Wat Nou met William 2018-12-15

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

William Munnik

Skakel om te luister:

Link to listen:

Goeie more dis weer Saterdag so net na 08:00 en Martin Garrix se Turn up the speakers se vir jou dis tyd vir Wat Nou waar ek jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan en ek is William Munnik. Hierdie program van Netradiosa word gedoen in samewerking met FM Stereo. Ek hoop jy het `n fantasmagoriese week gehad. Dis naweek en dis tyd vir ontspan.Dis oor `n paar dae Kersfees. Dis moeilik om te glo, maar Kersfees is al weer hier. Ek hoop jy het al al jou Kersfeesinkopies gedoen, want die winkels gaan in die volgende paar dae `n malhuis wees. Die skool het ook gesluit so die kinders gaan verveeld by die huis sit. Net `n wenk vir die ouers. My kinders sal nooit aan my erken dat hulle verveeld is nie. Hulle het dit een jaar gedoen en toe gee ek vir hulle `n tuinvurk en `n graaf en hulle het die hele dag vir my gehelp in die tuin. Tot vandag toe sal hulle besig wees met iets, maar erken aan hulle pa dat hulle verveeld is, nooit weer nie. So staan op en gaan maak ontbyt en trek jou dagboek nader en kom kuier saam met my sodat jy jou vakansietyd kan beplan sodat jy nie dalk vasgevang word om tuinwerk te doen nie, tensy dit deel van jou beplanning is.Doen sommer die tuinroete die vakansie. Die oggend is jy in die voortuin en die middag in die agtertuin.. Terwyl jy opstaan en ontbyt maak, gaan ek vir jou vir New Sensation van INXS en Coldplay se Hymn for the weekend en Mwah en Elvis se seun  met Sandra Prinsloo speel sodat jy sommer lekker wakker kan raak. Toe toe Opstaan opstaan.

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

Be the first to comment

Leave a Reply