Annatjie van Zyl

So uit die hartjie van die Bosveld en nou ‘n volbloed Oos-Kapenaar, bied ek die program “Oorwin die Hekkie” aan op Dinsdae om 16h00.

Die afgelope 4 jaar het ek, nadat ek gediagnoseer is met borskanker, ‘n dubbele mastektomie ondergaan. Die pad na herstel was ‘n reis wat ek aangegryp het om God te vertrou vir ‘n bo-natuurlike wonderwerk.
Dit is onder andere hierdie reis en die pad na oorwinning wat ek met jou wil deel, want jy kan die hekkie in die wedloop van jou lewe, oorwin.

Ek bedien graag en deel met vroue oor borskanker waar ek uitgenooi word.
Niks soos in niks is onmoontlik vir hulle wie waarlik in God glo nie.

Besoek gerus my twee Bakkiesblaaie – Oorwin Die Hekkie en Vlindervrou.
Kontak my per E-pos by antjie@netradiosa.co.za