Rosynebrood

BESTANDELE:
1 pakkie Bruismeel
1×250 g pitlose rosyne
1 houertjie karringmelk
2 eetl. suiker
2 gelyk teelepels bakpoeier
knippie sout

METODE:
Stel oond op 180ºC. Sif droë bestanddele saam, meng suiker saam, gooi rosyne by en voeg die karringmelk by. Ek skud altyd die kartonnetjie agterna met ‘n bietjie melk uit. Meng deeglik met houtlepel. Skep uit in gesmeerde broodpannetjie en bak vir een uur. Keer uit en laat afkoel.
Hierdie broodjie is ‘n wenner. Soos met alle kitsbrode, is dit op sy lekkerste op die eerste dag.
[image: image.png]

Mieliebrood

Bestanddele:
– 500 g bruismeel – 1 blikkie* cream style* suikermielies – halwe teelepel sout – 1 koppie gerasperde kaas – 1 handvol grofgekapte vars basiliekruid – 1 blikkie melk (vul die leë blikkie van die suikermielies)
Metode:
– Voeg al die bestanddele in ’n mengbak. – Vul die leë blikkie suikermielies met melk en voeg by die res. – Meng alles goed. – Spuit ’n broodpannetjie en skep die mengsel daarin. – Bak vir 1 uur by 180°C
[image: image.png]

LEKKER VLEISPASTEITJIES

Deeg: Vryf 625 g margarien in: 6 koppies meel ½ teelepel kremetart 1 ½ teelepel sout Maak aan met 3 eiergele en 60 ml witasyn saamgeklits in 3/4 koppie yswater.Vou toe in plastiek en plaas in yskas vir ten minste 6 ure. Die beste resultate word verkry wanneer deeg koud is.
Vulsel: Kook saam: 1 kg gemaalde vleis ½ teelepel sout en ¼ koppie blatjang
Sodra vleis deurgekook is, voeg by: ½ teelepel aromat ¼ teelepel naeltjies ½ teelepel mosterd ½ pakkie Knorr Meat Ball Maker en ¼ koppie hawermout 1 sny geweekte bruinbrood
Druk al die water uit die brood. (ek sit nooit die brood in nie, die hawermout bind die vleis genoeg) Meng alles goed en laat prut vir 14 minuut. Druk in glasbak en laat koud word in yskas. Sny stroke en plaas op uitgerolde deeg. Vou toe en rol om, sny in verlangde groottes, smeer met geklitste eier. Bak tot mooi bruin by 180°C.
[image: image.png]

Calzone met Salsa

Bestanddele
*Calzone*
– 125 g kleingesnyde blokkies gerookte hoender – 65 ml gaar mieliepitte – 65 ml fyn blokkies rooi soetrissie – 45ml fyn blokkies murgpampoentjie – 45 ml fyn blokkies rooi ui – 250 ml grofgerasperde, sterk kaas – 15 ml gedroogte Italiaanse gemengde kruie sout en grofgemaalde swartpeper na smaak – 500 g winkeldeeg
*Salsa*
– 250 ml fyn blokkies tamaties – 45 ml baie fyngekapte rooi ui – 10 ml gedroogde oregano – 10 ml fyngekapte knoffel – 30 ml olyfolie – 10 ml gewone wit asyn – 15 ml tamatiepuree – 10 ml suiker sout en peper na smaak
Metode
Vir die *calzone*, meng al die bestanddele saam behalwe die deeg.
Roll die deeg in ‘n sirkel uit en sit die deeg op ‘n groot, gesmeerde bakplaat.
Skep die vulsel op een helfte van die deegsirkel.
Vou die ander stuk deeg oor die vulsel en vou die deegrandjies oor in ‘n rolletjie.
Knyp die deeg deeglik toe sodat die vulsel nie maklik sal uitloop nie.
Bak teen 180°C vir 20 – 30 minute.
Meng intussen die *salsa *se bestanddele saam en skep in ‘n opdienbakkie.
Bedien 2 – 4 porsies (afhangende van die gang en aptyt [image: ☺]) saam met die salsa.
*Tjoen die vulsel: *voeg gedroogte rooi brandrissievlokkies na smaak by en probeer gerus ook gekoopte BBQ sous of basieliekruid-pesto. [image: image.png]

Foccacia in Drie Dele

Bestanddele
*Foccacia*
– 1 kg winkeldeeg – olyfolie – witwyn-asyn – growwe sout en varsgemaalde swartpeper
*Babatamatie & Basieliekruid-deel*
– 250 ml babatamaties, gehalveer – 125 ml basieliekruidblare, grofgeskeur – 2 groot, dungesnyde knoffelhuisies
*Drie Kase & Roosmaryn-deel*
– 125 ml dun skyfies *Taleggio *kaas (mozzarella sal ook doen, as dit moet) – 100 g rolletjie bokmelkkaas, in klein stukkies gebreek – 125 ml grofgerasperde Parmesankaas – 15 ml grofgekapte roosmaryn
*Klassieke deel *(hoeveelhede na smaak)
– gerookte mozzarella skywe – dun knoffelskyfies – ansjovis-filette – ontpitte swart olywe – gedroogde origano
Metode
Smeer ‘n bakplaat met botter of spuit met kleefwerende sproei. Druk die deeg binne in die pan sodat dit die hele oppervlakte bedek. Prik die deeg met ‘n vurk en bak vir 8 minute teen 180°C.
Rangskik na smaak, die bestanddele hierbo in drie afsondelike dele oor die deeg. Bedruip na smaak met olyfolie en asyn en geur met growwe sout en varsgemaalde swartpeper.
Bak verder vir 15 minute teen 180°C of tot deurgebak.
Bedien 6 – 8 met ‘n slaai, sop of as happie saam met drankies
*Tjoen: *Sprinkel enige van die dele (of al drie) met gedroogde rooi brandrissievlokkies. En as jy lus is, kap sommer mildelike hoeveelhede varsgekapte kruie oor. [image: image.png]

Brood in die koolstoof

Bestandele:
6 koppies meel 2 koppies louwarm water 1 en halwe lepel sout Halwe koppie suiker Kwart koppie olie Een sakkie Gis
Metode:
Sit Meel en suiker en sout en olie in ‘n bak en sit die gis saam die louwarm water in een bak en dan voeg dit by die ander mengsel.
Laat rys, knie af en sit in die pannetjies en laat verder rys. Kool stoof matig met hitte. [image: image.png] [image: image.png]

Beestong met mosterdsous

*Bestanddele*
1 kg beestong 1 klein ui 1 klein geelwortel vars seldery of pietersielietakkies knippie sout 4 peperkorrels 2 heel naeltjies
Sous:
125 ml suiker 60 ml mosterdpoeier 30 ml koekmeel 250 ml kookwater 250 ml mayonnaise 125 ml witasyn sap van 1 suurlemoen

*Metode*
Kook die tong met die groente, geurmiddels en speserye tot sag. Verwyder die buitenste membraam en oortollige vet. Laat afkoel. Sny in skywe en pak in ‘n oondvaste bak. Stel oond op 160°C.
Vir die sous: Meng die droë bestanddele saam en voeg die res, buiten die broodkrummels by. Kook stadig deur oor lae hitte. Giet sous oor skywe vleis in bak en strooi vars broodkrummels oor. Bak 25 – 30 minute.
Wenk: Die gereg vries maklik en kan net voor opdiening teen ‘n lae hitte ontdooi word. Sit voor met ‘n lekker bros slaai. [image: image.png]

Patatwiele

5 patats gekook en fyn gedruk en afgekoel moenie waterig wees nie) 1 rol blaardeeg – ontdooi 1 kop kaneelsuiker ((kaneel en suiker mengsel) 1 kop bruinsuiker 1 kop room
Voorverhit oond 180 C
Rol blaardeeg effetjies uit Smeer patat oor die deeg Strooi helfte van die kaneelsuiker oor die patat Rol die deeg op, bere in die yskas vir halfuur Sny in duim dukte wiele Pak wiele in vuurvaste gesmeerde oondbak Meng die bruinsuiker en room, en giet eweredig oor patatwiele Strooi res van die kaneelsuiker oor Bak vir 45 minute in voorverhitte oond, bedien warm
[image: image.png]

My “Spur style” Uieringe

1 groot ui 2 kop koekmeel 1 tl bakpoeier ½ tl peper bietjie sout 250 ml melk
*diep bre*ë* pan of pot, jy wil nie uie opmekaar laat hoop nie *kookolie vir diep braai *lekker groot bak met deksel wat goed kan se*ë*l
Sny uie in baie dun skyfies en maak ringe los van mekaar. Plaas in ‘n mengbak,gooi melk oor en meng mooi deur, Plaas nou in vrieskas tot melk kristalle begin vorm Droog nou yskoue uie snippers effens op skoon kombuis vadoek In jou groot bak met deksel , gooi koekmeel , bakpoeier, sout en peper, sit deksel op en skud so bietjie. Gooi nou uieringe in koekmeel, sit deksel op en skud liggies en tuimel bak al in die rondte, dat uie mooi gedek is
Verhit olie tot baie warm in ‘n diep bre*ë* pot of pan Skud oortollige koekmeel effe af en sit hopies vol in warm olie, moenie roer nie Dit vat paar minute, hou dop wanneer kleur begin verander,en bruin begin raak roer nou liggies deur en bak dan tot goudbruin en krakerig
Dreineer van olie met gaatjies lepel, bedien dadelik, sprinkel met sout
[image: image.png]