Cathy Louw

Ek is passievol oor ‘n hele paar dinge, maar hier is ‘n paar daarvan:

GESONDHEID, veral natuurlike gesondheid en dat mense eers die natuurlike hulpbronne sal raadpleeg en gebruik alvorens hulself en hulle families vol antibiotikas en sintetiese middels pomp.
Natuurlike middels en kruie is sedert God se skepping met ons en die Bybel leer ook vir ons van gesondheid en gesond leef.
Pharmaseutiese maatskappye  is maar die afgelope 100 jaar deel van die wêreld se mediese beroep en is ‘n multibiljoen industrie met geen teken van spoed verloor nie en nog nooit was die wêreld so vol peste, super-bugs en ellende soos juis nou nie !
Goed word in fabrieke vervaardig en mense het afhanklik geword van substansies en verslawings is deel van ons daaglikse bestaan en seer.
Antibiotika is vir baie jare links en regs voorgeskryf, wat teweeggebring het dat wanneer mense se lewens werklik daarvan afhang, dit nie meer help nie.
Daar is antibiotikaweerstandigheid en dokters sit met hulle hande in hulle hare.
Ek is self ‘n pharmaseutiese verteenwoordiger van beroep, maar het oorgeskakel na natuurlike medisyne.
My eie lewe het radikaal verander van ‘n semi-invalide wat bitter min kon doen na ‘n opgewekte, aktiewe, lewenslustige persoon, sonder pyn – ek het my lewe terug geneem, want God het my ‘n 2de kans gegee.
Ek het die wonder van kolostrum ontdek.
Dit is my “
ZEST for life”.
Ek kan dans, balskop, hardloop en saam met my kinders laf wees.

Ek is al ‘n hele jaar betrokke by ‘n New Zealandse maatskappy – New Image International, wat dit uitvoer na verskillende lande waarvan SA een is.
Ek het die voorreg gehad om dit ook aan Namibië te gaan voorgestel en sederdien skryf heelwat dokters kolostrum voor.
Mense het groot lewensveranderende omwentelings ondergaan deur die gebruik van kolostrum, Alpha Lipid Lifeline waarvan ek ‘n verspreider is.

Mense wat graag meer wil weet kan gaan lees by: https://me.newimageoffice.asia/profile/292908/?profiletab=main  en my Epos: cathy@netradiosa.co.za

KANKERKINDERS – ek het ‘n passie vir kankerkinders!!
Ek was vir 5 en 1/2 jaar betrokke by kinderkanker in die Wes-Kaap.
Die LULU projek is as ‘n uitvloeisel ook dan uit my hart gebore.
My passie is om kinders te leer oor kinderkanker en hoe om deur leer en speel baie belangrike gevaartekens oor te dra.
Ek en Merique Hanekom, sangeres, aktrise, danseres, en Leandi Louw Matthee ‘n sketskunstenaar, het ‘n boek saamgestel in die vorm van ‘n storie-inkleurboek, tesame met audio cd, wat nog wag op borge om dit te help uitgee!

Ek skryf ook gedigte, maar ek noem dit sommer net ‘harts-goeters’.
Wil baie graag nog kinderstories skryf.

Ek is ook passievol oor boeke!!! Boeke, boeke, boeke!!!
Daarom lees ek baie en veral kinderstories vir my 2 kleintjies…2 dierbare dogtertjies vir wie ek “oumi-mamma” is…hulle is Danelle en Katrynjie.  Die lig in my lewe!
Hulle is verslaaf aan stories lees.  Ek leef ons omtrent in die stories in, want ek  maak stemme na, geluide en improviseer sommer as die storie ‘n bietjie vervelig klink.
Byklanke boei altyd ‘n kind se aandag.

Dit is my groot droom om eendag nog my eie boek te skryf oor my lewensverhaal.
My lewe het baie fassette, maar ek dink wat my die meeste definieer is my LIEFDE vir my man, my kinders en ook my naaste.
God het my deur baie hartseer en pyn laat gaan vir die werk wat Hy vir my gekies het om te doen.
God het soveel jare gelede al vir my gesê dat ek veral met stukkende vrouens gaan werk, maar nooit besef dat Hy my eers moet toerus om hierdie grootse taak te kan uitvoer nie.
Ek wil dus as deel van my bydrae tot NetRadioSA ‘n program insluit waar mense kan vrae vra oor alles en nog wat.
Dit waaroor hulle wonder, verhoudingsprobleme, kinderprobleme, huweliksprobleme, probleme oor verhouding met God ens. ens.
Ek wil probeer om ‘n uitlaatklep te wees vir die wat voel hulle is alleen, geen pad vorentoe sien nie en nie weet of die lig ooit weer sal skyn nie….mense wat moed opgegee het in die lewe.
Mag God my toerus om ‘n baken te wees in iemand se rowwe see.

In kort – ek is lief vir skryf … die geskrewe woord … ek is ‘life coach’ … motiveringsspreker … geestelike berader … bemarker en radio omroeperster.

CATHY