Crime Time: Slange met William Munnik

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Skakel om te luister:

Link to listen:

Goeie naand! Trevor Nasser se Vyfster se vir jou dat dit tyd vir Crime Time is waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee  en ek is William Munnik. Hierdie program van Netradiosa word gedoen in samewerking met FM Stereo. Ek hoop jy het `n misdaadvrye week gehad. Dis somer en dis warm en mense is in `n vakansiegees. Dist yd vir braai en jolig wees en drink en bestuur. Die dodetal op ons paaie is erger as ooit. Dronkbesture het in die tyd toegeneem met meer as 200 sake en dit nadat mense weet dat hulle dit nie moet doen nie. Hoe dom is jy om nog alcohol te gebruik en dan agter `n stuur in te skuif. As jy dit doen is jy `n moordenaar, want dis dronkbestuurders wie in wetsgehoorsame mense se motors vasry en onskuldige gesinne uitwis. Ek dink dat strawwe vir dronkbestuur waar daar lewens geneem is, moet net so swaar wees soos vior moord. Sulke blatante selfsugtige gedrag gaan my verstand te bowe.

Ok nou gaan ek van my seepkissie afklim aangaande die dronkbesture en gaan ek gesels oor `n baie ernstige saak. Dis `n saak wat baie mense se lewens eis as gevolg van onkunde. So ek gaan die onkunde `n bietjie die nek inslaan vandag. Ek was in die week by `n bewusmakingsveldtog in my dorp waar daar vir grootmense sowel as kinders, en dan hoofsaaklik vir die kinders voorligting en bewusmaking gegee is oor slange. Ja slange. Jy gaan vir my se nou wat het slange met misdaad te doen. Wel eintlik baie. Misdaadvoorkoming het grotendeels te doen met die beveiliging en versekering van mense se lewens en dan veral die kwesbares onder ons soos die vrouens en kinders en bejaardes. Misdaad het ook te doen met Natuurbewaring se wette so eintlik het bewusmaking oor slange baie met misdaad te doen. As `n slang jou pik, kan jy doodgaan en as jy `n slang doodmaak, kan jy groot boetes opgele word of selfs tronk toe gaan.  Ek het by die bewusmakingsveldtog vir Gerrie Steyn van Snake Lives matter en Ettiene Swanepoel van Dwarskersbos Snake Rescue ontmoet en het met hulle `n onderhoud gevoer wat ek met julle gaan deel. Hierdie 2 manne het `n passie vir die bewaring van slange en sal enige tyd van die dag of nag opstaan om `n slang te red van ons mensdom af. Ja hy red ook die mense van die slang af, maar meestal is dit die slang wat aan die kortste ent trek as hy met mense in aanraking kom. Hulle vra ook `n fooitjie vir die verwydering van die slang, maar hulle se ook vir my dat in 90% van die gevalle betaal die mense hulle niks nie en dra hulle die onkoste self. Mense is snaakse goed. Sodra die bedreiging weg is, wil hulle niks weet van betaling vir dienste gelewer nie.

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

Be the first to comment

Leave a Reply