Total vind gas naby SA kus

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Die Franse oliemaatskappy Total, het Donderdag oggend bekend gemaak dat hy ’n kolom gas raakgeboor het na aan die Suid-Afrikaanse kus.

Total sê die ontdekking is van groot belang vir die Suid-Afrikaanse ekonomie, en die moontlikheid van lae graad olie is nie uitgesluit nie.

Die gas is sowat 175 kilometer van die suidkus raak geboor wat as ’n reuse deurbraak beskou word.

Die boorgat moes egter 3,633 meter diep gesink word maar Total is tevrede dat ’n goeie ontdekking gemaak is.

Die boorwerk is deur Total met sy mees moderne toerusting gedoen wat die ontdekking soveel vinniger moontlik gemaak het, en beplan om nou voort te gaan met sy soektog na olie.

Bron: Die Vryburger


 

Be the first to comment

Leave a Reply