Arlene Greyling

Gebore in die vriendelike stad -Port Elizabeth
Tans gelukkig getroud en woonagtig in Pinetown so 18km vanaf Durban.

Ek was vir baie jare in die klerebedryf wat vir my nie net baie geleenthede geskep het nie, maar ook blootstelling.

My passie vir mense en musiek en die uitleef daarvan deur middel van die radio is ‘n droom wat ek vir bietjie meer as ‘n jaar uitleef.
Vir my persoonlik ‘n groot voorreg om deel te wees van NetRadioSA.

Afrikaans is my eerste musiekliefde, asook Bboeremusiek en Country.
Ook die treffers vanaf die 70s tot op hede.

Ek nooi almal om by my aan te sluit tydens die aanbied van my programme en net te geniet en deelneem.

  •  Maandae tussen 1 nm – 3 nm – Afrikaans Bly Groot
  • Maandagaande tussen 7 nm – 8nm –  Klanke Uit Die Hart
  • Dinsdae tussen 1 nm – 3 nm – Country Opskop
  • Woendae tussen 7 nm – 9 nm – Treffer na Treffer
  • Donderdae tussen 7 nm – 8.30 nm – Boeremusiek
  • Vrydae is dit ‘n loslitdag vanaf 1 nm – 3 nm met Tjaila Met Arlene

Ek nooi almal uit om deel te wees van my musiekdroom.

Whatsapp no. 082 776 2203