Crime Time met William Munnik AARTO

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Skakel om te luister:

Link to listen:

Goeie middag. Trevor Nasser se Vyfster se vir jou dat dit tyd is vir Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Ek hoop jy het `n misdaadvrye week gehad. Suid-Afrika is weer geken aan geweld en diefstal van alle soorte. Dit het maar net deel geraak van lewe in Suid-Afrika. Ek het toevallig die kans gehad om vir `n kort tydjie met Minister Allan Winde, die Minister van Gemeenskapsveiligheid in die Wes-kaap, te gesels gisteraand by `n byeenkoms in Piketberg en hy het my verbaas in sy aanslag om `n verskil in die misdaad te maak in die Wes-Kaap. Hy is nou vir 40 dae die Minister van gemeenskapsveiligheid en het baie werk om te doen, maar di twat hy gese het en sy aanslag het my verbaas. Ek hoop maar hy kan sy passie volhou en nie verswelg raak deur politiekery nie. Alle sterkte Min. Allan Winde. Een van die groot bekommernisse wat Wetstoepassers het is die hoeveelheid motorongelukke op Suid-Afrikaanse paaie. Niks wat die owerhede doen het blykbaar `n effek om die sterftetalle op ons paaie te verminder nie. Ek dink die groot rede is die mense self wie die voertuie bestuur. Dis daardie oomblik wat jy nie jou volle konsentrasie op die pad gee nie, of ongeduldig is en by `n onveilige plek wil verbysteek of nie by `n rooi lig of stopstraat wil stop nie. Ek noem dit die Human factor. Daar is nou juis `n plan om hierdie Human factor aan te spreek en dit is die AARTO wet. Na die musiekbreek gaan ek verder gesels oor die AARTO wet en wat dit vir jou inhou, want as jy `n gereelde oortreder is van padverkeerswette kan jy baie maklik jou lisensie verloor. Ek speel vir jou vir lemoene van Bok van Blerk en Tatu se Not Gonna Get us en Shakira se Moscas e la Casa

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

Be the first to comment

Leave a Reply