Cremoratert met styl

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Cremoratert met styl
*Bestanddele*
* KORS * *2 pakkies (200 g elk)*Tennis- of Eet-Sum-Mor-­beskuitjies, gekrummel * *250 g*botter, gesmelt * VULSEL * *1 pak (250 g)*Cremora­melkpoeier * *125 ml (½ k)*kookwater * *1 blik (385 g)*kondensmelk * *125 ml (½ k)*suurlemoensap * MERINGUE * *2*eierwitte * *180 ml (¾ k)*strooisuiker * *’n knippie *sout en kremetart
*Metode*
Voer twee klein brood­pannetjies met tinfoelie of kleefplastiek uit.
·*Kors:* Meng die krummels en botter en druk in die pan vas. ­Verkoel.
·*Vulsel:* Los die melkpoeier in die kookwater op. Laat afkoel. Klits die kondensmelk en suur­lemoensap saam. Voeg die melkpoeiermengsel by die kondensmelkmengsel en klits tot dik en wit. Skep in die panne, maak gelyk en verkoel tot stewig.
·Haal die tert uit die ­pannetjie en plaas op ’n opdienbord. Verwyder die tinfoelie of kleefplastiek.
·*Meringue:* Klits die eierwitte tot skuimerig. Voeg die suiker lepel vir lepel by. Voeg die sout en ­kremetart by en klits tot lig en blink. Smeer die meringue bo-oor die tert.
·Skroei liggies met ’n blaasvlam.
Bron Huisgenoot

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply