Potgooi – Nuus En Weer 6 Maart 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer  6 Maart 2019 deur Corrie

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Klik HIER om weer te luister

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

Twee Pretoria Metro lede gevang

Twee lede van die Pretoriase Metro Polisie is in hegtenis geneem nadat ‘n gesteelde voertuig in hul besit gevind is.

Die voertuig wat in Eldoraigne gesteel is, is opgemerk by ‘n woning in Philip Nel Park. Die eienaar van die huis, ‘n vroulike lid van die Metropolisie is gearresteer en na verdere ondersoek is nog twee verdagtes aangekeer . Die een is getroud met die vroulike konstabel en word tans opgelei deur die Metro Polisie.

Dit blyk dat die polisie se misdaad rekord aan die styg is as gelet word op die groot aantal voorvalle waarby beamptes betrokke was   in die afgelope maande.

Swart bevoordeling vir entrepreneurs

Barbara Creecy,  Gauteng se Finansiële LUK, het aangekondig dat haar regering ‘n gesamentlike projek met die privaatsektor gaan befonds  wat lokasie entrepreneurs sal help.

Die projek is bedoel om fondse te verkry en markte te skep vir die opkomende entrepreneurs se produkte.

Sowat R124 miljoen is geallokeer vir die projek. ‘n  Soortgelyke projek word in die Wes-Kaap geloods waar Tourvest Destination Retail saam met die Wes-Kus Distrik Munisipaliteit geleenthede gaan gee aan plaaslike vervaardigers om hul produkte te bemark aan toeriste.

Voorkeur sal gegee word aan besighede wat deur swartes besit word om blykbaar te voorkom dat die blankes beheer oor die projekte kry,

Drie standerd 6 leerlinge verkrag klasmaat

Drie leerlinge in De Deur is geskors nadat hulle ‘n mede leerling verkrag het tydens ‘n “induksie” kamp waar leerlinge die kultuur van die skool aangeleer moes word.

Panyaza Lesufi sê die gebeure is “lelik en sleg”,  veral vir sulke jong kinders maar waarnemers sê dit is die stand van SA se skole.

Intussen is die Bryanston High School gewikkel in gevalle van seksuele teistering van leerlinge.  ‘n Sport afrigter is intussen afgedank.

Bewerings word gemaak dat die skool se beheerliggaam die sake wou toesmeer. Ouers en ‘n groep wat seksuele teistering van kinders beveg is tans met ‘n veldtog besig om die saak oop te vlek.

Kaapstad lughawe vernoem

Die EFF gaan daarop aandring dat die Kaapse Internasionale Lughawe se naam verander moet word na die Winnie Mandela Internasionale Lughawe.  Sy het internasionaal berug geword met haar goedkeuring van halssnoer  teregstellings.

Sy is skuldig bevind aan die ontvoering van Stompie Sepei en is ook in 2003 skuldig bevind aan diefstal en bedrog.

Dit is die persoon wie nou op die wyse vereer moet word deur ‘n internasionale lughawe na haar te vernoem

Vigsvirus so vernietig

Wetenskaplikes het na jare se navorsing gevind dat die HIV virus vernietig kan word in ’n besmette persoon deur die beenmurg te vervang.

Twee gevalle is reeds gedoen en in beide pasiënte was daar geen teken van die virus teenwoordig nie.

Die voormalige president van Suid-Afrika, Thabo Mbeki, het nie aanvaar dat die Vigsvirus afkomstig is van HIV besmetting nie, en het verkondig dat die virus gedood word met die gebruik van sekere kruie.

Navorsers beweer dat Mbeki se wanvoorstelling van die waarheid die gevolg is dat meer as 300,000 mense dood is terwyl hulle met kruie probeer het om genees te word.

Mbeki se opvolger, Jacob Zuma, wat glo kwalik Graad 5 op skool klaargemaak het, het verkondig dat dit voldoende is as jy gereeld ’n stortbad neem.

YouTube wil kinders beskerm

Die bekende aanlyn video platform YouTube sê hy sal in die toekoms die gebruikers se kommentaar uitkanselleer op byna elke video waarin kinders vertoon word.

Die besluit kom nadat onlangse voorvalle van pedofiele wat aktief besig is om sulke materiaal te teiken.

Die oprigter van YouTube, Matt Watson het die reling verlede week bekendgemaak ten einde onskuldige kinders te beskerm teen die euwel.

Die moontlikheid van verdere ontwikkeling van kinder pornografie kan YouTube een van die gevaarlikste platforms maak, en deskundiges waarsku ouers om nie hulle kinders uit t lewer aan die euwels van ongevoelige misdadigers nie.

Bron: Die Vryburger

 

Taxibedrywighede in Soweto gaan vanoggend normaalweg voort nadat verskeie mense gister in Dube en Mfolo beseer is toe hulle in die kruisvuur van taxiverenigings beland het. Sedert die begin van die jaar is drie lede van die WATA taxivereniging dood en tientalle is beseer in geweld tussen strydende verenigings. Die Gautengse LUR vir Vervoer, Ismail Vadi gaan vandag ‘n kennisgewing in die staatskoerant publiseer oor die sluiting van taxistaanplekke en roetes weens die geweld. Vadi sê hy sal nie toelaat dat vermeende huurmoordenaars gebruik word om taxibase en pendelaars aan te val nie.

 

Drie buitelanders is in die Paarl in hegtenis geneem na die polisie toegeslaan het op ‘n onwettige aanleg waar perlemoen verwerk is. ‘n Polisiewoordvoerder, FC van Wyk, sê beslag is gelê op verskeie houers en sakke met perlemoen, sakke sout, gassillinders en ander toerusting wat gebruik word vir die verwerking van perlemoen. Groot hoeveelhede gedroogte perlemoen is in die huis in Hermitage-straat gevind. Twee vertrekke in die huis is as droogkamers ingerig. Die waarde van die perlemoen waarop beslag gelê is, moet nog bepaal word. Die drie verdagtes wat in hul twintiger-jare is sal binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

 

Vyf mans wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op ‘n vier-jarige seuntjie van ‘n informele woongebied in Rylands op die Kaapse Vlakte sal vandag in die hof verskyn. Die mans is in Athlone in hegtenis geneem. Die seuntjie, wat aanvanklik gedink is drie jaar oud is, is in die kop getref toe hy in die kruisvuur beland het van mense wat vanuit ‘n motor geskiet het. Hy het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die mans is tussen 25 en 27 jaar oud.

 

Die twee mans van Coligny in Noordwes wat skuldig bevind is aan die moord op die tiener, Matlhomola Moshoeu, word vandag in die hooggeregshof in Mahikeng gevonnis. Phillip Schutte en Pieter Doorewaard is in Oktober skuldig bevind. Moshoeu is in 2017 dood toe hy van ‘n bewegende bakkie afgeval het. Die twee mans het aangevoer dat hy afgespring het toe hulle hom na die polisie wou neem omdat hy sonneblom gesteel het. Moshoeu se dood het tot gewelddadige betogings op die dorp gelei. Die staat het tydens betoë ter strafverswaring gevra dat swaar strawwe opgelê moet word. Intussen het die burgerregteorganisasie Afriforum aangedui dat hy gaan appelleer teen die skuldigbevinding en die vonnis van die twee mans.

 

Die minister van binnelandse sake, Siyabonga Cwele, het opdrag gegee dat die status van alle buitelanders wat ondernemings in Suid-Afrika bedryf, hersien moet word. Dit sluit godsdienstige leiers in. Cwele sê kerkleiers uit die buiteland was onlangs betrokke by ‘n reeks skandale terwyl hulle voorgegee het dat hulle sake doen in die land. Volgens Cwele is daar buitelanders wat na Suid-Afrika kom en aandui dat hulle ‘n fabriek gaan bedryf, maar dan stig hulle ‘n kerk. Hy sê in Suid-Afrika word kerke nie as ondernemings beskou nie.

 

Die Minister van Vrouesake in die presidensie, Bathabile Dlamini het gevra dat die musikant, Mandla Mampintsha Maphumulo, swaar gestraf word. Die musikant staan tereg op aanklagte van aanranding nadat ‘n video aan die lig gekom het waarin gesien word hoe hy sy vriendin – ook ‘n musikant – Bongekile Simelane, wat as Babes Wodumo bekendstaan, aanrand. Mampintsha voer aan dat sy hom uitgelok en verskeie kere aangerand het. Dlamini sê Mampintsha kan nie sy bekendheid en roem gebruik om hom as slagoffer voor te hou nie. Sy het ook die twee-duisend rand borgtog waarop hy vrygelaat is veroordeel en sê dit weerspieël nie die erns van geweld teen vroue nie.

 

Die Verenigde Nasies se gesamentlike program vir MIV/Vigs sê die onlangse genesing van ‘n MIV-lyer is ‘n mediese deurbraak, maar die behandeling kan nie op groot groepe pasiënte toegepas word nie. ‘n Man van Londen is van dié virus genees na ‘n reeks stamseloorplantings. Die VN se program vir MIV/Vigs sê in ‘n verklaring die behandeling is uiters ingewikkeld, intensief en duur en het ook beduidende newe-effekte. Die deurbraak bied wel groter insig aan navorsers wat soek na ‘n volhoubare oplossing vir MIV.

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 20 Max 31

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek en ‘n

Min 18 Max 29

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige reën met tye

Min 20 Max 33

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n

Min 18 Max 32

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 17 Max 34

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 19 Max 33

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 20 Max 32

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 24 Max 35

Durban – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 22 Max 30

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n

Min 22 Max 31

Upington –  Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n

Min 24 Max 39

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en matig met ‘n

Min 19 Max 24

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en matig en ‘n

Min 14 Max 21

Sutherland – Bewolk en baie warm met ‘n

Min 13 Max 33


 

Be the first to comment

Leave a Reply