Wil jy jou woordkuns bemark?

Wil jy jou Woordkuns bemark – Nasionaal en Internasionaal. reeds gedrukte boeke of eboeke boeke word ook gratis op ons winkel gelaai!!!! kontak Corrie vir meer besonderhede corrie.slabbert3 (016) 422 3886 corrie@uni-lab.co.za

Het jy boeke wat geproeflees of vertaal moet word ons kan help!

Selfs al wil jy jou boek in Audio formaat op ‘n CD bemark!!! kontak Cathy by cathy@netradiosa.co.za vir kwotasies

of voltooi die vormie hier onder

Potgooi Woordkunsuurtjie 16 Januarie 2018 – luister weer deur op die skakel te klik HIER

https://archive.org/details/Woordkunsuurtjie16Jan2018

    Naam/Name (Word Vereis/Required)

    E-Posadres/email(Word Vereis/Required)

    Onderwerp/Subject

    Boodskap/Message


     

    Potgooi- Menslief ek is Lief vir jou 11 Junie 2017 – Hanteer die Narsis in jou lewe so

    Potgooi- Menslief ek is Lief vir jou 11 Junie 2017

    Aangebied deur Corrie Sondae om 4nm (CAT)

    HANTEER JOU MAN MET NARSISTIESE TREKKE SÓ

    Luister na die potgooi van die program by die onderstaande skakel:

    https://archive.org/details/MensliefEkIsLiefVirJou20170611.160000

    Skakels om te luister:

    Op RekenaarsVLC, Winamp & Media Player)

    http://192.99.139.23:9300/listen.pls

    http://radiostart.co.za:9300/listen.pls

    http://www.yourmuze.fm/webplayer/netradiosa

    Op Blackberry en Ander Selfone:

    http://192.99.139.23:9300/;listen.mp3

    http://radiostart.co.za:9300/;listen.mp3

    http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

    Sluit aan by ons Bakkiesblad by

    https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

    http://netradiosa.co.za/?page_id=102

    Of laai die applikasie af op jou foon:

    http://testappusl.inmotionapps.net /apiv3/download

    192.99.139.23


     

    Potgooi- Menslief ek is Lief vir jou – 4 Junie 2017-Narsisme

    Aangebied deur Corrie elke Sondag om 4nm

    Luister na die potgooi by die onderstaande skakel:

    https://archive.org/details/MensliefEkIsLiefVirJouNarsisme20170604.160045

    Narsisme

    Volgens ‘n Amerikaanse navoser, Joanna Ashmun, moet jy afstand handhaaf as jy in verhouding is met so ‘n persoon om te verhoed dat dit jou vernietig. So ‘n persoon erken nie sy foute nie aangesien hy in sy eie oë niks verkeerd doen nie. En hy vra ook nie verskoning vir die foute wat hy maak nie.

    ‘n Volgroeide volwasse gewete ontbreek en al wat hierdie persoon weerhou daarvan om iets verkeerd te doen is die feit dat sy reputasie kan skade lei. ‘n Narsis sal nie huiwer om iets verkeerd te doen as hy dink dat hy daarmee kan wegkom nie.

    ‘n Narsis weerspreek homself gedurig en vra jy watter stellings die korrekte is, ontken hy een stelling al het hy dit sekondes te vore ge-uiter. So ‘n persoon kan jou in ‘n gesprek verwar aangesin jy later nie meer weet wat hy gesê het nie.

    Narsiste gebruik verskillende metodes om hulself te beskerm. Hulle sal byvoorbeeld ander mense se prestasies en menings afkraak. Narsiste is ook geneig om ander mense te beskuldig en die blaam op hulle te lê. Dit is moeililk om teen hierdie tipe narsistiese karakter te wen. ‘n Narsis is altyd reg.


     

    Potgooi – Menslief ek is Lief vir jou – Maak ‘n Paradigma skuif

    Aangebied deur Corrie

    Luister na die potgooi by die volgende skakel:

    https://archive.org/details/MensliefEkIsLiefVirJou20170528.160006

    Program Rooster tans vir direkte uitsendings deur Corrie Slabbert  uitsendings op Netradiosa

    Maandae

    8h30 – Geskiedenis met Corrie

    Dinsdae

    4uur – Woordkuns uurtjie met Corrie

    Donderdae

    4nm – 6nm – Uit die Hart van die Boer met Corrie

    Vrydae

    5nm – Aktueel met Corrie

    Saterdae
    18h30 – Reis na die Sterre met Corrie

     Sondae

    4nm – Menslief ek het jou Lief met Corrie

    Skakels om te luister:

    Op RekenaarsVLC, Winamp & Media Player)
    http://192.99.139.23:9300/listen.pls
    http://radiostart.co.za:9300/listen.pls
    http://www.yourmuze.fm/webplayer/netradiosa
    Op Blackberry en Ander Selfone:
    http://192.99.139.23:9300/;listen.mp3
    http://radiostart.co.za:9300/;listen.mp3
    http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/
    Sluit aan by ons Bakkiesblad by
    https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/
    http://netradiosa.co.za/?page_id=102
    Of laai die applikasie af op jou foon:
    http://testappusl.inmotionapps.net /apiv3/download
    192.99.139.23


     

    Farmers Aid SA Tydskrif Mei 2017

    Get maximum exposure for your business big or small national or international the New Farmers Aid SA magazine was launched in March 2017 to advertise your business in the magazine or on Netradiosa or both contact Corrie at corriesl@telkomsa.net /016 422 3886 /083 460 9848

    We can help you if you need a webpage, domain registration and hosting as well

    Lees en laai af / Read and download

    Farmers Aid SA Tydskrif / Magazine Mei 2017/ May 2017

    ook hier:

    https://archive.org/details/FarmersAidSAMagazineMay2017

    if you need a Domain you can have one for free for life

    If you need to advertise in the magazine or on the radio or webpage kindly complete the form and we will get back to you to choose a package to fit your budget.

     

      Naam/Name (Word Vereis/Required)

      E-Posadres/email(Word Vereis/Required)

      Onderwerp/Subject

      Boodskap/Message


      Potgooi Aktueel Brokkies in die nuus 12 Mei 2017

      Aangebied deur Corrie elke Vrydag om 5nm

      Aktueel 12 Mei 2017 – Brokkies in die Nuus

       

      Die program is saamgestel uit  18 Artikels

       

      Artikel 1

      Binnekort TV-lisensie op jou loopfoon.

      Die SAUK se finansies is benard as gevolg van jare se wanbestuur en onnodige hofsake, en die ANC se His Master’s Voice is nou dringend op soek na geld.
      Die besluit van die inmiddels afgedankte Hlaudi Motsoeneng dat die radio- en TV-stasies tussen 80 en 90 persent plaaslike kunstenaars moet gebruik, het gelei tot ‘n vermindering in luisteraars- en kykersgetalle, wat weer aanleiding gegee het tot ‘n vermindering in advertensie inkomste.
      Daar is ook erken dat steeds minder mense hulle lisensies hernu omdat hulle ontevrede is met die inhoud en openlike ANC-propaganda.
      Nou word daar gekyk na ander wyses van fondsinsameling, en Jan Publiek word daarvoor geteiken.
      SAUK se hoofuitvoerende beampte, James Aguma, het aan die Parlement gemeld dat die uitsaaier nou kyk om lisensie gelde te hef op Rekenaar-, Selfoon- en Tablet gebruikers. Die rede is glo dat meer gebruikers TV seine opvang en dus TV inhoud kyk op Rekenaars, Selfone en Tablette.

      Die Vryburger, 11 Mei 2017

       

      Artikel 2

      Johannesburg in vir kragonderbrekings.

      City Power, die verskaffer van elektrisiteit aan Johannesburg, het gewaarsku dat daar moontlike kragonderbrekings kan wees weens verhoogde aanvraag tydens die koue maande wat voorlê.
      ‘n Beroep is op verbruikers gemaak om krag spaarsaam te gebruik om oorlading van die stelsel te voorkom.

      Foto – City Power.

      Die Vryburger, 12 Mei 2017

       

      Artikel 3

      Selektiewe vryheid van spraak.

      Die Matiestudent wat verantwoordelik was vir die sogenaamde Nazi plakkate op die kampus, Dean Dart, is verhinder om op die Rooiplein tydens etenstyd sy saak te stel. Hy is deur verteenwoordigers van die Studenteraad weggeneem van die plein na die transformasie kantore.
      Hy en twee mede-studente is ook intussen geskors hangende dissiplinêre stappe deur die universiteit, oor die kennisgewingsplakkaat wat hulle steeds as rassisities beskou.
      Mede-studente is ontevrede oor die situasie, en sê dit blyk nou die naakte werklikheid van die nuwe SA te wees: as jy wit is, moet jy stil bly en geld vryheid van spraak nie meer nie, terwyl die res kan brand en verniel sonder om iets oor te kom.

      Die Vryburger, 12 Mei 2017

       

      Artikel 4

      Natal boer vermoor/verbrand.

      Die lyk van ‘n 64 jarige boer van Bulwer in Natal, is gevind in sy huis.
      Hy is klaarblyklik aan die brand gesteek nadat petrol oor hom gegooi is.
      Volgens SAP is die motief onbekend maar dit is maar deel van die reeks plaasmoorde wat bykans elke dag plaasvind. Dit is die derde plaasmoord in 2017 in die Bulwer/Underberg gebied.
      Die geval word beskryf as een van die wreedste in die gebied.

      Die Vryburger, 12 Mei 2017

       

      Artikel 5

      Die waarheid is nodig.

      Die twee boerseuns wat daarvan aangekla word dat hulle ’n 15 jarige swarte van die bewegende bakkie afgegooi het, terwyl hy klaarblyklik afgespring het uit vrees dat die Polisie hom sal toesluit, verdien minstens ’n verhoor waar reg en geregtigheid sal seëvier.
      En dit is eintlik eenvoudig: Die sogenaamde ooggetuie wat glo gesien het die twee blankes het hom uit die bewegende voertuig gegooi, moet maar ’n toets ondergaan met ’n leuenverklikker.
      Waarom al die koste van hofsake terwyl die waarheid maklik vasgestel kan word!, of benodig die Ruwe Suid-Afrika nie meer die waarheid nie?

      Gerrie de Bruin – Die Vryburger, 12 Mei 2017

      Artikel

       

      Artikel 6

      Skole gesluit in Noordelike Johannesburg.

      Skole is gesluit in dele van Johannesburg na betogers dele van die stad in ‘n oorlogsone verander het.
      SAPD en Metro Polisie word ingespan om wet en orde te probeer herstel.
      Die stadsraad blameer misdadige elemente vir die wanorde in Eldorado Park, Kliptown, Orange Farm en Ennerdale, maar dit is inwoners wat paaie blokkeer en selfs winkel beroof.
      Laat Woensdagmiddag het hernude skermutselings plaasgevind in die Itereleng informele woonbuurt naby Laudium en een sterfgeval is aangemeld, alhoewel nog nie amptelik bevestig deur die SAPD nie.

      Foto – Onluste by Itereleng.

      Die Vryburger, 11 Mei 2017

       

      Artikel 7

      “Veg vir Stellenbosch” glo rassisties.

      Die Universiteit van Stellenbosch het met ‘n ondersoek begin en drie studente geïdentifiseer vir ondervraging nadat plakkate op kampus verskyn het wat bepaalde ooreenkomste bied met Duitse plakkate uit die Tweede Wêreldoorlog.
      Plakkate soos “Die Anglo Afrikaner Student” en “Veg vir Stellenbosch” het ‘n klip in die hoenderhok veroorsaak by Stellenbosch.
      ‘n Organisasie genaamd die New Right het ‘n vergadering belê en kennis daarvan gegee op die plakkate.
      Behalwe die beelde van ‘n jong man en jong dame, is daar geen ooreenkoms met Nazi’s nie. Tog wil die universiteit dit wel daarin lees en het dit onmiddellik as rassisme beskou wat ‘n ondersoek en heksejag regverdig.

      Foto: Een van die plakkate wat kwansuis rassisties is.

      Die Vryburger, 11 Mei 2017

       

      Artikel 8

      Polisiestasie en nuwe voertuie brand.

      ‘n Polisiestasie in die Louis Trichardt omgewing is deur betogers aan die brand gesteek. Twee betreklik nuwe Polisievoertuie het ook in die slag gebly.
      Die Vhulaudzi Polisie stasie is Dinsdag nag deur meer as 700 inwoners omsingel en aan die brand gesteek. Een van die betogers is deur die polisie geskiet en gewond.
      Die betoging het skynbaar gegaan oor ‘n vermiste 25-jarige vrou, en die beskuldiging dat die Polisie nie hulle deel doen om haar op te spoor nie.
      Intussen is 16 Transnet werkers in die Richards Baai gearresteer na die naweek se chaos waarin Polisie voertuie beskadig is .

      Foto – Vhulaudzi Polisiekantoor.

      Die Vryburger, 11 Mei 2017

       

      Artikel 9

      Zuma gaan appelleer.

      Soos verwag is gaan die ANC-staatshoof, Jacob Zuma, appelleer teen die bevinding van die Pretoriase hooggeregshof dat hy redes moet gee vir sy kabinetskommeling.
      Volgens Zuma se hofstukke het die regter ‘n verkeerde interpretasie gehad wat sy uitspraak dus foutief gemaak het. Skynbaar is daar ‘n totaal van 12 punte waarop Zuma sy appèl gaan baseer.

      Foto – Jacob Zuma.

      Die Vryburger, 11 Mei 2017

       

      Artikel 10

      Plaasaanvalle tans hoogste sedert 1990.

      Landwyd het daar reeds in Mei 11 plaasaanvalle plaasgevind, en sedert Januarie vanjaar was daar al 160 plaasaanvalle waarin 32 mense vermoor is.
      Volgens Mnr. Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA en voorsitter van die Veiligheidskomitee, is dit hoër as enige jaar sedert die TLU SA in 1990 dié statistieke begin byhou het.
      Op een dag was daar die plaasaanvalle is drie provinsies, wat daarop dui dat die hele land geteiken word.
      Plaasaanvalle het voorgekom in Roossenekal, die Assen-distrik in Noordwes en tussen Secunda en Bethal.
      ‘n Private maatskappy, die Heritage Protection Group (HPG), het spoorsnyers en private helikopters ingespan om met soektogte na die terroriste te help.
      Mnr. Geldenhuys het weer ‘n beroep op boere gedoen om by veiligheidstrukture betrokke raak. “Jy as boer is verantwoordelik vir jou eie veiligheid en ook dié van jou buurman. Boere moet hul veiligheid opskerp.”
      Intussen sukkel TLU SA al sedert Oktober verlede jaar om ’n vergadering met Lt.Genl. Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale polisiekommissaris, en die Minister van Polisie gereël te kry, want TLU SA het bepaalde oplossings en wil help met die probleem.

      Foto – Henry Geldenhuys.

      Die Vryburger, 11 Mei 2017

       

      Artikel 11

      Waar is Demokrasie?

      Dit is lankal tyd dat indringend aan demokrasie aandag gegee word. Die wesentlike van hierdie probleem is, waarom het die ANC demokrasie in 1994 afgeskaf?
      Demokrasie beteken dat die volk se stem regeer, dat die volk besluit watter regering hulle wil hê en dat die regering onderhewig is aan die behoud van die vertroue van die volk.
      Volk beteken ‘n eenderse groep mense met onder andere dieselfde Geloof, Kultuur, Genetiese afkoms, Geskiedkundige agtergrond, Taal, en Oorhoofse politieke strewes met die hoofdoel om wat eie aan die volk is, te beskerm en uit te bou. Daar kan kleiner verskille wees, maar nie wyd uiteenlopende verskille in Kultuur, Taal, Geloof en Afkoms nie.
      Voor 1994 het die destydse regering Suid-Afrika op ‘n demokratiese wyse regeer deur aan elke volk in die land erkenning te gee met eie strukture om hulle tot selfstandigheid (outonomie) te lei wanneer hulle daarvoor gereed was. Die Transkei en Bophuthatswana was op die voorpunt met selfregering.
      Sedert 1994 het die ANC-regering gedwonge integrasie ingevoer en daarmee demokrasie afgeskaf. Duidelik het hulle demokrasie met integrasie verwar en dit gelyk aan mekaar gestel. Demokrasie se betekenis is volksvryheid, maar hierdie betekenis word moedswillig so verdraai dat volksvryheid (demokrasie) vermenging van rasse beteken.
      In die praktyk is integrasie nie as ‘n keuse gestel nie, maar afgedwing. Volke kan nie saam ‘n demokratiese regering (volksregering) vorm nie omdat die volk wat getalsgewys in die minderheid is, nie seggenskap het nie. Hulle is net marionette. Hoe rym dit met die begrip van vryheid en demokrasie? Geen volk mag gedwing word om met ander te meng nie.
      Daar word beweer dat daar nou demokrasie in Suid-Afrika is omdat almal mag stem, maar wat beteken ‘n 10% inspraak op sake? Deur aan die vreemde volke se verkiesings deel te neem, bevestig jy dat jy hulle verkiesingstelsel erken en jouself aan hulle onderwerp. Hoe kan jy in dieselfde juk trek as 15 osse ‘n ander rigting as jy inslaan en jou dan met getalle oorweldig? Betekenis van die begrip demokrasie word verkeerdelik van volksvryheid tot enkeling vervals.
      Rassevermenging beteken uitwissing van ‘n volk. Hulle taal, kultuur en begrippe raak verlore, sowel as hulle herkoms wat vir hulle kosbaar is. Is dit demokrasie, vryheid om vreedsaam te bestaan, wanneer een of meer volke doelbewus poog om een volk uit te wis deur hulle van volksregte te ontneem?
      Kyk wat het gebeur tussen die Vendas en Tsongas in Noord-Transvaal wat nie by mekaar ingelyf wil word nie. Die omstreek was in 1960 gestig (apartheidsjare) en vir 34 jaar tot 1994 was die inwoners gelukkig en vreedsaam onder die demokratiese bestel.
      Waarom het die ANC-regering demokrasie afgeskaf?

      Politikus – Die Vryburger, 11 Mei 2017

       

      Artikel 12

      Geeneen sal ons help nie.

      Die geskiedenis het veel lesse waaruit ons volk kan leer, en die afgelope tyd se gruwelike gebeure in Suid-Soedan, waar meer as ’n miljoen kinders die land uit moes vlug, is ’n goeie les wat ons van moet kennis neem.
      Die Suid-Soedanse burgeroorlog het bykans twee miljoen inwoners, waarvan 62% kinders is, gedwing om uit die land te vlug vir hulle veiligheid.
      Die vlugtelinge het wel daarmee die geweld vrygespring, maar nou sit hulle sonder enige hulp, in vier ander Afrika lande waar die infrastruktuur sodanig is dat hulle van honger en siektes gaan omkom as die Verenigde Nasies nie finansiële hulp verleen nie.
      As dit dan is hoe die wêreld staan en toekyk oor die ellende van daardie Afrikaland se mense, waarom sal enige een omgee vir die paar miljoen volksgenote aan die Suidpunt van Afrika?
      Die moontlikheid dat die heersende diskriminasie en die “onopmerklike volksmoord” gestop sal word deur die ingryping vanaf die buiteland, is wensdenkery.
      Die Boere-Afrikaner sal eie veiligheid, sy eie toekoms en sy eie alles moet vestig as hy wil voortbestaan.
      Daardie voorbestaan beteken egter meer as net die drie elemente, want dit begin deur die leë wiegie in ons volk weer met babatjies te vul om die dalende getalle teen te werk.
      Daarmee saam moet die ekonomiese groei van volksgenote versterk word deur deelname aan volksekonomie wat binne die bestaande bestel uitgebou word, wat werkskeppend ons volk bemagtig in eie ondernemings.
      Voortvloeiend uit hierdie ekonomiese groei behoort volkseie skole, kolleges, tegnikon en universiteit gevestig te word om die tegnologiese vermoë van ons volk maksimaal te benut.
      As die volk steier teen hierdie uitdaging, is algehele ondergang ons voorland, want geeneen buite die volk sal ons wil help nie.

      Frik Stander – Die Vryburger, 11 Mei 2017

       

      Artikel 13

      Boer van Secunda in been geskiet in plaasaanval

      Deur Alet Joubert 10 Mei 2017 13:07

      ’n Boer van Secunda, Mpumalanga, herstel van ’n skietwond ná ’n plaasaanval Dinsdagaand.

      Willem van der Merwe van die plaas Driehoek is met ’n .22-geweer in die been geskiet toe vyf aanvallers op die huis toegesak en geld en vuurwapens geëis het.

      “Hulle wou sy 19-jarige dogter, Zelmarie, met ’n strykyster brand, maar het gelukkig van hul planne afgesien,” sê Henry Geldenhuys, adjunkpresident van TLU SA en voorsitter van die veiligheidskomitee.

      Van der Merwe (56) is saam met sy vrou, Nicoleen (48), en Zelmarie in die gesin se instapkluis toegesluit. Die rowers het met ses vuurwapens in Van der Merwe se dubbelkajuit Ford-bakkie gevlug.

      NASIONAAL WAS DAAR AL 11 AANVALLE IN MEI. DIE SYFER SEDERT JANUARIE STAAN OP 160 AANVALLE WAARIN 32 MENSE VERMOOR IS

      Henry Geldenhuys, TLU SA

      Die verdagtes en die voertuig met die registrasienommer HKK 334 MP is nog soek.

      “Mnr. Van der Merwe is in ’n hospitaal opgeneem waar ’n koeëlpunt uit sy been verwyder is,” sê Geldenhuys.

      Hy sê dié aanval was die derde voorval op plase en kleinhoewes in Mpumalanga vandeesmaand.

      “Nasionaal was daar al 11 aanvalle in Mei. Die syfer sedert Januarie staan op 160 aanvalle waarin 32 mense vermoor is. Dit is hoër as enige jaar sedert die TLU in 1990 dié statistieke begin byhou het.”

      Geldenhuys sê boere moet aktief by veiligheidstrukture betrokke raak.

      “Jy as boer is verantwoordelik vir jou eie veiligheid en ook vir dié van jou buurman. Boere moet hul veiligheid opskerp.”

      Hy voeg by dat TLU SA al sedert Oktober 2016 ’n vergadering met die nasionale polisiekommissaris en die minister van polisie aanvra.

      “Ons wil help en ons dienste aanbied om ’n verskil te maak, want die (polisie se) landelike veiligheidsplan werk nie in die praktyk nie.”

      Netwertk 24

      Artikel 14

      Boer in Assen-distrik geskiet

      Deur Marietie Louw-Carstens 10 Mei 2017 09:49

      ’n Boer (60)is Dinsdagaand tydens ’n aanval op sy plaas in die Assen-distrik buite Brits in Noordwes geskiet.

      Nick Dollman, woordvoerder van Netcare911, sê die man was in ’n baie ernstige toestand toe nooddienswerkers by die plaas opgedaag het.

      Die man, wie se naam nog nie bekend is nie, se toestand was só ernstig dat hy per noodhelikopter van die plaas na ’n hospitaal in Johannesburg gevlieg is.

      Dollman sê die man is tydens die vlug aan ’n asemhalingstoestel gekoppel.

      “Hy is na ’n gespesialiseerde trauma-eenheid van ’n hospitaal in Johannesburg geneem,” sê Dollman.

      Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder in Noordwes, het nog nie verdere inligting oor die skietery nie.

      Hou Netwerk24 dop vir meer oor die voorval.

      Network 24

      Artikel 15

      Eversdal-vrou vermoor, verdagte dalk op kamera

      Deur Verslagspan 10 Mei 2017 13:03

       

      Die polisie ondersoek die moord van ‘n vrou, na verneem word Hillary van Rooyen (53), wat op Dinsdag 9 Mei dood in haar Eversdal-huis in Kaapstad gevind is.

      TygerBurger is net ná 15:00 na die toneel in Sondalstraat, waar talle polisievoertuie, polisielede, forensiese personeel, ambulansdienste en privaat sekerheidspersoneel teenwoordig was.

      Ambulanspersoneel het die toneel verlaat sonder die liggaam, en kort daarna het die lykswa opgedaag.

      By navraag oor wat presies gebeur het, het diegene buite die huis verkies om geen kommentaar te lewer nie. Twee mans en ‘n vrou was sigbaar ontsteld.

      TygerBurger het verskeie navrae aan die Durbanville-polisie gerig om uit te vind wat gebeur het, maar het teen Woensdagoggend om 07:00 nog geen terugvoer ontvang soos beloof is nie.

      TygerBurger het van ‘n plaaslike buurtwag-Whatsapp-groep se inligting verneem wat die vrou se naam is, en dat sy glo ’n inbreker(s) in haar huis verras het, waarna sy toe aangeval en vermoor is.

      ’n Bron na aan die ondersoek het aan TygerBurger bevestig die vrou is deur haar seun gevind, en dat sy glo met ’n stomp voorwerp vermoor is.

      Stukkies glas, soos dié van ‘n voorwerp soos ‘n glaspot, is glo ook op die vloer gevind, volgens die bron. Daar is nog nie bevestig of daar enige ander items behalwe ‘n selfoon soek is nie.

      Die huis, in ‘n besige straat naby die Laerskool Eversdal, is reg oorkant ‘n gewilde vulstasie en kruidenierswinkel.

      Volgens TygerBurger se bron wys ‘n video-opname deur die kruidenierswinkel hoe ‘n man om 12:00 oor die huis se hek gespring het en weggeloop het. Die bron wou nie spekuleer oor hoe die man lyk nie, en of dit wel die moordenaar kon wees nie.

      Die provinsiale polisiediens het intussen bevestig dat die lyk van ‘n 53-jarige vrou binne die huis gevind is.

      Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die Durbanville-polisie het om 13:48 by die toneel aangekom, waar die lyk op die vloer gekry is.

      Die omstandighede rondom die insident word nog ondersoek.

      “Ek kan bevestig dat ‘n saak van moord geopen is en ondersoek word. Verdagtes moet nog gearresteer word,” het Rwexana gesê.

      Teen 20:30 Dinsdagaand was die lykswa nog buite die huis.

      Van Rooyen se eggenoot, Derick, wat in die versekeringsbedryf werk, was ook op die toneel.

      Netwerk24

      Artikel 16

      Man kry 18 j. vir ‘grusaamste moord’

      Deur Maygene De Wee 10 Mei 2017 11:32

      Die man wat ’n mede-aangehoudene in die polisieselle in Beaufort-Wes gemartel en vermoor het, is Woensdag in die rondgaande hof in Beaufort-Wes tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

      Regter John Hlophe, regter-president van die Wes-Kaap, sê hy het geen ander keuse as om Zuko Mgungquthu die vonnis op te lê nie.

      Mgungquthu het Maandag in die rondgaande hof skuld op aanklag van moord beken.

      Hy het Gerdo Karelse, ’n 18-jarige leerling aan die Hoërskool Beaufort-Wes, die aand van 26 Junie 2016 ure lank in die polisiesel waarin hulle by die Beaufort-Wes-polisiekantoor opgesluit was, aangerand en gemartel.

      Hlophe het die moordtoneel en foto’s van die oorledene beskryf as van die grusaamste wat hy in sy loopbaan as regter gesien het.

      Netwerk 24

       

      Artikel 17

      Skewe voorstellings.

      Dit is maklik om bewerings te maak wat klink of dit waar kan wees, maar wat skewe voorstellings is. Pas is daar deur verdagmakers talle ongegronde bewerings teen blankes gemaak, maar versuim om te meld dat die blankes ver in die minderheid is en dus nie van die voordeel van getalle gebruik kan maak nie.
      Daar is beweer dat die blankes voortgaan om die land en die banke te beheer. Moet die minderheid blankes dan afstand doen van hulle prestasievermoë? Wat doen die ander om hul eie prestasievermoë te verhoog? As een rugbyspan 10 spelers het en steeds die span met 15 spelers klop, moet die minderheid terugstaan sodat die ander kunsmatig sukses kan behaal?
      Ongelooflik word terugstaan deur die minderheid bevestig deur aan te dring dat die blankes met wit voortreflikheid moet stop. Die blankes het self hulle eie ondernemings gestig en verhoed nie die swartes om dieselfde te doen nie.
      Wat ook strydig is, is dat daar al hoe meer druk daarop geplaas word dat daar nie tussen die rasse onderskei mag word nie. Op wie is dit van toepassing? Hoekom mag sommige sprekers (swartes ja) wel die onderskeiding tref en sodanig hulself in ‘n swak lig stel?
      ‘n Saak of tema moet onpartydig hanteer word sonder dat persoonlik geraak word. Slegs sprekers wat nie inhoud aan hulle bewerings kan gee nie, beland op die syspoor van partydigheid. Die betrokke persone se name word nie hier genoem nie omdat dit verkeerd sou wees om aandag op persone te vestig in plaas van op die saak wat geraak word.
      Daar is ook onredelik beweer dat wanneer blankes ‘n versoekskrif slegs as blankes teken, daar nie gesê kan word dat dit nie rassisme is nie. Dan moet ‘n betoging deur swartes ook as rassisme beskou word.
      Blankes moet glo aanvaar dat die tyd gekom het dat hulle met swartes moet skakel. Die indruk word hierdeur geskep dat die blankes dit nooit gedoen het nie. Dit is heeltemal onwaar en verdagmaking. Dat die blankes Afrikaans gebruik om swartes uit te sluit is ewe onwaar, dit is immers hulle taal. Moet Afrikaanssprekendes hulle taal verloën?
      Ook is gesê dat die land (Suid-Afrika) na sy wettige eienaars teruggebring moet word. Nou is die vraag wanneer die blankes se regverdige deel, soos tussen die Wes-Kaap en die Visrivier, die deel wat Dingaan in ‘n wettige transaksie aan die Voortrekkers verkoop het en verskeie ander wettige grondgebiede, erken en teruggegee gaan word?

      Vra Maarnet – Die Vryburger, 10 Mei 2017

       

      Artikel 18

      Selfbeskikking vir Afrikaners.

      Waar staan die Afrikaner vandag sedert 1994 en hoe gaan dit oor die algemeen met Afrikaners?
      Dinge lyk maar beroerd en die Afrikaner trek al hoe meer aan die kortste end.
      Die Afrikaanse taal word oral uitgewerk,die Afrikaner se geskiedenis word misken, sy erfenis word vernietig en sy regte word op getrap. Die Afrikaner word blameer vir als wat in die verlede gebeur het en kry ook die skuld vir alles wat nou in die land verkeerd loop.
      Oor die algemeen kry Witmense die skuld vir alles wat fout is in die land. Dan praat mens nie eers van regstellende aksie, Swart ekonomiese bemagtiging en grondhervorming nie. Dis alles dinge wat diskriminerend is teenoor minderheidsgroepe, soos die Afrikaner.
      Het dit nie tyd geword dat die Afrikaner opstaan en sê genoeg is genoeg nie? Suid Afrika het ‘n verskeidenheid van Volke, Tale en Kulture en selfbeskikking is die enigste haalbare oplossing vir die land met sy probleme.
      Laat ons dus met nuwe oë kyk na selfbeskikking en minderheidsregte. Artikel 235 van die grondwet maak juis voorsiening vir selfbeskikking en is daar vir die Afrikaner en alle ander minderheidsgroepe wat dit wil opeis.
      Is die tyd nie nou ryp daarvoor nie?

      Frik Lotz – Die Vryburger, 12 Mei 2017

       


       

       

      Potgooi Uit die Hart van die Boer 11 Mei 2017

      Aangebied deur Corrie elke Donderdagmiddag tussen 4nm en 6nm waar ons gesels oor alles van belang vir die Boer van Landbou voedselsekerheid tot die huidige toestande in die land.

      Om 5nm instelsel deur Fanie Cronje!  Fanie steek draak met die politiek in die land met sy Humoristiese Kykie na die kwessie van korrupsie, kader ontplooiing en ander verwante aangeleenthede. Hoe dit eskaleer en gebruik en gedryf word deur verskeie belangrike rolspelers in die Suid Afrikaanse konteks. Ook ‘n vergelyking van soortgelyke aksies/optredes in die verlede, maar ook hoe dit tans verskil en die omvang van hoe dit manifesteer.

       

      Pittige Politiek  18 (Pie Pie ) deur Fanie Cronje skrywer van die boek Disekteer die Reënboog

      Gaan luister gerus na die potgooie op ons webwerf indien die onderwerp jou intereseer

      Redes hoekom jy die opsie behoort te oorweeg om op Internet radio te adverteer.
      Koste effektiewe advertering:
      Radio Advertensies op internet radio kos merkbaar minder as advertering op die tradiosionele radio stasies,

      Addisionele e-handel geleenthede:
      Navorsing toon dat aanlyn luisteraars meer ontvangklik is vir aanlyn advertering en meer geneig is om produkte aanlyn te koop en het meer fondse om te spandeer.

      ‘n Verhoging in inkomste uit advertensies:
      Advertensie boodskappe bereik ‘n groter mark aangesien die gehoor reeds aanlyn is en hulle is meer geneig om te reageer om aksie te neem op advertensies
      Gebruikers wat ook na internet radio luister is 3 keer meer geneig om op advertensies te reageer as gewone tradiosionele radio advertensies. Hulle mag dalk op die net na jou web blad gaan soek en so kry jy meer besoekers tot jou web blad en ook meer potensiële kopers vir jou produk.
      Indien jy ‘n nuwe manier van advertering soek is internet radio die mees logiese keuse om te maak. Dit is ‘n meer koste effektiewe manier om met meer luisteraars in aanraking te kom en dit maak ook ‘n groter impak op die gehoor.
      Met tunein kan jy met enige selfoon, tablet.android, skootrekenaar of rekenaar inskakel by die radio mits jy internet dekking het.

      Kontak ons indien jy gebruik wil maak van ons spesiale pakkette om jou sak te pas klein of groot nasionaal of internasionaal

      Die program is saamgestel uit 14 Artikels

      Artikel 1

      ‘Boerdery se toekoms lê in tegnologie’

      Deur Nico van Burick
      9 Mei 2017

      As 10 van Suid-Afrika se megaboere in Zimbabwe, Zambië en Namibië moet intrek, sal alle voedselprobleme daar binne twee jaar opgelos kan word, sê mnr. Charl Senekal, self ʼn megaboer.

      Die toekoms van boerdery lê in tegnologie, maak nie saak watter tipe boerdery dit is nie, sê mnr. Charl Senekal, voorsitter van Pro-Agri (die vereniging wat voormalige Nasionale Boer van die Jaar-wenners verteenwoordig) en bekende suikerrietboer van Mkhuze in KwaZulu-Natal.

      Hy het tydens ’n besoek van landbouskrywers aan verlede jaar se wenboere, mnr. André Ernst en sy seuns, Zander en Edrean, van Allerbeste Boerderye in Tzaneen, gesê  tegnologie moet ’n boer se beste vriend word.

      “Oor die volgende klompie jare gaan selfone boerderye oorneem. Jy gaan alles van jou foon af kan beheer, al sit jy in Amerika. Jy sal jou banksake kan hanteer, jou besproeiingstelsels kan aanskakel en kan sien waarmee jou werkers besig is. As jy dink jy is BC (before computers) gebore, is ek jammer vir jou. Jy sal eenvoudig moet opvang.”

      Noue band bestaan
      Senekal sê’n noue band bestaan tussen boere en landboujoernaliste. “Sonder dat julle eintlik daarvan bewus is, is julle die verspreiders van tegnologie internasionaal. ’n Goeie voorbeeld hiervan was die onlangse wêreldkongres vir landboujoernaliste waar 160 landbouskrywers uit meer as 30 lande in Suid-Afrika byeen was. Julle vertel wat boere in ander lande doen, en ons kies dít wat ons plaaslik kan benut.”

      Hy sê die res van Afrika is ook honger vir kos, kennis en tegnologie. Ook daar kan landbouskrywers ’n rol speel. Soos wat die rol van groot kommersiële boere in Suid-Afrika ook besig is om te verander.

      “Ons kyk na Afrika en Afrika kyk na ons. Hull sê kom help ons produseer. In Suid-Afrika gaan slaap 17% van die mense honger. In ’n land soos Zimbabwe is dit 47%. Dit plaas die waarde van ’n groot produsent in perspektief.

      Voedselprobleme oplos?
      As 10 van Suid-Afrika se megaboere in Zimbabwe, Zambië en Namibië moet intrek, sal alle voedselprobleme daar binne twee jaar opgelos kan word.”

      Magda du Toit, voorsitter van Landbouskrywers SA, het by dieselfde geleentheid die verhouding tussen landbouskrywers en die Boer van die Jaar-wenners beskryf as ’n lappieskombers wat saam een groot warm eenheid vorm. “Elke jaar kom daar ’n lappie by wat anders lyk as die ander maar saam vorm dit ’n mooi eenheid wat al groter word.”

      Landbou.com

      Artikel 2

      Eierpryse kan styg weens tekort

      Deur Vida Booysen 09 Mei 2017

      Daardie roereierontbyt kan dalk eersdaags ’n bietjie duurder word.

      ’n Tekort aan eiers ná ’n moeilike jaar vir eierboere kan die prys laat styg.

      “Die aanduiding is dat pryse met tussen 7% en 8% kan styg,” sê dr. Charlotte Nkuna, ’n senior amptenaar van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV).

      Sy sê in ’n verklaring dat voerpryse tussen Januarie en Augustus verlede jaar met minstens R1 000 per ton gestyg het – en dit het nogal baie met die prys van eiers uit te waai.

      “Die styging in die voerprys het gekom net toe eierpryse weens ’n surplus aansienlik begin daal het,” verduidelik Nkuna.

      Dit het daartoe gelei dat eierprodusente nie enige verlies weens die hoër voerkoste kon verhaal nie.

      “Dié terugslag het daartoe gelei dat heelwat van die kleinskaalse eierboere – diegene wat met tussen 5 000 en 40 000 henne boer – die mark verlaat het.”

      Sommige van die boere het weens die moeilike omstandighede hul henne vroeër geslag as wat normaalweg sou gebeur. In 2016 was 71,8 weke die gemiddelde ouderdom waarop die henne geslag is teenoor 2015 se 74,8 weke.

      Dit het tot ’n tekort aan eiers in die mark gelei.

      Volgens Kobie Fourie, eienaar van die Môreson-pluimveeboerdery net buite Brandfort, ondervind die bedryf op die oomblik inderdaad “ ’n geweldige tekort” aan eiers.

      “Feitlik alle belanghebbendes in die bedryf word hierdeur geraak.”

      Nkuna wys daarop dat kommersiële eierprodusente ook nie bestand is teen die kostedruk wat deur die braaihoenderbedryf ervaar word nie.

      “Weens die uiters lae winsmarges kon ’n aantal produsente nie lêhenne aan die einde van hul produktiewe siklus vervang nie of hulle moes die henne eenvoudig vroeër slag sodat hulle genoeg kontantvloei kon hê om hul krediteure te betaal.”

      Dié afname in die aantal produktiewe henne en die hoeveelheid eiers wat hulle lê, het nou tot ’n tekort aan eiers gelei.

      “Die tekort kom juis op die tydstip dat die vraag na eiers verhoog het omdat ander bronne van diereproteïen duurder geword het en meer verbruikers na eiers – die goedkoopste bron van diereproteïen – oorgeskakel het.”

      Verbruikers kan verwag dat die huidige tekort waarskynlik tot in die laaste maande van die jaar sal voortduur, sê Nkuna.

      Netwerk 24

      Artikel 3

      Landbou se pyn ook verbruiker s’n

      Deur Vida Booysen 21 Desember 2016 05:01

      Droogte en gebrekkige staatsteun vir die kommersiële landbousektor tref nou die armste verbruikers se beursie.

      Voeg daarby die onsekerheid oor Donald Trump se handelsbeleid en die impak op ons landbou-uitvoer, asook groeiende onsekerheid oor staatsbeleid en die gevaarligte begin flikker vir voedselsekerheid in die land, waarsku ’n aantal landbou-ekonome.

      “Dit bly ’n raaisel dat die regering nie verstaan dat ondersteuning aan kommersiële boere lei tot groter landbouproduksie en laer voedselpryse, wat die hele ekonomie en veral arm mense bevoordeel nie,” sê prof. Johan Willemse, landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat.

      Dit volg op die pleidooi van Agri SA Maandag dat die regering moet ingryp met “daadwerklike finansiële hulp” aan droogtegeteisterde produsente en sy kommer uitgespreek het oor die humanitêre impak van die droogte op boere en hul werkers, asook hul vermoë om te oorleef.

      Willemse wys op die daling in plantvoornemens vir vanjaar wat tot ’n kleiner somergraanoes sal lei.

      “Dus duur die invoer van graan en oliesade voort en dit beteken ook duurder pryse wat weer wyer uitkring in die ekonomie.”

      Die landbousektor is die sleutel tot die langtermynontwikkeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie, sê Hamlet Hlomendlini, Agri SA se senior ekonoom.

      Hy wys daarop dat die ekonomie met slegs 0,2% in die derde kwartaal gegroei het en landbou se bydrae weens die droogte vir die sewende opeenvolgende kwartaal gedaal het.

      “Die impak van die droogte op die landbousektor rem die hele ekonomie terug, gegewe die skakeling wat landbou met ander sektore het.”

      Dis nie net boere wat produksieverliese ly nie, maar ook alle rolspelers wat sake doen met hulle en uiteindelik ook die verbruiker self, waarsku Hlomendlini.

      “Landbou-uitvoer het aanmerklik afgeneem, voedselinflasie spring aanhoudend bokant die teikenband en voedselpryse hou net aan styg – gevolglik groei die ekonomie traag en is daar groter druk op die staatskas.”

      Hiermee stem dr. Kobus Laubscher, onafhanklike landbou-ekonoom van Bloemfontein, saam.

      “Die slegte nuus is dat inflasiedruk kan toeneem, veral in die laer inkomstegroepe waar die afhanklikheid van veral stapelvoedsel soos mieliemeel en brood skerp stygings getoon het vanaf reeds hoë prysvlakke.”

      Hy wys op die Nasionale Landbou-bemarkingsraad (NLBR) se jongste verslag oor voedselpryse wat aandui dat die armste deel van die Suid-Afrikaanse bevolking in Oktober vanjaar 55,6% van hul besteebare inkomste aan voedsel bestee het, terwyl dit ’n jaar gelede 49,6% was.

      “Die armste deel van die bevolking het geen vooruitsig op ’n keuse van kos vir Kersfees nie. Hulle sal moet eet wat hulle kan bekostig en dit is redelik om te verwag dat huishoudelike voedselonsekerheid gaan toeneem.”

      Indien dit wel voldoende reën hierdie somer, behoort voedselpryse af te plat, maar dit kan dalk eers teen die tweede of derde kwartaal van volgende jaar gebeur, sê Hlomendlini.

      “Dit sal heelwat verligting vir die verbruiker bring, maar die ekonomie is steeds weerloos teen internasionale skokke soos stygende oliepryse en moontlike beleidsveranderings onder die Trump-administrasie in die VSA.”

      Hlomendlini waarsku dat die inkomende administrasie heel waarskynlik ’n handelsbeleid sal bevorder wat meer beskermend teenoor die VSA is en minder gunstig vir ontluikende markte soos Suid-Afrika.

      “Dit is byvoorbeeld onseker wat sal gebeur indien die president volgende jaar, soos vereis, die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) onder hersiening neem.”

      Netwerk24

      Artikel 4

      Waak steeds teen droogte (en El Niño)

      Deur Marleen Smith
      10 Mei 2017

      Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat voorkomende maatreëls teen die droogte steeds nodig is.

      Broodnodige reën kan in Suid-Afrika se winterreënvalgebied val, en ’n El Niño mag dalk net weer op pad wees.

      Só voorspel die SA Weerdiens in sy jongste seisoenale klimaatvooruitskouing, tot September.

      In die verslag word benadruk dat die reënvoorspelling vir die winterreënvalstreek in hierdie stadium nog met groot onsekerheid en ’n lae vertrouensindeks gepaard gaan.

      Party modelle voorspel dat daar nog geen aanduiding is na watter kant toe reënval in dié streek die komende seisoen gaan beweeg nie.

      “Daar is steeds aanduidings van ’n bogemiddelde reënval in die droogtegeteisterde suidwestelike dele van die land. Ongelukkig toon geen van hierdie voorspellings ’n hoë mate van vertroue aan nie, en moet dit dus versigtig benader word. Weens die negatiewe uitwerking van droër toestande wat dalk mag voorkom, moet planne inplek gestel word om só ’n scenario te verlig.”

      Temperature
      Wat temperature betref voorspel die meeste modelle ’n groter kans vir koeler toestande in die noordooste van die land, en warmer toestande in die suidweste.

      Die Weerdiens doen nog geen amptelike vooruitskouing vir die komende somer, vanaf September/Oktober nie, maar die meeste modelle wys dat ’n El Niño dalk weer te wagte kan wees.

      Die ENSO-indeks, wat op die stand van El Niño of La Niña dui, is tans geleidelik vanaf ’n koeler (La Niña) na ’n warmer (El Niño) fase aan die oorbeweeg. Dit word wel verwag dat dit vir die res van die eerste helfte van die jaar nog in ’n neutrale fase behoort te bly. Die modelle voorspel wel ’n toenemende kans op El Niño-oorheersing teen ons lente.

      “Die vooruitskouing vir die lente en somer is nie gunstig wat reënval betref nie. As El Niño wel sou terugkeer, met sy gebruiklike gepaardgaande uitwerking (op somerreënval), kan die land opnuut in ’n water-penarie wees.”

      Voorkomende maatreëls teen droogte is dus steeds nodig, waarsku die Weerdiens.

      Landbou.com

      Artikel 5

      Roelf wil transformasie in landbou belig

      Deur Carien Kruger
      10 Mei 2017

      Die Land Bank en Roelf Meyer gaan op Nampo kragte saamspan om suksesvolle transformasie-projekte te belig.

      ʼn Nuwe inisiatief om transformasie in die landbou te bevorder, word Woensdag, 17 Mei, tydens ʼn Nasie in Gesprek-opname by die Nampo-Oesdag bekend gestel.

      ʼn Werkgroep onder leiding van oud-min. Roelf Meyer, direkteur van die In Transformation Initiative (ITI), wil opvattings oor die landbousektor verander deur bewese transformasieprojekte ten toon te stel.

      Sulke projekte sal gebruik word om verdere transformasie te bewerkstellig, het die Land Bank, wat ook betrokke is, in ʼn verklaring gesê.

      Wanopvatting
      Die inisiatief wil die wanopvatting dat die landbousektor nie ʼn belangrike bydraer tot die ekonomie is nie, verander, en as deel hiervan aandag aan grondhervorming gee.

      Die Land Bank sê die landbou is een van die sleutelsektore wat die vermoë het om die ekonomiese ontwikkeling, transformasie en werkskepping te ontsluit wat nodig is om aandag te gee aan Suid-Afrika se ontwikkelingsuitdagings op lang termyn.

      Lanbou.com

      Artikel 6

      Hoekom moet landbou smeek vir geld?’

      Deur Joylene van Wyk
      10 Mei 2017

       “As ons ’n Tesourie het wat nie weet wat die mandaat van die Departement van Landbou is nie, is dit ʼn probleem,” sê die voorsitter van die parlementêre komitee vir die landbou

      Dit is onaanvaarbaar dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye die Nasionale Tesourie moet smeek vir geld om sy mandaat te realiseer, meen me. Rosina Semenya, voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye.

      Die Finansiële en Fiskale Kommissie het in sy jongste assessering van die departement se vordering, aangedui dat hy slegs 20% van die totale begroting van R27 miljard kry, wat hy met die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming deel.

      Dit verteenwoordig ook slegs 0,01% van die nasionale begroting, terwyl die Nasionale Ontwikkelingsplan duidelik aandui dat die landbousektor een van die vinnigste skeppers van werk is en boonop voedselsekuriteit kan verseker.

      Sorg dat die geld beskikbaar is Semenya
      het gesê wanneer pres. Jacob Zuma die prioriteite aankondig waarmee staatsdepartemente hulle gedurende die jaar moet besig hou, moet die Tesourie sorg dat die geld beskikbaar gemaak word. “As ons ’n Tesourie het wat nie weet wat die mandaat van die departement is nie, dan is daar ’n probleem want hulle moet die geld beskikbaar stel.

      “Waarom moet landbou smeek vir geld?,” het Semenya gevra.

      Die kommissie het gesê weens die swak ekonomiese omgewing moet álle departemente, insluitend die landbou, hulle begroting herprioritiseer totdat die ekonomie verbeter.

      Moet mandaat verwesenlik
      Semenya het uitgewys dat dit die verantwoordelikheid van die kommissie is om toe te sien dat die Tesourie leiding neem in die toestaan van geld sodat die departement sy mandaat kan verwerklik.

      “Hoe bestuur hulle geld as hulle die departement vra om te gaan onderhandel oor geld?”

      Genl. Bheki Cele, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, het aan die komitee gesê daar word nou al die afgelope drie jaar oor die departement se karige begroting gepraat, maar duidelik is  geld nie beskikbaar nie. Selfs pres. Zuma het al gesê die landbou moet meer geld kry. Cele het aangedui dat die departement se begroting volgende jaar selfs minder sal wees.

      Verbetering in BBP
      Die landbousektor se bydrae tot die land se bruto binnelandse produk het sedert 1960 begin daal, maar ’n effense verbetering van 2,37% tot 2,4% tussen 2015 en 2016 het voorgekom. Die sektor se bydrae sal na verwagting 2,5% vir die volgende drie jaar bly.

      Die kommissie het gesê ten spyte van die sektor se klein bydra en sy dalende bydra tot die ekonomie, bly hy steeds belangrik vanweë sy groot skakels met die res van die ekonomie en die bydraes wat hy tot uitvoer en werkskepping bied.

      Landbou.com

      Artikel 7

      Diversifikasie laat BKB kóók

      Deur Marleen Smith
      11 Mei 2017

      BKB verwag dat hy vanjaar landbouprodukte van R9,5 miljard gaan hanteer!

      Danksy uitgebreide diversifikasie verwag die landboumaatskappy BKB dat hy vanjaar ’n allemintige R9,5 miljard se landbouprodukte gaan hanteer.

      Dr. Cobus Oberholster, finansiële hoof, het op die 100-jaar-viering van die Suid-Afrikaanse Angus-telergenootskap in Bloemfontein gesê hulle voorsien ’n jaar-omset van R4,9 miljard teen einde Junie.

      BKB hanteer 67% van die land se wolskeersel, en hou in die omgewing van 3000 veilings per jaar, soms tot sewe per dag.

      BKB het gediversifeer
      Hulle het die afgelope tien jaar strategies gediversifiseer, en hul produkte sluit deesdae nie net wol in nie, maar ook graan, vrugte, suiker en lusern.

      Oberholster het gewaarsku teen ’n té eng benadering teenoor die kleinskaalse landbou. Van die 455 miljoen plase in die wêreld, is 387 miljoen kleiner as 2 hektaar, het hy gesê. Net 2 miljoen is groter as 100 ha.

      Hierby is ’n besliste internasionale neiging in die rigting van intensiewer landboupraktyke, met die hulp van nuwe tegnologie.

      Verstedeliking speel rol
      Verstedeliking speel ’n groot rol. Die beraming is dat Afrika, suid van die Sahara, se stedelike en kus-bevolkings in die komende jare met 57% gaan toeneem. Dít beteken al hoe meer ryker en meer gesofistikeerde verbruikers, wat ’n groter keuse van produkte, beter gehalte en kos met ’n hoër voedingswaarde sal wil hê.

      Oberholster het Angus-telers aangemoedig om hul beeste se vleis toenemend onder ’n handelsmerk te bemark wat goeie gehalte waarborg om die ryker verbruikers te bereik. Dít bied ’n wins-geleentheid vir die boer én die res van die waardeketting-spelers, het hy gesê.

      Landbou.com

      Artikel 8

      Melkboere: Romantiek verby, hef aan!

      Deur Carien Kruger
      11 Mei 2017

      Die probleem in die melkbedryf is nie die dalende getal boere nie, sê mnr. Melt Loubser, een van SA se voorste melkboere.

      Die suiwelbedryf se grootste uitdaging is nie die dalende getal melkboere nie: Dit is oorvereenvoudiging en dat die bedryfstrukture verlore kan gaan wat ’n gunstige makro-omgewing skep waar ondernemings onafhanklik kan gedy.

      Só sê mnr. Melt Loubser, uitvoerende hoof van Faircape Dairy en voorsitter van die SA Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro).

      Hy was by die jaarlikse simposium van die SA Vereniging vir Suiweltegnologie buite Pretoria krities oor mense wat die tydperk toe die bedryf gereguleer was, “romantiseer”. “Die Regering het regdeur die waardeketting inmeng Ons het hardhandige beheerrade gehad. Daar was min of geen stimulus vir entrepreneursbedrywighede en die bedryf was hoogs gekonsentreerd.”

      Melkfabrieke op vreemdste plekke
      Loubser sê in die gereguleerde tydperk was fabrieke op die vreemdste plekke geleë, dikwels met die doel om werk te skep en omdat dit nie nodig was om mededingend te wees nie. Hy onthou ’n regter het in 1993 in ’n groot hofsaak gevra wat die melkbeheerraad met al die geld gedoen het wat hy per liter verwerkte melk gehef het. Dit was sowat 7c/liter en die plaashekprys was toe sowat 55c/liter.

      Loubser sê ná 1994 moes die bedryf skielik in ’n ongereguleerde bedryf sake doen, met die nalatenskap van ’n manier van dink uit die gereguleerde tydperk.

      “Ons het geproduseer wat ons wil, want iemand anders sou sorg. Ons sou eers later oor die gevolge dink.”

      Mense oorvereenvoudig die bedryf
      Loubser het gesê destyds en ook vandag is daar mense wat die bedryf oorvereenvoudig en sê “melk is melk”, dat die melkprys onelasties is en dat ’n mens kan uitvoer sou daar ’n ooraanbod wees.

      Die bedryf het deur ’n onstuimige tydperk gegaan waarin verskeie vorms van strukture as bedryfsorganisasies probeer is. “Weens die ingesteldheid van die tyd, het mense in hul eie kommersiële belang opgetree, pleks van om in belang van die bedryf op te tree.”

      Loubser sê die bedryf was bekend om sy binnegevegte. Hy is optimisties dat verskillende partye nou saamstem dat daar gedeelde kwessies is wat gesamentlik gepak moet word.

      Prys deur vraag en aanbod vasgestel
      Aanbod moet die vraag volg en markte verseker dat dit gebeur. “Prys word deur aanbod en vraag bepaal.” Die beskikbaarheid van gebalanseerde en objektiewe inligting is volgens hom baie belangrik. Rolspelers moet weet waar die inligting vandaan kom, die inligting vertrou en besluite op grond van feite kan neem.

      Loubser het gesê sowat 20% meer melk word nou as in 2008 geproduseer.
      “Die suiwelbedryf groei en is dinamies. Ja, dit is finansieel uitdagend, maar dit is internasionaal mededingend.”

      Dit terwyl internasionale markte steeds produksie stimuleer. Loubser het gesê dié stimulasie lei tot die baie wisselvallige pryse op internasionale markte.

      Landbou.com

       

      Artikel 9

      GoeieNuus: Nedlac-taakspan bekyk melk

      Deur Carien Kruger
      10 Mei 2017

      Die ywer van die melkboer Gielie de Kock en die vakbondleier Tony Ehrenreich het uitgeloop op ʼn ondersoek na die volhoubaarheid van die melkbedryf.

      ’n Taakspan van die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) gaan die volhoubaarheid van die waardeketting van die suiwelbedryf onder die loep neem.

      Die taakspan, waarin die Regering, die georganiseerde arbeid en die suiwelbedryf verteenwoordig is, het op 4 Mei vergader om sy opdrag te bepaal.

      Die suiwelbedryf word verteenwoordig deur Melk SA – mnre. Nico Fouché, uitvoerende hoof, en Godfrey Rathogwa, transformasiebestuurder  – en sy lede, die Melkprodusente-organisasie (MPO) en die SA Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro).

      Taakspan het reeds vergader
      Mnr. Alwyn Kraamwinkel, Sampro-hoof en leier van die sake-afvaardiging in die taakspan, sê ‘n voorlopige opdrag is saamgestel, wat nou deur Nedlac se kamer vir handel en nywerheid goedgekeur moet word. Die taakspan, wat reeds twee keer vergader het en weer in Julie byeenkom, het intussen ’n werkwyse goedgekeur.

      Dr. Chris van Dijk, MPO-hoof en lid van die taakspan, is optimisties dat die taakspan kan bydra om die volhoubaarheid van die bedryf te verseker.

      Die taakspan het tot stand gekom nadat mnr. Gielie de Kock, melkboer van Witsand in die Wes-Kaap en mnr. Tony Ehtenreich Wes-Kaapse Cosatu-sekretaris, verlede jaar ’n vergadering by die Elsenburg gehou het om oor onder meer die dalende getal melkboere te praat en die gevare wat dit vir werkgeleenthede inhou.

      Ehrenreich klop aan by Nedlac
      Ehrenreich het die kwessie na Nedlac geneem, wie se kamer vir handel en nywerheid ’n taakspan op die been gebring het.

      De Kock het aan Landbouweekblad gesê hy hoop die uitkoms van die taakspan se werksaamhede sal wees dat die melkprys “van die boer tot by die verbruiker” ondersoek sal word.

      Mnr. Sven Thomson, kommersiële melkboer van Swellendam, verteenwoordig die georganiseerde arbeid in die taakspan en sê hy is in dié unieke posisie “omdat die bestaande strukture in die bedryf nie die nodigheid gesien het om die probleme in die bedryf op dié vlak (van Nedlac) te bespreek nie”.

      Kleiner melkboere
      Thomson sê volgens die voorgestelde opdrag gaan die hele waardeketting bespreek word, ingesluit struikelblokke vir toetrede deur kleiner en opkomende melkboere en spesifiek ook transformasie in die verskillende dele van die ketting.

      Dit is volgens hom belangrik om te bepaal of daar nog plek is vir kleiner boere in die melkbedryf. Wanneer ’n kleiner boer sy deure moet sluit, gaan daar volgens Thomson se berekeninge drie werkgeleenthede vir elke honderd koeie verlore.

      Selfs al word die koeie deur ’n groter melkboer gekoop, verloor sowat 70% van arbeiders op die kleiner plaas hul werk, sê hy.

      Invoertariewe
      Verdere kwessies waarna daar volgens die voorgestelde opdrag gekyk sal word, is die plaaslike en internasionale mark, en invoertariewe.

      Thomson sê ingevoerde produkte, soos kaas, land hier teen laer pryse as wat dit in Suid-Afrika vervaardig kan word. “Invoer maak ons verskriklik seer.”

      Daarom hoop hy die taakspan kan ’n rol speel dat invoertariewe, wat die laaste 18 jaar dieselfde gebly het, aangepas word.

      Landbou.com

      Artikel 10

      Coligny nou politieke speelbal

      Deur Corli van der Merwe
      11 Mei 2017

      Politici gebruik opsweping van die arm massas en brandmerk boere as rassiste sodat die aandag van swak dienslewering afgetrek word, reken mnr. Boeta du Toit van Agri Noordwes.

      Politici brandmerk boere as rassiste en gebruik die aanhitsing van rassespanning tussen wit en swart om die fokus van swak dienslewering af te trek.

      Só reken mnr. Boeta du Toit, hoofbestuurder van Agri Noordwes, oor die betogings en geweld wat in Coligny uitgebreek het na borgtog toegestaan is aan mnre. Pieter Doorewaard (26) en Philip Schutte (34). Hulle staan tereg op aanklagte van moord in verband met die dood van die 16-jarige Matlhomola Mosweu.

      Die seun is agter op ’n bakkie na die polisie vervoer nadat hy na bewering in ’n sonneblomland betrap is. Hy het sy nek gebreek toe hy van die bakkie af geval of gespring het (volgens die beskuldigdes), waarná die boere die ongeluk by die polisie aangemeld het. Die staat beskuldig hulle van moord.

      Onlus en onrus
      Chaos het uitgebreek na die beskuldigdes se vrylating. Verskeie huise is aan die brand gesteek en die polisie het gespook om die situasie onder beheer te kry. Ten spyte van die feit dat die saak teen die beskuldigdes steeds hangend is, het die premier van Noordwes, mnr. Supra Mahumapelo, tydens Mosweu se begrafnis beweer dat hy in die hande van “wit mense” dood is.

      Du Toit sê die ANC gebruik die insident om die publiek se frustrasie met swak dienslewering na wit boere te verplaas. Die onrus in Coligny volg op protesoptrede in nabygeleë Lichtenburg weens ’n gebrek aan dienslewering deur die Ditsobotla-munisipaliteit, waaronder beide dorpe val. Die munisipaliteit is in ’n diensleweringskrisis gewikkel, met enorme skuldvlakke en herhaalde oproepe dat die burgemeester, mnr. Daniel Buthelezi, moet bedank.

      “Wat met die kind gebeur het, word as ’n verskoning gebruik en deur politieke partye verpolitiseer. Dit gaan eintlik oor ’n Regering wat sy mense faal met swak dienslewering, sowel as armoede en werkloosheid as gevolg van swak regeringsbeleid.”

      Magstryd
      Du Toit reken dié insident het ’n speelbal vir politici geword in die toenemende retoriek rondom “wit monopolie-kapitaal”.

      “Dit gaan oor die magstryd tussen die EFF en ANC. Hulle kompeteer hier vir dieselfde stemme. Dit is moontlik ook hoekom sulke radikale uitsprake rondom die insident gemaak word.”

      Die toenemende rassespanning in Coligny maak Du Toit baie onrustig.

      “Die rassistiese inslag van die hele ding en die verpolitisering daarvan rondom die rasaangeleentheid is kommerwekkend en absoluut onverantwoordelik. Dit is duidelik deel van ’n strategie, want dit wat op nasionale vlak gesê word, word hier in Noordwes geego.”

      Du Toit sê politici, insluitend Mahumapelo, brandmerk boere as rassiste en blameer hulle vir wat in Suid-Afrika verkeerd gaan.

      “Dit is deel van hulle strategie en is soortgelyk aan wat Robert Mugabe in Zimbabwe gedoen het. Hy het die wit monopolie-kapitaal die skuld gegee vir wat verkeerd geloop het. In hierdie geval is die sneller swak dienslewering, nie dié voorval nie. Dit bloot gemaklik by hulle planne ingepas en die fokus geword.

      “Onderliggend hieraan is ’n land wat polities en sosio-ekonomies faal. Werkloosheid, swak dienslewering en politieke opsweping is aan die orde van die dag en politieke groeperings en kriminele elemente buit die onstabiliteit uit.”

      Steun
      Du Toit sê landbou-organisasie soos die TLU SA en Agri Noordwes werk met die gemeenskap saam om ondersteuning te bied en waar moontlik met beveiliging te help. Hy het betrokke partye en die gemeenskap van Coligny aangemoedig om verantwoordelik op te trede te midde van die onrus.

      “Laat die gereg sy gang gaan en laat ons by die waarheid inkom. Intussen moet alle partye, ook die media, besef dat ons nie die situasie verder moet aanblaas nie. Gemeenskappe en organisasies moet saamwerk, oor ons verskille heen, met die regsraamwerk as ons riglyn, om almal te beskerm.

      Netwerk 24

      Artikel 11

      Zuma land-uit wyl land brand.

      Terwyl die land huiwer op die rand van totale anargie met gewelddadige proteste, het die land se president om eerder in Afrika besoek te gaan aflê in plaas daarvan om sy aandag te wy aan die herstel van wet en orde in die land.
      Jacob Zuma is tans op besoek aan Tanzanië om wedersydse betrekking met die land te verstewig.
      Dit volg op Zuma se weiering die naweek om Vuwani te besoek, uit vrees dat hy weer uitgejou sou word soos onlangs op Bloemfontein.
      In Richardsbaai is polisievoertuie met ‘n stootskraper omgestoot terwyl skynbaar miljoene rande skade in die hawe aangerig is.
      In Eldorado Park bots inwoners ‘n tweede dag met Polisie oor werkloosheid en gebrek aan huisvesting.
      In Coligny is nog blankes se huise afgebrand oor borg toegestaan is aan twee boere, terwyl skole ontwrig word en leerlinge nie kan skoolgaan nie.
      In Natal is etlike skole afgebrand deur informele besetters.
      Vuwani bly ‘n gewelddadige kookpot oor die inlywing van die gebied by ‘n ander streeksmunisipaliteit.
      Ook in Port Elizabeth kom onluste voor en paaie word versper.
      In feitlik geen van die geweldgeteisterde gebiede lyk dit of die polisie nie in staat om wet en orde te handhaaf nie.

      Die Vryburger, 10 Mei 201

       

      Artikel 12

      Coligny: ‘Vat brandstigters vas’

      Deur Corli van der Merwe
      9 Mei 2017

      Die polisie moet streng optree teen gevalle van brandstigting en saakbeskadiging wat in Coligny voorgekom het.

      Die voorvalle van brandstigting en vandalisme wat gister in Coligny plaasgevind is uit talle oorde veroordeel en ’n beroep is op die polisie gedoen om met erns op die situasie te reageer.

      Gemeenskapslede het met woede op die suksevolle borgaansoek van mnre. Pieter Doorewaard (26) en Philip Schutte (34) reageer. Hulle is op borg van R5000 elk vrygelaat en word daarvan aangekla dat hulle verantwoordelik is vir die dood van die 16-jarige Matlhomola Mosweu.

      Mosweu is agter op ’n bakkie na die polisie vervoer nadat hy na bewering in ’n sonneblomland betrap is. Mosweu het van die bakkie af geval en sy nek gebreek, waarná die boere die ongeluk by die polisie aangemeld het. Volgens hulle het Mosweu van die bakkie af gespring, terwyl die staat hulle van moord beskuldig.

      Chaos
      Chaos het uitgebreek na die beskuldigdes se vrylating. Huise en lande is aan die brand gesteek en die polisie moes bontstaan om die situasie onder beheer te kry.

      Intussen word die premier van Noordwes, mnr. Supra Mahumapelo, daarvan beskuldig dat hy rassistiese uitlatings maak en gemoedere verder aanblaas. Volgens Afriforum het Mahumapelo op Mosweu se begrafnisdiens gesê die seun is dood “in die hande van wit mense.”

      Mnr. Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes, sê in ‘n verklaring Mahumapelo moet pa staan vir verdere geweldadige betogings rondom die saak.

      “Wanneer wit persone deur swartes vermoor word, is dit gewone misdaad. Wanneer die situasie omgekeerd is, maak die ANC rassisme daarvan. Dit is onaanvaarbaar,” sê Groenewald. “Mahumapelo kan gerus sê hoeveel begrafnisdienste van vermoorde wit boere in die provinsie hy al bygewoon het en wat hy daaroor te sê gehad het.”

      Vervolging
      Die TLU SA het op sy beurt geëis dat diegene wat skuldig is aan brandstigting, vervolg word.

      “Dit is verregaande dat ’n bende reg in eie hande neem en dit nogal terwyl die slagoffer niks met die hele hofsaak te doen het nie,” sê mnr. Louis Meintjes, voorsitter, in ’n verklaring. Van die slagoffers van brandstigting op Coligny sluit in ’n plaaslike dokter wie se huis afgebrand is en ’n sake-eienaar, wie se besigheid voorheen tydens die onrus geplunder is, terwyl sy huis gister ook deur betogers aan die brand gesteek is.

      Mnr. Mmusi Maimane, leier van die DA, het sy kommer oor die situasie in ’n verklaring uitgespreek en ’n beroep op inwoners gedoen om die regsproses sy gang te laat neem. Maimane waarsku teen die mobilisasie van private burgers.

      Landbou.com

      Artikel 13

      ANC se Coligny-forum gaan ‘rassime’ ondersoek; swart skole bly gesluit.

      Pogings om die situasie in Coligny in Noordwes te normaliseer het tydens ‘n vergadering tussen inwoners en afgevaardigdes van die regering nie veel belofte opgelewer nie.
      Dit is nie verbasend nie aangesien die media voorgee dat die rassegeweld teen wittes met ‘n rede plaasvind. Terwyl daar hoegenaamd geen bewyse bestaan nie, hou die media soos Eyewitness News vol dat die swart tiener “vermoor” is.
      ‘n Vroeëre voorstel deur ‘n provinsiale regeringsafvaardiging dat swart leerlinge terugkeer skool toe, is geweier.
      Dit het tot hernieude oproer Dinsdagaand in die Tlhabologang-lokasie gelei toe die polisie en inwoners met mekaar slaags geraak het.
      Voertuie op die N14 tussen Coligny in Ventersdorp is met klippe bestook en ‘n polisievoertuig is beskadig.
      Swart inwoners hoop om ‘n rasseoorlog te ontketen omdat twee wit verdagtes, wat op valse aanklagte verskyn het wat verband hou met die dood van ‘n swart tiener twee weke gelede, borgtog gekry het.
      Die staat het nog nie die nadoodse ondersoek voltooi nie, maar ten spyte daarvan het die media en die ANC reeds besluit dat die tiener deur die twee wit mans gedood is.
      Wit inwoners was verstaanbaar ontsteld omdat swart joernaliste al laggend die onlusmakers gevolg het wat petrolbom-aanvalle op huise geloods het, iets wat kennelik op voorkennis van die rassegeweld teen wittes dui.
      Voorts probeer die hoofstroomberigte feite oor die verhoor toesmeer en bied die geweld aan asof die twee wittes skuldig is.
      Die sogenaamde getuie wat “alles gesien het” het nog geen enkele mens by ‘n uitkenningspaprade uitgewys nie en dit is nie duidelik of hy eers ‘n beskrywing van die tiener kan gee nie.
      Die hoofstroommedia, die minister van polisie, Fikile Mbalula en Sanef teem nou oor ‘n gebrek aan “persvryheid” en “aanvalle op die media” nadat hulle deur van die eienaars weggewys is.
      Die dienslewering in die gebied is beroerd met die munisipaliteit wat water moet aanry aan meer as tweederdes van loksaie-inwoners. Die rassegeweld teen wittes is ‘n maklike manier om ‘n gebrek aan dienslewering en xenofobie deur die patetiese swart regering weg te steek.
      Mpho Motlhabane, die LUR van Openbare Veiligheid van Noordwes, sê die regering het ‘n forum op die been gebring “wat sal kyk na rassisme in Coligny”.
      Die LUR het ewe vroom aan swart inwoners gesê dit sal “versoening, genesing en hernuwing” verseker sodat dat “almal se regte” in die gemeenskap “beskerm” word, maar hy het uit die staanspoor die “wit rassiste” aangekla.

      Foto – Laggende swart joernaliste weet presies waar die volgende huis gaan brand; Die twee aangeklaagdes.

      praag.co.za, 10 Mei 2017

       

      Artikel 14

      SABC wants you to pay a TV licence for your computer, cellphone and tablet
      Cape Town – SABC CEO James Aguma shocked on Wednesday by telling parliament the SABC wants the Broadcasting Act changed to include more viewing devices so that more people need a SABC TV licence, for instance for computers, cellphones and tablets.
      Aguma, SABC executives and the SABC’s new interim board appeared before parliament’s portfolio committee on communications to brief members of parliament about the latest situation at the crisis-riddled public broadcaster and its revised corporate plan.
      He said the SABC is budgeting for lower revenue from SABC TV licences this year, but that the SABC wants to see changes made to the Broadcasting Act to make it mandatory for people to pay a TV licence for more devices they view content on.
      Currently people are required to pay a TV licence for a device that can receive a TV signal. As video-on-demand (VOD), digital broadcasting and video content channeled through other device however grows, millions more South Africans are watching TV content on computers, laptops, cellphones, tablets and other devices.
      Aguma told parliament that if the Broadcasting Act is changed, it would broaden the collection base for SABC TV licences which in turn would help to increase the potential revenue the public broadcaster could collect from this income stream.
      Source: News24

       

      Artikel 15

      Groter boetes as swart bevoordeling nie nagekom word.

      Die ANC-minister van arbeid, Mildred Oliphant, oorweeg dit om Jacob Zuma om swaarder boetes in werking te stel vir maatskappye wat na haar sin nie vinnig genoeg swart bevoordeling toepas nie.
      Dit volg nadat die jaarlikse verslag van die kommissie wat na gelykheid in die werksplek kyk, bekend gestel is.
      Daarin word beweer dat die meerderheid top bestuursposte, 69%, steeds deur blanke mans gevul word, terwyl swartes 14,4% van dié poste beklee, Indiërs 4,9% en kleurlinge 3,4%.
      Alhoewel arbeidskenners groot vraagtekens het rondom die syfers, is dit vir die Minister egter genoeg rede om te vra vir hoër boetes vir instellings wat na haar sin te wit bly, want die verslag toon volgens haar die “pynlik stadige pas van transformasie in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark, en die tekort aan aptyt vir transformasie.”

      Foto – Mildred Oliphant.

      Die Vryburger, 10 Mei 2017

       

      Artikel 16

      R100 000 uitgeloof vir bewyse van gronddiefstal.

      TLU SA se Uitvoerende Komitee het besluit dat hy behoorlik moeg is vir beskuldigings dat boere die land se grond gesteel het en dat dit die rede is waarom al meer stemme opgaan vir die onteiening van grond sonder vergoeding.
      Mnr. Louis Meintjes, President van TLU SA, sê dat daar vir eens en vir altyd duidelikheid oor die saak gekry moet word. “Daar word alewig allerhande vae beskuldigings gemaak in die verband, maar nog niemand kon met enige konkrete bewyse van gronddiefstal vorendag kom nie.
      “Daarom het TLU SA besluit om ‘n beloning van R100 000 aan te bied aan enigiemand wat bo redelike twyfel kan bewys dat enige kommersiële boer of lid van TLU SA sy grond wederregtelik bekom het, wat diefstal sou kon uitmaak,” sê Mnr. Meintjes.
      Mnr. Meintjes het bygevoeg dat eiendomsreg stabiliteit verskaf en die basis is vir ekonomiese groei. “Sonder gesonde eiendomsreg sal alle ander regte ook bloot verval. Tog word ons eiendomsreg met ’n leuen van ‘diefstal’ ernstig bedreig, terwyl daar geen bewyse bestaan dat enige grond ‘gesteel’ is nie. Almal wat glo in ekonomiese groei, werkskepping en armoede verligting, moet daadwerklik nou saamstaan en die ernstige bedreiging van populêre leuens weerstaan. Moet nie toelaat dat die leuen aanhou om die rigting te bepaal nie.”

      Foto – Mnr. Louis Meintjes.

      Die Vryburger, 10 Mei 2017

       

      Artikel 17

      Sondag, Mei  7 2017

      Solidariteit gaan in die komende week ʼn vroeëwaarskuwingsklag by die Verenigde Nasies se Komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) in Genève Switserland indien. Die klag fokus op die moontlike gevolge wat rasseuitsprake en haatspraak teen minderhede kan inhou. Daar word veral gefokus op die gebrekkige optrede van die regering en instellings soos die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK). Die Solidariteit-klag word ingevolge die prosedure wat voorsiening maak vir vroeë waarskuwing en dringende optrede ingedien.

      Solidariteit versoek in sy massaklag dat CERD ʼn formele ondersoek loods deur inligting van organisasies soos die SAMRK asook die regering aan te vra en om ʼn afvaardiging na Suid-Afrika te stuur om die situasie op grondvlak te ondersoek. Indien CERD saamstem oor die substansie van Solidariteit se klag kan die komitee aanbevelings aan die regering maak en/of die saak na die Veiligheidsraad van die VN verwys.

      Solidariteit se klag volg op die sukses wat Solidariteit verlede jaar by CERD behaal het met sy klag oor kwotas in die werkplek en in sport. Na aanleiding daarvan het CERD onder meer die staat versoek om verslag te doen oor sy beleid / praktyke en het kritiek uitgespreek oor Suid-Afrika se huidige stelsel wat aan apartheidklassifikasie herinner. Die komitee was ook van mening dat Suid-Afrika se stelsel van kwotas te rigied is.

      Afgesien van die indiening van die klag by CERD gaan Solidariteit in die komende week ook klagte oor die selektiewe hantering van rassisme in Suid-Afrika by die parlement, die SAMRK, die Internasionale Menseregtekommissie en die Internasionale Arbeidsorganisasie indien.

      Solidariteit gaan ook die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie vra om ʼn afvaardiging na Suid-Afrika te stuur om Solidariteit se klag te ondersoek. In die klag wat aan die VN se Menseregtekommissie voorgelê word, word ook versoek dat die staat verdere inligting moet verskaf en dat Solidariteit die geleentheid kry om voorleggings aan die VN-kommissie te maak.

      “Ons doel daarmee is om weer objektiwiteit oor ras in Suid-Afrika te bewerkstellig. Die subjektiewe hantering van ras het sistemies geraak en die sisteem regverdig dit. Omdat dit sistemies geword het, sal dit goed wees as ʼn waghond van buite ʼn verandering fasiliteer,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit gesê.

      Sowat 405 000 Suid-Afrikaners het ʼn petisie onderteken waarin hulle Solidariteit se klag steun.

      Die klag spruit voort uit ʼn Solidariteit-verslag en -konferensie wat die verskynsel van selektiewe rassisme ondersoek en ontleed het.

      Volgens Solidariteit het sy ondersoek duidelik aan die lig gebring dat die voorkoms van rassisme in Suid-Afrika op ʼn selektiewe manier hanteer word.

      CERD lê veral klem op die belangrikheid daarvan dat die staat moet ingryp as verkose of ander staatsamptenare hulle skuldig maak aan rasseuitsprake en haatspraak. Die doel is veral om minderhede teen opsweping deur die meerderheid te beskerm.

      Solidariteit se klag, wat die vorm van ʼn massaklag aanneem, fokus veral op uitsprake en/of optrede van mense wat oor vertikale invloed beskik; dit wil sê mense met gesag. Suid-Afrika is baie verdraagsaam teenoor rasse-uitsprake wat deur Suid-Afrikaners in gesagsposisies gemaak word, maar is totaal onverdraagsaam teenoor die rasse-uitsprake wat gewone wit Suid-Afrikaners, wat oor geen gesag beskik nie, maak.

      In ʼn ontleding oor die verskynsel wys Solidariteit onder meer daarop dat die eiendomsagent Penny Sparrow se uitsprake oor swart Suid-Afrikaners 4 501 mediatrefslae gehad het, terwyl Julius Malema se uitsprake dat wit Suid-Afrikaners nie nou geslag moet word nie en dat hul vrede versteur moet word, slegs 163 trefslae gehad het.

      Solidariteit toon in sy klag aan hoe ook die SAMRK rassisme selektief hanteer. So byvoorbeeld het die SAMRK nog geen hoëprofiel- swart Suid-Afrikaner, soos Julius Malema, Jacob Zuma, Lulu Xingwane of enige ander ondersoek nie, maar gewone wit Suid-Afrikaners soos Penny Sparrow, Chris Hart en Justin van Vuuren is almal uit eie inisiatief deur die MRK ondersoek.

      “Ons mag mos nie maak of dit reg is as Jacob Zuma sê alle probleme het begin toe Jan van Riebeeck hier aangekom het en dit gebruik om regverdiging te vind om alle probleme, selfs optogte teen Zuma aan wit mense toe te skryf nie. Ons mag nie stilbly as Julius Malema sê sy doel is om wit mense se vrede te versteur en wit mense moet besef dat hulle net besoekers hier is nie. Dit is xenofobiese taal. Ons mag nie toelaat dat ʼn wiskunde-onderwyser, Tlou Molele, sê wit is ʼn genetiese fout nie en ons mag nie toelaat dat die talle ander voorbeelde wat in ons klag en verslag vervat word, geïgnoreer word nie.

      Een ding wat erger is as die uitsprake is om daaroor stil te bly en te hoop dat dit, en die gevolge daarvan, gaan verdwyn. Ons mag nie toelaat dat enige groep in Suid-Afrika as ongewens beskou, gekriminaliseer of ontmens word nie. Die tyd het aangebreek dat die internasionale waghonde vroeg reeds gewaarsku word oor die voorkoms en die moontlike gevolge van sulke uitsprake, het Hermann gesê.

      Die week se gebeure kan op Solidariteit se Facebook-blad gevolg word.

      Bron:  Solidariteit web

      Artikel 18

      Woensdag Mei 10 2017

      Solidariteit het vandag ʼn klag by die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) oor Suid-Afrika se beleid van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging ingedien. Volgens Solidariteit maak die regering hom skuldig aan onbillike rassediskriminasie en vra hy die IAO om dit te ondersoek en ʼn uitspraak daaroor te gee.

      Hierdie klag van Solidariteit is een van drie klagte wat vandeesweek by verskillende liggame van die Verenigde Nasies in Genève teen die Suid-Afrikaanse regering gelê word oor rassisme en die dubbele standaarde wat geld by die hantering daarvan. Donderdag gaan Solidariteit ʼn klag by die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie lê en Vrydag by die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD).

      “Ons is almal moeg vir ras en die dubbele standaarde wat geld by die hantering daarvan. Die tyd om daaroor stil te bly, is verby. Ons mag nie toelaat dat minderhede, en spesifiek wit mense, deurlopend gekriminaliseer word nie. Dubbele standaarde in die hantering van ras is nie net verkeerd nie; dit is boonop gevaarlik. Dit het egter so deel van die Suid-Afrikaanse samelewing geword dat dit byna nie raakgesien word nie. Die doel van ons veldtog is om te wys dat die keiser kaal is sodat die situasie genormaliseer kan word,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit gesê.

      Solidariteit kla die Suid-Afrikaanse regering by die Internasionale Arbeidsorganisasie ingevolge konvensie 111 van die IAO aan, wat onder meer vereis dat maatreëls vir regstellende aksie regstellend en tydelik van aard moet wees.

      In sy klag sê Solidariteit dat die regering se stelsel van rassekwotas nie nierassigheid, soos vereis deur die Grondwet, bevorder nie maar eerder nuwe rassisme tot gevolg het. Die stelsel het niks met regstelling te doen nie, maar alles met ras en dit lei tot geïnstitusionaliseerde rassisme.

      In Solidariteit se klag wat aan die IAO voorgelê word, word ook gemeld dat die huidige stelsel van rassekwotas in Suid-Afrika mense volgens apartheidskategorieë van ras indeel. Mense word dan volgens ʼn wiskundige formule aan die hand van die nasionale rassedemografie bevorder of aangestel. Hierdie wiskundige stelsel ignoreer die regstelling van benadeeldes totaal. In sy klag voer Solidariteit aan dat hierdie wiskundige rassestelsel tot gevolg het dat ʼn persoon se reg om ʼn beroep te beoefen, beperk word deur die verteenwoordiging van die spesifieke ras waaraan die persoon behoort.

      Oor swart ekonomiese bemagtiging sê Solidariteit dat die stelsel bloot ʼn klein elitegroepie bevoordeel. Die stelsel wat punte aan maatskappye vir rasseaanstellings en-eienaarskap gee, het bloot tot gevolg dat Suid-Afrika verder volgens ras ingedeel word.

      Volgens die Solidariteit-klag is dit baie duidelik dat Suid-Afrika se rasseklassifikasiestelsel nie regstelling tot gevolg het nie en permanent van aard is.

      “Suid-Afrika laat toe dat rasseklassifikasie al meer in die land geïnstitusionaliseer word. Growwe rassepraktyke word nie net as normaal geag nie, maar wel as noodsaaklik. Iemand moet sê dit is verkeerd. Die norme oor ras in Suid-Afrika is so skeefgetrek dat eksterne waghonde soos die Verenigde Nasies en die Internasionale Arbeidsorganisasie hulle daaroor moet uitspreek,” het Hermann gesê.

      Volgens Solidariteit het hy nou alle interne remedieë in Suid-Afrika uitgeput en daarom vra hy nou die IAO om hom daaroor uit te spreek of die Suid-Afrikaanse regering aan die vereistes van konvensie 111 voldoen.

      Volgens Hermann is Suid-Afrika deur die Verenigde Nasies en spesifiek die Internasionale Arbeidsorganisasie deel van ʼn groter internasionale gemeenskap en kan die land dus nie in isolasie optree nie. Binne die dissipline van die Verenigde Nasies kom lande ooreen op optrede teenoor hul burgers en teenoor mekaar oor wat billik is. Vir Solidariteit is dit duidelik dat Suid-Afrika, wat regstellende aksie en swart bemagtiging betref, tans buite die internasionale grense van billikheid optree. Die internasionale gemeenskap het ʼn plig om teen die Suid-Afrikaanse regering op te tree.

      Solidariteit het ook vroeër die week klagte oor rassisme en die dubbelstandaarde wat geld by die hantering daarvan by die Suid-Afrikaanse Parlement en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien.

      Bron:  Solidariteit web

      Gaan hou van ons Facebook blad en volg ons op Tunein Nooi al jou familie en vriende wêreldwyd om saam ons te kuier

      Met tunein kan jy met enige selfoon, android, tablet, rekenaar of skootrekenaar saam kuier enige plek enige tyd wêreldwyd solank jy internet opvangs het, of luistersaam op die web blad waar die radio ook speel sluit aan by ons skype klets groep en gesels lekker saam tydens programme

      https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-389103861456103/

      http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

      https://join.skype.com/DjF7dEzBvdDf


       

      Potgooi Reis deur die Geskiedenis 09 Mei 2017

      Maandae om 20h30  Reis deur die Geskiedenis – Aangebied deur Corrie

      Vanaand bring ons hulde aan Die Boere Held Danie Theron

       

      Danie Theron ons Boere Held van die Anglo Boere oorlog

      Generaal Christiaan de Wet het van Danie Theron gesê: “ ’n Brawer en getrouer kommandant het ek nog nie teëgekom nie!”

      ’n Prokureur 
      Danie Theron is op 9 Mei 1872 in Tulbagh in die Kaapkolonie gebore. Toe hy tien jaar oud was, het hy na Bethlehem in die Oranje-Vrystaat getrek om daar deur sy ouer broer versorg te word. Hy het hom as ’n onderwyser bekwaam, en het toe as ’n prokureur gepraktiseer, nadat hy sy toelatings-eksamen in 1897 met die hoogste moontlike punte geslaag het. In dieselfde jaar het hy sy eie regspraktyk in Krugersdorp gevestig.

      ’n Vegter
      Tydens die aanloop tot die Anglo-Boereoorlog in 1899, is Danie Theron skuldig bevind op aanklag van aanranding teen mnr. W.F. Moneypenny, die redakteur van die Star-koerant. Dit was in reaksie op ’n neerhalende redaksionele artikel oor: ‘The Ignorant Dutch’.
      Aangesien Moneypenny vir korter as twee maande in die land was, het Danie Theron hom oor sy vooroordeel gekonfronteer en die voorval het met ’n aanklag van aanranding in die hof geëindig. Danie het skuldig gepleit en ‘uiterste provokasie’ aangevoer. Vriende het vinnig sy boete van £20 betaal.

      ’n Soldaat
      Danie Theron se eerste oorlogshandeling was in die Malaboch-oorlog. Sy heldemoed tydens die veldslag besorg aan hom sy Transvaalse burgerskap.

      Wielrijders Rapportgangers
      Selfs voordat die Anglo-Boereoorlog uitgebreek het, het Danie Theron die idee begin ontwikkel om fietse vir rapporte-rings- en verkenningswerk te gebruik. Kommandant-generaal Piet Joubert het Theron uitgedaag om sy standpunt, dat fietse effektief vir rapportryers gebruik kan word, te bewys deur ’n man te kies wat teen die beste perderuiter van die weermag vanaf Pretoria tot by die Krokodilrivier resies sal jaag.
      Danie se vriend, Koos Jooste, het die 75 km resies gewen en Danie Theron het toestemming verkry om sy Wielrijders Rapportgangers Corps te stig. Spoedig het hy 108 manne gewerf. Hulle is in sewe afdelings verdeel, elk gelei deur sy eie luitenant wat direk aan Theron rapporteer. Elke verkenner is met ’n fiets, ’n rewolwer en ’n geweer toegerus.

      Slagvaardig
      Alhoewel baie van die burgers aanvanklik vir die Rapportgangers Korps op hulle fietse gelag het, het hulle gou die manne se dapperheid begin bewonder en erkenning aan die sukses van die heldedade gegee. Theron se manne is nie deur riviere, gure weer, onbegaanbare paaie, of vyandelike patrollies gestuit nie. Tydens die Slag van Talana, naby Dundee, het Theron se manne die meeste van die 246 Britse prisoniers gevange geneem.

      Paardeberg
      Toe generaal P.A. Cronje by Paardeberg deur generaal Roberts se magte omsingel is, het generaal De Wet, Theron uitgekies om deur die vyandelike linie te breek en te poog om ’n uitbraak van Cronje se vasgekeerde manne teweeg te bring. Theron het die vyandelike patrollies ontduik en deur die Modderrivier, wat in vloed was, geswem. Generaal Cronje het egter prontuit geweier om die Britse loopgrawe aan te val terwyl De Wet ’n kavallerie-aanval van die ander kant af loods.
      In plaas daarvan het generaal Cronje en 3 919 van sy manne aan Lord Roberts oorgegee. Generaal De Wet het met leed verslag gedoen oor generaal Cronje se hardkoppigheid en sy versuim om te reageer, maar met groot waardering van Theron se moed en volhardingsvermoë gepraat.

      Verkenners Korps
      Dit was hierna, in Maart 1900, dat ge-neraal De Wet, Danie Theron aangestel het om sy eie verkennerskorps, Theron Verkenner Korps (TVK), saam te stel. Theron se verkenners het bestaan uit 80 ruiters wat hulle op spioenering en guerrilla-aanvalle agter vyandelike linies toegespits het.

      Verwoestende doeltreffendheid
      Kommandant Danie Theron was taai en selfopofferend en hy het van sy manne verwag om aan die hoogste standaarde trou te bly. Theron en sy TVK het brûe vernietig, voorraadkolonne in hinderlaag voorgelê, vyandelike artillerie uitgeskakel, treine beroof en ontspoor, en verwoesting agter vyandelike linies gesaai. Teen 7 April 1900 het die Britse opperbevelhebber, Lord Roberts reeds Danie Theron as die “langste doring in die vlees van die Britse opmars” beskryf. Roberts het ’n beloning van £1 000 vir die gevangeneming van Theron uitgeloof – lewendig of dood!

      Moedig en barmhartig
      Dit is noemenswaardig hoe besorg Theron oor gewonde Britse soldate was, hy het selfs sy laaste bietjie waterrantsoen met hulle gedeel. Sy manne het by hoë Christelike waardes gehou en hulle gevangenes goed behandel. Theron se manne het die Klipriviertronk stormgeloop en 69 gevangenes bevry.

      Gesneuwel 
      Op 5 September 1900 het hy hom by Gatsrand in ’n afdeling van Marshall’s Horse vasgeloop onderwyl hy besig was om alleen op ’n koppie, 6 km noord van die huidige Fochville, te verken. Aangesien hy drie manskappe gedood en vier gewond het, het hy onder artillerie-vuur van ses kanonne deurgeloop en gesneuwel.
      Op 15 September 1900 het die TVK-manskappe die oorskot van hulle dapper kommandant opgegrawe en langs dié van sy geliefde verloofde, Hannie Neethling, herbegrawe op haar pa se plaas, Eikenhof, aan die Kliprivier.

      Vereerde held
      Op 28 Desember 1907 het generaal Louis Botha die Danie Theron-monument naby Potchefstroom onthul. Op 9 September 1950, is ’n monument op die plek waar Danie Theron gesneuwel het (naby die N12, tussen Johannesburg en Potchefstroom) onthul.
      Die Kommando-krygskool is op 1 November 1967 in Kimberley gestig en in 1968 is dit na die Danie Theron-krygskool herdoop. Suid-Afrika se Skool vir Militêre Intelligensie is ook na Danie Theron vernoem. Die Danie Theron-monument wat buite die mi-litêre basis in Kimberley was, is na Fort Schanskop, in die buitewyke van Pretoria, verplaas.

      – Bron : Juig


       

      Potgooi – Aktueel 5 Mei 2017

      Aangebied deur Corrie elke Vrydag om 5nm

      Indien jy wil adverteer op die radio of ons web blad of blootstelling  ook internasionaal vir jou produk wil hê kontak my gerus vir ‘n pakket om jou sak te pas

      Nooi gerus al jou vriende en familie om saam met ons te kuier gaan like ons facebook blad gaan na tunein al die skakels om te luister is is op die facebook blad en die web blad en ook by al die program aankondigings

      Daar is nie ‘n verskoning nie want met tunein kan jy enige tyd enige plek wêreldwyd saam kuier maak nie saak of jy op die onherbergsaamste gebied of in jou kar is nie met tunein kan jy op enige sel foon , android tablet of slimfoon saam kuier solank jy internet opvangs het

      Ek gee gratis domains weg wat jy nie elke jaar hoef te hernu nie met slegs ‘n ongelooflike R20 hosting fooi per maand so  as jy ‘n web blad van jou eie wil hê om jou produk te bemark van skrywer tot koekbakker  kontak my ek help jou graag

       

      Vandag  begin ons met die nuutste brokkies in die nuus Die program is saam gestel uit 21 Artikels

      Artikel 1

       

      Staking aan bou van dam kos R1 miljard meer

      May 2, 2017  

      Aangesien daar gesloer word met die verhoging van die wal van die Clanwilliam-dam se wal, gaan die proses wat aanvanklik R2,2 miljard sou gekos het, nou R1 miljard meer kos.

      Die rede daarvoor is dat die betrokke minister, Nomvula Mokonyane, die bouwerk ses maande gelede laat stop het vir ‘n tenderproses.  Intussen is al die ander infrastruktuur, soos geteerde paaie, werkswinkels en watersuiweringsaanleg is reeds in plek, terwyl eiendomme in die vergrootte waterarea reeds onteien is. Nou gebeur daar niks.

      Die damwal gaan met 13 meter verhoog word om die damkapasiteit met 70 miljoen m³ te vergroot.

      Vryburger

      Artikel 2

      Vandale laat duisende pendelaars lank wag

      Deur Romantha Botha 05 Mei 2017 16:46

      Alle Metrorail-treine in Kaapstad is Vrydagmiddag meer as ’n uur lank vertraag nadat vandale Donderdag seintoerusting op die spoornetwerk beskadig het.

      Duisende pendelaars was gevolglik Donderdag en Vrydag tydens spitstyd gestrand toe meer as 20 treine gekanselleer moes word.

      Daphne Kayster, ’n Metrorail-woordvoerder, het gesê die vertragings was weens vandalisme van seintoerusting by Nolungile en Bishop Lavis.

      Kayster sê dit het tot die kansellasie van treine op die sentrale lyn gelei.

      Vandale het ook seintoerusting in die Langa-Bonteheuwel-Lavistown-gebied en in Nonkqubela beskadig.

      Sy sê die voortdurende plundering en diefstal van Metrorail se bates, naamlik kabels en ander metaalkomponente, lei daartoe dat daar nie aan klante se verwagtinge en behoeftes voldoen kan word nie.

      Treine moes afsonderlik magtiging kry voordat hulle kon ry, wat langer vertragings tot gevolg gehad het, sê Kayster.

      Metrorail het vir die onvermydelike vertragings om verskoning gevra en pendelaars bedank vir hul geduld.

      Donderdag, tydens spitsverkeer, was alle treine langer as twee ure vertraag en honderde mense het lank op stasies op treine gewag.

      Teen Vrydagmiddag het Metrorail nog nie gereageer op vrae oor hoe lank die vertragings sal voortduur, of hoe lank dit gaan neem om die seintoerusting te vervang nie.

      Netwerk24

      Artikel 3

      Man swaar gevonnis vir dubbele plaasmoord

      Deur Marietie Louw-Carstens 03 Mei 2017 14:36

      ’n Dubbele plaasmoord wat die gemeenskap van Musina in 2010 geruk het, is as “barbaars en onmenslik” in die hooggeregshof in Thohoyandou, Limpopo, beskryf.

      Regter Khami Makhafola het dit Dinsdag só genoem in die vonnisoplegging van Gibson Banda (46), ’n Zimbabwiër, wat aan die moord op Johan Greyvenstein (54) en sy vrou, Annelise (53) skuldig bevind is.

      Makhafola het Banda vir elke moord ’n lewenslange vonnis opgelê en ’n bykomende 21 jaar vir roof met verswarende omstandighede, asook die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

      Banda het as tuinier by die Greyvensteins gewerk en het hulle met hul eie .38-rewolwer doodgeskiet.

      Die egpaar was bekend in die Musina-distrik en is op 2 November 2010 oorval en vermoor toe hulle ná ’n besoek aan die dorp by die huis aangekom het. Die Greyvensteins het by hul dogter, Samantha Jansen, gekuier en hul inkopies was nog agter op die bakkie waarin hul lyke gevind is.

      Jansen sê sy is verlig dat Banda swaar gestraf is. Die familie is erg getraumatiseer deur die moorde en die voortslepende hofsaak wat bykans sewe jaar gesloer het. Jansen het destyds gesê haar ma se laaste woorde aan haar was: “Ek is lief vir jou, my kind.”

      ’n Buurman van die Greyvensteins het onraad vermoed toe hy hulle nie in die hande kon kry nie en het die polisie ontbied. Hul Toyota Hilux-bakkie het verlate onder ’n treinbrug op hul hoewe op die Campbell-pad, sowat 10 km buite Musina, gestaan. Dit was sowat ’n kilometer van hul huis.

      Johan is agter sy linkeroor geskiet. ’n Seil is bo-oor sy lyk gegooi waar hy skuins bo-op sy vrou in die kajuit van die bakkie gelê het.

      Die polisie het die .38-rewolwer, ammunisie, twee silwer polshorlosies, ’n Panasonic-videospeler, ’n Sanyo-DVD-speler en ’n sweismasjien by Banda gekry.

      Die hof het gehoor dat Banda ook twee Raleigh-fietse en die Greyvensteins se twee selfone gesteel het.

      Banda het onskuldig gepleit.

      Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

      Adv. Ivy Thenga, NVG-direkteur in Limpopo, het die vonnis verwelkom.

      “Geregtigheid het geskied. Dit is net bitter jammer dat onskuldige mense dood is.”

      Netwerk24

      Artikel 4

      Coligny-boere het ‘nooit aan kind geraak nie’

      Deur Simon Sonnekus 03 Mei 2017 14:57

      Die twee mans van Coligny wat verdink word van die moord op Matlhomola Mosweu (16) sê hulle het nooit aan die kind geraak nie.

      Hennie Du Plessis, wat namens die verdediging van Phillip Schutte (34) en Pieter Doorewaard (26) vir brig. Clifford Kgorane ondervra het, het in die hof die beskuldigdes se verklaring gelees.

      “Die twee beskuldigdes was op pad van die Rietvleiplaas, waar hulle besig was met boerderybedrywighede toe hulle twee seuns gewaar het wat sonneblomme steel. Toe hulle die seuns konfronteer, het die een hom oorgegee, terwyl die ander een in die land weggehardloop het. Hulle het die seun beveel om op die bakkie te klim en het nie ’n hand teenoor hom gelig nie,” het Du Plessis gesê.

      Volgens die verklaring was Schutte en Doorewaard op pad na die polisiekantoor toe hulle stadiger begin ry het om te draai. In die draai het die kind van die bakkie afgespring.

      “Die beskuldigdes sê hulle het onmiddellik stilgehou en gesien hoe die kind sonder enige beweging lê. Hulle het toe ’n man en ’n vrou wat in dieselfde rigting gestap het, gevra om die kind op te pas terwyl hulle polisiekantoor toe jaag,” het Du Plessis gesê.

      Schutte en Doorewaard het toe vir die polisie verduidelik wat gebeur het en hulle gevra om ’n ambulans te ontbied.

      “Wat meer moes hulle doen? Hulle het die polisie genader en vir hulle verduidelik waar die seun is. Geeneen van hulle is dokters nie en hulle was onder geen verpligting om te bly nie. Hulle het gedoen wat enige redelike mens sou doen sonder mediese bystand,” het Du Plessis aan Kgorane gestel.

      Kgorane het egter gesê as dit hy was, sou hy van sy selfoon af hulp ontbied het en op die toneel gebly het.

      “As ek nie polisie kon bereik nie, sou ek die pasiënt weer oplaai en hom na ’n plek neem waar ek hulp kon ontbied. Ek sou daarna teruggegaan het na die toneel, veral omdat die motor deel is van die misdaadtoneel,” het Kgorane gesê.

      Du Plessis het verder gesê die beskuldigdes dra geen kennis van enige ooggetuie nie en ontken ten sterkste aantygings dat hulle die ooggetuie dronk gemaak het en op hom geskiet het.

      Intussen het landdros Magaola Foso vir Kgorane oor die kole gehaal omdat die ooggetuie nog nie deelgeneem het aan ’n uitkenningsparade nie.

      “Kan die beskuldigdes, soos wat dit nou staan, verbind word met die kind?” het hy vir Kgorane gevra.

      Die hof het intussen vir middagete verdaag en sal om 14:00 hervat word.

      Artikel 5

      Coligny: Mans 3 keer na polisie met verdagtes

      Deur Hanti Otto 05 Mei 2017 13:00

      Pieter Doorewaard en Phillip Schutte moes sover die jaar reeds drie keer verdagtes vang wat hul werkgewer se sonneblomme gesteel het en hulle self na die polisie neem.

      Dié inligting het Vrydag in aanvullende borgtogverklarings deur die twee mans in die landdroshof in Coligny uitgekom.

      Die twee word van die moord van die 16-jarige Matlhomola Mosweu aangekla.

      Hulle het gevoel die aanvullende verklarings is nodig, nadat daar “verrassende” inligting tydens brig. Clifford Kgorane, ’n lid van die ondersoekspan, tydens hulle borgtogaansoek uitgekom het.

      Luidens die verklarings was die beskuldigdes op 20 April net klaar met hul werk op die plaas, Rietvlei, en op pad na die dorp.

      Omstreeks 09:30 het hulle twee seuns sien sonneblomme van hul werkgewer se oes steel.

      “Ons kon een vang, maar die ander een het weggehardloop. Ons het nooit ’n hand vir die kind (wat hulle gevang het) gelig nie. Ons het hom beveel om agterop die bakkie te klim sodat ons hom na die polisiestasie kon neem.

      “Dit is belangrik om te weet dat die voorval (rakende Matlhomola) nie ’n geïsoleerde voorval was nie. Ons is in die verlede verskeie kere deur werkers van die plaas gekontak oor mense wat sonneblomme steel. Ons het die verdagtes gevang en na die polisie geneem.

      DIE POLISIE HET NOG NOOIT ’N PROBLEEM MET HIERDIE METODE VAN ONS GEHAD NIE

      Borgtogverklarings

      “Die polisie het nog nooit ’n probleem met hierdie metode van ons gehad nie,” het die mans gesê.

      Dit was om die draai op die grondpad, toe die beskuldigdes spoed verminder het, dat Matlhomola glo van die bewegende bakkie afgespring het in ’n poging om te ontsnap.

      Volgens die beskuldigdes het hulle dadelik omgedraai en was geskok om die kind, wat bewusteloos gelyk het, op die grond te sien lê.

      Aangesien nie een van hulle enige noodhulpkennis het nie, het hulle besluit om hulp by die polisiestasie, so 2 tot 3 km verder, te gaan soek.

      Dit was toe wat hulle ’n man en ’n vrou in die pad sien stap het.

      “Ons het hulle aangesê om die kind op te pas dat ander karre nie oor hom ry nie. Ons is na die polisiestasie toe waar ons die voorval gerapporteer het en ’n ambulans versoek het. Ons het ook die ligging van die plek gegee waar die kind gelê het.

      “Die polisiebeampte met wie ons gepraat het, het net ons kontakbesonderhede gevat, gesê die polisie sal die saak verder opneem en ons kontak indien nodig. Nooit het die polisie versoek dat ons die bakkie aan hulle oorgee nie,” het Doorewaard en Schutte aangevoer.

      Hulle was nie bewus van enige ooggetuies soos die brigadier aangevoer het nie.

      “As daar was, sou ons hulle gevra het om na die kind te kyk terwyl ons gaan hulp soek,” het die verklarings afgesluit.

      Netwerk24

      Artikel 6
      Coligny: Nóg betogers daag op by hof

      Deur Hanti Otto 05 Mei 2017 14:42

      Waar daar Vrydagoggend buite die landdroshof in Coligny se hoofstraat net ’n handjievol betogers was, het hulle teen middagete tot ’n massa vermeerder van wie talle skoolkinders blyk te wees.

      Die polisie het ’n linie tussen die singende en skreeuende betogers en die hof se heining gevorm om te verseker dat dinge kalm bly.

      In die hofsaal, waarvan die deure deur die polisie gesluit is, het landdros Magaola Fosco in ’n stadium gesteurd deur die venster gekyk toe die mense buite luidrugtig begin raak.

      ’n Forsgeboude polisieman in volle onlustedrag het uitgestap. Sekondes later het die betogers sagter gesing.

      Die hof se deure is as ’n veiligheidsmaatreël gesluit, maar ook sodat niemand van buite af die twee beskuldigdes, Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34), se gesig kon sien nie, omdat daar nog ’n uitkenningsparade gehou moet word.

      Die twee word daarvan beskuldig dat hulle op 20 April vir Matlhomola Mosweu (16) van ’n bakkie afgegooi het, wat die kind se dood veroorsaak het.

      Doorewaard en Schutte hou vol dat die kind self van die bakkie afgespring het toe hulle hom na die polisie wou neem.

      Adv. Pieter Smit, vir Doorewaard, het intussen met sy betoog vir die beskuldigdes se vrylating op borgtog begin.

      Hy het gesê dat brig. Clifford Kgorane, lid van die ondersoekspan, ten tyde van die borgtogaansoek toegegee het dat die staat se enigste getuie onder getuiebeskerming is en dat hy twyfel of die beskuldigdes hulle verhoor sal ontduik as hulle borgtog sou kry óf met getuienis sal inmeng.

      Daarby, het Smit gesê, sal die twee beskuldigdes by ander adresse, ver van Coligny af, bly indien hulle op borgtog vrygelaat word.

      HIERDIE GETUIE HET EERS DIE AAND VOORDAT DIE BORGTOGAANSOEK SOU BEGIN, SY VERSKYNING OP TELEVISIE GEMAAK

      Adv. Pieter Smit, vir Doorewaard

      Smit het aangevoer dat Kgorane sy eie getuienis weerspreek het en nie geloofwaardig is nie.

      Hy het ook verwys na die sogenaamde “ooggetuie” wat glo gesien het hoe die beskuldigdes die kind van die bakkie afgegooi het en dat hulle hom (die ooggetuie) toe aangerand en geïntimideer het.

      “Hierdie getuie het eers die aand voordat die borgtogaansoek sou begin, sy verskyning op televisie gemaak. Daar het hy beweer dat daar drie verdagtes was. Volgens Kgorane is hy vertel daar was twee verdagtes.

      “Hy sê die beskuldigdes het die ooggetuie by sy huis gaan dreig, nadat hy sy adres vir hulle gegee het.

      “Wat is die waarskynlikheid dat die ooggetuie, soos beweer is, sy regte adres sal gee nadat die mans hom – volgens die getuie – ontvoer het, aangerand het, met die kar gejaag en skote op hom afgevuur het en hom soveel drank gevoer het dat hy siek geword het?” het Smit gevra.

      Dit maak ook nie sin nie, het die advokaat gesê, dat die beskuldigdes die oorledene, volgens die ooggetuie, twee maal van die bakkie afgegooi het, die ooggetuie geïntimideer het, maar self na die polisie is, die presiese ligging van die “misdaadtoneel” gegee het en probeer het om die kind se lewe te red.

      In teenstelling daarmee het ao. Jeremiah Modisane getuig dat die beskuldigdes reeds twee maal dat hy aan diens was, kinders by die Coligny-polisiekantoor aangebring het wat glo op die plaas mielies wou steel.

      “Volgens Modisane se getuienis was daar nooit enige bewerings dat die beskuldigdes die kinders aangerand het nie. Hy het getuig dat op die dag van die voorval die beskuldigdes hulle ná die voorval kom aanmeld het, mediese hulp versoek het en geskok en bang gelyk het.

      “Dit staaf die beskuldigdes se weergawe.”

      Die betoë in die borgtogaansoek het om 14:00 voortgegaan.

      Netwerk24

      Artikel 7

      Grondgryp-saak teen Malema uitgestel

      05 Mei 2017 13:50

      Die hofsaak wat spruit uit Julius Malema, EFF-leier, wat sy party se ondersteuners aangemoedig het om onbewoonde grond te beset, is in die landdroshof in Newcastle tot Oktober uitgestel.

      Staatsaanklaers het gevra dat die saak op 13 Oktober voortgaan, terwyl ’n ander hof nog moet beslis oor die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956. Malema word ingevolge dié wet aangekla en sy regspan het aangedui hulle wil die wet ongrondwetlik laat verklaar.

      Nadat die hof Vrydag verdaag het, het Malema weer ’n beroep op sy ondersteuners gedoen om grond te beset, omdat hy meen ’n wit regter “sal nooit die pyn van die grondkwessie verstaan nie”.

      NIKS IS PYNLIKER AS OM DIÉ STRYD VIR ’N WIT REGTER TE PROBEER VERDUIDELIK NIE, WANT GEEN WIT MENS SAL DIT OOIT VERSTAAN NIE

      “Niks is pynliker as om dié stryd vir ’n wit regter te probeer verduidelik nie, want geen wit mens sal dit ooit verstaan nie,” het Malema volgens die party gesê.

      “Gaan beset asseblief grond. Die stryd vir grond het daartoe gelei dat talle swart mense nou ’n tuiste het.”

      Malema is in 2016 twee keer daarvan aangekla dat hy die Wet op Oproerige Byeenkomste oortree het deur opmerkings wat hy aan ondersteuners in Newcastle en Bloemfontein gemaak het.

      Hy is sedertdien ook ingevolge gemene reg vir dieselfde uitlatings aangekla. Dié saak sal in Julie verhoor word.

      Die EFF-leier het in 2014 aan sy ondersteuners gesê hulle moet onbewoonde grond beset, omdat hulle dit nodig het om te werk en te eet.

      “As daar onbewoonde grond is, sal ons dit gaan beset . . . julle moet dieselfde doen,” het hy by dié geleentheid gesê.

      Die EFF hou vol dat die aanklagte teen Malema ’n mors van tyd is, en dat dit ’n poging is om die party se aandag van sy politieke program af te lei. – News24

      Artikel 8

      Regter bedank voor tugverhoor.

      Nadat ‘n joernalis ‘n waarskynlike “van die rekord”-gesprek met ‘n Regter openbaar gemaak het, en die Regter as gevolg daarvan geskors is hangende ‘n tugproses, het die Regter besluit om te bedank.
      Die joernalis, Gillian Schutte, het uittreksels van geskrewe korrespondensie met Regter Mabel Jansen oor die voorkoms van verkragting in die swart kultuur geplaas, en dit het tot verontwaardiging van mense uit daardie kultuur gelei.
      In skynbare vertroulike korrespondensie met die joernalis, het die Regter uit haar ervaring op die regbank gedeel en daarvolgens die stelling gemaak dat in die swart kultuur is ’n vrou daar om hulle plesier te gee en dit word as ’n absolute reg gesien en ’n vrou se toestemming is nie nodig nie.
      Die Regter het ook uit haar ervaring gepraat toe sy aan die joernalis gesê het dat sy nog ’n swart meisie moet ontmoet wat nog nie verkrag is teen die tyd dat sy omtrent 12 was nie. “Ek is doodernstig.”
      Nadat die joernalis die inligting openbaar gemaak het, het die Regter verskeie doodsdreigemente ontvang.
      Skynbaar het die joernalis niks oorgekom nie nadat sy een van die etiese reëls van die joernalistiek, naamlik om “van die rekord” gesprekke te openbaar, oortree het, maar die Regter is op spesiale verlof geplaas terwyl die Regterlike Dienskommissie (RDK) besig was om die saak te ondersoek met die oog op ‘n dissiplinêre verhoor.

      Foto: Regter Mabel Jansen.

      Die Vryburger, 5 Mei 2017

      Artikel 9

      Zuma nederlaag in hof dalk net tydelik

      Die ANC-president, Jacob Zuma, het uit die hooggeregshof in Pretoria weggestap met ‘n kostebevel teen hom in sy sak, en ‘n bevel dat hy binne vyf dae die rekord, korrespondensie en verslae oor sy besluit van 31 Maart om Pravin Gordhan en Mcebisi Jonas as minister en adjunkminister van finansies in die pad te steek, aan die DA se prokureurs te verskaf.

      Regter Bashier Vally het gesê hy sal later redes vir die kostebevel teen Zuma verskaf.

      Die DA het in die aansoek voor die hof aangevoer dat Zuma irrasioneel opgetree het met sy omstrede kabinetskommeling, en het hulle aansoek op hofreël 53 gebaseer.

      Grondwetkenners stem egter in hierdie opsig saam met Zuma se verweer dat dié reël net van toepassing is op administratiewe besluite en nie op uitvoerende besluite nie.

      Daar word algemeen verwag dat Zuma teen die bevinding gaan appelleer en kenners is van mening dat dit waarskynlik suksesvol sal wees.

      Foto: Regter Bashier Vally

      Vryburger

      Artikel 10

      Bob kom slaap in Durban

      May 5, 2017 –

      Die Zimbabwiese diktator, die 93-jarige Robert Mugabe, het ook onverwags opgedaag by die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) se beraad in Durban.

      Dit is egter onseker wat hy daar doen. Hy is al bekend daarvoor dat hy vas aan die slaap is by amptelike geleenthede, en in Durban was dit geen uitsondering nie. Toe die verrigtinge behoorlik op dreef gekom het, het sy slapie net so goed op dreef gekom.

      Dit is nie seker of hy op pad was om te slaap nie, en of hy nog deur die slaap was toe hy die stelling gemaak het dat Zimbabwe se ekonomie, naas dié van Suid-Afrika, die beste van die vasteland is.

      Hy het ontken dat Zimbabwe ‘n falende staat is en geroem op die land se 14 universiteite (waarvan heelwat deur kolonialiste gebou is) en dat 90% van die land se inwoners geletterd is.

      Van die mense in die gehoor het openlik vir hom gelag.

      Vryburger

      Artikel 11

      SAID aangevat oor agterstallige terugbetalings

      May 5, 2017 –

      Boere en sakemanne worstel al jare met die probleem dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) sloer met terugbetalings van BTW.

      In sommige gevalle is die bedrae so groot, dat besighede wat die terugbetalings moet kry, met geweldige kontantvloei probleme te kampe kry as gevolg daarvan, en in ‘n hele aantal gevalle het dit selfs gelei tot die likwidasie van besighede.

      Na aanleiding van die klagtes wat ook by VF plus uitgekom het, het dié party besluit om ‘n klag oor die saak by die ombudsman vir belasting in te dien.

      Adv. Anton Alberts, die VF Plus se voorsitter en parlementêre woordvoerder oor ekonomie, sê dit is ironies dat die inkomstediens self nou op hierdie wyse bykomende druk op sakeondernemings plaas aangesien die voeteslepery met BTW-uitbetalings ʼn groot invloed het op maatskappye se kontantvloei.

      Hy sê dit is so goed as om die gans wat die land se goue eiers moet lê, van kos en water te ontneem, maar steeds te verwag dat die mandjie weer en weer gevul moet word.

      “Dit is ook opmerklik dat ʼn tendens ontstaan het dat oudits toenemend gedoen word waar die SAID terugbetalings moet doen, maar nie wanneer die situasie omgekeerd is nie.

      “Die VF Plus is ook gevra om vas te stel of die inkomstediens nie vir politieke doeleindes misbruik word nie deur onder meer parlementslede van opposisiepartye uit te sonder vir ouditering. Die inkomstediens sal hieroor antwoorde moet verskaf,” sê adv. Alberts.

      Vryburger Nuus

      Artikel 12

      Hoër Onderwys ook in geldknyp

      May 4, 2017 –

      Die skuld word nou voor die sogenaamde #FeesMustFall-veldtog geplaas, maar die feit is dat die Departement van Hoër Onderwys onder geweldige finansiële druk verkeer.

      Die departement se verantwoordelike minister, die kommunistebaas, Blade Nzimande, moes die erkenning in die parlement maak. Hy probeer nou om geld te kry by die parlement.

      Desnieteenstaande probeer hy volhou met die sosialistiese beleid van gratis onderrig aan die sogenaamde laermiddelklas-huishoudings.

      Tog wil dit voorkom of daar onderliggend ‘n groter probleem is aangesien die departement verlede jaar R32 miljard gekry het, en vanjaar in die middeltermynbegroting ook R5 miljard toegeken is aan die departement.

      Vryburger Nuus

      Artikel 13

      Motoriste ignoreer e-tol

      May 4, 2017 –

      Sonder om openbare proteste te hou, paaie te versper, of brand te stig en winkels te plunder, het motoriste in die veral Pretoria en Johannesburg gebiede, stil-stil hulle eie protes aan die gang, met suksesvolle resultate.

      Motoriste steur hulle nie noemenswaardig aan die e-tol stelsel op die paaie rondom die twee stede nie, en Sanral het nie die vermoë om die gelde te verhaal nie.

      Die sukses van dié situasie is dat Sanral nie geld het om nog meer paaie in tolpaaie te omskep nie. Hulle het beoog om nog e-tolprojekte van meer as honderdmiljard rand  te vestig, maar kan dit nie meer doen nie omdat motoriste hulle nie betaal nie.

      Die bestuurshoof van Sanral het hulle posisie versigtig beskryf as “geldelike onsekerheid”, maar kenners meen dat Sanral dalk baie dieper in die moeilikheid is as wat hulle wil erken, omdat die tolpadstelsel nog afbetaal moet word omdat die geld daarvoor in die buiteland geleen is.

      Vryburger Nuus

      Artikel 14

      Land neig na anargie

      May 4, 2017 –

      Saam met die gewelddadige protesoptrede, wil dit voorkom of sekere misdade opvlam, wat die land in totale anargie kan laat verval.

      Transito rooftogte het die afgelope tyd ‘n sterk toename getoon, terwyl ook plaasaanvalle en –moorde ‘n merkbare toename toon.

      In die Wes-Kaap, waar mense gedink het dit nog relatief veilig en rustig is, is egter ‘n ander tendens waargeneem, en dit is die toename in bomdreigemente.  Die laaste maand is nie minder nie as sewe bomdreigemente op verskeie plekke in die Wes-Kaap ontvang.  Die meeste van die dreigemente word per e-pos gestuur.

      Die minister van finansies se adviseur het ook reeds gedreig dat ‘n oorlog kan uitbreek om by radikale ekonomiese transformasie uit te kom, en hy is nog nie deur sy minister of die land se president gerepudieer nie, wat die oorlogsklimaat in die land verhoog.

      Vryburger Nuus

      Artikel 15

      Nog ‘n afgedankte minister bedank

      May 4, 2017 –

      Die voormalige adjunkminister van kuns en kultuur, Rejoice Mabudafhasi, het ook besluit om die parlement vaarwel toe te roep.

      Sy is tydens Zuma se laaste omstrede kabinetskommeling ook uitgelaat, en sy het nou besluit om te bedank soos ander voormalige ministers en adjunkministers.

      Sy sê egter dat sy oud word en nie meer lus het vir die gejaag van die politieke lewe nie aangesien sy al ‘n parlementslid was vanaf 1994.

      ‘n Ander afgedankte minister, Pravin Gordhan, het egter te kenne gegee dat hy nie van plan is om as parlementslid te bedank nie.

      Foto: Rejoice Mabudafhasi

      Vtyburger Nuus

      Artikel 16

      Minister se revolusionêre raadgewer aangekla

      May 3, 2017 

      Die omstrede revolusionêre raadgewer van die minister van finansies, is my die Mensregtekommissie (MRK) aangekla vir haatspraak, intimidasie en aanhitsing tot geweld.

      Prof Chris Malikane, raadgewer van Malusi Gigabe, die nuwe minister van finansies, het die naweek by ʼn byeenkoms van die groep Blacks in Dialogue in Johannsburg gepraat van ʼn ‘gewapende rebellie’ teen die minderheid in Suid-Afrika is ʼn realistiese opsie/aksieplan om hul doel te bereik.  Hy het gesê dat ‘n tweederde meerderheid in die parlement verkieslik is bo ‘n oorlog om by radikale ekonomiese transformasie uit te kom, maar dat ‘n besluit om die wapen op te neem moet nog bespreek word.

      Die klagte teen Malikane is gelê deur adv. Alberts namens VF Plus.  Adv. Alberts sê hierdie uitsprake is totaal onaanvaarbaar en veral in die konteks van die huidige politieke klimaat in Suid-Afrika wat reeds oorverhit is op rasse-gebied weens die uitsprake en optrede van pres. Jacob Zuma en daarom kan dit nie geduld word nie.

      “Sulke uitlatings is niks anders nie as haatspraak en die intimidering van minderhede. Dit is gemik teen elke persoon wat van die ANC verskil ten opsigte van die regering se planne om radikale ekonomiese transformasie teweeg te bring deur ʼn verandering aan die Grondwet.

      “Die ANC moet sê of hulle met Malikane se uitlatings saamstem aangesien dit alombekend is dat hy optree as Gigaba se raadgewer,” sê adv. Alberts.

      Foto: Adv. Anton Alberts

      Vryburger Nuus

      Artikel 17

      Steeds meer wil land-uit

      May 4, 2017 –

      Sedert Jacob Zuma se omstrede kabinetskommeling, het navrae oor emigrasie met ‘n yslike 250% gestyg.

      ‘n Firma wat mense help om te emigreer, het die syfers bekend gemaak, en het bygevoeg dat mense wat nie kan emigreer nie, kyk na ‘n sogenaamde Plan B.

      Talle mense is tans besig om ook ‘n ander land se paspoort te bekom, wat dit in tyd van nood makliker maak om na ‘n ander land oor te skuif.

      Daar was egter reeds tydens die gewelddadige sogenaamde #FeesMustFall proteste mense wat begin kyk het na moontlikhede om hulle in ander lande te vestig.

      Die meeste van die mense is sakemanne wat bekommerd is oor die politieke stabiliteit in die land, en wat kyk na ander moontlikhede sodra die radikale ekonomiese transformasie daartoe gaan lei dat hulle sakebelange en eiendom in die slag kan bly.

      Die meeste mense wat skynbaar navraag doen oor emigrasie, is blankes in hulle veertigs, terwyl heelwat mense met groot ekonomiese bates ook daarna kyk, wat kan beteken dat die land verder verarm kan word indien die bates die land verlaat.

      Vryburger Nuus

      Artikel 18

      Tutu kleindogter ook rassisties

      May 3, 2017 –

      ‘n Kleindogter van Desmond Tutu, Nyaniso Burris, het ook die sosiale media gebruik om haar haat teen witmense te verwoord. Nadat die storm daaroor losgebars het, beweer sy egter dat sy nie witmense haat nie, maar dat sy net ‘n aanhaling gebruik het uit ‘n televisiereeks.

      Sy het op haar Facebook-blad geskryf: “Dear white people, you made me hate myself as a kid so now I hate you and that’s my secret shame.”

      ‘n Polisiekaptein wat egter ‘n ou spreekwoord aangehaal het, is weens rassisme uit die polisie geskop, en verdere aksie rondom Burris word met belangstelling dopgehou.

      Alhoewel sy sê dat sy nie witmense haat nie, het sy ‘n hele verbitterde relaas gegee van hoe sy as swart kind nooit die “mooi pop” was soos blankes nie, en dat sy geleer is om skaam te wees oor haar swart vel.

      Haar oupa Tutu was die voorsitter van die sogenaamde Waarheids- en Versoeningskommissie, en jare na sy “versoeningskommissie” het hy beweer dat die skade wat aangerig is deur apartheid onmoontlik is om te ontkom en het daarom “welvaartsbelasting” vir blankes voorgestel.

      Vryburger Nuus

      Artikel  19

      Nog ‘n hoë geskors

      May 3, 2017 –

      Nog ‘n hooggeplaaste met ‘n nie-Afrikaner van is uit haar pos geskors hangende ‘n ondersoek na onreëlmatighede waarby baie geld betrokke is.

      Sy is Mildred Nosisa Mlinjana, uitvoerende hoof van die Pensioenfonds vir Munisipale Raadslede (MCPF).

      ‘n Forensiese ondersoek word tans gedoen, en die ondersoek kan nog weke of selfs maande duur. Sy kry dus intussen wel haar volle salaris.

      Ten tyde van haar skorsing mag sy geen kontak maak met enige munisipaliteit of raadslid van ’n munisipaliteit in Suid-Afrika nie.

      Vroeër het dit al aan die lig gekom dat die Raad op Finansiële Diens­te (RFD) moontlike bedrog en korrupsie van miljoene rande by dié fonds ondersoek.

      ‘n Bedrag van R97 miljoen word in die verband genoem.

      Vryburger Nuus

      Artikel 20

      Zuma dikvellig teen proteste

      May 4, 2017 –

      Die naweek se vernedering het duidelik geen indruk op ANC-leier Jacob Zuma gemaak nie, en baie duidelik is hy nie van plan om gehoor te gee aan oproepe en optredes wat sy bedanking eis nie.

      Hy het in antwoord op ‘n vraag hoe dit voel om uitgejou te word, gesê dit is demokrasie aan die werk, en dis mense se reg om dit te doen.

      Hy sê dat in lande waar diktators regeer, daar geen proteste is nie. Debatte, protesoptrede en om iemand uit te jou is deel van die kultuur van demokrasie, volgens Zuma.

      “Ek is bly dat Suid-Afrika baie volwasse geword het en dat julle ‘n president het waarmee julle kan gesels oor enigiets wat julle pla,” het hy gesê.

      Vryburger Nuus

      Artikel 21

      Coligny borgsaak verpolitiseer

      May 3, 2017 –

      Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) doen tans in die hof op Coligny aansoek om borgtog nadat hulle gearresteer is in verband met die dood van die 12-jarige swart seun, wat later geblyk het ‘n 16-jarige te wees, en wat sy nek gebreek het toe hy van ‘n bakkie afgespring het omdat hy nie aan die polisie uitgelewer wou word nie.

      Dit wil voorkom of die saak nou verpolitiseer word. Ondersoekers het bevind dat Coligny se protesoptrede begin het oor dienslewering, maar dat die dood van die kind toe die hooftema gemaak is om die gewelddadige barbarisme beter te verdedig.

      Tydens die borgaansoek is getuienis aangehoor dat die twee mans ‘n moontlike getuie sou dronk gemaak het en hom gedreig het om niemand te vertel wat sou gebeur het nie.

      Die staat staan borgtog vir die mans teë en beweer dat as hulle vrygelaat sou word, die gemoedere in die dorp weer tot ‘n plofbare situasie kan lei.

      Intussen het mnr. Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Noordwes, gevra dat die reg sy gang moet gaan en dat die saak nie verpolitiseerd moet word nie.

      Hy het bevestig dat die protes-aksie op die dorp duidelik as ʼn dienslewerings-aksie begin het, en dat sekere elemente die voorval van die seun daarna aangegryp het om geweld aan te blaas.

      Hy sê die gemeenskap moet nie toegelaat word om so ʼn groot invloed met die aanloop tot ʼn hofsaak uit te oefen dat ʼn landdros selfs vir sy lewe vrees nie.

      “Dit is ongesond as ʼn situasie ontstaan waar die gemeenskap byna ʼn tipe boendoehof buite die hof vorm en mense skuldig bevind en as moordenaars bestempel nog voor die saak begin het.

      “Die regsbeginsel dat niemand skuldig is totdat ʼn hof so bevind het nie, geld ook in hierdie geval,” sê Groenewald.

      Vryburger Nuus