Potgooi – Nuus &  Weer  7 Maart 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer  7 Maart 2019 

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Klik HIER om weer te luister

 

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

Nuus

 

Limpopo se LUK van Gesondheid, Phophi Ramathuba, word daarvan beskuldig dat sy junior dokters bevorder om guns te wen by Vakverbonde.  Senior medici in Limpopo is ongelukkig oor die bevordering van dr. Sizeka Maweya as kliniese uitvoerende direkteur aangesien hy nie oor die nodige ondervinding beskik vir die pos nie.

Maweya is die voorsitter van SA Mediese Vereniging in Limpopo. Ramathuba erken dat die aangestelde dokters die nodige ondervinding kort maar dit bring glo jong passievolle persone in senior posisies wat goed is vir die bedryf.

 

Akademiese programme is by alle kampusse van die Tshwane Universiteit van Tegnologie gestaak en studente is beveel om koshuise te ontruim. En die universiteit is onbepaald gesluit

Vrese bestaan glo vir studente en personeel se veiligheid. Volgens Willa de Ruyter van TUT is die toestand by kampusse onvoorspelbaar en vlambaar.  Die Jong Kommunistiese Liga beskou die besluit van TUT as ‘n bevestiging dat uitdagings en eise van voorheen historiese swart agtergeblewe studente oor die hoof gesien word.

Koshuis eiendom is soos in die verlede beskadig en die koste om herstel is nog nie bereken nie.

Bykans 60% van die brandstof prys gaan nou aan belastings en heffings vir die bankrot staat van Suid Afrika.

Belasting  het volgens waarnemers die hoogte ingeskiet sedert 2008 toe die vasgestelde belasting R1.76 was teenoor die R 5,63 wat tans van toepassing is.

Dit is ’n  verhoging van 220%!  Met die 29 sent verhoging wat oor die volgende twee maande kom is die persentasie nog hoër.

Motoriste betaal tans R8,64 aan die regering vir elke liter brandstof wat hy aankoop

 

Victor Senna, wat deur Beko Cele aangestel is as waarnemende hoof van die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (OPOD), het nie die nodige sekuriteit klaring vir die pos nie.

Dit is dieselfde rede waarom die parlement se Portefeulje komitee van Polisie nie McBride se kontrak hernu het nie.

Slegs 15 van die top 29 OPOD lede het die nodige sekuriteit klaring.

Die Klaring het die afgelope vyf jaar verval en is nie weer hernu nie, maar volgens Senna is daar geen krisis by OPOD nie.

 

Valke slaan toe in Rustenburg

Die plaaslike munisipaliteit is deur die Valke “besoek” in verband met tender bedrog ter waarde van R 85 miljoen.  Amptenare en diensverskaffers is na bewering betrokke by die misdaad.

Kaapse damme op 52,7%

Damme wat Kaapstad van water voorsien se vlakke staan tans op 52,7% in vergeleke met verlede jaar se 23%.  Inwoners word egter nog steeds versoek om spaarsaam te wees met verbruik. Intussen kan die Oos-Kaap  vandag welkome reën verwag oor die volgende twee dae.

Gesin van vyf geskiet

‘n Gesin van vyf is gedood in ‘n voorstad van Durban.  Na berig is dit die pa, ma en hul drie kinders.  Een van die oorledenes was glo ‘n landdros en die polisie ondersoek die moontlikheid van moord of selfmoord.  ‘n Wapen is op die toneel gevind.

 

’n Ligte vliegtuig moes noodgedwonge Woensdag ’n noodlanding doen op die N1 snelweg ten noorde van Pretoria.

Die vliegtuig wat onklaar geraak het, kon daarin slaag om neer te stryk terwyl motors hom ’n redelike kans gegee het om t land en op die grasbaan te gaan staan wat tussen die noordelike roete en suidelike roete se paaie is. Die tuig het naby Hammanskraal geland terwyl die verkeer redelik besig was, maar almal het besef wat gaande is en dadelik begin om spasie te maal vir die noodlanding.

Dit is nie bekend wie se vliegtuig dit is, of wat die probleem was wat ’n noodlanding vereis het nie.

Niemand kon ‘n aanduiding gee oor die aantal passasiers wat vervoer is en of almal ongedeerd is nie.

 

Die Nasionale Onderwysersvakbond, NATU, sê die gebrek aan sigbare polisiëring op paaie in veral KwaZulu-Natal, dra by tot padsterftes. Die vakbond het gereageer op die dood van drie leerders wat in Newlands-Oos in Durban deur ‘n taxi doodgery is. Nog ‘n leerder is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Die president van NATU, Allen Thompson, sê ouers het hulle hoop, vertroue en die veiligheid van hul kinders aan die polisie toevertrou. Hy sê die verkeerspolisie en die polisie behoort op straathoeke ontplooi te word om patrollies te doen, wanneer leerders soggens skool toe gaan en smiddae terugkeer huis toe. Die 33-jarige taxibestuurder het aanvanklik van die ongelukstoneel gevlug, maar hom later aan die polisie in KwaMashu oorgegee. Dit is onbekend wanneer hy in die hof gaan verskyn.

 

Honderde onwettige taxi’s in die Vrystaat gaan binnekort vernietig word as hul eienaars nie aan die nodige vereistes voldoen nie. Die departement van polisie, paaie en vervoer wil seker maak dat slegs taxi’s wat aan die nodige wettige vereistes voldoen op die paaie toegelaat word. Verskeie toetstasies is oorvol met taxi’s wat geskut is omdat hulle nie padwaardig is en die nodige permitte het nie. Die registrateur by die departement van polisie, paaie en vervoer, Mangaliso Xaba, het taxi-eienaars gewaarsku om hul voertuie op te eis of hulle gaan dit kwyt wees. Volgens hom is daar selfs taxi’s waarop daar in 2015 beslag gelê is. Die Groter Bloemfontein-taxivereniging het intussen sy kommer uitgespreek oor die toename in taxi’s wat onwettig in die Vrystaat passasiers vervoer. Die vereniging sê dit benadeel die wettige taxiverenigings. `n Woordvoerder van die vereniging, Malefetsane Mpotane, sê hulle het plakkers aan die wettige taxi’s voorsien sodat hulle dadelik uitgeken kan word

 

Die Durbanse polisie ondersoek die motief vir die gesinsmoord gister in Montclair in Durban. Die polisie het vroeër gesê dit blyk dat die pa, Sandile Mkhize, sy vrou en drie kinders doodgeskiet het, waarna hy homself geskiet het. Mkhize was ‘n senior tolk en sy vrou ‘n landdros by die Durbanse landdroshof. Hulle bure het aan die polisie gesê die gesin was nederig en dat die gebeure ‘n groot skok is.

 

Die verhoor van die 19-jarige Xander Bylsma wat daarvan aangekla word dat hy twee skoolmeisies van die Hoërskool Stella in Noordwes vermoor het, sal na verwagting vandag in die Hooggeregshof in Mahikeng hervat word. Die saak is verlede week uitgestel nadat die staat aangevoer het dat hy oor nuwe getuienis beskik. Sowel die 17-jarige Sharnelle Hough as die 16-jarige Marna Engelbrecht is in Mei verlede jaar dood in die skoolkoshuis aangetref. Bylsma word aangekla van die moord op die twee meisies. Dit het aanvanklik gelyk of hulle selfmoord gepleeg het, maar daar is later daarop gesinspeel dat Bylsma moontlik altwee verwurg het. Hy is borgtog geweier aangesien hy as ‘n vlugrisiko beskou is in die lig van getuienis wat na vore gekom het dat hy beplan om na Botswana te vlug.

 

Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê ‘n onafhanklike Reserwebank, wat sy mandaat kan uitvoer om die land se geldeenheid te beskerm, bly uiters noodsaaklik. Kganyago het ‘n lesing by die Fakulteit van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch gelewer. Hy sê dit is die Reserwebank se plig om inflasie te beheer en te keer dat dit handuit ruk. Kganyago sê die beskerming van die geldeenheid is noodsaaklik vir ‘n stabiele monitêre beleid en ekonomiese groei. Hy sê die debat oor nasionalisering handel nie soseer oor eienaarskap nie, omdat 90 persent van die winste aan die regering gaan nadat dividende en belasting betaal en daar voorsiening gemaak is vir reserwes.

 

Meksiko het ‘n wysiging in sy grondwet goedgekeur om ‘n nuwe Nasionale Wag tot stand te bring. President Manuel Lopez Obrador het die stap voorgestel om die gewelddadige misdaad in die land te beveg. Die wysiging is deur meer as die helfte van Meksiko se 32 deelstate goedgekeur. Dit maak die oprigting van ‘n mag van 60-duisend, saamgestel uit lede van die federale polisie en weermag, moontlik. Dit is nie die eerste keer dat die land die weermag gebruik om sy veiligheidsmagte te versterk nie. In 2006 is die weermag ontplooi om die magtige dwelmkartelle te beveg, wat gelei het daartoe dat geweld en menseregteskendings buite beheer geraak het. President Obrador het verlede jaar tydens sy verkiesingsveldtog onderneem om die weermag te verwyder maar later besluit hy kan nie die kartelle sonder militêre ondersteuning aanpak nie. Die weermag se rol is tot vyf jaar beperk.

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 19 Max 32

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek en ‘n

Min 17 Max 30

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met hewige reën met tye

Min 22 Max 35

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige reën met tye met ‘n

Min 21 Max 33

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige reën met tye met ‘n

Min 18 Max 33

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige reën met tye met ‘n

Min 19 Max 33

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 18 Max 32

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 22 Max 34

Durban – Gedeeltelik bewolk en baie warm met swaar reën met tye met ‘n

Min 24 Max 30

Oos-London – Gedeeltelik bewolk en warm met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 22 Max 26

Upington –  Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 23 Max 35

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en matig met matige of swaar reënbuie met ‘n

Min 17 Max 21

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk en matig met matige reën met tye en ‘n

Min 20 Max 23

Sutherland – Mooi weer en warm met ‘n

Min 9 Max 28


 

Be the first to comment

Leave a Reply