit is veral bankdienste wat as lokmiddel gebruik word, terwyl bankkaart bedrog saam met die kuberkraker se aanslae van Suid-Afrika ’n heerlike misdaad paradys maak.

Die Vryburger doen aan die hand dat lesers die volgende wenke ter harte neem gedurende die Desember feestyd:

Moenie jou krediet of debiet kaart oorhandig aan enige persoon nie, en maak baie seker dat jou oog ni wyk van waar jou kaart is wnneer jy betaal nie.

Moenie op enige nuwe skakels klik en oopmaak nie – dit is die eerste stap tot jou eie skade.

Moenie reageer op enige vreemde e-pos wat jy ontvang nie – skrap dit onmiddellik.

Wees versigting en reageer nie op e-posse wat jou bereik en meld dat jy geld of goedere gewen het, en dat jou bankbesonderhede verstrek moet word sodat dit inbetaal kan word.

Skrap (delete) alle vreemde e-pos wat ontvang word.

Bly weg van Sosiale netwerke gedurende die feestyd, en moet onder geen omstandighede foto’s van jou of jou kinders of ander geliefdes op die bedenklike stelsels van sosiale media plaas nie.

Om jou stelsels te beskerm, moet sterk saamgestelde “passwords” gebruik word, wat ’n kombinasie van alles op die sleutelbord verteenwoordig.

Maak baie seker dat jy wel op die regte webblad is, en nie op ’n nagemaakte een, wanneer aanlyn inkopies gedoen word by betroubare aanlyn ondernemings.

Indien jy enige ongerymdhede vermoed, kom onmiddellik in kontak met jou bankier

Bron Die Vryburger

 

Water onderbrekings weens krag probleme

Die Palmiet Pomp Stasie se watervlak is kritiek laag terwyl die Klipriviersberg opgaardam se inhoud onder 20% is.

Dit het gelei tot onderbrekings met die water toevoer in Johannesburg, Pretoria en die Oos Rand.

Dit is deels die gevolg van staatsdiefstal deur amptenare en uitlanders, maar die hoof rede is die gedurige beurtkrag wat die pompstelsels onbepaald buite werking laat.

In die Sentraal Transvaal gebied word verbruikers aangeraai om spaarsaam te werk met water, en word die water druk in krane verlaag met die hoop dat dit sal bydra tot laer verbruik.

 

Bron Die Vryburger

 

Temperature vir vandag vir die hoof Sentra in die land soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo

Warmbad – Gedeeltelik bewolk met matige tot hewewige reënbuie.

Min 17 Max 26

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek.

Min 14 Max 26

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige reën met tye.

Min 18 Max 34

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm.

Min 17 Max 28

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek

Min 18 Max 31

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met swaar reën met tye.

Min 18 Max 31

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm.

Min 18 Max 29

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm.

Min 21 Max 32

Durban – Gedeeltelik bewolk met matige tot hewige reënbuie.

Min 20 en Max 24

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en warm.

Min 20 Max 26

Upington – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm.

Min 20 Max 37

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en warm.

Min 18 en Max 25

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en warm.

Min 18 en Max 25

Sutherland – Sonnig en later baie warm.

Min 11 Max 30


 

Be the first to comment

Leave a Reply