Panyaza Lesufi trek belofte van mediese koste betalings terug

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

VANDERBIJLPARK – Die Gautengse Departement van Onderwys het ‘n ommeswaai gemaak in die belofte van sy LUR, Panyaza Lesufi, dat sy departement die mediese koste sal dra van die kinders wat beseer is in die tragedie by die Hoërskool Driehoek, Vanderbijlpark. Netwerk24 berig Lesufi se woordvoerder, Steve Mabona, die afgelope week gesê die skool sal hierdie onkoste – wat honderdduisende rande kan beloop – moet dek. Mabona sê die LUR het namens die skool gepraat en hulle moet betaal. Lesufi het op die dag van die tragedie (1 Februarie 2019) gesê die departement – en ook deur die skool se beheerliggaam – het ’n onmiddellike opdrag gegee aan alle hospitale dat geen enkele leerling nie behandel moet word omdat hulle nie ’n mediese fonds het of nie kan bekostig om te betaal nie. Hy het gesê die departement sal instaan en hulp verleen. Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) se Paul Colditz van sê egter die LUR het geen bevoegdheid om die skool tot enige finansiële verpligtinge te verbind nie.
FOTO: (EWN)

Bron EWN


 

Be the first to comment

Leave a Reply