Waar daar blootstelling aan skrywers gegee word met hulle werke nasionaal en internasionaal en radio onderhoude met hulle gevoer word
Speaiale aanbod aan alle skrywers
Maak jou merk in die Kuber Ruimte vandag
Bemark jou woordkuns met jou eie web blad
Gratis Domain lewenslank geen jaarlikse hernuwing met Hosting R20per maand
Kontak my corrie@uni-lab.co.za whatsapp 083 460 9848 of lewer kommentaar met jou epos adress of whatsapp besonderhede onder aan pos
Vandag Skaduwees deur Louis B Rautenbach – Radio onderhoud 25 April 2017
Besoek Louis se web blad https://louisrautenbachskrywer.tk
Hierdie bangmaker roman gaan oor ʼn kind wat alreeds van ʼn baie jong ouderdom met bonatuurlike verskynsels te doen kry.
Alhoewel hierdie nie ʼn kinderverhaal is nie, is dit ʼn goeie oorgangsboek wat geskik is vir die volwasse- sowel as tienerleser. Dit raak geestelike verskynsels aan en beskryf sekere interaksie daarmee wat hy oor ʼn tydperk van jare ervaar het.
Daar gebeur dikwels onverklaarbare dinge in die geesteswêreld, veral rondom die lewens van klein kindertjies. Die geestelike realm is ʼn bedrywige omgewing, tog is hierdie gawe slegs aan ʼn beperkte groep mense beskore is, of hulle dit wil of nie. Nogtans raak hierdie interaksie met geestelike wesens die meeste kinders en vergeet die meeste weer dikwels daarvan.
Kinders is onkundig, naïef, onskuldig, en kan nie altyd dit wat hulle sien, met die regte woorde beskryf nie, bloot omdat hul woordeskat nog-nie genoeg uitgebrei het nie en hulle dus aan die regte woorde ontbreek. Grootmense verstaan dan nie wat hulle probeer sê nie, en in hul ongeduld maak hulle dit as onbenullig af. Wanneer ʼn kind snags ʼn vreesaanjaende of slegs net ʼn nare ondervinding beleef, moet dit nie deur grootmense of ouers ligtelik opgeneem word nie. Luister eerder sorgvuldig na wat die kind probeer sê, hoe hulle vreemde ervarings beskryf en hanteer dit sonder dat die kind agterkom dat daar ongesond baie waarde aan geheg word. Enige kontak tussen met die geesteswêreld wat ontstellend deur die kind ervaar word, moet versigtig en met empatie hanteer word.
Die gemoedsversteurings, depressie en gepaardgaande negatiewe reaksie daarop irriteer mense wie glad-nie hierdie verskyning ken en verstaan nie. Onkundige en oningeligte mense beskou dit as onbelangrik en word die kind se ervarings maklik as verbeelding, stoutigheid, of bloot bangheid beskou. Al is daar baie teorieë, kan sielkundiges, wie hierdie vermoë om in die geestelike realm te kan sien, in hul eie familiekring ervaar, dit self ook nie verklaar nie.
Blywende emosionele skade kan aangerig word indien die kind se ervarings met ongeduld afgemaak word as verbeelding, stoutigheid of bloot nagmerries. Soms kan sekere depressie en onverklaarbare gemoedsversteurings vinnig ontlont word deurdat hierdie ervarings met slegs die nodige aandag hanteer word.
Hierdie verhaal van ʼn kind wat eerstehands met die geestewêreld te doen kry, bevat die elemente van ʼn bangmaker, maar het ook ʼn boodskap van hoop en redding. Die verhaal ontvou reeds van kleutertyd met eerstehandse kontak met die geestewêreld. Die reaksie en gevoelens wat deur die kind ervaar word, word breedvoerig beskryf.
Alhoewel die storie aanvanklikhandel die bonatuurlike en onverklaarbare ervarings verhaal, beskryf dit uiteindelik ook interaksie met positiewe voorgevoelens, drome, visioene en selfs ervarings met engele
Waar ek onderhoude voer met skrywers oor hulle boeke en vir hulle blootstelling nasionaal en internasionaal met my program
Indien jy wil adverteer of blootstelling in die aanlyn FARMERSAID Tydskrif wat ook internasionaal verskyn , wil hê wat maandliks verskyn kontak my gerus vir ‘n packet om jou sak te pas
Vandag gesels ek met Elsabie VD Westhuizen
: BOEK: BITTER EN SOET VAN `N OUER SE LEWE
In die boek gesels Elsabie oor haar pyn en hoe sy dit verwerk het en gee ook raad aan ouers met gebroke harte wat deur dieselfte bittere trauma gegaan het – Die Trauma kan ‘n mens en jou huwelik jou hele lewe vernietig en ek is seker daarvan dat die boek baie sal beteken vir menig gebroke ouerhart.
Sy het ook Die boek Klip Hart Vingerklip geskryf en haar boeke word ook voorgelees deur Cathy Louw Dinsdae om 11vm in haar program Skrywers en Digtersforum net hier op Netradiosa stuur gerus jou woordkuns vir Cathy om voor te lees
Voorwoord
Die doel van die boek is in die eerste plek om aan die Here eer
te betoon deur die wonder van Sy betrokkenheid in ons tye van
trauma en verlies te beskryf. Ek het ook daarmee gepoog om
die wonderwerke wat ons voor, tydens en na ons seun se dood
beleef het, uit te beeld om aan die wat tans treur, hoop te gee.
Tydens `n onlangse kursus wat ek gedoen het saam met die
Joernaliste van Skryfgeheime, was die behoefte aan so boek
bespreek. Afgesien van behoefte, het ek `n dringendheid in my
ervaar om gestalte te gee aan `n boek oor ons kind se dood.
Verhouding met God in die gesin asook in die lewe van `n kind
is `n baie belangrike aspek wat ek hier aangeraak het. Ek het
ook die ervaringe van elkeen in die gesin gedeel asook die foute
wat ons gemaak het in ons tyd van rou.
Aan die einde het ek `n hoofstuk gewei aan die rouproses in
geheel. Dit was geneem uit eie ervaring maar ook versterk en
bevestig deur bykomende navorsing. Ek het waar nodig selfs
fotos ingelas om die werklikheid visueel `n groter waarheid te
maak. Ek wou deur die vertelling van ons eie ervaring, mense
wat in wanhoop verkeer help om weer te fokus en tydens die
rouproses hulp te aanvaar. Tydens `n onderhoud op Radio
Kansel in die maande na ons kind se dood, het die hulproep van
mense reeds duidelik gewys. Die boek mag dalk as verdere
hulpmiddel saam met ander van dieselfde onderwerp dien. Elke
mens is uniek en so ook elke verhaal.
Bietjie meer oor Elsabie uit haar eie pen:
Ek is 57 jr oud, getroud en ma van twee kosbare kinders, beide getroud en het twee kleindogters. Ek en my man woon in Zeerust, Noordwes. Ek is `n vryskut Tydskrif Joernalis. In werklikheid maar enkele artikels gedoen, waarvan een oor kanker gehandel het en was in LIG Tydskrif geplaas. Op een stadium was dit vir `n Radio Onderhoud vir Tafelberg Radio gebruik. Ek het `n kursus gedoen deur Skryfgeheime, gelei deur Liezl Heidtmann en Janie Oosthuizen om my skryfstyl bietjie af te rond. (Ek leer nog elke dag! Mens is nooit te oud nie.)
Ek was medewerker vir Riana Scheepers se kinderboek “Rympies vir Pikkies en Peuters” en verder skryf ek al jare boekies vir Ouetehuise en Gevangenis. Was betrokke by Gevangenis in Thailand vir paar jaar. Het meer op geestelike gebied hulp verleen. Na `n ongeluk 2012 en vier operasies, waarvan twee aan my nek, het ek die kursus aangepak en my skryfwerk baie ernstiger opgeneem en laat my tweede boek nou druk deur Marleo Publiseerders.
Ek skryf ook huidig `n paar Film Draaiboeke en werk ernstig aan komende Produksies. Dit sal ek egter eers later bekend maak.
Elsabie xxx
Die boeke is gedruk deur Johta Drukkers en gepubliseer deur Marleo publiseerders
Indien jy wil adverteer of blootstelling in die aanlyn FARMERSAID Tydskrif wat ook internasionaal verskyn , wil hê wat maandliks verskyn kontak my gerus vir ‘n pakket om jou sak te pas.