Crime Time 2019-10-02

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Skakel om te luister:

Link to listen:

Goeie naand! Dis so net na 18:00 en Trevor Nasser se Vyfster
se vir jou dat dit tyd is vir Crime Time waar ek jou `n blik op die
misdaadwereld gee. Ek is William Munnik en hoop jy gaan lekker saam met my
kuier vanaand. Ek hoop jy het `n misdaadvrye week gehad. Dit is ongelukkig nie
die geval met baie van Suid-Afrika se burgers nie. Daar was weer onluste die
hele land vol. Om nie te praat van al die moorde, verkragtings en gewapende rowe en Motorkapings ens nie. Die afgelope twee weke het ek met julle gepraat oor die Misdaadstatistieke van die boekjaar 2018/2019. Dit was skrikwekkend om te sien hoe die misdaadsyfer  in  die  land gestyg het. Wat maak n mens in die geval om nie n slagoffer van hierdie geweldsmisdade te word nie? Dit is presies wat ek met jou gaan bespreek na die mussiekbreek. Op die draaitafel het ek vir jou
vir Afrojack en Martin Garrix met Turn up the speaker en Taylor Swift met Bad Blood en The Police met Every breath you take.

 

Dit was Afrojack en Martin Garrix met Turn up the speaker en Taylor Swift met Bad
Blood en The Police met Every breath you take en ek is William Munnik met Crime
Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Voor die breek het ek aan
jou die stand van geweldsmisdaad gewys Dit is ook `n
bewys dat misdaad nie diskrimineer teenoor ras of geslag of inkomste of
geloofsoortuiging ens nie. Misdaad kan met enigiemand gebeur en enige tyd
toeslaan. Vanaand gaan ek met jou sekere geweldsmisdade bespreek en die eerste
een is Moord.

 

MOORD:

 

Moord is iets wat voorbladnuus gewees het toe ek `n kind
was, want jy het nie gehoor daarvan nie. Ek kan baie goed onthou toe Kapt.
Andre Stander banke begin beroof het in die vroee 80`s. My ouers was te bang om
bank toe te gaan en dit was voorblad nuus in die koerante. Vandag is moord nie
eers meer op bladsy 3 nie. Moord het iets alledaags geraak om van te hoor en
van te lees.

 

Wat is moord? Moord is die wederegtelike en opsetlike neem
van `n ander persoon se lewe. Dit beteken dus dat jy `n ander persoon doelbewus
moet doodmaak. Baie mense gaan se dat hy dit nie sal kan doen nie, maar die
harde feit is dat enige persoon instaat is tot moord as hy homself in die regte
omstandighede bevind. Mans is meer gewelddadig wanneer dit by moord kom. Mans
sal baie maklik `n mes of vuurwapen of selfs sy kaal hande gebruik om iemand
dood te maak. Vrouens aan die ander kant is weer meer subtiel en sal goed soos
gif gebruik om hul slagoffers dood te maak. Dink maar aan Daisy De Melker wie
haar mans vermoor het met arseen. Dan is daar ook die doodsengele wie gewoonlik
verpleegsters in hospitale is en dan hulle slagoffers sag laat heengaan. Ongelukkig
in Suid-Afrika is moord gewelddadig. Dink maar aan hoe mense vermoor word. Van
Breda wie sy familie uitgewis het met `n byl. Sy suster wie vir haar lewe geveg
het om te oorleef na sy aanval. Hy is gelukkig skuldig bevind aan die moord en
gaan volgende maand gevonnis word. Dan kan jy gaan kyk na gewelddadige moorde
van mense wie nie dieselfde politieke sienswyses het nie. Dan is daar die moorde
op vroue en kinders en moorde vir muti. Ja mense wat doodgemaak word sodat
toordokters toorgoed van hulle liggaamsdele kan maak. Die albino gemeenskap is
die grootste teikens van hierdie moorde. Om nie te praat van plaasaanvalle en
plaasmoorde nie, waar die boere en hulle vrouens wreed gemartel en verkrag word
en selfs weerlose kinders in kokende water gegooi word. Moord is egter nie `n
nuwe verskynsel nie. Nee glad nie. Moord is die oudste misdaad in die wereld.
Ja moord, nie prostitusie nie. Ons lees daarvan in Die Bybel so vroeg as
Genesis 4 waar Kain jaloers was op sy broer Abel en Kain toe vir Abel met `n
klip doodgeslaan het. So om te moor is deel van elkeen van ons. Dis in ons DNA.
Om koelbloedig te vermoor is egter nie deel van ons almal nie. In Eksodus 20
lees jy dan ook dat die sesde gebod van tien is dat jy nie mag doodslaan nie. Daar
is wel `n verskil tussen moord en koelbloedige moord. Die verskil is dat `n
koelbloedige moordenaar sal moor bloot omdat hy so voel, sonder dat sy
slagoffer hom `n rede gee. Moordenaars word gewoonlik gevonnis tot lewenslange
gevangenisstraf wat gewoonlik 25 jaar gevangenisstraf beteken. Daar is nog
sekere lande in die wereld en sekere state in Amerika wat die doodstraf gee vir
moord. Ongeag watter straf die moordenaar kry, die familie en vriende van die
vermoorde moet vir die res van hulle lewens saamleef met die feit dat `n vader
of moeder of broer of suster of neef of niggie nie meer daar is nie as gevolg
van die aksies van `n ander persoon. Dit is trauma wat jou nooit verlaat nie.
Voor ek oorgaan na die volgende geweldsmisdaad, verkragting, gaan ek vir `n
musiekbreek en ek speel vir jou vir Mwah en Elvis se Seun met Sandra Prinsloo en Britney Spears met Baby one more time en Tatu met Not gonna get us.

 

Dit was  en ek is Mwah en Elvis se Seun met Sandra Prinsloo en Britney Spears met Baby one more time en Tatu met Not gonna get us en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee.
Voor die musiekbreek het ek vir jou vertel van geweldsmisdade en het gepraat
oor moord. Nou gaan ek met jou praat oor verkragting. Daar heers `n
miskonsepsie by mense dat verkragting `n produk van `n sekslus of seksdrang is.
Dis egter baie ver van die waarheid. Verkragting het absoluut niks met seks te doen
nie. Ja dit is waar dat die daad gepleeg word deur seks met die persoon te he,
maar die motief vir verkragting is nie seks nie. Die motief is inderwaarheid
mag. Dit gaan oor die mag wat die aanvaller op die slagoffer het. Verkragting
word ook gewoonlik gepleeg deur iemand wie jy baie goed ken. Ongeveer 90 % van
verkragtings word deur mense gepleeg wie die slagoffer goed ken. Die ander 10%
is die verkragtings deur onbekende mense. Onthou om iemand te verkrag, moet jy
altyd tot teenaan die persoon kom en om dit reg te kry, moet jou slagoffer jou
ken of vertrou. Dit maak mos net sin.

 

Verkragting:
Verkragting word gedefinieer as die wederegtelike en opsetlike
geslagsgemeenskap met `n man of vrou sonder sy of haar toestemming. Tot en met
`n paar jaar gelede, kon net vrouens verkrag word, maar die wet op seksuele
misdrywe is geskryf en dit sluit nou die geslagtelike gemeenskap met mans ook
in sonder hulle toestemming.Die daad kon
uitgevoer gewees het deur fisieke geweld, dwang, magsmisbruik of teen iemand
wat nie in staat is om geldige toestemming te verleen nie, soos iemand wat
bewusteloos of buite aksie is of onder die wettige ouderdom is.[1] Die
term “seksuele aanranding” word soms gebruik in plaas van
“verkragting”.  Die
elemente wat teenwoordig moet wees om verkragting in die hof te bewys is dit
moet wederegtelik wees en dit moet opsetlik wees. Ja jy kan nie `n persoon per
ongeluk verkrag nie. Daar moet ook penetrasie van die persoon se liggaam
plaasvind. Dis nou hier waar dit interessant raak, want die wet se nie dat die
voorwerp waarmee gepenetreer wel `n penis moet wees nie. Dit laat dit uit. Met
ander woorde as jou liggaam gepenetreer word, hetsy anal of vaginaal of selfs
in jou mond, kan jy `n klagte van verkragting maak as dit teen jou wil of
sonder jou toestemming gebeur. Onthou die ander element is toestemming. As
toestemming ontbreek en jy het seksuele omgang met `n persoon, is jy besig om
te verkrag. So jy moet baie versigtig wees. `n Dronk mens kan volgens die wet
nie toestemming gee nie. Dus as jy `n dronk man of vrou in `n kroeg ontmoet en
julle gaan huis toe en het seksuele omgang en een van die partye voel die
volgende oggend dat hy of sy nie toestemming gegee het vir die seks nie, is die
ander party in die moeilikheid, want wettig het hy dan verkrag en kan hy/sy
kriminele vervolging en arrestasie in die gesig staar.So wees baie versigtig.
Die gevaar ontstaan dan juis dat mans en vrouens in drinkplekke bedwelm kan
raak deurdat daar verdowingsmiddels in hulle drankies gegooi word sonder hulle
medewete en dan later verkrag word. Verkragting word ook gebruik om mense wie
slagoffers van menslike slawerny is te leer wie is baas en om hulle te domineer
sodat hulle te bang is om te probeer ontsnap. Die uiteinde is dat hulled an
later gebruik word as prostitute deur hulle eienaars.

 

Die aanmelding van verkragting is baie swak in ons land al
is die statistieke redelik hoog. Statistieke se dat daar elke 26 sekondes
iemand verkrag word. Dit is erg as jy daaraan dink. Die mate waarin verkragting aangemeld,
vervolg of skuldiges gevonnis word, verskil grootliks van gebied tot gebied.
Die voorkoms van bekende voorvalle van verkragting het in 2010 gewissel tussen
0,2 per 100 000 mense in Azerbeidjan en 92,9 per 100 000 mense
in Botswana. Die gemiddelde was 6,3 per 100 000
mense in Litaue.[3] Volgens
die Amerikaanse Mediese Vereniging (1995) is seksuele geweld, veral
verkragting, die misdaad wat die minste aangemeld word.[4][5]
Verskeie studies toon aan die verkragting van mans deur mans en vroue deur
vroue in tronke is die soort verkragting wat die
minste aangemeld word. Die rede daarvoor is gewoonlik die vrees vir vergelding
deur die misdadiger. Aanmelding is verder swak onder die bree publiek as gevolg
van `n element van `n gevoel van vernedering wat oor en oor afspeel wanneer die
ondersoek gedoen word en vrae wat aanhoudend gevra word. hierdie vrae is egter
nodig om die saak suksesvol in `n hof te kan aanvat.

 

Wat gebeur as jy wel die saak aangee by die polisie. Die
polisie het `n duidelike stel reels oor wat gedoen moet word as iemand `n saak
van verkragting aangee. Eerstens moet so `n persoon apart in `n veilige
omgewing gespreek word. Elke polisiestasie het `n traumakamer waar sulke
onderhoude gehou kan word. As die slagoffer voel dat hy/sy deur `n vroue lid
gehelp wil word, moet daar aan die versoek voldoen word. `n Lid van die GKS
eenheid sal dan die ondersoek verder vat. Die slagoffer moet ook na die
hospitaal geneem word waar `n dokter die nodige DNA monsters ens sal nee mom
die saak te kan bewys in die hof. Dit is dus belangrik om te onthou om nie te
bad of om jouself te was of selfs toilet toe te gaan nadat jy verkrag is nie
sodat belangrike getuienis nie verlore gaan nie. Dit op sig self is `n
traumatiese ervaring op sy eie.

 

Rit na die hospitaal.

 

By die hospitaal. Crime kit 3 en 5 vir verdagte.

 

Mense wat verkrag is, kan erg getraumatiseer wees en kan
aan posttraumatiese
stressteuring
 ly;[10] benewens
die sielkundige skade
kan verkragting ook lei tot fisieke beserings, seksueel
oordraagbare infeksies
 en swangerskap. Soms
kry verkragtingslagoffers geweldddadige dreigemente van die verkragter en, in
sommige kulture, van die slagoffer se eie familie.

 

Dis weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir

 

Dit was  en ek is William Munnik met
Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Voor die breek het ek
met jou gepraat oor verkragting.

 

Voorkoming:

 

Hoe voorkom jy dat jy verkrag word? Dit is nie maklik nie,
maar daar is `n paar wenke. Doen `n selfverdedigingskursus om jouself te
bemagtig sodat jy jouself sal kan verdedig in `n geval waar iemand jou wil
verkrag. Moenie alleen na drinkplekke toe gaan nie. Moenie jou drank oop los en
gaan dans en dan weer verder drink nie. Moenie na donker alleen in die strate
rondloop nie.

 

Die tyd het my gevang en dis tyd vir groet. Ek gaan uitspeel
met  Ed Sheraan en Justin Bieber met I don’t care.

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

Be the first to comment

Leave a Reply