Plundering Ontbloot deur Fanie Cronje R200

Koop op Amazone klik hier

Fanie Cronje
Plundering Ontbloot is ‘n spanningsroman oor die staatskaping wat die meeste Suid-Afrikaners so die harnas ingejaag het. Die verhaal gee ‘n feitelike weergawe van die slim wyse waarop die intelligensie verkry word om die plunderaars aan die pen te laat ry. Ruan Terblanche, ‘n voormalige agent van die Nasionale Intelligensiediens, span sy kennis in om die booswigte te jag. As navorser by die Instituut vir Navorsing, kan Ruan nie net terugsit terwyl grootskaalse ekonomiese terreur plaasvind nie. Hy spring aan die werk … Die skrywer, Fanie Cronje, deesdae ‘n sakeman en deeltydse omroeper by Netradiosa,was vir vyftien jaar werksaam by die Nasionale Intelligensiediens. Hy gee lewe aan Ruan Terblanche as ‘n kader in die geheime wȇreld van die Intelligensiediens. Hy weet hoe want hy was daar.

koop op Naledi se aanlyn winkel of op Amazone  http://naledi.online/product-category/nuwe-vrystellings/page/4/


 

Het jy ‘n boek geskryf

Het jy ’n boek geskryf?

Naledi het die volgende voorskrifte vir manuskripvoorleggings:

  • Stuur jou manuskrip in Word-formaat wat geset is in ’n maklik leesbare lettertipe soos 12 pt Arial of Times New Roman met dubbelspasiëring.
  • Sluit ’n dekbrief in wat die volgende inligting bevat:
  • Jou kontakbesonderhede
  • ’n Kort opsomming van die inhoud van jou boek: Vertel ons in een bladsy waaroor jou boek gaan.Wat is die sentrale temas, wie is die sentrale karakters. Is jou boek bv. ’n spanningsroman of ’n liefdesverhaal?
  • ’n Kort biografiese opsomming: Vertel ons wie jy is. Het jy enige vorige publikasies agter jou naam?
  • ’n Kort bemarkingsplan: Hoe lyk jou boek se teikengehoor? Het jy enige bemarkingsidees?

Stuur gerus jou manuskrip na naledi@mweb.co.za. Naledi neem gemiddeld 1-2 maande om terugvoer oor manuskripte te gee.

http://naledi.online/winkel/


 

Potgooi – Digters en Skrywers 23 Julie 2019 met Wanda du Plessis se voorlesings

Digters en Skrywers 23 Julie 2019 met Wanda du Plessis se voorlesings

Dinsdae om 11vm (CAT) saam met Cathy

Klik op die skakel om te luister


 

Uitnodiging aan skrywers/ Invitation to Authors

Alle skrywers en voornemende skrywers word uitgenooi om die webtuiste te gebruik om hulle werk wëreldwyd aanlyn te bemark.

All writers and prospective writers are invited to make use of this website to market their work online worldwide.

https://www.bookhut.co.za/

    Naam/Name (Word Vereis/Required)

    E-Posadres/email(Word Vereis/Required)

    Onderwerp/Subject

    Boodskap/Message