Louis Rautenbach – NOU OP DIE BOEKRAK

Ons stel bekend die boeke van die fenominale skrywer Louis Rautenbach – bestel nou as geskenk vir jouself of ‘n geliefde en kry R20 afslag per boek

Klik hier om te bestel

 

Oorsprong van Smarte

Louis Rautenbach

Hierdie boeiende versameling van kortverhale in roman-styl gee ‘n blik op die ou bekende Bybelse verhale waar die emosies van karakters ingevoeg is om ‘n onvergeetlike reis deur die antieke tye mee te maak. Hierdie boek is op aanvraag na Engels vertaal en is ook onder die titel Origin of Sorrows beskikbaar.

Klik hier om te bestel

Spieëlsplinters

Louis Rautenbach

Hierdie roman is in die eerste persoon beskryf en beskryf op besonderse wyse watter impak verkeerde besluite op menselewens kan hê. Die verhaal is vol intriges en gee op subtiele wyse ook bietjie lering oor spesifieke vraagstukke. Dit is ʼn goeie oorgangsboek wat by beide die tiener as die volwasse leser aanklank vind. Dit speel af in ʼn tyd van 1965 tot 1980 en neem die leser onder andere saam op ‘n pret rit die tyd sonder selfone en motor radio’s waar reistyd met familiekonsert verkort is.

Klik hier om te bestel

Soveel Jare

Louis Rautenbach

‘n Roman oor die lewe van ʼn aanneem baba wat eers op 30-jarige ouderdom van sy oorsprong uitvind. Maak ‘n reis mee oor landsgrense wat van 1920 in Duitsland begin, via Londen VK en Namibië vir ‘n tyd in Durban vertoef, wat dan verder reis na Swaziland en later, in 1980, in Newcastle eindig. Hierdie lekkerlees boek is vol intriges en verrassende wendings en spreek baie emosies aan.

Klik hier om te bestel

My Vriend, My Broer

Louis Rautenbach

Hierdie wonderlike roman vertel die verhaal van die besonderse vriendskap tussen Dawid en Jonatan – die een ʼn prins van geboorte en die ander ʼn prins aangetroud. Hierdie roman neem die leser op ʼn visuele reis van verwerping, valse beskuldigings, depressie maar ook die oorwinning tot die grootste en mees dinamiese leier en politikus van alle tye. Hierdie besonderse verhaal leer gee lering op subtiele wyse en demonstreer die liefde van God vir Sy skepping.

Klik hier om te bestel

Sy Lewe vir Sy Liggaam

Louis Rautenbach

Hierdie besonderse roman is gebaseer op die Nuwe Testamentiese boek van Handelinge. Dit neem die leser op besonderse reis deur antieke Jerusalem en beskryf met baie emosie die ontstaan, uitdagings en oorwinning, maar ook die skaking van die kerk van Christus waarvoor Hy Sy lewe afgelê het. Profesieë word op maklike wyse in roman styl beskryf, asook die emosies na die kruisiging, die opstanding, en hou die briewe van Paulus op oorspronklike wyse voor. Die wrede moorde op die apostels en dissipels word ook liggies aangeraak.

Klik hier om te bestel

Die Bodemlose Kruik

Louis Rautenbach

Hierdie boek neem die verhale van Oorsprong van Smarte verder en handel hoofsaaklik in roman styl met elke profeet, asook die emosionele uitdagings van elke karakter. Hierdie boek gee verrassende lering op besonders vriendelike wyse.

Klik hier om te bestel

Skaduwees

Louis Rautenbach

Hierdie roman handel oor  die  geheimenisse  van die geesteswêreld met verskynsels soos voorbodes en waar paaie kruis met demone maar ook interaksie met engele en voorgevoelens op emosionele wyse aanspreek. Afhangende van hoe die leser dit wil ervaar kan dit ‘n bangmaker of leersame verhaal wees. ‘n Baie gewilde leesboek wat liefs nie saans alleen gelees moet word nie.

Klik hier om te bestel

Die Son Kom Op

Louis Rautenbach

Hierdie besonderse roman handel oor ‘n gesin wat uitdagings soos uiterste onverdraagsaamheid, liefdeloosheid en verwerping die hoof moet bied. Elke hoofstuk handel oor ‘n besonderse gevallestudie wat in roman styl oorgedra word en besonderse reaksie ontlok. Dit is op publieke aanvraag ook na Engels vertaal en beskikbaar as Dawn Has Broken.

Klik hier om te bestel

Goeie Nuus Louis se Nuutste boek gaan in druk – LIEFDE TUSSEN DIE STERRE

Hierdie boek is deur ʼn besonderse vrou, ʼn talentvolle en hardwerkende omroeper, vertaler en kritikus, Corrie Slabbert,  geïnspireer en word derhalwe met groot respek en in liefde aan haar opgedra.

PROLOOG

Die opdrag het deur die onbeperkte ruimtes geklink: ‘Laat daar lig wees!’ Daarna het baie dinge gebeur.

Nogtans, met hierdie enkele onderwerp kan ons elkeen ons verbeelding die vrye teuels gee!

Hierdie Wetenskapsfiksie-liefdesverhaal tussen Egon van Kreta en Riana van Rustenburg, wat tussen die planete ontstaan en op Kreta tot volheid ontvou, bereik wasdom hoog tussen die sterre. Die verhaal neem die leser op ʼn unieke reis deur die onbekende, uitgestrekte ruimtes waar die verborgene onbelemmerd lê en wag om elke leser wat hierdie besonderse liefdesreis meemaak, mee te voer.

Ek wou altyd graag dink dat ons die enigste lewende wesens op die eensame planeet in die uitgestrekte, onbeperkte ruimtes moet wees, en het redeneer dat ons dit in die Woord sou lees indien dit anders was.

Nadat my eng denke hieroor deur Corrie Slabbert se radioprogram ‘Tussen die sterre’  geprikkel is en sy my entoesiasme met verskeie vrae aangewakker het, was ek kort voor lank geïnspireer om ʼn vakgebied, astrologie, wetenskap en die hemelruim, iets waarin ek nooit voorheen soveel in regtig  belang gestel het nie, te ondersoek. Tot my verbasing was ek baie vinnig oorweldig deur die wonderwêreld van die buitenste ruimte nadat ek navorsing daaroor begin doen het.

Hiermee saam het die ou liefdesverhaal van die reeds vergete vrou wat deur Egon na sy verafgeleë planeet ontvoer is, in sy eie storie in hierdie boek ontvou.

Hierdie verhaal beloof om die leser op ʼn ongekende avontuur wat oor miljoene kilometers strek, te neem en ʼn wonderwêreld van liefde en van ʼn besonderse sprokieswêreld tot anderkant die sterre, wat tot dusver nog net deur die Hubble teleskoop se reise bereik kon word, te neem.

Geniet hierdie unieke, verruklike reis van Egon en sy geliefde Riana saam met die skrywer.

Hierdie boek is ʼn ‘moet lees’ vir elke boekwurm, oud en jonk.

Voltooi die onderstaande vorm om te bestel

    Naam/Name (Word Vereis/Required)

    E-Posadres/email(Word Vereis/Required)

    Onderwerp/Subject

    Boodskap/Message


     

    Christa Steyn

    Christa Steyn,

    Gebore Christina Maria Schutte, (15 Junie 1958 in Krugersdorp – 11 Junie 2012 in Pretoria) was ‘n komponis, pianis en Afrikaansesangeres wat bekend is vir haar werk saam met Jannie du Toit (onder andere as Jannie en die Tannie).  Haar verwerkings het verskeie kunstenaars help vestig, onder andere Anneli van Rooyen, Karin Hougaard en Jan de Wet.

    Biografie

     

    Christa Steyn het by haar ma, Myra Schutte, geleer om klavier te bespeel. In 1962 op vier-jarige ouderdom begelei sy reeds haar kleuterskool se koortjie wat Die Oukraalliedjie sing sonder dat haar ma daarvan weet.

    Sy studeer musiek by die PU vir CHO en begin met klavierlesse by prof. Pieter de Villiers. Sy sukkel aanvanklik met musiekteorie, maar slaag haar teorie-eksamen in 1972 met lof.

    In 1973 wen sy die Collegium Musicum-kompetisie vir 3 agtereenvolgende jare. In 1981 word haar eerste ses liedjies (as solo sanger) opgeneem, onder ander Eerste Liefde en Bly By My. In 1982 en 1984 wen sy Crescendo se komposisie-afdelings. In 1986 verskyn haar eerste plaat, Aan Die Einde Van Die Reënboog.

    In 1988 word sy as musiekregisseur van Crescendo aangestel waar sy diens doen tot 1993. In 1991 word sy aangestel as die kursusleier van die ATKV se Ligteliedjiewerk-skool tot 2000. In 2004 word sy deur die ATKV aangewys as die Afrikaanse Liedjieskrywer van die jaar.

    Vanaf 1986 werk sy vir 25 jaar as pianis en mede-kunstenaar saam met Jannie du Toit op die verhoog, in ateljees en as mede-skrywer van liedjies. Hulle besoek saam 25 lande en tree in 21 van die lande op. Hulle gewildste verhoogproduksies sluit in Blik en Snaar (1986), Skadu’s teen die muur (1992), De Kleine Man (1994v en 2000), Musiek en Repliek – Klas van ’79 (saam met Lucas Maree – 1999), Nagkantoor saam met ‘n verskeidenheid ander kunstenaars onder regié van Sandra Prinsloo en met ‘n teks van PG du Plessis – 2004), Jannie en die Tannie (2006), Hartsnaar (saam met haar seun Douw Steyn, Mariëtte Galjaard en Werner Spies – 2008), Houtkruis (saam met verskillende kunstenaars – 2008) Brel in Brooklyn (saam met Laurika Rauch en Sergio Zampolli 2010)

    Christa is op 11 Junie 2012 oorlede nadat sy ’n lang stryd teen kanker verloor het.

    Diskografie

    • Jannie en die Tannie, Twee Musikante – 20 Jaar DVD, 2005/2006 SELECT
    • My Treffers, 2004 EMI
    • Christa speel die “oldies”, 2002
    • Rondo, 1999 ANZ/JNS
    • Baroque for Babies, 1997/1999
    • Strykers vir Snuiters kompilasie, 1996/1998 EMI
    • Christa speel die Meesters, 1996 JNS
    • Burlesque, 1994 JNS
    • Spirit of Ecstasy, 1989 JNS/BRIGADIERS
    • Christa Steyn TC/LP, 1987 VENUS
    • Neem My Hand My Vriend / Dapper Vrou 7″, 198? VENUS
    • Aan Die Einde Van Die Reënboog TC/LP, 1986:

    Bron: Wikipedia


     

    The Most Popular Song Of All Time

    It’s The Most Popular Song Of All Time, But You’ve Never Heard It Performed Like This. Astonishing!
    All of us have heard this song thousands of times before. Most of us know the lyrics by heart but as many times as you’ve heard it, we promise you’ve never heard it like this.
    Il Divo is a world renowned multi-national classical vocal group so it goes without saying that whatever they record is going to be amazing. However the best moment in their rendition of “Amazing Grace” isn’t their crystal clear voices or the harmony they make. Just wait for the moment at 2:10 mark and I promise it will sent chills down your spine.


     

    Annecke Redelinghuis Ambassadeur vir Afrikaans in Australia

    Annecke Redelinghhuis die befaamde digter, skrywer en sangeres in Australia aangewys as die Ambassadeur vir Afrikaans in Australia

    Boemelaar Liedjie


    Vergetelheid – Annecke Redelinghuys.
    Ek roep na jou
    In ‘n donker gang –
    Waar die lig so bang
    Aan die mure hang
    Net jou eggo’s praat
    As jou hoogverraad
    Aan die stiltes raak
    En my hart oopkraak

    Die haan moes drie keer kraai,
    En die wind moes ophou waai –
    Vir my hart om om te draai

    Ek roep na jou
    In ‘n donker gang
    Maar al wat oorbly le
    Op die solders van vergetelheid

    Ek soek na jou
    In ‘n labarint
    Om die sin te vind
    Al is ek blind…
    Net jou eggo’s leef
    As my stom vergeef
    Aan my hart bly kleef
    En in my siel verweef…

    Die haan moes drie keer kraai,
    En die wind moes ophou waai –
    Vir my hart om om te draai

    Ek roep na jou
    In ‘n donker gang
    Maar al wat oorbly le
    Op die solders van vergetelheid…

    Die haan moes drie keer kraai,
    En die wind moes ophou waai –
    Vir my hart om om te draai