Genie Jacobs

Ek is Genie Jacobs hier van Windhoek – Namibia.
Gebore in Klerksdorp en het met my ouers na Windhoek verhuis op negejarige ouderdom tot op hede.
Ek is ‘n boekhoudster by a privaatskool.

Het drie pragtige dogters en vyf kleinkinders waarvoor ek die Vader baie dankbaar is.
My man is in 1997 oorlede.
My stokperdtjies is bak en brou in die kombuis.
Ook ‘n groot liefde vir tuinmaak en dan om net die natuur in te vaar.
Lief vir lees en musiek.
Kuier graag saam familie en vriende.

Ek is vyftien jaar terug aan die diep kant ingegooi by n internet radiostasie.
Daar het die gogga my gebyt en het dit my passie geword.
Ek is die Vader baie dankbaar vir die voorreg en gawe en hoop om dit nog lank te doen.

 


Kontak Gerus Genie Jacobs

U Naam en Van (Word Vereis)

E-Posadres(Word Vereis)

Onderwerp

U Boodskap