Potgooi – Nuus &  Weer  8 Maart 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Potgooi – Nuus &  Weer  8 Maart 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 9:00(CAT)

Klik HIER om weer te luister

Kennisgewing

  1. Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.
  2. Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.
  3. Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

Nuus

Die bankrot kragvoorsiener van Suid-Afrika, wat reeds miljarde Rand uit die belastingbetalers se sakke gesteel het, het weereens sy sin gekry.

Die swak regeerders van die land het geswig en toegelaat dat swaar verhogings die verbruikers gaan tref in die komende drie jaar.

Die ANC regering het onder leiding van die Energie reguleerder van SA (Nersa) weer geswig en Eskom toegelaat om sy tariewe vir kragvoorsiening onrealisties hoog aan te pas.

Die 15% wat Eskom wou gehad het is nie toegestaan nie, maar in 2019 sal verbruikers 9,4% meer betaal, en in 2020 styg die prys met 8.1% terwyl ’n styging van 5.2% van toepassing is vir 2021.

Dit sal die jaarlikse inkomste met R784 miljard verhoog, en kenners wys daarop dat Eskom gewoonlik die verhoging verdubbel in hulle aansoeke, en ontvang dan meer as wat werklik nodig is.

 

Absa Bank wil glo herstruktureer wat talle takkantore sal beïnvloed, maar wat ook die poste van sowat 800 mense kan beïnvloed.

Die Bank het die afgelope dekade skerp agteruit gegaan weens die wantroue wat die ou Volkskas kliënte ontwikkel het omdat die instelling ’n vreemde benadering het teenoor Afrikaners.

Na die uittrede van Maria Ramos aangekondig het, het die hoop opgevlam dat die bank weer sou terugkeer na diegene wat sy mees lojale kliënte was.

Die herstrukturering kom in ’n tyd wat die ANC president, Cyril Ramaphosa, benadeel indien die bank honderde werknemers gaan aflê terwyl hy in sy propaganda vir die verkiesing die mense inlig van die baie poste wat geskep gaan word in die land.

 

’n Landswye tekort aan lewensnoodsaaklike entstof wat voorkomend is vir

Witseerkeel asook ’n entstof ter voorkoming van klem in die kaak.

Die tekort het ouers nie net gefrustreerd gelaat nie, maar veroorsaak woede en angs omdat hul geliefdes se algehele toestand bedreig word.

Die tekort aan die entstof is ’n ernstige bedreiging vir kinders se gesondheidstoestand en kan lei tot sterftes wat voorkom kon word.

Die mense in afgeleë gebiede moet dikwels lang afstand te voet aflê na klinieke waar hulle die voorkomende entstof kry vir hulle kinders, en word nou woedend omdat hulle telkens aangesê word om maar weer later te kom.

Dit blyk egter dat die tekort nie by verskaffers is nie, maar by die owerhede wat nalatig is om betyds hulle voorraad aan te vul.

 

Ramaphosa het aangekondig dat die herstrukturering van Eskom  nie sal lei tot die privatisering van die instansie nie   Wat die koste gaan wees vir die drie-deling van die entiteit is onduidelik aangesien daar by elkeen ’n nuwe besture aangestel moet word.

 

Nelson Mandela Universiteit gesluit

Na twee dae se protes optredes deur studente het die universiteitsraad besluit om lesings tydelik op te skort. Personeel en studente moet nou glo hul werk voortsit vanaf hulle wonings. ‘n Bestaande hofinterdik gaan glo toegepas word teen protesterende studente.

 

Ferdi Barnard wat skuldig bevind is aan die moord van die aktivis David Webster in 1989, is vrygelaat op parool.

 

Die Pretoriase Hooggeregshof sal vandag uitspraak lewer oor of die NG Kerk selfdegeslagverhoudings behoort te erken. Die kerk se algemene sinode het in 2015 besluit dat elke gemeente self kan besluit of hulle gay-verhoudings erken, gay-lidmate aanvaar, gay-paartjies trou of gay-predikante aanstel. Dié besluit is in 2016 deur die algemene sinode ter syde gestel. Dr Frits Gaum, voormalige redakteur van die Kerkbode, en sy seun Laurie Gaum, het namens ander ontevrede lidmate die saak hof toe geneem. Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het ook as vriend van die hof tot die saak toegetree.

 

Die Zondo-kommissie van ondersoek na Staatskaping sal na verwagting vandag die getuienis aanhoor van nog twee Eskom-amptenare, Gert Opperman and Johann Bester. Vroeër die week het Snehal Nagar van Eskom se afdeling vir Primêre Energie getuig dat die kragvoorsiener se betaalstelsel gemanupileer moes word om voorsiening te maak vir die betaling van 600 miljoen rand aan die Gupta-beheerde, Tegeta-maatskappy. Hy het getuig dat hy versoek is om die bedrag binne ‘n kwessie van ure oor te betaal. Dit is gedoen sonder enige meegaande dokumentasie van Tegeta, wat strydig met Eskom se verkrygingsprosedures is.

 

President Cyril Ramaphosa het gister tydens vraetyd in die Nasionale Vergadering geweier om vrae te beantwoord oor hoeveel sy seun verdien het uit ‘n kontrak met die omstrede maatskappy, Bosasa. Die DA-leier, Mmusi Maimane, het Ramaphosa gevra waar die bedrag versteek word. Ramaphosa se antwoord was dat die Openbare Vervolger die saak ondersoek en hy nie daarop kan reageer nie. Bosasa het met behulp van sy ANC-bande miljarde rand verdien uit kontrakte met die regering. Bosasa, huidig bekend as African Global Operations, het vroeër aansoek gedoen om vrywillige likwidasie nadat sommige banke besluit het om nie meer met die maatskappy sake te doen nie.

 

Die twee PAC-faksies het besluit dat hulle as ‘n verenigde party aan die algemene verkiesing gaan deelneem ter wille van die behoud van die party wat reeds langer as 60 jaar bestaan. Dit volg nadat die Pretoriase Hooggeregshof gister beslis het dat die leiers van die twee faksies, Narius Moloto en Mzwanele Nyhontso, ‘n middeweg moet vind om te verseker dat die PAC op die stembrief van die verkiesing op 8 Mei verskyn. Sedert 2013 is daar ‘n geskil oor die party se wettige leierskap. Regter Moses Mavundla het beveel dat die twee faksies ‘n ooreenkoms aan hom voorlê wat hulle samewerking sal uitstippel.

 

Oudpresident Thabo Mbeki sê samewerking tussen Afrika-lande en China is wedersyds voordelig. Mbeki het ‘n China-Afrika sitting oor betrekkinge by UNISA in Pretoria toegespreek. Tydens die laaste forum oor Afrika en China in September het die Chinese president, Xi Jinping, meer as 800 miljard rand se hulp aan Afrika belowe. Sommige kritici sê dit is ‘n vorm van kolonialisme, maar Mbeki sê hy stem nie saam nie, omdat dit ‘n ooreenkoms is in belang van albei partye.

 

Die organiseerders van die Forbes-beraad vir die voorste vroue in Afrika sê die beraad sal vroue in verskillende sektore help om mekaar te bemagtig. Meer as 500 vroue word by die vierde beraad in Durban verwag vandag op Internasionale Vrouedag. Afrika se invloedrykste vroue in die sakesektor, sport, wetenskap, vermaak en leierskap sal dit bywoon. Vanjaar se tema is: “Die nuwe skeppers van welvaart”. Die redakteur van Forbes Woman Africa, Methil Renuka, sê die beraad het ten doel om vroue in Afrika se prestasies te vier en hulle aan te moedig om enige struikelblokke op watter gebied ookal, te oorkom.

 

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 19 Max 32

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek en ‘n

Min 18 Max 29

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige reën met tye

Min 21 Max 32

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n

Min 21 Max 28

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige tot swaar reën buie met ‘n

Min 18 Max 30

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige reën met tye met ‘n

Min 19 Max 33

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n

Min 19 Max 29

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige tot swaar reën buie met ‘n

Min 21 Max 33

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met matige tot swaar reën buie met ‘n

Min 23 Max 26

Oos-London – Bewolk en baie warm met matige reën met ‘n

Min 20 Max 21

Upington –  Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n

Min 19 Max 34

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en matig met ‘n

Min 15 Max 22

Port Elizabeth – Bewolk en matig met matige reën en ‘n

Min 13 Max 19

Sutherland – Gedeeltelik bewolk en matig met ‘n

Min 9 Max 20

Besoek gerus ons webwerf by waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en loer gerus rond daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan like ons faceboek blad nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Indien jy wil adverteer op die radio nasionaal of internasionaal eenmansaak of koöperatiewe besigheid kontak ons gerus; op die web blad onder die hofie kontak ons is daar ‘n vormpie wat jy kan invul  en ons sal terug kom met ‘n pakket wat jou sak sal pas en indien jy jou besigheid na die volgende vlak in die kuberruimte wil neem kontak ons gerus en Corrie kan vir jou ‘n webwerf bou en ook vir jou ‘n domain reël en ‘n gratis SSL sekuriteitsisteem op jou werf so jy kan ‘n winkeltjie opsit en veilige betalings neem en Google penaliseer jou indien jou webwerf nie ‘n SSL sisteem op het nie.  Plaas sommer jou webwerf gratis oor na ons hosting maatskappy en kry ‘n gratis SSL sisteem Kontak Corrie op die webwerf m.b.v die kontakvorm of stuur vir my ‘n epos by corrie@netradiosa.co.za

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. Reeds gedrukte boeke of eboeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! Kontak Corrie vir meer besonderhede skype adres – corrie.slabbert3 of stuur ‘n  e-pos of gaan na https://www.bookhut.co.za/

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! Kontak vir Cathy by cathy@netradiosa.co.za

Kuier saam op die webwerwe of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het


 

Be the first to comment

Leave a Reply