Boeke, Skrywers, Digters en Dinge deur Fanie en Naledi 2021-03-23

Boeke, Skrywers, Digters en Dinge deur Fanie en Naledi 2021-03-23

Naledi, Johan Coetzee, Jurie Els, Ver van Vrede, Hestrie Cloete, Robbie Klay, Herbie van Zyl, New Zeeland, Huisgenoot,

Boeke, Skrywers, Digters en Dinge deur Fanie en Naledi 2021-03-16

Boeke, Skrywers, Digters en Dinge deur Fanie en Naledi 2021-03-16

Naledi, Johan Coetzee, Jurie Els, Ver van Vrede, Sonja Heroldt, Ken Mullin, Lance James, Patricia lewis, Tolla van Der Merwe, Johan Stemmet, Noot vir Noot

Boeke, Skrywers,Digters en Dinge deur Naledi en Fanie 2021-03-02 Die Land Brand deur Susan Fourie

Boeke, Skrywers,Digters en Dinge deur Naledi en Fanie 2021-03-02

aangebied deur Fanie elke Dinsdag om om 11:00 (CAT)

Boeke beskikbaar op die Naledi aanlyn boekwinkel

Luister weer

Naledi, Johan Coetzee, Die land brand , Susan Fourie,Kaptein Seely, Wendy Maartens, Coach Loffie, Wenke vir Wenners, Die Sideboard, Adam Smal,Sirkel van Noodlot, S T Potgieter,

DIE LAND BRAND deur Susan Fourie

R220.00

ISBN: 978-1-928518-83-9

Covid-19 kry die wêreld in sy mag en groei tot ’n orkaan van ongekende omvang. Almal is saam in die storm, maar in verskillende bootjies. Sommige is eensaam en alleen in ’n bootjie; in ander bote is daar te veel mense vir die beperkte ruimte. Mense raak benoud. Benoude katte maak benoude spronge. Wanneer die lewe jou uit die bekende grond van ’n bepaalde bestaan ruk en sonder waarskuwing op ’n onbekende plek laat val, kan jy uithaak. Dan begin dinge komieklik raak. ’n Bevolking in huisarres – gevangenes sonder ’n misdaadrekord. Terwyl die misdadigers op vrye voet is – besig om die septer te swaai en die land te verwoes. Verskroeide aarde onder kwarantyn. Honger mense se kos word gesteel deur dié wie se spense oorvol is. Mense wat absurde wette oortree, kry ’n misdaadrekord. Vir party word dit pikker as pikswart; ander strek hulle hande uit om elke nuwe dag te omhels. Hierdie boek kyk na dit wat as buite-normaal, skokkend, tragies, ongemaklik of komies ervaar is in die ses maande vanaf vlak vyf tot vlak een van die pandemie.

Never in the history of ever the world has faced a catastrophe of this size. Covid-19 extended to a hurricane of unprecedented magnitude – within an ocean the size of the world. All together we are braving the storm, but find ourselves in different boats. Some sail in solitude, while others do not find enough breathing space amongst too many people. Life is snatched from the familiar way of existence and dropped without warning into a strange place. Then it may happen that you lose your head and start doing funny things. A population under house arrest – prisoners without a criminal record. While criminals are at large – wielding the scepter and destroying the country. Hungry people’s food is stolen by those whose pantries have barely space for more. People who broke absurd laws now have a criminal record. For some, it becomes darker than pitch black; others stretch out their hands to embrace each new day. This book helps the reader to look back at things which was perceived as out-of-normal, shocking, tragic, uncomfortable or comical during the six months from level five to level one of the pandemic.

Om die boek te koop klik hier    

Vir spesiale aanbiedings klik hier      

of gaan na: https://naledi.online/


Potgooi- Boeke, Skrywers, Digters en Dinge 2021-02-09 deur Fanie en Naledi

Boeke, Skrywers, Digters en Dinge 2021-02-09 deur Fanie en Naledi

Luister weer

Naledi, Johan Coetzee, Randall Wicomb, Kleur My lewe,My lied, Amos van Der Merwe

E-Boek-Kleur: My lewe, My lied deur  Amos vd Merwe

EISBN 978-1-928530-02-2

R120.00

Kleur my lewe, my lied is die resultaat van ses jaar se gesprekke met Randall Wicomb ̶ van herinneringe aan sy kinderjare tot vertellings oor die eensame bestaan wat hy nou voer. Die onsekerheid rondom sy herkoms en sy moeder se pogings om hom teen apartheid te beskerm het ʼn onuitwisbare indruk op hom gelaat en uiteindelik ʼn kruis geword wat hy steeds dra.

Randall se sangloopbaan vleg tussen veranderende politieke omstandighede en die behoud van Afrikaanse liedere deur om van hom ʼn bekende en beminde figuur te maak. Vir meer as veertig jaar sing hy van kleur en liefde, van heimwee en hoop, en van amper vergete liedjies in die taal wat so na aan sy hart is.

In hierdie biografiese verhaal vertel Randall van die humor, suksesse en mislukkings wat van hom ʼn huishoudelike naam gemaak het. Hy gesels openhartig oor sy familie en die duur prys van roem. Nou, ná die diagnose van gevorderde kanker, plaas hy sy lewe onder ʼn vergrootglas om sin te maak van die vele hoogte- en laagtepunte wat hy ervaar het. Sy soektog na identiteit word ʼn intense ontboeseming van ʼn man wat ̶ met ʼn glimlag en ʼn traan ̶ nie skroom om foute te erken en hoop te deel nie.

In Kleur onthou Randall die besondere mense wat sy loopbaan beïnvloed het asook die rol wat vreemdelinge in sy lewe gespeel het. Die stories van sy besoeke aan Namibië en die polisiestasie in Vereeniging laat hom steeds skater van die lag, terwyl sy weergawe van die Griekwapsalms op ʼn onlangse bootreis ʼn nuwe rigting aan sy lewe gegee het

Boeke, Skrywers, Digters en dinge deur Fanie en Naledi 2020-11-03

Boeke, Skrywers, Digters en dinge deur Fanie en Naledi 2020-11-03

Naledi, Bold Bible Girls, Lauren Jacobs,Ragel Petoors in die malhuis, Willnette Van Reenen, Op Pad, Piet Muller, Die land brand, Susan Fourie, Daar’s ‘n drol innie drinkwater, Churchill Naude, War and Peace, Willie Esterhuyse