Boeke, Skrywers, Digters en Dinge deur Fanie en Naledi 2021-03-30

Boeke, Skrywers, Digters en Dinge deur Fanie en Naledi 2021-03-30

Ver van Vrede, Jurie Els, Patricia Lewis, Hestrie cloete, Tolla van der Merwe, Johan Stemmet, Huisgenoot,

Paasboodskap 2021 deur Dr.Tienie Eilers

 

LUKAS 23:1 En die hele menigte van hulle het opgestaan en Hom na Pilatus gelei.
LUKAS 23:2 En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sê dat Hy self Christus, die Koning, is.
LUKAS 23:3 Toe vra Pilatus Hom en sê: Is U die Koning van die Jode? En Hy antwoord hom en sê: U sê dit.
LUKAS 23:4 En Pilatus sê vir die owerpriesters en die skare: Ek vind geen skuld in hierdie man nie.
LUKAS 23:5 Maar hulle het aangehou en gesê: Hy maak die volk oproerig met sy leer die hele Judéa deur, vandat Hy in Galiléa begin het tot hiertoe.
LUKAS 23:6 En toe Pilatus van Galiléa hoor, vra hy of die man ‘n Galiléër is.
LUKAS 23:7 En nadat hy verneem het dat Hy uit die magsgebied van Herodes was, stuur hy Hom na Herodes wat self ook in daardie dae in Jerusalem was.
LUKAS 23:8 En toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy was al geruime tyd begerig om Hom te sien, omdat hy veel van Hom gehoor het; en hy het gehoop om een of ander teken te sien wat deur Hom gedoen sou word.
LUKAS 23:9 En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.
LUKAS 23:10 En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het Hom heftig staan en beskuldig.
LUKAS 23:11 En nadat Herodes saam met sy soldate Hom met veragting behandel en bespot het, werp hy Hom ‘n blink kleed om en stuur Hom terug na Pilatus.
LUKAS 23:12 En Pilatus en Herodes het op daardie dag goeie vriende geword, want hulle was vantevore in vyandskap teenoor mekaar.
LUKAS 23:13 Toe roep Pilatus die owerpriesters en die owerstes en die volk bymekaar en sê vir hulle:
LUKAS 23:14 Julle het hierdie man na my gebring as een wat die volk afvallig maak. En nou het ek in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie man geen skuld gevind aan die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie;
LUKAS 23:15 ja, ook Herodes nie, want ek het julle na hom gestuur; en daar is deur Hom niks gedoen wat die dood verdien nie.
LUKAS 23:16 Nadat ek Hom dan gekasty het, sal ek Hom loslaat.
LUKAS 23:17 En hy was verplig om vir hulle op die fees een los te laat.
LUKAS 23:18 Maar die hele menigte skreeu en sê: Weg met Hom, en laat vir ons Barábbas los!
LUKAS 23:19 Dié was oor ‘n sekere opstand wat in die stad plaasgevind het, en oor ‘n moord in die gevangenis gewerp.
LUKAS 23:20 Daarop spreek Pilatus hulle weer toe, omdat hy Jesus wou loslaat;
LUKAS 23:21 maar hulle het aangehou roep en sê: Kruisig, kruisig Hom!
LUKAS 23:22 En vir die derde keer sê hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan kasty en loslaat.
LUKAS 23:23 Maar hulle het aangehou met ‘n harde geroep en geëis dat Hy gekruisig moes word; en hulle geroep en dié van die owerpriesters het die oorhand gekry.
LUKAS 23:24 Toe gee Pilatus uitspraak dat aan hulle eis voldoen moet word.
LUKAS 23:25 En hy het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geëis het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer.
LUKAS 23:26 En toe hulle Hom weglei, neem hulle ‘n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.
LUKAS 23:27 En ‘n groot menigte van die volk het Hom gevolg, en vroue wat rou bedryf en Hom beklaag het.
LUKAS 23:28 Maar Jesus het Hom omgedraai en vir hulle gesê: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders;
LUKAS 23:29 want daar kom dae waarin hulle sal sê: Gelukkig is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie.
LUKAS 23:30 Dan sal hulle vir die berge begin sê: Val op ons! en vir die heuwels: Bedek ons!
LUKAS 23:31 Want as hulle dit doen aan die groen hout, wat sal met die droë gebeur!
LUKAS 23:32 En daar is nog twee ander, kwaaddoeners, weggelei om saam met Hom tereggestel te word.
LUKAS 23:33 En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter– en een aan die linkerkant.
LUKAS 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp.
LUKAS 23:35 En die volk het dit staan en aanskou. En die owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesê: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, die uitverkorene van God, is.
LUKAS 23:36 En die soldate het Hom ook bespot en gekom en vir Hom asyn gebring
LUKAS 23:37 en gesê: As U die Koning van die Jode is, verlos Uself.
LUKAS 23:38 En daar was ook ‘n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: HY IS DIE KONING VAN DIE JODE.
LUKAS 23:39 En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons.
LUKAS 23:40 Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? —
LUKAS 23:41 ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.
LUKAS 23:42 En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
LUKAS 23:43 En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
LUKAS 23:44 En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur toe;
LUKAS 23:45 en die son is verduister; en die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur.
LUKAS 23:46 En Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.
LUKAS 23:47 En toe die hoofman oor honderd sien wat daar gebeur, het hy God verheerlik en gesê: Waarlik, hierdie man was regverdig.
LUKAS 23:48 En die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaar was, het op hulle borste geslaan toe hulle sien wat gebeur het, en hulle het teruggegaan.
LUKAS 23:49 En al sy bekendes het ver weg gestaan; ook die vroue wat Hom van Galiléa gevolg het, het hierdie dinge gesien.
LUKAS 23:50 En daar was ‘n man met die naam van Josef, ‘n lid van die Raad, ‘n goeie en regverdige man
LUKAS 23:51 –hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie–van Arimathéa, ‘n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.
LUKAS 23:52 Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra
LUKAS 23:53 en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in ‘n graf wat uit ‘n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.
LUKAS 23:54 En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.
LUKAS 23:55 En die vroue wat saam met Hom van Galiléa gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê was.
LUKAS 23:56 Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod.


 

Potgooi Paasdiens saam Dr Tienie Eilers

DR Tienie Eilers bied aan:
Oggendgodsdiens elke oggend om 7:00(CAT)
Meditasie elke aand om 19:00(CAT)
Ekerk Elke Sondag om 10:00(CAT)
Potgooi Paasdiens saam Dr Tienie Eilers

Luister weer:

001A

001B

 

 


Pittige Allegaartjie 2021-03-25 deur Fanie

Pittige Allegaartjie 2021-03-25 deur Fanie

Pittige Allegaartjie 2021-03-25 

Goeiemiddag en welkom by Netradiosa, wereldwyd by www.netradiosa.co.za . Dit is Fanie met Pittige Allegaartjie. Hierdie is die program waar ek die humor in die politiek, Sport ekonomiese en Sosio Maatskaplike wereld bekyk.Ons Suid Afrikaners en veral Afrikaners is mos daarvoor bekend dat ons menige ernstige situasies met humor ontlont as’t ware as ‘n ontvlugtings meganisme. 

Ek bevestig net hiermee dat hierdie program heelwat onsinnige kommentaar bestrooi met satire bevat en geen politieke of ander standpunt ondersteun word nie. Enige toevallige standpunte is die aanbieder s’n self en Netradiosa ondersteun of onderskryf sodanige standpunte/menings nie noodwendig nie. Netradiosa hou hulseld die reg voor om om hulle van enige standpunt / mening/uitspraak ter eniger tyd te distansieer.

Ek het nie vandag ‘n onderhoud om te speel nie, wel darem ‘n opname van Piet Le Roux van Sakeliga se voorlegging aan die parlement rakende die beoogde wetgewing met betrekking tot vergoeding sonder vergoeding. Kom ons luister na Piet 

Piet le Roux se inset aan die parlementere kommissie na wetgewing rondom onteiening sonder vergoeding. Dit was voorwaar ‘n gewigtige inset en mens hoop die parlementere komissie neem kennis.

 Kom ek hou gou Sakeliga se flitse vir die week voor. 

 [1] Minister Tito Mboweni, luidens Moneyweb, het aangedui dat enige derde vlaag so moet hanteer word “sodat die land steeds die ekonomie aan die lewe kan hou. 

Dit beteken by implikasie dat verdere roekelose inperkings nie bekostig kan word nie. Sakeliga was van die staanspoor af skepties oor die hantering van Covid met hardhandige ekonomiese inperkings. 

Mboweni se stellings vind plaas teen die agtergrond van twee bykomende skuld afgraderings deur Moody’s en Fitch. Dit laat SA-regeringskuld dieper in sogenaamde ‘Rommelstatus’. 

Mboweni meen dat indien die ekonomie nie aan die gang gehou kan word nie, dit die regering se fiskale raamwerk sal beskadig.

[2] In wat blyk soos goeie nuus het minister Gwede Mantashe (van die departement van minerale bronne en energie) aangekondig dat die eerste 2000 MW se noodkragaankope goedgekeur is. 

Hierdie plan sluit ‘n lys van voorkeurbieërs in wat onder meer Turkse kragskepe insluit. Die plan is om die eenhede teen Augustus 2022 aan die kragnetwerk te koppel. 

Hierdie stappe is welkom, maar te veel hang steeds van Eskom af. 

Die energie-kenner Chris Yelland (genoem in Rapport) meen dat Eskom nie deur instandhouding sy vloot se werkverrigting tot by voldoende vlakke sal kan kry nie. 

Kommer is ook genoem oor moontlikheid van omgewingsimpaklitigasie oor die kragskepe. 

Die huidige aankope prosesse hou egter steeds vir Eskom in die tuig as die grootste voorsiener van krag. 

Werklike privatisering van die kragnetwerk, waar daar daadwerklik met Eskom meegeding kan word en volgens markseine beplan kan word, ontbreek steeds.   

Wat nodig is, is dat munisipaliteite, gemeenskappe en ander belanghebbendes werklik op ‘n groot skaal krag mag koop, verkoop en opwek buite die Eskom-monopolie. 

Die Weskaap neem reeds stappe in hierdie rigting om munisipaliteite onafhanklik van Eskom te kry. Dit vorm deel van ‘n insiggewende munisipale energieveerkragtigheidsprojek. 

Laastens, die tesourie het onlangs ‘n kennisgewing oor Operasie Vulindlela vrygestel. 

Hierdie is ‘n volgende beoogde regrukplan vir die ekonomie. Dit word beskryf as nie net nog ‘n burokratiese plan nie. Dit leun egter sterk op sodanige planne soos die NOP.  

Die plan beoog sogenaamde “strukturele hervorming” – maar wat beteken dit? 

Dit sluit in, planne om onafhanklike kragopwekking (so ver moontlik) uit te brei, om Eskom in drie dele op te breek, en munisipale krag te verbeter. Vantevore al gehoor, natuurlik. 

Verder: radiospektrum, digitale migrasie (vir TV), digitale netwerke, watergebruikslisensies, waterinfrastruktuur en regruk van munisipale dienste. Daar’s ook planne vir Transnet en die oopstel vir private deelname in spoorweë, makliker werkspermitte en e-Visas. 

Met ander woorde, die operasie poog om dinge reg te ruk waar die staat en sy organe in elk geval die spreekwoordelike ‘bottelnek’ is. 

Vulindlela sluit egter nie grootskaalse hersiening en afstel van skadelike wette en beleid voor nie. Die regering stoom byvoorbeeld voort met onteiening sonder vergoeding. 

Sodanige hervorming is egter wat nodig is. Byvoorbeeld word arbeidswetgewing, SEB, en regstellende aksie en allerlei skadelike inmenging en gevaarlike onteieningvoorstelle in die algemeen nie hersien nie. 

Daarom dink ons skiet Operasie Vulindlela ver te kort. 

Ek dink die volgende aanhaling is dalk goeie nuus en hopelik die begin van ‘n nuwe rigting van samewerking tussen gematigdes, soos wat ek al verskeie kere op die program voorgestel het. Ek sien ook dat Barend Le Grange van South Africa Day, met wie ek verlede jaar ‘n onderhoud gevoer het ook hierby betriokke is. Die 1ste “massa Aksie” vind vandag plaas om saam te val met oud Pres Jacob se Zuma se hofverskyning. Juis om aan te toon dat daar nie toegelaat gaan word dat ons grondwet endie oppergesag van die reg verder geminag word nie is die kleur wat vir die Defend our democracy veldtog, heel gepas oranje 

This is it. It is happening. The rational honest majority is standing up: 

A large contingent of former anti-apartheid activists and leaders from religious, civil society, business and labour organisations came together yesterday to launch a campaign to ‘defend the Constitution and democracy’ and save the country from the slide towards ‘a failed state’. The leaders – among them Reverend Frank Chikane, Sheila Sisulu, Sipho Pityana, Cheryl Carolus, Murphy Morobe, Saths Cooper, Mojanku Gumbi and others – strongly condemned both former President Jacob Zuma’s defiance of the Constitutional Court and more generally the corruption, lack of accountability and greed that have characterised the ANC government and politics over the past decade. They had been silent too long, they said, and will now fight back. ‘We have allowed a situation to develop that is untenable and ethical leaders have decided that this situation will not continue,’ said Cooper. A Business Day report says the campaign is reminiscent of the 1980s mass democratic movement, which played a key role in bringing down apartheid, and includes many of the same leadership figures, organisations and structures. At the forefront, however, are also two former black consciousness leaders – Cooper and Gumbi. Former DA leader Mmusi Maimane has also given his support to the platform as well as lobby group Outa, Corruption Watch and former Public Protector Thuli Madonsela. Scientists Glenda Gray, Salim Abdool Karim and Shabir Madhi also lent their support to the initiative. Other business leaders present either at an event on Wednesday night or yesterday’s press conference included Business Unity SA CEO Cas Coovadia, Rick Mennel, Wendy Lucas-Bull, Trevor Manuel and Martin Kingston. Leaders from the universities, retired judges and former top public servants also participated. 

Among its first actions, notes Business Day, the group has asked people to ‘do what is possible within their environment’ on 21 March (Sunday), Human Rights Day, and more particularly on 25 March, the day on which the Constitutional Court will hear an application from the Zondo Commission to have the former President declared in contempt of the commission. It has chosen the colour orange – symbolic of the overalls that those guilty of corruption should wear – as its main symbol, asking people to wear orange masks, T-shirts and to fly orange flags and banners. One of the conveners, Neeshan Bolton, director of the Ahmed Kathrada Foundation, said: ‘If it were not for Covid-19 we would be asking South Africans to be in the streets in their numbers.’ 

A statement read out by former ambassador Sheila Sisulu does not pull its punches, according to a Daily Maverick report. ‘Recently, a former President of our country, once described in a Constitutional Court judgment as embodying the “constitutional being” of the Republic, defied an order of the same court. This astonishing defiance by a former head of state not only violates the law but assails the Constitution itself. It says South Africans are still subject to unrestrained large-scale looting, which has destabilised the state and brought the economy to the brink of collapse. And it says those named in state capture inquiries or charged with corruption have formed a cartel to defend themselves. This has become a movement with Zuma at its vanguard. Disparate parties directly implicated in the state capture project have been enlisted to amplify the former President’s unlawful defiance of the Constitutional Court. The deployment of personnel in army camouflage playing the role of a private militia, the very existence of which offends the letter and spirit of our democracy,n is an ominous dimension of this anti-constitutional conduct,’ says the statement.

Ek haal vlugtig aan uit ‘n berig in die Daily Friend net met betrekking tot die ANC se bestuur en planne vir Suid Afrika. Die berig begin met die feit dat die Apartheisregering wel net in belang van wit mense opgetree het , maar ook uiters goeie infrastruktuur geskep en dat entiteite soos Eskom, SAL en andere werkend en winsgewend was. En dan vervolg hulle as volg, dit is natuurlik die deurwinterde joernalis John Kane Berman.

In 1994 the ANC took over this priceless – and for Africa, unique – heritage. Far from building upon it, it has destroyed much of it, while stifling the growth of the mining industry and much else. The ANC in power has done infinitely more damage to Eskom than it was ever able to do when it was busy blowing up pylons during its liberation struggle.         

Prior to 1994, successive white governments passed laws designed to create an environment in which whites in general and Afrikaners in particular could thrive. The ANC proclaims its commitment to the advancement of all blacks, and of black Africans in particular.

Yet whereas the National Party (NP) created an environment in which its electorate could prosper, the ANC has created something different: a state built on expanding patronage, institutionalised corruption, abysmal schooling, and rising unemployment. The objective is to empower not black Africans in general, or even the working class, but a largely corrupt middle-class party and its communist and trade union allies. The ANC’s overriding commitment is to its national democratic revolution. Ordinary black people are incidental to this ideological objective.

Nou is dit tyd vir die waansinnige onsinnighede inset. 

Die groot bekgeveg tussen Dali Mpofhu (hy was tot onlangs nog uitvoerende lid by die EFF enhet steeds daardie sentimente behou) en die Minister van Openbare instellings, Pravin Gordhan was eintlik, indien dit nie so ernstig was nie, werklik lagwekkend. Dat die twee nou soos kinders op mekaar amper skree en oor en weer sleg se. Die les hieruit te leer is natuurlik dat in die politiek jy maar moet ligloop, die kans dat daar erens ook ‘n geraamte in die kas is, wat wag om rugbaar te word is altyd teenwoordig. Indie n daar nie is nie , sal daar waarskynlik erens iets gefabriseer word, Maar me thinks dit is nie te nodig as mens by die ANC kom nie. Daar is beslis in elke ou onskuldige ene beslis ‘n skuldige geraamte erens. Die klompie het beslis hulself gate uit geniet om die room in die hande te kry. Die sg stryd teen korrupsie is maar niks meer as ‘n interne magspeletjie nie. EN nou gaan die PRES ook Zondo kommissie toe. Dink net hoe lek die EFF sy vingers af om hom te kruisondervra en ja weereens sal dit die advokaat Mpophu wees. Hoe se die spreekwoord van ‘n jakkals nou weer. In aansluiting hierby hou ek gou weer ‘n stukkie van vriend, filosoog en Fb digter Jean Terblanche oor die aangeleentheid voor

Dali Mpofu se gedrag voor Staatskapingskommissie:

Snaaks hoe ons deur die eeue mal karikature meer grasie en vryhede gee as normale mense. Asof ons hulle malligheid vrees. Eksentrieke gedrag word onnodig gerespekteer. Swak maniere en banaliteit word verkeerdelik as eksentriek beskou. Mal idiote kan nie toor nie. Hanteer hulle soos mal idiote.

Kon dit self nie beter stel nie

 Ek lees in die Netnuus platform dat minstens 15 Oos Kaapse ANC lede in 2020 by die integriteitskomitee verkla is is vir ernstige oortredings soos verkragting, seksuele aanranding, bedrog, korrupsie en die oortreding van inperkings regulasies.Nou dit is seker net ‘n fraksie van die werklike getal, maar die klompie is mos bekend daarvoor dat hulle mekaar beskerm totdat jy dalk ‘n bedreigin of geleentheid tot bevordering word. Praat van rugstekery uir die boonste rakke.

Dan se die Minister van hoer Onderwys , Blade Nzimande , dat die onrus en betogings aan die begin van die jaar deur studente nou jaarliks plaasvind en nou al soos ‘n sepie is. Sjoe Blade, weet jy hoe gelukkig jy die studente jeug (veral daai klompie by die (EFF) gaan maak. Maar moenie te verbaas wees as daardie ander groepie wat graag die land ekonomies wil vernietig, die vakbonde hulle ook hieroor gaan vererg nie. Ja Blade ook die klompie in Cosatu, julle maatjies. Hulle het half lanklaas iets behoorlik gehad om mee strate toe te gaan. Die bleddie ou staatsdiens verhoging kry net te veel teenstand (benewens natuurlik die feit dat die klompie eintlik geen verdedigbare argumente het nie) 

Laastens net iets oor die hele aangeleentheid van rasse diskriminasie en die ondersoeke teen Andre de Ruyter van Eskom. Dit is irrelevant wat die feite van die saak is, Sou daardie patetiese Hoofstuk 9 instelling die menseregte kommissie hulle werk gedoen het, sou dit veel meer verteerbaar wees. Na my oningeligte mening sou een van die 1ste take van so ‘n instelling wees die behoorlike omskrywing van Rassisme wat dan natuurlik universeel sou wees en vir almal geld. Miskien dan sou allerhande onnodige sake van die verlede (wat natuurlik met trompet geskal deur die klompie aan die groot klok gehang is en wat toe net weggeraak het, nie gebeur het nie.Daar moes waarskynlik ook ‘n klousule ingebou gewees het wat kan reflekteer op iemand wat dan ‘n vals klag le. heelwat minder klagtes sou dan gele gewees het. Maar nou ja, me thinks hier is ook paar snare wat net in die ding is vir die finansiele voordeel. Soort van Kader ontplooing en verryking. Ernst Roets het juis gisteraand op die Kyknet program die grootste enkele probleem en oorsaak van die hele staatskaping affere is as gevolg van kader ontplooing.

Baie, baie dankie dat jy saamgeluister het. Soos altyd het ek dit baie geniet om jou te probeer vermaak, maar darem ook bietjie te laat dink en hopelik so af en toe laat glimlag of dalk selfs uitbundig lag. Jy het geluister na Netradiosa by www.netradiosa .co.za. Bly asseblief ingeskakel vir heerlike musiek en programme. Ek groet jou tot volgende week wanneer ek weer op dieselfde plek en tyd lewendig met jou praat. . 

 

Pittige Allegaartjie deur Fanie 2021-03-18

Pittige Allegaartjie deur Fanie 2021-03-18

Pittige Allegaartjie 2021-03-18

 

Goeiemiddag en welkom by Netradiosa, wereldwyd by www.netradiosa.co.za . Dit is Fanie met Pittige Allegaartjie. Hierdie is die program waar ek die humor in die politiek, Sport ekonomiese en Sosio Maatskaplike wereld bekyk.Ons Suid Afrikaners en veral Afrikaners is mos daarvoor bekend dat ons menige ernstige situasies met humor ontlont as’t ware as ‘n ontvlugtings meganisme.

 

Ek bevestig net hiermee dat hierdie program heelwat onsinnige kommentaar bestrooi met satire bevat en geen politieke of ander standpunt ondersteun word nie. Enige toevallige standpunte is die aanbieder s’n self en Netradiosa ondersteun of onderskryf sodanige standpunte/menings nie noodwendig nie. Netradiosa hou hulseld die reg voor om om hulle van enige standpunt / mening/uitspraak ter eniger tyd te distansieer.

My gas vandag op Fanie gesels met…….. is Anroux Marais , die LUR vir Sport En Kultuur van die Wes Kaap Provinsiale regering is. Kom ons luister na AnRoux marais. 

Dit was dan Anroux Marais en wat ‘n verstommend indrukwekkende vrou is sy nie. 

Nou gou Sakeliga se flitse vir die week 

Sakeliga het vandeesweek kommentaar gelewer (aan die parlementêre komitee op vervoer) op die voorstel om ‘n 0%-bloedalkoholperk in te stel vir motoriste in Suid-Afrika. 

Dit vorm deel van ‘n voorstel in die nasionale padverkeerswysigingswetsontwerp. (Gerhard van Onselen het namens Sakeliga aangebied.) 

Uit ‘n ontleding van internasionale data (oor lande en streke) het geblyk dat betreklik min lande tot dusver ‘n 0%-perk aangebring het. Sulke lande is in die minderheid. 

Strenger wetstoepassing van werklike bestuursoortredings, soos roekelose bestuur wat skade veroorsaak, kan steeds plaasvind sonder ‘n bykomende 0%-bloedalkohol-perk. ‘n Vraag oor toepassing van huidige wette is dus gestel. 

Praktiese probleme moet ook oorweeg word, soos meetfoutmarges by toerusting (soos asemtoetsers) word noemenswaardig by lae en 0%-perke kan wees. Dit meen Sakeliga moet opgeklaar word. 

Die feit dat sekere kossoorte en medisynes alkohol kan bevat dui ook op moontlike probleme met die voorstel vir ‘n 0%- bloedalkohol-perk. 

So ‘n perk mag ook oorspoeleffekte hê op ekonomiese bedrywighede en sosiale interaksie, veral belangrik vir restaurante, toerisme en gasvryheid. 

Sakeliga het voorgestel dat die komitee die werkbaarheid van die voorstel teenoor mediese, farmaseutiese, en ekonomiese oorwegings beoordeel. 

Ideaal gesproke, weens verskeie oorwegings, sal ons nie ‘n verandering aan die huidige perke wil sien nie, veral nie so ‘n uitermatige verandering nie.   

Volgende: ABSA Hoofekonoom Jeff Gable, luidens Moneyweb, het onlangs ‘n kommerwekkende prentjie oor die post-Covid-ekonomie geskets. 

Gable is van mening dat herstel drie tot vier jaar kan neem om terug te keer na vlakke voor Covid-19 (en maatreëls daarop). 

Met die Groot finansiële krisis was die herstel korter (hoewel werke lank gevat het om te herstel). 

Gasvryheid, transport en konstruksie is, luidens Gable, 20% kleiner en herstel tans stadig. Gable meen dat een ding almal moet bekommer en dit is die omvang van staatskuld. 

Volgens hom word groot bedrae belasting reeds gebruik om slegs die skulddienskoste van die regering te dek. Dit verklein uiteraard moontlikhede vir ander aanwending in die begroting. 

Die tesourie se begrotingsdokument wys dat vir 2022 fiskale jaar byna R270 miljard aan skulddienskoste bestee sal word. Dit is amper 20% van belastinginkomste van R1 365 miljard.   

Laastens, die FNB/BEO verbruikersvertroue-indeks is onlangs vrygestel. Hierdie indeks gee ‘n aanduiding oor verbruikers se sekerheid oor die ekonomie. 

Verlede jaar het dié indeks gedaal tot by ‘n historiese laagtepunt van -33 in die tweede kwartaal van 2020 (tydens Covid-tydperk). En het sedertdien stadig herstel. 

Die indeks staan tans by -9 punte in die eerste kwartaal van 2021. Dit is steeds swakker as in 2018 en die eerste helfte van 2019. 

Hoewel vlakke swak bly, is enige verbetering welkom. Maar FNB hoofekonoom Mamello Matikinca-Ngwenya wys op redes vir voorbehoud wat insluit: Blywende swak vertroue in ryker inkomstesegmente en stygings in brandstofpryse, kospryse en druk op sosiale toelae. 

Hierdie faktore kan nadelig inwerk op toekomstige verbruikersvertroue. Daarby, volgens Ngwenya, moet indiensneming sterk herstel om ongunstige faktore teen te werk. 

Die gevaar van ‘n derde vlaag met inperkings word ook genoem. 

 

___________________________________

Dan lees ek die volgende stukkie deur Flip Buys raak en man dit is erndtige Satire op sy beste. Ek sou dit nie beter kon stel nie

Groot onthulling: geheime tienpuntplan om Universiteite te verwoes!

“Kaders en Kamerade”, sê die voorsitter belangrik voordat hy vervolg;” “ek het skokkende nuus”. Die Kaders en Kamerade spits hulle ore en skuif tot op die punt van hulle sagte stoele. Almal wil eerste die skokkende nuus van die Voorsitter hoor, en almal wil hê dat almal moet sien hoe geskok hulle is. “Wat is so skokkend Kameraad voorsitter”, vra iemand wat nie meer die spanning kan verduur weens al die hangende korrupsiesake teen hom nie.

Die voorsitter kyk gemaak gesteurd na die nuuskierige beskuldigde Kader en huiwer nog ‘n senutergende oomblik voor hy vervolg: “Die Sentrale Komitee het vasgestel dat daar sowaar nog een pilaar is van die ou orde wat staan- wat nog nie getransformeer is nie”. Die Kaders snak na hulle asem, en die Kamerade spring oudergewoonte woedend op. “Watter pilaar is dit Kameraad voorsitter, en wie se skuld is dit dat hy nog staan”, bulder almal met een stem. “So ‘n man moet sekerlik sterwe”, sê ‘n Kader in die voorste ry wat sy lewe gewy het aan die vernietiging van die land se Tegniese kolleges.

“Sê net watter pilaar is dit en ons sal dit dadelik afbreek voorsitter”, sê ‘n veteraan van die aftakeling van Eskom, “Ons ideologie bepaal mos uitdruklik dat daar nie een steen van die ou orde op ‘n ander moet bly nie”. “Alles moet omvergewerp word”, het Kameraad Marx mos gesê. “Ja dit is so”, sê die Voorsitter gewigtig, “maar om hierdie pilaar om te stoot gaan nie maklik wees nie.” “Gee dit vir my”, bied ‘n geesdriftige Kader aan wat suksesvol ontplooi was om plattelandse munisipaliteite ten gronde te rig. “Ek sal sorg dat daar niks oorbly nie”. Al die Kaders en Kamerade glo hom en knik instemmend. “Nee ek sal dit doen”, skree ‘n ander Kader en spring op om sy geesdrif te wys- hy ruik tenders. “Kyk wat hoe vinnig het ek die staatshospitale ongesond gemaak”, sê hy en lag alleen vir sy eie grappie. Selfs hierdie groep uitgesoekte Kaders en kamerade lyk onseker of hy die regte man vir die breekwerk is. Selfs Rome is immers darem nie in net een dag afgebreek nie!

“Ek praat van die Universiteite Kamerade”, sê die voorsitter geheimsinnig. “Ons moet hulle omverwerp sodat ons die jeug kan toerus met die nodige vaardighede om die klassestryd in die werksplek te veg ter verwesenliking van ons Nasionaal demokratiese rewolusie as die kortste pad na Sosialisme”, sê die voorsitter, uitasem na so lang aanhaling uit die partybeleid. “Uitstekende idee hoor hoor”, skree die Kaders en Kamerade en klap geesdriftig hande. “My departement het reeds die nodige ervaring daarvoor”, skree ‘n Kameraad Kader trots wat die verwoesting van ‘n hele provinsie se openbare skoolstelsel op haar naam het. Die Kaders en Kamerade knik instemmend, want min kan haar klop. Sy het dit immers reggekry om miljoene rande en duisende kinders se toekoms te vermors met haar beleid dat die doel van skole nie is om kinders te leer nie maar om Onderwysers se salarisse en diensvoorwaardes te verseker.

“Maar ek het die hele Departement van Openbare Werke teen miljarde rande laat ophou werk”, kla ‘n Kameraad wat gereeld spog dat hy die staatsdiens as ‘n werkskeppingsprojek sien. Die vergadering dreig nou om wanordelik te raak- byna al die demokratiese Kaders is op hulle voete in hul ywer om die rewolusie te voltooi.

“Stilte!”- brul die voorsitter. “Hierdie werk is so belangrik, ek gaan dit self doen”, sê die voorsitter beslis. Die vergadering raak stil. Hulle het duidelik nie besef daar is nog soveel om af te breek nie. “Ja, maar ek het julle hulp nodig”, sê die voorsitter. Hy klink nou weer tegemoetkomend. “Waarmee kan ons help”, vra ‘n gewillige Kader wat besig is om die land se waterstelsel te verinneweer. “Met my geheime tienpuntplan om universiteite te verwoes”, sê die voorsitter belangrik. “Ons moet die mense swak opgelei en afhanklik van ons regering hou, anders kan hulle naderhand self werk vir ‘n lewe en wil nie meer vir ons stem om aan die lewe te bly nie. “Kameraad voorsitter is darem slim”, sê ‘n Kader opgewonde aan die Kameraad langs hom terwyl hy hoop dat dit aan die voorsitter oorgedra sal word. “Hy vra nooit ‘n vraag as hy nie die antwoord ken nie”. “Hier is my tienpuntplan”, sê die voorsitter met sy belangrikste stem. 

Tienpuntplan

1. Beloftes skep verwagtings

“Ons moet gratis Universiteitsonderwys aan almal belowe”, sê die Kameraad voorsitter. “Die belangrikste is dat ons onhaalbare beloftes maak wat verwagtings skep, want onvervulde beloftes veroorsaak ‘n rewolusionêre klimaat”. “Briljant”, skree die Kaders. Hulle ken hierdie suksesresep. “You can’t outpromise, outspend or outvote a Socialist”, skree ‘n Kameraad trots.

2. Verstop die onderwyspyplyn

“Dis belangrik dat ons die onderwyspyplyn verstop deur die Skoolstelsel deur ons Vakbondkamerade te laat beheer in plaas van die Skoolhoofde en die ouers se Beheerliggame”, sê die voorsitter slim. “Dan kan minder kinders universiteit toe gaan. “Dit is reeds gedoen”, juig ‘n ingenome Kader wat al talle skole in die grond bestuur het.

3. Geen keuring vir studente

“Geen streng keurings vir studente soos in ander lande wat gratis universiteitsopleiding verskaf nie”. Almal moet toegang kry en gratis studies verwag terwyl ons universiteite se subsidies sny”, sê die voorsitter. “Ons verskuif net die skool- en kosteprobleem na hulle toe”, sê die voorsitter en knip sy oog vir ‘n Kader wat nie oortuig lyk nie. “Onthou dat jy die Tegniese kolleges klaar vernietig het”, sê hy gerusstellend. “Hulle het geen ander heenkome as om by universiteite te probeer inkom nie, al het hulle nie ‘n kans om suksesvol anderkant uit te kom nie”, lag hy- trots op sy slim woordspeling.

4. Verlaag die slaagsyfer na onder 50%

“Die vierde stap is om te sorg dat sowat 55% van die studente wat vir ‘n graad inskryf nooit deurkom nie”, sê die voorsitter gewigtig. “Dit sal verseker dat die meerderheid lus vir rewolusie sal voel omdat hulle prakties onindiensneembaar is”. “Terselfdertyd mors ons daarmee meer as die helfte van die belastingbetalers se bydraes vir studiekostes”. Teen hierdie tyd hang die vergadering se monde oop. Hulle het nooit so ver agteruit kon dink soos hierdie geleerde Kameraad nie.

5. Vernietig die Nasionale Studente studiehulpskema

“Daarna vernietig ons die nasionale studente studiehulpskema”. “Hoe gaan ons dit regkry?”, vra ‘n verstomde Kader. “Maklik, ons transformeer hom net so dat minder as 5% van die studielenings terugbetaal word”. “Dit sal sommer gou die geld laat opraak wat nog oor is nadat ons nie keuring gedoen het en minder as die helfte deurgekom het nie”, sê die voorsitter slim. ‘n Kader wat elektrisiteitsgelde in Soweto moet invorder maak vinnig notas- hy het nooit hieraan gedink nie.

6. Verhoog werkloosheid

“Die volgende stap is om die ekonomie met al groter staatsinmenging so te verswak dat werkloosheid verhoog tot ‘n kleiner deel van die bevolking werk as in lande soos Ethiopië en Rwanda”. “Ons moet eenvoudig verseker dat die groepie wat wel grade kry nie werk het nie, want dit sal beslis tot ‘n opstand lei”, sê die voorsitter. Die saal is doodstil, niemand stry hierteen nie.

7. Struggle politieke kultuur

“Dis belangrik dat ons ‘n struggle politieke kultuur by die jeug skep”, sê die voorsitter. “’n Leerkultuur gaan hulle laat deurkom en dan verlaat hulle die geledere van die proletariaat en word deel van die bourgeoisie”, sê die voorsitter treurig. “En ons weet opgeleide werkende mense is nie lus vir rewolusies nie”. “Dit sal ons nie toelaat nie”, skreeu ‘n Kameraad en begin dreunsang tot die hele saal toi-toi. “Dis verraad teen die rewolusie”.

8. Swak regering

“Is daar nog?”, skreevra ‘n uitasem Kameraad wie se gewig te veel raak vir die gedurige toi-toi by beplanningsvergaderings. Die soustrein is nie goed vir flinke voete nie. “Hier kom die Nommer een”- grap die voorsitter, maar almal is te moeg om te lag. “Ons moet die land so swak regeer dat die hele bevolking gegrief voel en die studente ondersteun”, sê die Voorsitter. “Maar gaan die mense dan nie vir ons kwaad raak en vir die EFF stem nie”, vra ‘n Kader. “Nee, ons moet juis vir die mense wys ons is meer militant as Julius se manne”, sê die voorsitter. Daarom moet ons vooraan protesteer en Jan van Riebeeck, die kapitalisme, witmense en die opposisie die skuld gee as dinge verkeerd loop”. “Verder moet ons met BEE vir die rykes, AA vir die middelklas, Welsyn vir die armes, en salarisse vir 5 000 tradisionele leiers die res se steun koop”, lag die voorsitter. “Hoor hoor!”, skree die Kaders. “Blameer, transformeer en nasionaliseer”- sing die Kamerade terwyl hulle vrolik linksom in sirkels skuifel.

9. Universitêre outonomie

“Maar as die studente steeds ontevrede is?”, vra ‘n Kameraad. “Maar dis die hele doel”, sê die voorsitter ongeduldig. “Ons moet ‘n rewolusionêre klimaat skep om universiteite se outonomie verder te ondermyn en hulle te nasionaliseer soos ons met die Seta’s gedoen het”. “Marx het mos gesê die bestaande orde moet eers omvergewerp word, dan moet die werkersklas ‘n diktatuur vestig, en dan gaan almal lank en gelukkig lewe”, verduidelik die voorsitter stroef. Dis duidelik dat alle kamerade nie deel van die demokratiese voorhoede is nie.

10. Groot gelykmaking

“Hiermee bereik ons dan ons einddoel van demokratiese gelykmaking”- juig die voorsitter terwyl hy sy hande omhoog hou. “Geen goed geleerde mense meer nie- dit bring net ongelykheid”- roep ‘n klasbewuste intellektuele kameraad. “Hoor hoor”, skreeu almal. “Eerder ‘n gelykopverspreiding van armoede as ‘n ongelyke verdeling van welvaart”, roep iemand bo die gejuig uit. “Bevoorregting is gelyk aan bevoordeling”, begin iemand dreunsing.

Na nog baie gesing, geëet en gedans gaan die vergadering uiteen, en klim die Kaders in hulle duur Duitse motors wat hulle bestuurders vir hulle reggehou het. Gelukkig is hulle darem nog meer gelyk as ander.

Nou is dit tyd vir Fanie se waansinnige onsinnighede.

Die duidelike uitstaande gebeurtenis van die week was die manifesto van Carl Niehaus om die sg Radikale Ekonomiese Transformasie faksie, skietgoed te gee by die ANC konferensie. Vir my opvallend was die aandag aan aangeleenthede wat nog nie , ingevilge resolusies by die 2017 konferensie, aandag gekry het nie veral dan die hele Totale beheer neem van die Reserwebank. Die feir dat die President deurslaggewende (dis nou in die RET fakise sie terrein, soos bv Onteiening sonder vergoeding, die Nasionale Gesondheids versekering stelsel half min aandag kry, is dit duidelik dat dit as stok gebruik gaan word om die magsewewig na die RET faksie te draai. Lg het egter wel ‘n terugslag gekry met die ANC koukus se besluit om te stem ten gunste van die proses om ondersoek in te stel na die verwydering van die Openbare Beskermer Busisiwe Mhkwebani. Vit die teokoms van die ekonomie van die land maak dit nie rerig veel saak wie dan nou die geveg sou wen nie. Die sosialistiese paadjie word gestap en gaan nie deur enige faksie in die party gekeer word nie. Opposisie partye sal na ander maniere van teenkanting teen die rigting moet kyk en dalk is organisasies soos SAAI en Sakeliga, wat amper wil poog om werkskepping in ‘n alternatiewe struktuur, sonder staats betrokenheid net beter.

Dan is die interessante konsep van voormalige bevoordeeldes van Kolonialisme en Apartheid steeds die geur van die dag. Natuurlik is daar geen konteks nie en dalk moet mens begin met nuwe konsepte soos:

Kader Bevoordeling

Kader Monopolie Tenders

kader bemagtiging deur BEE. (hier was dit natuurlik persoonlike bevoordeling deur Kader bevoorregting in die tender proses en natuurlik ook persoonlike finansiele gewin).

As jy aan nog lekker sulke slagspreuke kan dink, reageer bietjie op die Netradiosa facebook blad. Ek wil dit graag ook hier deel. Dalk net eendag word sal die slagspreuke ook as beskrywing van die mislukte ANC beleid en bewind voorgehou kan word.

Miskien kan van ons opposisie partye die belang van slagspreuk politiek begin verstaan en kan ek en jy hulle van hulp wees.

Dan sien ek dat boere en Taxis in die Vrystaat sekere paaie saam versper het om die aandag van die swak paaie te bevestig en onder aandag te bring. Ek kan nie help om te dink dat dit die pad vorentoe is nie. Gesamentlike aksie teen swak dienslewering deur “amper teenstanders”. Soos daardie gesegde lui as die bedreiging groter word as die verskille en kom ons hoop dat dit rerig ‘n tendens is wat ten minste kan help om dienslewering en effektiewe bestuur te bewerkstellig. natuurlik is daar ook dan die volgende stap om die bestuur van munisipaliteiete aldaar te begin oorneem. Sjoe ek wag in spanning om die EFF se “take” hierop te kry. Sal maar neuk want die TAXI deel is natuurlik ook half deel van hulle ondersteuning basis. Werklik tussen die “deep blue sea and the Devil” vir die rooies. (Miskien kan daardie apologeet vir die klompie Jan Jan Joubert aan ons gewone sterflinge verduidelik hoe die beginselvaste groepie gaan reageer.) 

So van Jan Jan Joubert gepraat, hy is weer gisteraand op die Kyknet Verslag program van Waldimar Pelser, maar dit is laasgenoemde wat met die juweeltjie van die week vorendag kom. Hy redeneer in die inleiding dat die groot oorwinning vir die DA mosie dat Busisiwe Mhekwebani parlementer ondersoek moet word, ‘n rigting is van die ANC dat die regte ding gedoen moet word en dat dit ‘n brose moontlikheid skep vir vorentoe se koalisie politiek tussen die ANC en die DA. Waldimar, jammer om jou , soos hulle in Ingels se :bubble te bars. ” Eerstens het die Anc nie gedoen wat reg is nie. Hierdie is slega die voorsetting van die vestigeing van die toekomstige sterkste faksie in die ANC. Mhkwebani het alreed ondersoeke teen die Presidant geloods en haarself dus vierkantig in die span van die Radikae ekonomiese transformasie geplaas (natuurlik ook haar aanbeveling rondom die reserwebank ens). Die beleids rigting van die vestiging van ‘n sosialistiese (kommunistiese) ekonomiese bestel word steeds deur beide groeperings voorgestaan. Dalk net verskillende manier om daar uit te kom. Hier is geen sprake van saam met die DA stem oor die regte redes nie. Dit is bloot die speel van die politieke magspel. En steeds volhard die hoofstroom media met die mite dat indien die President se faksie oorwin gaan daar hervorming wees en gaan die reenboognasie herleef. Soos die Ingelsman se “in your dreams”

Moet darem net weer vir ‘n slag oor sport praat. Die 2 unies van die 4 wat aan die Reenboognasie toernooi in Europa gaan deelneem, dis nou die Bulle en die Haaie woel om alles gereed te kry, Die bulle koop links en regs spelers terwyl die haaie links en regs afrigters koop. Laaste een is Niel Powell na die bevestiging van Brendan Venter. Nou een van die dae is dit spelers teen afrigters, beide doen sekere dinge reg, was beide in die finaal vir die Curriebeker en dit gaan interessant raaak. Die WP/Stormers en die Leeus daarenteen blyk nie te veel vordering te maak nie, Dit lyk asof die WP/Stormers in sodanige oorleweingstryd gewikkel is dat dit tans net gaan om spelers te behou. Die Leeus begin al meer lyk na die Vrystaat deur spelers voor te berei vir ander spanne, veral dan europese en Japanese spanne. Dit bly dus die heeltyd ‘n jong span wat besig is om ervaring op te doen.

Ek hoop rerig ek is verkeerd met laasgenoemde spanne en julle is welkom om my onkunde aan die groot klok te hang sou die 2 spanne begin presteer,

Intussen is daar ook vordering by die O P. en doen Pieter de Villiers dalk iets reg. Hulle het immers in die 1 ste wedstryd 80 punte afgestaan en verlede week net 50. Go Pieter.

 Baie, baie dankie dat jy saamgeluister het. Soos altyd het ek dit baie geniet om jou te probeer vermaak, maar darem ook bietjie te laat dink en hopelik so af en toe laat glimlag of dalk selfs uitbundig lag. Jy het geluister na Netradiosa by www.netradiosa .co.za. Bly asseblief ingeskakel vir heerlike musiek en programme. Ek groet jou tot volgende week wanneer ek weer op dieselfde plek en tyd lewendig met jou praat. .