Potgooi Nuus En Weer 5 Maart 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus&  Weer  5 Maart 2019 

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Klik HIER om weer te luister

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

 

  • Die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders stel vandag ‘n veldtog in Centurion bekend oor onderwysers se regte, verantwoordelikhede en veiligheid. Die tema is, “Die reg tot onderwys, beteken die reg tot ‘n veilige onderrigomgewing”. Die veldtog is daarop gemik om onderwysers en die gemeenskap bewus te maak van onderwysers se regte en verantwoordelikhede. Die Raad sê daar was die afgelope ruk ‘n toename in voorvalle tussen onderwysers, leerders en ouers, asook konflik in skole tussen onderwysers en leerders.
  • Eskom het bevestig dat die kragnetwerk stabiel is en dat geen beurtkrag vandeesweek verwag word nie. Die kragvoorsiener het verlede week ‘n paar tegniese probleme ondervind wat gelei het tot die instelling van fase een beurtkrag. Eskom se waarnemende hoof van kragopwekking, Andrew Etzinger sê verlede week se probleme is opgelos en oor die algemeen lyk die vooruitsigte vir vandeesweek goed.
  • Die parlement se Portefeuljekomitee oor Kommunikasie gaan van vandag af onderhoude voer met kandidate wat op die SAUK-raad wil dien. Agt aanstellings moet gedoen word, uit die 24 kandidate op die kortlys. Van die kandidate is die voormalige bestuurshoof, Lulama Mokhobo en die aktrise Nakedi Ribane. Die SAUK-raad is sedert verlede jaar sonder ‘n kworum nadat verskeie lede bedank het. Intussen sal president Cyril Ramaphosa Donderdag vir die laaste keer in die huidige sitting mondelinge vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord. Die Nasionale Vergadering verdaag op 20 Maart en die Nasionale Raad van Provinsies op 28 Maart, met die oog op die algemene verkiesing wat op 8 Mei plaasvind.
  • Die Automobiel Assosiasie het sy kommer uitgespreek oor die skerp verhoging in die brandstofprys wat môre in werking tree. Die woordvoerder, Layton Beard sê sowat 40 persent, wat vir elke liter brandstof betaal word, is vir heffings wat ‘n swaar las op verbruikers plaas. Aanstaande maand styg die heffing op brandstof met 15 persent wat verdere druk op motoriste sal plaas. Petrol is van more af 74 sent ‘n liter duurder en diesel styg met tussen 91 en 93 sent ‘n liter.
  • Die Abaqulusi plaaslike munisipaliteit in Vryheid in KwaZulu-Natal is onder administrasie geplaas. Dit is die sewende munisipaliteit in die provinsie wat deur die provinsiale departement van Samewerkende Regering onder administrasie geplaas is. Die departement sê die stap is gedoen ná omvattende bewerings van wanbestuur en nepotisme. Die munisipaliteit skuld Eskom ook meer as 48 miljoen rand, waarvan 35 komma twee miljoen rand agterstallig is. Die woordvoerder van die departement, Lennox Mabaso, sê hulle moes drastiese stappe doen weens die omvang van wanbestuur en gebrekkige dienslewering in die munisipaliteit.
  • ‘n Man wat na bewering leiers van die munisipalewerkersvakbond – Samwu – geïntimideer het, se saak is in die landdroshof op Thohoyandou in Limpopo tot 10 Mei uitgestel vir verdere ondersoek. Die man, Thabo Sibanze, het glo dreigende teksboodskappe aan sommige vakbondleiers gestuur wat hulle ontevredenheid met die Vhembe distriksmunisipaliteit se beleggings in die VBS-bank te kenne gegee het. Sibane, wat Vrydag in hegtenis geneem is, bly in aanhouding. Intussen is niemand nog in hegtenis geneem in verband met die dood van twee Samwu-lede, Ronald Mani en Timson Musetsho nie. Hulle het ook die gebeure rondom die VBS-skandaal skerp veroordeel.
  • Die kwaito-kunstenaar, Babes Wodumo, se pa, Mbongeni Simelane, het bevestig dat sy ‘n klag van aanranding teen haar vriend en sanger, Mandla Maphumulo gelê het. Hy staan ook bekend as Mampintsha. ‘n Video het gister op sosiale media opslae gemaak wat toon hoe Mapintsha die sangeres aanrand. Haar pa, Mbongeni Simelane, het Wodumo se ondersteuners en politici bedank vir hulle ondersteuning sedert die aanranding aan die lig gekom het.
  • Die seun van die voormalige president van Liberië, Ellen Johnson Sirleaf, is aangekla oor vervalste geldnote met ‘n sigwaarde van miljoene Amerikaanse dollar. Die regter sê Charles Sirleaf and vier ander senior amptenare by die Liberiese sentrale bank sal aangekla word van ekonomiese sabotasie, die misbruik van staatsgeld en sameswering om ‘n misdaad te pleeg.
  • Die regskomitee van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ‘n omvattende ondersoek van stapel gestuur na die binnekring van president Donald Trump. Die ondersoek hou verband met beweerde magsmisbruik. Verskeie individue, insluitend Trump se twee seuns Donald Junior en Eric, en sy skoonseun Jared Kushner moet dokumente indien, sowel as Trump se persoonlike regsverteenwoordiger, Jay Sekulow en ‘n voormalige strateeg in die Wit Huis, Steve Bannon. Die komitee se voorsitter, Jerry Nadler sê dit is ‘n kritieke tyd in die land se geskiedenis en hulle het ‘n plig om die kwessies te ondersoek. Trump het intussen gesê hy sal sy samewerking gee, al is die ondersoek ‘n bedrogspul.
  • Die stadsraad van Pretoria wil die omstrede elektriese meters vervang, en daarvoor het hulle glo vier maande tyd om 13,000 te vervang. Die 13,000 vooruitbetaal meters moet ingevolge ’n hofbeslissing vervang word omdat die meter met ’n ongeldige kontrak ingesit is en glo ook onwettige toestelle is. Talle werkers moet nou deur sekere gebiede se geboue beweeg om t kyk of die meters in die geboue wettig is, aangesien die PEU Capital Partners se meters nie geldig is nie.Dit beteken glo dat die multi-miljard se daaglikse betalings wat die stad aan PEU maak in terme van die kontrak, word as onbekostigbaar beskou en sal ook tot ’n einde kom.Daar bestaan onduidelikheid wie verantwoordelik gehou word vir die koste om die meters te vervang, en of dit maar weer die onskuldige verbruiker is watt moet opdok.

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 22 Max 32

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en matig met ligte reënbuie en ‘n

Min 19 Max 27

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige of swaar reën buie

Min 24 Max 34

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 22 Max 30

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 19 Max 33

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige of swaar reënbuie

Min 20 Max 35

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 16 Max 33

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n

Min 20 Max 36

Durban – Bewolk en warm met ‘n

Min 23 Max 27

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met reën plek plek met ‘n

Min 20 Max 24

Upington –  Mooi weer en bloedig warm met ‘n

Min 19 Max 36

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en matig met ‘n

Min 17 Max 25

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met matige reën met tye en ‘n

Min 14 Max 21

En laastens

Sutherland – Mooi weer en baie warm met ‘n

Min 14 Max 30


 

Be the first to comment

Leave a Reply