Beurtkrag VAALDRIEHOEK

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

 

VAALDRIEHOEK – Eskom het pas aangekondig dat Fase-3 beurtkrag vanaf 08:00 vanoggend tot 11:00 vanaand ingestel sal word. Eskom se uitvoerende bestuur het gister ʼn noodvergadering met die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, gehou, nadat beurtkrag eergister vir die eerste keer sedert Desember ingestel is. Eskom het gisteraand gesê die waarskynlikheid van beurtkrag vandag is steeds hoog, nadat gister se aanvanklike Fase-2 later in die dag aangepas is na Fase-4. Eskom het gister onderneem dat al sewe sy opwekkingseenhede wat buite werking is vandag weer in diens gestel sal word. Vier van die eenhede is wel gisteraand in diens gestel.
FOTOS: (Emfuleni)


 

Be the first to comment

Leave a Reply