Pittige Allegaartjie deur Fanie 2021-03-18

Pittige Allegaartjie deur Fanie 2021-03-18

Pittige Allegaartjie 2021-03-18

 

Goeiemiddag en welkom by Netradiosa, wereldwyd by www.netradiosa.co.za . Dit is Fanie met Pittige Allegaartjie. Hierdie is die program waar ek die humor in die politiek, Sport ekonomiese en Sosio Maatskaplike wereld bekyk.Ons Suid Afrikaners en veral Afrikaners is mos daarvoor bekend dat ons menige ernstige situasies met humor ontlont as’t ware as ‘n ontvlugtings meganisme.

 

Ek bevestig net hiermee dat hierdie program heelwat onsinnige kommentaar bestrooi met satire bevat en geen politieke of ander standpunt ondersteun word nie. Enige toevallige standpunte is die aanbieder s’n self en Netradiosa ondersteun of onderskryf sodanige standpunte/menings nie noodwendig nie. Netradiosa hou hulseld die reg voor om om hulle van enige standpunt / mening/uitspraak ter eniger tyd te distansieer.

My gas vandag op Fanie gesels met…….. is Anroux Marais , die LUR vir Sport En Kultuur van die Wes Kaap Provinsiale regering is. Kom ons luister na AnRoux marais. 

Dit was dan Anroux Marais en wat ‘n verstommend indrukwekkende vrou is sy nie. 

Nou gou Sakeliga se flitse vir die week 

Sakeliga het vandeesweek kommentaar gelewer (aan die parlementêre komitee op vervoer) op die voorstel om ‘n 0%-bloedalkoholperk in te stel vir motoriste in Suid-Afrika. 

Dit vorm deel van ‘n voorstel in die nasionale padverkeerswysigingswetsontwerp. (Gerhard van Onselen het namens Sakeliga aangebied.) 

Uit ‘n ontleding van internasionale data (oor lande en streke) het geblyk dat betreklik min lande tot dusver ‘n 0%-perk aangebring het. Sulke lande is in die minderheid. 

Strenger wetstoepassing van werklike bestuursoortredings, soos roekelose bestuur wat skade veroorsaak, kan steeds plaasvind sonder ‘n bykomende 0%-bloedalkohol-perk. ‘n Vraag oor toepassing van huidige wette is dus gestel. 

Praktiese probleme moet ook oorweeg word, soos meetfoutmarges by toerusting (soos asemtoetsers) word noemenswaardig by lae en 0%-perke kan wees. Dit meen Sakeliga moet opgeklaar word. 

Die feit dat sekere kossoorte en medisynes alkohol kan bevat dui ook op moontlike probleme met die voorstel vir ‘n 0%- bloedalkohol-perk. 

So ‘n perk mag ook oorspoeleffekte hê op ekonomiese bedrywighede en sosiale interaksie, veral belangrik vir restaurante, toerisme en gasvryheid. 

Sakeliga het voorgestel dat die komitee die werkbaarheid van die voorstel teenoor mediese, farmaseutiese, en ekonomiese oorwegings beoordeel. 

Ideaal gesproke, weens verskeie oorwegings, sal ons nie ‘n verandering aan die huidige perke wil sien nie, veral nie so ‘n uitermatige verandering nie.   

Volgende: ABSA Hoofekonoom Jeff Gable, luidens Moneyweb, het onlangs ‘n kommerwekkende prentjie oor die post-Covid-ekonomie geskets. 

Gable is van mening dat herstel drie tot vier jaar kan neem om terug te keer na vlakke voor Covid-19 (en maatreëls daarop). 

Met die Groot finansiële krisis was die herstel korter (hoewel werke lank gevat het om te herstel). 

Gasvryheid, transport en konstruksie is, luidens Gable, 20% kleiner en herstel tans stadig. Gable meen dat een ding almal moet bekommer en dit is die omvang van staatskuld. 

Volgens hom word groot bedrae belasting reeds gebruik om slegs die skulddienskoste van die regering te dek. Dit verklein uiteraard moontlikhede vir ander aanwending in die begroting. 

Die tesourie se begrotingsdokument wys dat vir 2022 fiskale jaar byna R270 miljard aan skulddienskoste bestee sal word. Dit is amper 20% van belastinginkomste van R1 365 miljard.   

Laastens, die FNB/BEO verbruikersvertroue-indeks is onlangs vrygestel. Hierdie indeks gee ‘n aanduiding oor verbruikers se sekerheid oor die ekonomie. 

Verlede jaar het dié indeks gedaal tot by ‘n historiese laagtepunt van -33 in die tweede kwartaal van 2020 (tydens Covid-tydperk). En het sedertdien stadig herstel. 

Die indeks staan tans by -9 punte in die eerste kwartaal van 2021. Dit is steeds swakker as in 2018 en die eerste helfte van 2019. 

Hoewel vlakke swak bly, is enige verbetering welkom. Maar FNB hoofekonoom Mamello Matikinca-Ngwenya wys op redes vir voorbehoud wat insluit: Blywende swak vertroue in ryker inkomstesegmente en stygings in brandstofpryse, kospryse en druk op sosiale toelae. 

Hierdie faktore kan nadelig inwerk op toekomstige verbruikersvertroue. Daarby, volgens Ngwenya, moet indiensneming sterk herstel om ongunstige faktore teen te werk. 

Die gevaar van ‘n derde vlaag met inperkings word ook genoem. 

 

___________________________________

Dan lees ek die volgende stukkie deur Flip Buys raak en man dit is erndtige Satire op sy beste. Ek sou dit nie beter kon stel nie

Groot onthulling: geheime tienpuntplan om Universiteite te verwoes!

“Kaders en Kamerade”, sê die voorsitter belangrik voordat hy vervolg;” “ek het skokkende nuus”. Die Kaders en Kamerade spits hulle ore en skuif tot op die punt van hulle sagte stoele. Almal wil eerste die skokkende nuus van die Voorsitter hoor, en almal wil hê dat almal moet sien hoe geskok hulle is. “Wat is so skokkend Kameraad voorsitter”, vra iemand wat nie meer die spanning kan verduur weens al die hangende korrupsiesake teen hom nie.

Die voorsitter kyk gemaak gesteurd na die nuuskierige beskuldigde Kader en huiwer nog ‘n senutergende oomblik voor hy vervolg: “Die Sentrale Komitee het vasgestel dat daar sowaar nog een pilaar is van die ou orde wat staan- wat nog nie getransformeer is nie”. Die Kaders snak na hulle asem, en die Kamerade spring oudergewoonte woedend op. “Watter pilaar is dit Kameraad voorsitter, en wie se skuld is dit dat hy nog staan”, bulder almal met een stem. “So ‘n man moet sekerlik sterwe”, sê ‘n Kader in die voorste ry wat sy lewe gewy het aan die vernietiging van die land se Tegniese kolleges.

“Sê net watter pilaar is dit en ons sal dit dadelik afbreek voorsitter”, sê ‘n veteraan van die aftakeling van Eskom, “Ons ideologie bepaal mos uitdruklik dat daar nie een steen van die ou orde op ‘n ander moet bly nie”. “Alles moet omvergewerp word”, het Kameraad Marx mos gesê. “Ja dit is so”, sê die Voorsitter gewigtig, “maar om hierdie pilaar om te stoot gaan nie maklik wees nie.” “Gee dit vir my”, bied ‘n geesdriftige Kader aan wat suksesvol ontplooi was om plattelandse munisipaliteite ten gronde te rig. “Ek sal sorg dat daar niks oorbly nie”. Al die Kaders en Kamerade glo hom en knik instemmend. “Nee ek sal dit doen”, skree ‘n ander Kader en spring op om sy geesdrif te wys- hy ruik tenders. “Kyk wat hoe vinnig het ek die staatshospitale ongesond gemaak”, sê hy en lag alleen vir sy eie grappie. Selfs hierdie groep uitgesoekte Kaders en kamerade lyk onseker of hy die regte man vir die breekwerk is. Selfs Rome is immers darem nie in net een dag afgebreek nie!

“Ek praat van die Universiteite Kamerade”, sê die voorsitter geheimsinnig. “Ons moet hulle omverwerp sodat ons die jeug kan toerus met die nodige vaardighede om die klassestryd in die werksplek te veg ter verwesenliking van ons Nasionaal demokratiese rewolusie as die kortste pad na Sosialisme”, sê die voorsitter, uitasem na so lang aanhaling uit die partybeleid. “Uitstekende idee hoor hoor”, skree die Kaders en Kamerade en klap geesdriftig hande. “My departement het reeds die nodige ervaring daarvoor”, skree ‘n Kameraad Kader trots wat die verwoesting van ‘n hele provinsie se openbare skoolstelsel op haar naam het. Die Kaders en Kamerade knik instemmend, want min kan haar klop. Sy het dit immers reggekry om miljoene rande en duisende kinders se toekoms te vermors met haar beleid dat die doel van skole nie is om kinders te leer nie maar om Onderwysers se salarisse en diensvoorwaardes te verseker.

“Maar ek het die hele Departement van Openbare Werke teen miljarde rande laat ophou werk”, kla ‘n Kameraad wat gereeld spog dat hy die staatsdiens as ‘n werkskeppingsprojek sien. Die vergadering dreig nou om wanordelik te raak- byna al die demokratiese Kaders is op hulle voete in hul ywer om die rewolusie te voltooi.

“Stilte!”- brul die voorsitter. “Hierdie werk is so belangrik, ek gaan dit self doen”, sê die voorsitter beslis. Die vergadering raak stil. Hulle het duidelik nie besef daar is nog soveel om af te breek nie. “Ja, maar ek het julle hulp nodig”, sê die voorsitter. Hy klink nou weer tegemoetkomend. “Waarmee kan ons help”, vra ‘n gewillige Kader wat besig is om die land se waterstelsel te verinneweer. “Met my geheime tienpuntplan om universiteite te verwoes”, sê die voorsitter belangrik. “Ons moet die mense swak opgelei en afhanklik van ons regering hou, anders kan hulle naderhand self werk vir ‘n lewe en wil nie meer vir ons stem om aan die lewe te bly nie. “Kameraad voorsitter is darem slim”, sê ‘n Kader opgewonde aan die Kameraad langs hom terwyl hy hoop dat dit aan die voorsitter oorgedra sal word. “Hy vra nooit ‘n vraag as hy nie die antwoord ken nie”. “Hier is my tienpuntplan”, sê die voorsitter met sy belangrikste stem. 

Tienpuntplan

1. Beloftes skep verwagtings

“Ons moet gratis Universiteitsonderwys aan almal belowe”, sê die Kameraad voorsitter. “Die belangrikste is dat ons onhaalbare beloftes maak wat verwagtings skep, want onvervulde beloftes veroorsaak ‘n rewolusionêre klimaat”. “Briljant”, skree die Kaders. Hulle ken hierdie suksesresep. “You can’t outpromise, outspend or outvote a Socialist”, skree ‘n Kameraad trots.

2. Verstop die onderwyspyplyn

“Dis belangrik dat ons die onderwyspyplyn verstop deur die Skoolstelsel deur ons Vakbondkamerade te laat beheer in plaas van die Skoolhoofde en die ouers se Beheerliggame”, sê die voorsitter slim. “Dan kan minder kinders universiteit toe gaan. “Dit is reeds gedoen”, juig ‘n ingenome Kader wat al talle skole in die grond bestuur het.

3. Geen keuring vir studente

“Geen streng keurings vir studente soos in ander lande wat gratis universiteitsopleiding verskaf nie”. Almal moet toegang kry en gratis studies verwag terwyl ons universiteite se subsidies sny”, sê die voorsitter. “Ons verskuif net die skool- en kosteprobleem na hulle toe”, sê die voorsitter en knip sy oog vir ‘n Kader wat nie oortuig lyk nie. “Onthou dat jy die Tegniese kolleges klaar vernietig het”, sê hy gerusstellend. “Hulle het geen ander heenkome as om by universiteite te probeer inkom nie, al het hulle nie ‘n kans om suksesvol anderkant uit te kom nie”, lag hy- trots op sy slim woordspeling.

4. Verlaag die slaagsyfer na onder 50%

“Die vierde stap is om te sorg dat sowat 55% van die studente wat vir ‘n graad inskryf nooit deurkom nie”, sê die voorsitter gewigtig. “Dit sal verseker dat die meerderheid lus vir rewolusie sal voel omdat hulle prakties onindiensneembaar is”. “Terselfdertyd mors ons daarmee meer as die helfte van die belastingbetalers se bydraes vir studiekostes”. Teen hierdie tyd hang die vergadering se monde oop. Hulle het nooit so ver agteruit kon dink soos hierdie geleerde Kameraad nie.

5. Vernietig die Nasionale Studente studiehulpskema

“Daarna vernietig ons die nasionale studente studiehulpskema”. “Hoe gaan ons dit regkry?”, vra ‘n verstomde Kader. “Maklik, ons transformeer hom net so dat minder as 5% van die studielenings terugbetaal word”. “Dit sal sommer gou die geld laat opraak wat nog oor is nadat ons nie keuring gedoen het en minder as die helfte deurgekom het nie”, sê die voorsitter slim. ‘n Kader wat elektrisiteitsgelde in Soweto moet invorder maak vinnig notas- hy het nooit hieraan gedink nie.

6. Verhoog werkloosheid

“Die volgende stap is om die ekonomie met al groter staatsinmenging so te verswak dat werkloosheid verhoog tot ‘n kleiner deel van die bevolking werk as in lande soos Ethiopië en Rwanda”. “Ons moet eenvoudig verseker dat die groepie wat wel grade kry nie werk het nie, want dit sal beslis tot ‘n opstand lei”, sê die voorsitter. Die saal is doodstil, niemand stry hierteen nie.

7. Struggle politieke kultuur

“Dis belangrik dat ons ‘n struggle politieke kultuur by die jeug skep”, sê die voorsitter. “’n Leerkultuur gaan hulle laat deurkom en dan verlaat hulle die geledere van die proletariaat en word deel van die bourgeoisie”, sê die voorsitter treurig. “En ons weet opgeleide werkende mense is nie lus vir rewolusies nie”. “Dit sal ons nie toelaat nie”, skreeu ‘n Kameraad en begin dreunsang tot die hele saal toi-toi. “Dis verraad teen die rewolusie”.

8. Swak regering

“Is daar nog?”, skreevra ‘n uitasem Kameraad wie se gewig te veel raak vir die gedurige toi-toi by beplanningsvergaderings. Die soustrein is nie goed vir flinke voete nie. “Hier kom die Nommer een”- grap die voorsitter, maar almal is te moeg om te lag. “Ons moet die land so swak regeer dat die hele bevolking gegrief voel en die studente ondersteun”, sê die Voorsitter. “Maar gaan die mense dan nie vir ons kwaad raak en vir die EFF stem nie”, vra ‘n Kader. “Nee, ons moet juis vir die mense wys ons is meer militant as Julius se manne”, sê die voorsitter. Daarom moet ons vooraan protesteer en Jan van Riebeeck, die kapitalisme, witmense en die opposisie die skuld gee as dinge verkeerd loop”. “Verder moet ons met BEE vir die rykes, AA vir die middelklas, Welsyn vir die armes, en salarisse vir 5 000 tradisionele leiers die res se steun koop”, lag die voorsitter. “Hoor hoor!”, skree die Kaders. “Blameer, transformeer en nasionaliseer”- sing die Kamerade terwyl hulle vrolik linksom in sirkels skuifel.

9. Universitêre outonomie

“Maar as die studente steeds ontevrede is?”, vra ‘n Kameraad. “Maar dis die hele doel”, sê die voorsitter ongeduldig. “Ons moet ‘n rewolusionêre klimaat skep om universiteite se outonomie verder te ondermyn en hulle te nasionaliseer soos ons met die Seta’s gedoen het”. “Marx het mos gesê die bestaande orde moet eers omvergewerp word, dan moet die werkersklas ‘n diktatuur vestig, en dan gaan almal lank en gelukkig lewe”, verduidelik die voorsitter stroef. Dis duidelik dat alle kamerade nie deel van die demokratiese voorhoede is nie.

10. Groot gelykmaking

“Hiermee bereik ons dan ons einddoel van demokratiese gelykmaking”- juig die voorsitter terwyl hy sy hande omhoog hou. “Geen goed geleerde mense meer nie- dit bring net ongelykheid”- roep ‘n klasbewuste intellektuele kameraad. “Hoor hoor”, skreeu almal. “Eerder ‘n gelykopverspreiding van armoede as ‘n ongelyke verdeling van welvaart”, roep iemand bo die gejuig uit. “Bevoorregting is gelyk aan bevoordeling”, begin iemand dreunsing.

Na nog baie gesing, geëet en gedans gaan die vergadering uiteen, en klim die Kaders in hulle duur Duitse motors wat hulle bestuurders vir hulle reggehou het. Gelukkig is hulle darem nog meer gelyk as ander.

Nou is dit tyd vir Fanie se waansinnige onsinnighede.

Die duidelike uitstaande gebeurtenis van die week was die manifesto van Carl Niehaus om die sg Radikale Ekonomiese Transformasie faksie, skietgoed te gee by die ANC konferensie. Vir my opvallend was die aandag aan aangeleenthede wat nog nie , ingevilge resolusies by die 2017 konferensie, aandag gekry het nie veral dan die hele Totale beheer neem van die Reserwebank. Die feir dat die President deurslaggewende (dis nou in die RET fakise sie terrein, soos bv Onteiening sonder vergoeding, die Nasionale Gesondheids versekering stelsel half min aandag kry, is dit duidelik dat dit as stok gebruik gaan word om die magsewewig na die RET faksie te draai. Lg het egter wel ‘n terugslag gekry met die ANC koukus se besluit om te stem ten gunste van die proses om ondersoek in te stel na die verwydering van die Openbare Beskermer Busisiwe Mhkwebani. Vit die teokoms van die ekonomie van die land maak dit nie rerig veel saak wie dan nou die geveg sou wen nie. Die sosialistiese paadjie word gestap en gaan nie deur enige faksie in die party gekeer word nie. Opposisie partye sal na ander maniere van teenkanting teen die rigting moet kyk en dalk is organisasies soos SAAI en Sakeliga, wat amper wil poog om werkskepping in ‘n alternatiewe struktuur, sonder staats betrokenheid net beter.

Dan is die interessante konsep van voormalige bevoordeeldes van Kolonialisme en Apartheid steeds die geur van die dag. Natuurlik is daar geen konteks nie en dalk moet mens begin met nuwe konsepte soos:

Kader Bevoordeling

Kader Monopolie Tenders

kader bemagtiging deur BEE. (hier was dit natuurlik persoonlike bevoordeling deur Kader bevoorregting in die tender proses en natuurlik ook persoonlike finansiele gewin).

As jy aan nog lekker sulke slagspreuke kan dink, reageer bietjie op die Netradiosa facebook blad. Ek wil dit graag ook hier deel. Dalk net eendag word sal die slagspreuke ook as beskrywing van die mislukte ANC beleid en bewind voorgehou kan word.

Miskien kan van ons opposisie partye die belang van slagspreuk politiek begin verstaan en kan ek en jy hulle van hulp wees.

Dan sien ek dat boere en Taxis in die Vrystaat sekere paaie saam versper het om die aandag van die swak paaie te bevestig en onder aandag te bring. Ek kan nie help om te dink dat dit die pad vorentoe is nie. Gesamentlike aksie teen swak dienslewering deur “amper teenstanders”. Soos daardie gesegde lui as die bedreiging groter word as die verskille en kom ons hoop dat dit rerig ‘n tendens is wat ten minste kan help om dienslewering en effektiewe bestuur te bewerkstellig. natuurlik is daar ook dan die volgende stap om die bestuur van munisipaliteiete aldaar te begin oorneem. Sjoe ek wag in spanning om die EFF se “take” hierop te kry. Sal maar neuk want die TAXI deel is natuurlik ook half deel van hulle ondersteuning basis. Werklik tussen die “deep blue sea and the Devil” vir die rooies. (Miskien kan daardie apologeet vir die klompie Jan Jan Joubert aan ons gewone sterflinge verduidelik hoe die beginselvaste groepie gaan reageer.) 

So van Jan Jan Joubert gepraat, hy is weer gisteraand op die Kyknet Verslag program van Waldimar Pelser, maar dit is laasgenoemde wat met die juweeltjie van die week vorendag kom. Hy redeneer in die inleiding dat die groot oorwinning vir die DA mosie dat Busisiwe Mhekwebani parlementer ondersoek moet word, ‘n rigting is van die ANC dat die regte ding gedoen moet word en dat dit ‘n brose moontlikheid skep vir vorentoe se koalisie politiek tussen die ANC en die DA. Waldimar, jammer om jou , soos hulle in Ingels se :bubble te bars. ” Eerstens het die Anc nie gedoen wat reg is nie. Hierdie is slega die voorsetting van die vestigeing van die toekomstige sterkste faksie in die ANC. Mhkwebani het alreed ondersoeke teen die Presidant geloods en haarself dus vierkantig in die span van die Radikae ekonomiese transformasie geplaas (natuurlik ook haar aanbeveling rondom die reserwebank ens). Die beleids rigting van die vestiging van ‘n sosialistiese (kommunistiese) ekonomiese bestel word steeds deur beide groeperings voorgestaan. Dalk net verskillende manier om daar uit te kom. Hier is geen sprake van saam met die DA stem oor die regte redes nie. Dit is bloot die speel van die politieke magspel. En steeds volhard die hoofstroom media met die mite dat indien die President se faksie oorwin gaan daar hervorming wees en gaan die reenboognasie herleef. Soos die Ingelsman se “in your dreams”

Moet darem net weer vir ‘n slag oor sport praat. Die 2 unies van die 4 wat aan die Reenboognasie toernooi in Europa gaan deelneem, dis nou die Bulle en die Haaie woel om alles gereed te kry, Die bulle koop links en regs spelers terwyl die haaie links en regs afrigters koop. Laaste een is Niel Powell na die bevestiging van Brendan Venter. Nou een van die dae is dit spelers teen afrigters, beide doen sekere dinge reg, was beide in die finaal vir die Curriebeker en dit gaan interessant raaak. Die WP/Stormers en die Leeus daarenteen blyk nie te veel vordering te maak nie, Dit lyk asof die WP/Stormers in sodanige oorleweingstryd gewikkel is dat dit tans net gaan om spelers te behou. Die Leeus begin al meer lyk na die Vrystaat deur spelers voor te berei vir ander spanne, veral dan europese en Japanese spanne. Dit bly dus die heeltyd ‘n jong span wat besig is om ervaring op te doen.

Ek hoop rerig ek is verkeerd met laasgenoemde spanne en julle is welkom om my onkunde aan die groot klok te hang sou die 2 spanne begin presteer,

Intussen is daar ook vordering by die O P. en doen Pieter de Villiers dalk iets reg. Hulle het immers in die 1 ste wedstryd 80 punte afgestaan en verlede week net 50. Go Pieter.

 Baie, baie dankie dat jy saamgeluister het. Soos altyd het ek dit baie geniet om jou te probeer vermaak, maar darem ook bietjie te laat dink en hopelik so af en toe laat glimlag of dalk selfs uitbundig lag. Jy het geluister na Netradiosa by www.netradiosa .co.za. Bly asseblief ingeskakel vir heerlike musiek en programme. Ek groet jou tot volgende week wanneer ek weer op dieselfde plek en tyd lewendig met jou praat. . 

 

 

 

 

Landbounet na Landbou Persoon deur Fanie ondersteun deur SAAI 2021-03-17

Landbounet na Landbou Persoon deur Fanie ondersteun deur SAAI 2021-03-17

SAAI, Dr Theo de Jager, Plaasnaam inisiatief, Plaasborde, TLU Sa, Agri S A, Droogtehulp, Manna vir Boere,

Boeke, Skrywers, Digters en Dinge deur Fanie en Naledi 2021-03-23

Boeke, Skrywers, Digters en Dinge deur Fanie en Naledi 2021-03-23

Naledi, Johan Coetzee, Jurie Els, Ver van Vrede, Hestrie Cloete, Robbie Klay, Herbie van Zyl, New Zeeland, Huisgenoot,

Boeke, Skrywers, Digters en Dinge deur Fanie en Naledi 2021-03-16

Boeke, Skrywers, Digters en Dinge deur Fanie en Naledi 2021-03-16

Naledi, Johan Coetzee, Jurie Els, Ver van Vrede, Sonja Heroldt, Ken Mullin, Lance James, Patricia lewis, Tolla van Der Merwe, Johan Stemmet, Noot vir Noot

Pittige Allegaartjie deur Fanie 2021-03-04

Pittige Allegaartjie deur Fanie 2021-03-04

Pittige Allegaartjie 2021-02-25 

Goeiemiddag en welkom by Netradiosa, wereldwyd by www.netradiosa.co.za . Dit is Fanie met Pittige Allegaartjie. Hierdie is die program waar ek die humor in die politiek, Sport ekonomiese en Sosio Maatskaplike wereld bekyk.Ons Suid Afrikaners en veral Afrikaners is mos daarvoor bekend dat ons menige ernstige situasies met humor ontlont as’t ware as ‘n ontvlugtings meganisme. 

Ek bevestig net hiermee dat hierdie program heelwat onsinnige kommentaar bestrooi met satire bevat en geen politieke of ander standpunt ondersteun word nie. Enige toevallige standpunte is die aanbieder s’n self en Netradiosa ondersteun of onderskryf sodanige standpunte/menings nie noodwendig nie. Netradiosa hou hulseld die reg voor om om hulle van enige standpunt / mening/uitspraak ter enger tyd te distansieer.

Vandag gee ek veel aandag aan reaksie van verlede week se begroting. Dit deur Fr Frans Cronje, van die Instituut vir Rassebetrekkinge 

The mainstream media and many financial institution analysts are driving the line that last week’s budget was enlightened and littered with efforts to reduce the burden on taxpayers. Why then does it not feel that way for many households and businesses? The reason is that the mainstream increasingly suffer from what has all the attributes of a case of collective Stockholm syndrome that makes them unable to discern the extent to which the state is abusing South Africa’s citizens, impoverishing its taxpayers, and taking them for granted. Below follow twelve takes that stand out for us around last week’s budget that you might not hear from your financial institution, advisor, or read about on the mainstream media and they collectively explain why the IRR will from this week launch a national effort to #StopCitizenAbuse.

South Africa’s tax burden is up by around 30%

Contrary to what you’ve been told South Africans have never been more heavily taxed than is the case now. You see that when you compare the size of the government’s tax take to size of the economy. The figure has risen over the past two decades from just over 20% to nearer 30%, which means a net tax increase on society of around 30%!

The fiscal point of no return is behind us 

The budget deficit (which is the difference between what the government spends and what it earns) has reached a point that has only been rivalled three times since the formation of South Africa. The first was in the aftermath of the First World War, the second was in the aftermath of the Second World War, and the third was when the apartheid economy was collapsing in the latter years of PW Botha’s reign. And with its current growth outlook that’s a hole the country is not going to get out of any time soon…

Treasury growth forecasts have been so unreliable as to be virtually useless  

The minister projected that economy would expand by 3.3% this year (which is possible given the contraction of last year) but he went on to forecast that 2022 would see growth rates of 2.2% and 2023 of 1.6% (about half of what South Africa’s peers will see). But low as these are by global standards you must consider that over the past decade the treasury’s three-year forecasts have been out by a margin of around 50%. The minister and his government talk up the economy despite knowing that the policies to support growth are not in place and unlikely to be adopted.  

Taxation is set to rise even further

Despite illuding to the contrary the government continues to hike levels of taxation. Some of that has already taken the form of health and carbon taxes, which are mechanisms to increase VAT and corporate tax by other means. But because the formal tax take to GDP number is now so very high many new tax increases are being staged outside the narrow realm of SARS. For example, increases in electricity prices that are far out of line with economic growth and inflation are a form of taxation on investors and households. So too are toll-fee hikes and proposed new TV license fees. Prescribed assets – where the government seizes pension funds to plug spending gaps – is a further, pending, form of taxation.

The minister (and analysts) dodged the biggest tax hike of all

Its amazing that with reference to the budget no analysts flagged the fact that Parliament is currently finalizing its expropriation without compensation plans. Expropriation is the ultimate tax as it raises the rate of taxation on your assets, business, and income to 100%. It will be of little consolation to investors to hear that corporate tax rates will dip from 28% to 27% when the government is also moving to tax some hapless investors at 100%.

You have already been taxed half-way to penury   

Your rand-denominated assets (home, business, savings, pension) have already suffered the consequences of a pernicious ‘tax’ in the sense of their value having declined over the past decade especially in relation to the US dollar and property and asset prices in other parts of the world. Policies that undermine growth and investor confidence have the same consequences for households as steep hikes in levels of taxation. We estimate that the extent of value destruction has been equivalent in many families to a wealth tax of 50% or higher on their assets.

The government is taxing the poor and civil servants especially harshly…in order to finance expropriation and BEE etc

The government is ‘taxing’ the poor and civil servants by increasing social grants at rates below inflation (inflation in poor households is much higher than CPI) and stunting civil service salaries. This is one point that the mainstream has got right but it failed to explain why this is happening. The reason is that the major anti-investment policies of the government have hounded so much income tax out of South Africa that the country can no longer afford its civil service and welfare bill. The irony here is tremendous; that the supposed beneficiaries of the government’s most prominent empowerment policies must be taxed into poverty and even unemployment in order for the state to pay the costs of those policies.   

A tax revolt is coming to a community near you

South Africa is ever closer to the brink of a tax revolt – but not in the form of a naked refusal to pay income tax (this is unrealistic and won’t happen…but see the paragraph below). Instead, this revolt is being organically brought about by businesses and communities that are forced to circumvent public services – because of corruption and management incompetence – and redirect money that would have paid for public services to the provision of private services. This happens most prominently where communities go completely ‘off-grid’ in areas ranging from education to electricity to television, meaning that revenue flows to the state simply stop.  

The government has already ensured an income tax boycott 

The effect of the feared boycott of income taxes has already played itself out but not through taxpayers inciting a boycott but rather via the government chasing them out of the country and economy. It is remarkable to think that the policies of the government have done more harm to its revenue collection than any opposition group with malicious intent could have dreamt of achieving.

You pay tax at least twice (and many people, and many black taxpayers, thrice)

All taxpayers suffer double or even triple taxation. Double taxation occurs when a household is forced to pay for services, from security to electricity, education, etc without the option of bypassing the state. Triple taxation occurs where households have the additional responsibility of shoring up the living standards of the community around them via phenomena such as the ‘black tax’, a tax incurred by many employed and middle-class black families who have the responsibility of using what income they have left after paying SARS to help family members without jobs and incomes get through the month  – a phenomena that of course plays out in poorer white families too and is now beginning to creep into the white middle class. The ‘black-tax’ burden rises as jobs and investment is lost and welfare payments are reduced.       

You are a civil servant  

An astounding thing happens when you quantify the above tax burden by time. To do this add:

  1. your income tax bill to
  2. the rates, levies (include petrol taxes), tolls, VAT, and indirect taxes you pay
  3. to the double or triple taxation you pay

If, for example, 30% of your income goes to income tax, 10% to rates etc, and 20% to double/triple taxes, that means you are paying 60% of your income in tax! Quantified as time, that means you work from January to the middle of July every year for the government before earning 1 cent for yourself.    

The government regards you with contempt  

For all that hard work and for financing the country, one of your rewards is to be insulted, threatened, and stigmatized by the government and left-wing activists, according to whom you are doing nothing to build a better society and are rather causing poverty, inequality, and social conflict. Before the budget speech, the finance minister suggested that most whites – whose taxes he enjoys – were racist. That is a comment on a par with the ‘clever blacks’ contempt that factions of the ANC hold for the black middle classes. But the primary contempt that taxpayers and citizens face can be found in the refusal to take firm action against the tens of thousands of corrupt officials in the government and the ANC who loot with abandon. How many arrests exactly have taken place? How many officials and ANC leaders jailed? Scapegoating Jacob Zuma and Ace Magashule and creating media circuses around them might fool some people but most will learn to see through these efforts as nothing more than PR designed to distract the public from the true depths of corruption that exist across the cadre-deployment networks of the government.     

Even though it does not look like it, you are probably winning 

You are perhaps winning – even if it does not feel like it. Deep deficits bring about changes in government. Life is terribly hard now for the great majority of South Africans and the financial stress the government has placed so many families and people under is a terrible thing. But South Africa’s government has an Achilles heel in that the more it abuses its citizens and taxpayers the faster it runs out of money and the weaker it becomes. There might still be a lot of asset prescription and thereafter rand-printing ahead of us, but, if citizens organize to resist, that will help to hasten the political realignment that will offer a window to stop the abuse turn the country around. 

Vervolgens ‘n berig in die Vryburger rondom die regering se inentings program 

As die owerheid ernstig is met die uitwissing van die koronavirus pandemie in hierdie land, dan sal hulle die huidige slakkepas met meer as 20 keer moet versnel.

Tans is die inenting veldtog so stadig dat kenners reken dit kan tot 25 jaar neem om Suid-Afrika se inwoners te immuniseer teen die huidige spoed.

Dit is die mening van deskundiges wat die tendens goed moniteer om te sien wat bereik gaan word binne die teiken van 40 miljoen inentings voor einde Desember vanjaar soos wat die regering belowe het.

Meningsvormers is van oordeel dat die regering die tempo vir twee redes op ʼn slakkepas hou:

Eerstens is daar ʼn ernstige tekort aan fondse, en dit is dus gerieflik om die aankoop van entstof te vertraag.

Tweedens is die pandemie gerieflik om die Nood of Ramp toestand in stand te hou, want daarmee kan die regering besluite neem na eie wil en lus sonder om die parlement te nader.

Wat ook al die rede is vir die stadige vordering, die ANC regering moet weet hulle speel met mense se lewens deur die slakkepas wat tans elke landsburger met kommer gevul het.

Dan Plaas die Daily Friend die volgende berig rakende veral die vooruitsigte van die Suid Afrikaanse ekonomie 

 

There will be no immediate recovery for the South African economy from the last year of lockdown. This year the South African Treasury predicts the country will grow at the very moderate rate of 3.3 percent, and only at 2.2 percent the year after. We will be coming off the low base of a disastrous 2020 and the growth rate of a dynamic economy would be far higher. 

By contrast the International Monetary Fund (IMF) projects India will grow by 11.5 percent and China by 8.1 percent. 

The Indian economy contracted 8 percent last year; that is slightly more than the 7.2 percent dip that we endured, yet India’s economic recovery from the lockdown is way above ours. 

Our growth rate this year will be lower than that of Emerging and Developing Countries as a group, which the IMF expects to grow by 6.3 percent. It will also be lower than that of the world economy, which is projected to grow by 5.5 percent. 

The signs are that South African growth and job creation will be severely hobbled in its recovery.

And even then there are severe risks to the recovery from a slow rollout of the vaccination programme and the threats of new mutations and waves of Covid-19 infection. As the Treasury said last week in its Budget Review, a faster recovery requires a set of reforms to remove barriers to growth, lower the cost of doing business, bolster confidence and boost investment. It also requires a properly functioning electricity supply system.

The pitiful state of Eskom is one of the big reasons why our economy will not be able to grow like China’s and India’s. “Unreliable electricity supply continues to throttle economic activity,” says the Treasury in the Budget Review. 

Last year, despite the much slower economic activity due to the lockdowns, Eskom was unable to meet demand. According to the Budget Review, in 2020 load-shedding was the highest since 2015, with a cumulative 52 days of power cuts compared to 103 in 2015. Government is easing generation restrictions on firms and municipalities, bids have been submitted for emergency power production, but as yet there are no results. And this power might take some time to come on stream. 

The bigger problem is that South Africa has not undertaken reforms to take it into the modern era. 

There have been no major changes to raise productivity, competitiveness and rates of return for business to attract investment. For the past 15 years or more the problems at Eskom have been well known, yet no recovery or privatisation plan has been implemented. And the other problems to be addressed by Operation Vulindlela have also been present for years. 

Operation Vulindlela focuses on a necessary but insufficient narrow range of reforms such as the switch from analogue to digital signals for TV to make space for additional data and voice spectrum, the rapid rollout of 5G, making it easier to import critical skills, the rollout of an electronic visa system, improving commuter rail, increasing the efficiency of ports and improving water quality. All of these have taken an inordinately long time to implement. 

To clear the way for rapid growth it has to be made more worthwhile to employ large amounts of labour to reduce unemployment. Changes in the minimum wage regime imposed by bargaining councils and the government directly will have to be introduced. State enterprises cannot be allowed to drain the economy. State enterprises like Eskom – electricity generation and distribution, Transnet – rail, Prasa – commuter rail transport, Denel – defence and technology are all in crucial sectors and cannot afford to be badly managed. The poor management of the state enterprises and endless need for bailouts means that capital and returns for the economy and the chance for higher growth are being destroyed.  

Rapid economic growth alone could allow South Africa to make headway in dealing with some of the country’s most urgent and dire problems. The overwhelming experience is that prolonged high economic growth creates jobs and brings people out of poverty. Faster growth would allow a rise in tax revenue and hence result in a smaller budget deficit; it would also reduce borrowing requirements. Growth is like a virtuous circle for the economy and the big problem is that the economy has under-performed since 2007, and the prospects for a new and faster growth track are not present. 

South Africa requires wholesale reforms that will be of equal historical importance to those undertaken by China and India. Arguably, China and India had to make far greater ideological leaps and had to take on more vested interests than South Africa would have to undertake. South Africa operates in a freer market than China and India did prior to their reforms, yet there is still a stultifying economic environment in the country that severely dampens growth prospects.  

In the case of China, a wave of reforms resulting in growth began with Deng Xiaoping after Mao’s death. Privately owned township and village enterprises were permitted in 1978. Soon the pace of reform accelerated with the de-collectivisation of agriculture, moves away from price controls, allowing private groups to manage enterprises, and opening the country to foreign investment. The results have been spectacular in bringing many hundreds of millions of people out of poverty and modernising the country over the past forty years.

Until the early 1930s, the Indian economy was burdened by a system of licenses and red tape known as the “License Raj”. About 80 government agencies were in charge of licenses for business, as well as production and price controls. A Planning Commission came up with Five Year Plans similar to those in the Soviet Union. In 1991 the government decided to liberalise in order to obtain an IMF bailout. Many license regulations were scrapped, tariffs were lowered, and the country made a move to open itself to the international economy. By 2014 when the Planning Commission was abolished its role had been greatly reduced.  

The battle for reform still continues, but as in China, hundreds of millions of people have emerged from poverty. In the latest battle over reform, farmers and the government of Prime Minister Narendra Modi have been engaged in a long conflict over cutting agricultural subsidies. To achieve a further boost to growth, Indian markets will have to become more competitive, allow smaller firms to expand, sell off state enterprises, and the cost and ease of doing business to be reduced. 

Apartheid came with a highly restrictive economy in the form of job reservation, racially restricted access to education and training, state enterprise monopolies, extensive licensing and red tape, price controls on many agricultural commodities, high tariffs and strict exchange controls. One of the first acts of the ANC was to scrap the agricultural control boards and subsidies, reduce tariffs, and ease foreign exchange controls.

Since then economic reform has stalled and as a result our recovery from the lockdown will be slow. 

Tlu SA betreur die minimum verhoging vir plaaswerkers 

TLU SA betreur die minister van arbeid en indiensneming, mnr. Thulas Nxesi se benadering en hantering van die geskil ten opsigte van die verhoogde minimum loon van 16,1% vir plaaswerkers. “Ons het herhaaldelik na die minister uitgereik om ‘n gesprek aan te lê om tot ‘n sinvolle vergelyk en oplossing te kom,” sê mnr. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA. “Dit is ‘n kwade dag dat die minister van arbeid in ‘n land waar die werkloosheidsyfer op 42% staan, eerder bereid is om werksverliese te veroorsaak as om te probeer om na die belange van die werkers in die produksieproses om te sien. “Wie kyk na die werklose mense in die land?”. TLU SA het alles moontlik gedoen om te verhoed dat produsente afleggings moet doen om te kan voldoen aan die produksievereistes wat vir winsgewendheid nodig is. Die werklose massas wat smag na die geleentheid om te kan werk, maar deur die ANC se beleid daarvan ontneem word, skep ‘n onaanvaarbare sosio-maatskaplike probleem vir die land. Elke produsent moet nou opnuut hulle winsgewendheid en produktiwiteit ontleed en evalueer. Operasionele aanpassings sal noodwendig gemaak moet word om in produksie te bly. Die stand van die Suid-Afrikaanse ekonomie verg nou dat alles moontlik gedoen word om dit te stimuleer sodat die land by ekonomiese groei kan uitkom. Dit sou insluit dat die produksiefaktore so bekostigbaar as moontlik binne bereik van die entrepreneurs geplaas moet word. “Terwyl die president beloof om die ekonomie te herbou, beloof die minister afleggings en skade aan die ekonomie,” sê mnr. Geldenhuys. “Miskien moet die president oorweeg of Minister Nxesi wel die regte persoon vir die werk is.”   

Maar nou is dit tyd vir Fanie se waansinnige onsinnighede. 

Nou ja toe. Die Openbare beskermer Busisiwe Mhkebani probeer weer ‘n interdik kry teen die parlement om haar in ‘n staat van beskuldiging te plaas. Sy het die een al voorheen probeer en dit het nie gewerk nie, Geen rede hoekom dit nou sou werk nie, veral volgens die beginsel van skeiding van mag tussen wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag en dat daar nie op die terreine oortree kan word nie. Die kort en die lank is dat die Parlement haar aangestel het en indien dit soos bepaal in die wet op indiensneming geskied, kan die hooggeregs hof nie hieroor beslis nie. Wat wel interessant is, is dat dit in die Wes Kaap hoogeregshof ingedien is, hoewel dit die plek van dommicilium vir die parlement is, is die hoofregter aldaar natuurlik John Hlope. Die kritiek uit regsoorde na sy omstrede besluit om die saak teen Bongani Bongo uit te gooi, is natuurlik nog vars in die geheue. Ek glo Busisiwe hoop en bid dat die regte wel regter president Hlope is, want net dalk….Maar in aansluiting hierby se daardie beskermer van armes se regter Floyd Shivambu van die EFF dat sy nerens heen gaan nie en haar termyn sal uitdien. Miskien het hy saam met Hlope tee gedrink….

Dan natuurlik het Brian Molefe uiteindelik sy uitgestelde kans gekry om voor die Zondo kommissie te getuig. Hy hou natuurlik vol dat die eintlike skurk in die verhaal die President is, ook toevallig heel in lyn met die beskuldiging dat hy ‘n sg agent van die verskriklik bose “wit monoplie kapitaal” is. Die verwysing na optimum direkteurskap en alles. Nou een ding is duidelik as mens na die Pres se uitlatings rondom die ekonomie luister is hy beslis nie op dieselfde baan as die gehate wmk nie. Dat die wmk wel in die verlede invloedryke mense van kleur aangestel het is seker nie te betwyfel nie, maar sjoe dit sal darem nie gustig vir die Pres wees as Molefe half reg is nie. Maar die klompie vertel oor en weer so baie leuens dat dit erge moeite kos om by te bly, Voorwaar pittig hier in die ou landjie.

 

 

 

 

 

 

 

 

Landbounet na Landbou Persoon deur SAAI en Fanie 21-03-03

Landbounet na Landbou Persoon deur SAAI en Fanie 21-03-03

SAAI, februarie aktiwiteite, Dr Theo de Jager, Pedro Garcia, Barbara Creecy, SAUFF, Kleinskaal vissers, droogte, Steytlerville, Oudtshoorn, Vanwyksvlei.

Boeke, Skrywers,Digters en Dinge deur Naledi en Fanie 2021-03-02 Die Land Brand deur Susan Fourie

Boeke, Skrywers,Digters en Dinge deur Naledi en Fanie 2021-03-02

aangebied deur Fanie elke Dinsdag om om 11:00 (CAT)

Boeke beskikbaar op die Naledi aanlyn boekwinkel

Luister weer

Naledi, Johan Coetzee, Die land brand , Susan Fourie,Kaptein Seely, Wendy Maartens, Coach Loffie, Wenke vir Wenners, Die Sideboard, Adam Smal,Sirkel van Noodlot, S T Potgieter,

DIE LAND BRAND deur Susan Fourie

R220.00

ISBN: 978-1-928518-83-9

Covid-19 kry die wêreld in sy mag en groei tot ’n orkaan van ongekende omvang. Almal is saam in die storm, maar in verskillende bootjies. Sommige is eensaam en alleen in ’n bootjie; in ander bote is daar te veel mense vir die beperkte ruimte. Mense raak benoud. Benoude katte maak benoude spronge. Wanneer die lewe jou uit die bekende grond van ’n bepaalde bestaan ruk en sonder waarskuwing op ’n onbekende plek laat val, kan jy uithaak. Dan begin dinge komieklik raak. ’n Bevolking in huisarres – gevangenes sonder ’n misdaadrekord. Terwyl die misdadigers op vrye voet is – besig om die septer te swaai en die land te verwoes. Verskroeide aarde onder kwarantyn. Honger mense se kos word gesteel deur dié wie se spense oorvol is. Mense wat absurde wette oortree, kry ’n misdaadrekord. Vir party word dit pikker as pikswart; ander strek hulle hande uit om elke nuwe dag te omhels. Hierdie boek kyk na dit wat as buite-normaal, skokkend, tragies, ongemaklik of komies ervaar is in die ses maande vanaf vlak vyf tot vlak een van die pandemie.

Never in the history of ever the world has faced a catastrophe of this size. Covid-19 extended to a hurricane of unprecedented magnitude – within an ocean the size of the world. All together we are braving the storm, but find ourselves in different boats. Some sail in solitude, while others do not find enough breathing space amongst too many people. Life is snatched from the familiar way of existence and dropped without warning into a strange place. Then it may happen that you lose your head and start doing funny things. A population under house arrest – prisoners without a criminal record. While criminals are at large – wielding the scepter and destroying the country. Hungry people’s food is stolen by those whose pantries have barely space for more. People who broke absurd laws now have a criminal record. For some, it becomes darker than pitch black; others stretch out their hands to embrace each new day. This book helps the reader to look back at things which was perceived as out-of-normal, shocking, tragic, uncomfortable or comical during the six months from level five to level one of the pandemic.

Om die boek te koop klik hier    

Vir spesiale aanbiedings klik hier      

of gaan na: https://naledi.online/