Wie Is Ons

NetRadioSA is ‘n Christen gefundeerde internet radiostasie wat daagliks wêreldwyd uitsendings aanbied met goeie programinhoud en musiek wat saakmaak.

NetRadioSA word op ‘n vryskutbasis bestuur deur ‘n span toege-wyde omroepers met ‘n passie vir radio en Suid-Afrikaners regoor die wêreld.
Die doel is om programinhoud aan te bied wat waarde toevoeg tot elke luisteraar se lewe.
Die programspyskaart dek ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe wat verseker ‘n verslawende uitwerking op elke luisteraar gaan hê.

NetRadioSA stel ook graag EKerkSA aan u bekend wat tendoel het om aan luisteraars die lewensbelangrike geestelike spyse te bedien.
Die doel is om die Evangelie van Jesus Christus in ‘n gebroke samelewing te verklaar as die enigste en ware antwoord vir die ganse mensdom.
Om elke luisteraar toe te rus om ‘n leefwyse van oorwinning op die markpleine van hul lewens te leef en ander deur hul leefwyse vir God se Koninkryk te wen.

NetRadioSA nooi elke luisteraar om deel te word van ‘n radiofamilie wat werklik omgee.

There are no secrets to success. It is the result of preparation, hard work, and learning from failure.We cannot get to where we dream of being tomorrow unless we change our thinking today.