BROCCOLIHOENDER

– Bestanddelle – 8 hoenderborsies – 1 ui – 500 ml witwyn – 250 ml water – 4 heel naeltjies – n takkie roosmaryn en tiemie as jy het – 1 kg broccoli – 1 pakkie sampioensop – 1 l melk – 500 ml mayonnaise – 80 ml Kerrie – 80 ml suurlemoensap – sout en peper na smaak – olie om die uie in te braai – 750 ml kaas
<marindakook.co.za/wp-content/uploads/2017/10/broccoli-hoender-blog-025.jpg>
NOU:
– sny jou ui in ringe en braai in n bietjie olie tot deurskynend in n pot op die stoof – braai nou jou hoender saam met jou uie tot bruin – gooi die wyn, water, naeltjies, roosmaryn en tiemie by die hoender. Kook die hoender tot sag.( plus minus 40 minute)
<marindakook.co.za/wp-content/uploads/2017/10/broccoli-hoender-blog-017.jpg> – haal die hoender uit en pluis dit in n oondbak – moenie die sous weggooi waarin jy die hoender gekook het nie
<marindakook.co.za/wp-content/uploads/2017/10/broccoli-hoender-blog-031.jpg> – sout en peper die fyn hoender – spoel die broccoli af onder lopende water – kook nou die broccoli tot net sag in die sous waarin jy die hoender gekook het
<marindakook.co.za/wp-content/uploads/2017/10/broccoli-hoender-blog-029.jpg> – dreineer en sit die broccoli op die hoender
<marindakook.co.za/wp-content/uploads/2017/10/broccoli-hoender-blog-046.jpg> – in ‘n pot op die stoof meng die melk en die sampioensoppoeier en laat dit 3 minute saggies prut – gooi die mayonnaise, die kerrie en die suurlemoensap by die sampioensopmengsel – roer met n draadklitser dat daar nie klontjies in is nie. – laat dit prut vir 5 minute en gooi dit oor die hoender en broccoli in die oondbak
<marindakook.co.za/wp-content/uploads/2017/10/broccoli-hoender-blog-050.jpg> – strooi die kaas oor
<marindakook.co.za/wp-content/uploads/2017/10/broccoli-hoender-blog-054.jpg> – bak dit vir 40 minute by 180 grade Celsius – As jy nie lekker ken nie, gaan jy dit hier teekom. More smaak die dis nog lekkerder. Ek bedien my broccolihoender op rys. So maak ek my kinders se harte bly – [image: broccoli hoender blog 110] <marindakook.co.za/wp-content/uploads/2017/10/broccoli-hoender-blog-110.jpg>
ly.

LEMOEN EEND – tog so fênsie

BENODIG:
– 1 eend – 4 aartappels – 1 lemoen – 250 ml lemoensap – 100 ml marmalade of appelkooskonfyt (marmalade is lekkerder) – 5 ml asyn – 100 ml hoenderekstrak-poeier ( jy gebruik nie alles gelyk nie) – 100 ml koekmeel – 100 ml bruinsuiker – 250 ml warm water – 10 ml mazina – sout en peper – 125 ml Van der Hum likeur (of enige ander lemoenlikeur)
NOU:
1. was die eend binne en buite en knip al die los velle af – onthou om die sakkie binnegoedjies uit te haal (maak gaar vir die diere) 2. vee die eend droog met n lappie 3. halveer die lemoen en druk dit in die eend 4. skil jou aartappels en halveer , sit onder in n oondbak waarin jy die eend gaan gaarmaak 5. sit n draadrakkie in die bak, want jy gaan die eend op die draadrakkie sit. 6. meng die meel, sout en peper en 50 ml van die hoenderekstrakpoeier in n bakkie, smeer nou die hele eend met dit in 7. plaas die eend op die rakkie in die bak en prik die eendvel met n mes – die vet moet uitloop ( niks maak beter braai-aartappels as eendvet nie) 8. plaas in n oond by 180 grade Celsius vir 2 uur 9. moenie die eend bedek nie en na n uur draai jy die eend om – sy moet orals mooi bruin word 10. maak intussen die sous: gooi die lemoensap,asyn,water, marmelade, bruinsuiker, hoenderekstrak en water in n pot en kook dit vir 10 minute liggies 11. meng die mazina met 80 ml kraanwater tot n paste en roer dit dan by jou lemoenstroop – kook vir 5 minute
Haal jou blinkvet eend uit die oond en geniet dit met jou jasmynrys en aartappels.
Dit neem n bietjie tyd en moeite maar is elke happie dit werd. [image: aarbeijellie en lemoeneend blog 110]

Twee van Netradiosa se omroepers

Twee van Netradiosa se omroepers, William Munnik en Yolandi Berry, het op Maandag 22 Maart 2021 die Cape Camino groep begelei deur Redelinghuys. ‘n Dag vol avontuur en die maak van nuwe vriende.
[image: WhatsApp Image 2021-03-22 at 17.47.05.jpeg] [image: WhatsApp Image 2021-03-22 at 17.47.06 (1).jpeg][image: WhatsApp Image 2021-03-22 at 17.47.06.jpeg][image: WhatsApp Image 2021-03-22 at 17.47.07.jpeg][image: WhatsApp Image 2021-03-22 at 17.47.58 (1).jpeg][image: WhatsApp Image 2021-03-22 at 17.47.58.jpeg][image: WhatsApp Image 2021-03-22 at 17.47.59 (1).jpeg][image: WhatsApp Image 2021-03-22 at 17.47.59.jpeg][image: WhatsApp Image 2021-03-22 at 17.48.00 (1).jpeg][image: WhatsApp Image 2021-03-22 at 17.48.00 (2).jpeg][image: WhatsApp Image 2021-03-22 at 17.48.00.jpeg][image: WhatsApp Image 2021-03-22 at 17.48.01.jpeg][image: WhatsApp Image 2021-03-22 at 19.47.49.jpeg][image: WhatsApp Image 2021-03-22 at 17.17.55.jpeg][image: 12087793_1630459190576143_7837647262550142025_o.png]

Vulkaan: Ysland staak alle lugreise

Die dreigende vulkaan in die suidwestelike deel van Ysland het soveel rrok en as die lug ingejaag, dat alle lugvaart reise opgeskort moes word.
Die vulkaan veroorsaak ook duisende klein aardskuddings, wat landings en opstyg van vliegtuie in gevaar stel. Die skuddings duur reeds weke, en alhoewel kenners reken dit is nog nie rede tot paniek nie, kan dit binne ure in ʼn geweldige krisis verander.
Die owerheid het gevolglik ʼn geen-vlug sone ingestel ten einde die veiligheid van lugvaart reisigers te verseker.
Herhaaldelike waarskuwings is ook gerig tot mense wat van padvervoer gebruikmaak, en word versoek om eerder die nabygeleë gebiede te verlaat tot die vulkaan kalmer geword het.
Ysland se Meteorologiese Afdeling het gesê die toestand is sodanig dat dit nou vir lugvaart die kleur kode rooi is, maar dat die toestand dalk vinnig kan verander.
Intussen is berig ontvang dat lawa vir die eerste keer in baie dekades afgeloop het maar wat geen gevaar is vir inwoners nie weens die stortreen wat die vloei vertraag.
Die Bron: Die Vryburger
[image: image.png]

Nuwe besending J&J entstof afgelewer

Soos wat dit by die staat se entiteite gaan, en soos wat dit by die verskillende staatsdepartemente gaan, so gaan dit ook met die inentings veldtog van koronavirus immunisering.
Die beloftes word vergeet, en nuwe stories word opgedis, maar die vordering met die inenting is op ʼn slakkepas.
Nog 66,000 dosisse entstof van Johnson & Johnson is Saterdag afgelewer, en sal glo na die verskillende provinsies versprei word, maar die owerheid slaag nie daarin om die tempo te versnel nie.
President Ramaphosa het gesê die regering het ʼn ooreenkoms met J&J aangegaan vir die lewering van 11 miljoen dosisse, maar met die stadige vordering wat gemaak word met immunisering, gaan dit baie jare neem vir SA om sy inwoners te immuniseer.
Slegs sowat 183,000 gesondheidsdiens werkers is reeds ingeënt sedert Februarie, en kommer bestaan dat die regering voete sleep terwyl die nuwe infeksies alweer ʼn geleidelike styging in getal toon.
In die afgelope week het die aantal nuwe infeksies teen ʼn stygende tempo van 1,500 per 24 uur getoon, en met die Paasnaweek om die draai, kan Pandemie 3 verwag word om die volgende krisis te ontketen.
Die Bron: Die Vryburger
[image: image.png]

Instagram word as veilig gepropageer

Die sosiale media Instagram is die afgelope paar dae in die media voorgehou as ʼn wonderlike medium vir kinders, selfs diegene onder die ouderdom van 13 jaar.
Opvoedkundiges het egter aan Die Vryburger gesê dat ouers behoort te voorkom dat hulle kinders onder die ouderdom van 13 jaar met die medium wat verslawend is, te gebruik. Die sosiale netwerk is nie bedoel vir kinders in die ouderdomsgroep nie, al word daar propaganda gemaak dat dit veilig is vir kinders.
Dit is bekend dat vele ongelukkige voorvalle regoor die wêreld gebeur het waar kinders toegelaat was om op die sosiale netwerk hul menings en foto’s te plaas.
Die mening is ook uitgespreek dat ouers vermaan moet word om liefs toe te sien dat veral kinders onder die ouderdom van 13 jaar nie op die sosiale netwerk moet wees nie.
Die Bron: Die Vryburger
[image: image.png]

President vra samewerking in heropbou

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het in ʼn onderhoud gepraat oor die heropbou van die Suid-Afrikaanse ekonomie, en gesê dit moet met almal se samewerking gedoen word.
Hy sê die land is nou in die fase van herstrukturering en herstel wat vereis dat almal saam moet werk om dit te bereik.
Ramaphosa sê alhoewel Suid-Afrika se inwoners hulle verskille met mekaar het, is daar een gemeenskaplike doel en dit is om ontslae te raak van die koronavirus pandemie.
Die toespraak wat hy op Menseregtedag gehou is deurspek van ideologiese koerse, die beeld te laat herleef van die “onreg van apartheid” wat bedoel is om die ANC ook te steun in die komende verkiesings.
Leiers aan behoudende kamp het in reaksie op Ramaphosa se toespraak gesê hy verwag samewerking, maar handhaaf swart bevoordeling in die werkplek, en sy versoek tot samewerking word gekelder deur die voortdurende beskuldiging van apartheid voor te hou terwyl hy en sy kommunisties gesinde regering die land ekonomies afgebreek het nog voor die koms van die koronavirus.
Die Bron: Die Vryburger
[image: image.png]

Al meer verhuis na Kanada

Die onlangse publikasie met inligting oor immigrasie van die Kanadese Statistiekdiens toon die toename in immigrante uit Suid-Afrika.
Nicholas Avramis, immigrasie konsultant van *Beaver Immigration Consulting*, in Johannesburg, het gegewens vrygestel wat toon dat daar in die tydperk 2015 tot 2020 meer as 25,000 mense uit Suid-Afrika verblyf permitte bekom het, waarvan ʼn klein persentasie vir tydelike verblyf is.
Dit verteenwoordig ʼn toename van meer as 67% gemeet teen die vorige 5 jaar tydperk, maar die toename van 75% in gevalle van permanente inwoning, is selfs meer verontrustend, aangesien dit meestal opgeleide, goed gekwalifiseerde mense in die arbeidsmag is wat verhuis.
Dit lyk of ʼn gemiddelde vermeerdering van 18% per jaar vir die afgelope jare van toepassing was, en dat die afgelope jaar se pandemie wel ʼn tydelike demper op verhuising was, het dit nie die algemene neiging om na Kanada te verhuis, gesmoor nie.
Die regering van Kanada het reeds begin met ʼn aggressiewe bemakings veldtog om meer Suid-Afrikaners te lok, en die verwagting is dat die exodus kan verhoog na 10,000 in die volgende paar jaar.
Die Bron: Die Vryburger
[image: image.png]

Beurtkrag laat sakelui slim reageer

Die afgelope weke se beurtkrag het tientalle sakemanne en sakevroue laat besef dat hulle genoeg verliese gehad het met die pandemie se grendel tydperk, en het nou nuwe planne beraam.
In ʼn ondersoek wat pas gedoen is vir *Die Vryburger*, is uitgewys dat selfs sakeondernemings wat nog as kleinsake kwalifiseer, bereid is om hulle winste te belê in sonkrag wat met batterye ondersteun word.
En sakeonderneming het aan *Die Vryburger* gesê hy is nou so ingerig dat hy vir 90% van sy besigheidsure sonder Eskom krag klaarkom.
Sommige ondernemings sê dit het betalend geword om ʼn lening aan te gaan om sodoende ontslae te raak van die onbetroubare diens van Eskom.
Sommige besighede beweer ook dat hulle nou onafhanklik is van Eskom en gevolglik meer kliënte trek omdat hulle nie nodig het om “in die donker” hulle sake te doen nie. Kliënte kom blitsvinnig agter waar is besighede wat met sonenergie hulle onderneming op volle sterkte hou met uitstekende dienslewering.
Die Bron: Die Vryburger
[image: image.png]