Drie kinders dood na oorhoofse struktuur by skool ineenstort

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Drie kinders dood na oorhoofse struktuur by skool ineenstort

‘n Oorhoofse struktuur het vanoggend by die Hoërskool Driehoek ineengestort.

Die voorval het omstreeks 08:30 gebeur.

Nooddienste is tans op die toneel.

Ouers met kinders in Driehoek moet asseblief NIE die skool bel NIE om die lyne oop te hou. Ouers wie se kinders deur die voorval geraak word, word self deur die skool gekontak. Vermy asseblief die strate om HS Driehoek om nie die ambulanse se pad te versper nie.

HS Driehoek-tragedie: Ouer betrokke in ongeluk op pad na skool

Foto: Stanley Coetsee

Vaalweekblad het nie-amptelik verneem dat ‘n vrou vroeër vanoggend baie ernstig beseer is in ‘n motorongeluk langs Vaal Mall in Rossini-boulevard, Vanderbijlpark.

Na wat verneem word, was ‘n ouer van een van Hoërskool Driehoek se leerlinge op pad skool toe toe sy in die botsing teen ‘n ander voertuig betrokke was.

‘n Vrou is na die botsing per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer. Gerugte dat die beseerde vrou intussen gesterf het, kon nog nie bevestig word nie.

Vaalweekblad se uitgawe van 6 Februarie sal volledig berig oor dié en ander sake wat met die Hoërskool Driehoek-tragedie verband hou.

Bron Vaalweekblad


 

Be the first to comment

Leave a Reply