Crime Time: Bejaardes

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Goeie naand. Dis net so skuins na 18:00 en Trevor Nasser se
Vyfster se vir jou dat dit tyd is vir Crime Time waar ek jou `n blik op die
misdaadwereld gaan gee. Ek hoop jy het `n misdaadvrye week gehad. Die afgelope
week is weer geken deur gewelddadige protesaksie en plaasmoorde en plaasaanvalle. Dit het nou eenmaal maar net deel geraak van alledaagse lewe in Suid-Afrika.

 

Vanaand gaan ek nie verder gesels oor onluste of plaasmoorde of plaasaanvalle nie , maar
oor `n onderwerp wat my baie na aan die hart le en dit is die sorg en
behandeling van bejaardes. Facebook en sosiale media is vol van CCTV beelde van
versorgers wie bejaarde mense mishandel. Jy hoef net `n ouetehuis te besoek om
te sien hoe die bejaardes daar gelaat word deur hul families en hoe hulle net
sit en wag om dood te gaan. Jy kan sommer sien wie die bejaardes is wie so aan
hulle lot gelaat word, want dit is die bejaardes wat sommer `n geselsie met jou
aanknoop en straal as jy `n bietjie sit en met hulle gesels. Dit is baie
hartseer om te sien. Onthou hulle is ook mense en al is hulle oud, het hulle
nog dieselfde behoeftes as jongmense. Hulle soek ook liefde en aandag. Onthou
ook dat hulle siele nie oud raak nie. Hulle voel nog soos toe hulle 18 of 20
jaar oud was. Dis net hulle liggame wat nie meer wil byhou nie. Die hartseer is
dat die meeste bejaardes nie die liefde en aandag kry wat hulle verdien nie.
Daarom is die Ouer Persone wet wet 13 van 2006 geskryf. Voor ek gaan kyk wat se
hierdie wet, is dit tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Superhero
van Eden en Steve Hofmeyer en Demi-Lee Moore met Amanda en My Immortal met Evanescence

 

Dit was Superhero van Eden en Steve Hofmeyer en Demi-Lee Moore met Amanda en My Immortal van Evanescence en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Voor die breek het ek gepraat oor hoe sleg ons bejaardes behandel word en hoe hulle net liefde en aanvaarding soek soos ons jongmense. Die harde waarheid is dat ons almal oud
gaan word en dat ons kinders ons gaan behandel soos ons ons bejaardes behandel
het. Hoekom sal ons kinders dan beter wees as ons? Om die situasie te probeer
verbeter, is die Ouer Persone wet 13 van 2006 geskryf. Kom ek gaan kyk wat se
hierdie wet.

 

Implementering van
die wet:

 

Die wet moet op alle vlakke van die samelewing waar met ouer
mense gewerk word, geimplimenteer word. Dit beteken dus orals Hospitale,
privaat huise, ouetehuise, ens.

 

Uitvoering van die
wet:

 

  1. Die
    regte wat `n ouer persoon in gevolge van hierdie wet geniet, vul net aan by die
    regte wat hy/sy in terme van die wet op Menseregte geniet.

 

  1. Alle
    staatsorgane en verteenwoordigers van Staatsorgane moet die doelstellings van
    hierdie wet bevorder.

 

  1. Juristiese
    sowel as natuurlike persone word verbind tot hierdie wet.

 

Regte van ouer
persone:

 

Ouer persone geniet die reg ingevolge Art.9
van die Grondwet en mag nie onbillik hulle weerhou van

 

  1. Te
    deel in die gemeenskapslewe in enige posisie wat gepas is volgens hulle
    belangstellings en vaardighede nie.

 

  1. Om
    deel te neem in inter-generasie programme nie

 

  1. Om
    gekeer te word om organisasies of klubs te stig of om aan dit deel te neem vir
    ouer persone nie.

 

  1. Aktiwiteite
    wat sy/haar finansiele posisie kan verbeter nie.

 

  1. om in `n omgewing te leef wat tred hou met
    sy/haar veranderende behoeftes.

 

  1. Toegang
    tot fasiliteite om hul sielkundige, sosiale en fisiese en emosionele welstand
    optimaal te verhoog.

 

Dit is dus baie belangrik om kennis
te neem dat bejaardes met die nodige respek en deernis behandel moet word en
die wet is duidelik geskryf om dit te verseker. Dit is dan ook reg so.
Bejaardes verdien ons respek en verdien om met menswaardigheid behandel te
word. Bejaardes verdien ook ons beskerming. Na die musiekbreek gaan ek met jou
gesels oor die beskerming waarop `n bejaarde persoon geregtig is. Op die
draaitafel het ek vir jou vir Jean Michelle Jarre met Rendezvous en Gary Moore
met Parisian walkways.

 

Dit was Jean Michelle Jarre met
Rendezvous en Gary Moore met Parisian walkways en ek is William Munnik met
Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Voor die breek het ek
met jou gesels oor die regte wat `n bejaarde persoon geniet en hulle geniet
daardie regte met goeie rede, want hulle verdien dit. Nou gaan ek kyk na die
beskerming waarop `n bejaarde kan aanspraak maak en ook verdien.

 

Effek van Gesinsgeweld

 

`n Bejaarde persoon geniet die
volle beskerming van die wet op Gesinsgeweld. Jy sal verbaas wees hoeveel
bejaardes is deesdae die slagoffers van gesinsgeweld. Die kinders wil nie meer
die huis verlaat en self gaan werk en vir hulle huise koop of huur nie. Dan
maak die kinders ook nog kinders en bly en teer hulle almal op die arme
bejaarde. Die kinders los dan hierdie kleinkinders by die oumas en oupas om
groot te maak, terwyl hulle gaan jol. Baie selde gebeur dit dat hulle gaan
werk. As die bejaarde ouma of oupa nie meer kans sien om na die kleingoed te
kyk nie of wil nie hulle pensioengeld afgee nie, word die arme bejaardes sleg
gese en selfs aangerand deur hulle eie kinders en kleinkinders. Sulke gedrag is
laakbaar.

 

Ouer persoon wie sorg en beskerming nodig het:

 

Enige persoon wie in sy
professionele kapasiteit sien dat `n bejaarde persoon sorg of beskerming nodig
het, moet dit by die Direkteer-Generaal van Maatskaplike dienste aanmeld.

 

Enige persoon wie in sy persoonlike
hoedanigheid sien dat `n bejaarde persoon sorg of beskerming nodig het, moet
dit aan `n maatskaplike werker aanmeld.

 

Die Direkteur-generaal of
Maatsjkaplike werker by wie hierdie voorval aangemeld is, moet dit ondersoek.

 

As daar uit hoofde van die
ondersoek bewys word dat die bewerings blyk waar te wees, mag die
Direkteur-Generaal of sosiale werker die volgende stappe neem:

 

  1. Die
    bejaarde persoon se verwydering na `n hospitaal, in geval van beserings, of na
    `n skuiling toe fassiliteer.

 

  1. `n
    rapport maak aan `n polisiebeampte en hom versoek om dan ingevolge Art 27 te
    moet optree

 

  1. Enige
    ander stappe neem wat hy sou nodig vind om die bejaarde persoon by te staan

 

  1. Die
    bejaarde persoon by te staan om `n verklaring by die polisie af  te le , sou die bejaarde persoon die
    slagoffer van `n misdaad wees.

 

Nou waneer sou jy weet dat `n bejaarde persoon `n behoefte het aan
sorg of beskerming?

 

  1. Dis
    `n bejaarde persoon wie se inkomste of toelaag teen sy of haar wil van hulle
    afgeneem word. Hulle is dan slagoffers van ekonomiese mishandeling. (
    SASSA  Grants gevat)

 

  1. Dis `n bejaarde wie sonder sy/haar wil van
    hulle eiendom verwyder is of onwettig uitgesit is van hulle eiendom af. (
    Hawelose)

 

  1. Wie
    agtergelaat is of wie verwaarloos is met geen ondersteuning nie.

 

  1. Wie
    leef en/of werk op die strate of bedel

 

  1. Wie
    `n middel misbruik of verslaaf is aan `n middel wie nie ondersteuning het om
    daarvan gerehabiliteer te word nie.

 

  1. Wie
    in omstandighede lewe waar hulle `n kans staan om seksueel misbruik kan word.
    Dit klink bisar maar dit gebeur wel.

 

  1. Leef
    of word blootgestel aan omstandighede waar hulle fisies of psigies beseer te
    kan word.

 

  1. Is
    in `n toestand van sosiale, fisiese of psigiese verwaarlosing

 

Jy het nou bewus
geraak of is dalk bewus van `n bejaarde persoon wie `n slagoffer van
mishandeling is of wie verwaarloos is en hulp nodig het. Wat doen jy nou?

 

Dis eintlik baie eenvoudig. Die wet se jy kan dit by `n
maatskaplike werker of die Direkteur – Generaal of die polisie aanmeld. Die
maklikste is om dit aan die naaste polisiestasie aan te meld, want die polisie
het kanale in werking om die aanmelding by die sosiale werker aan te meld.
Gewoonlik is daar dan ook `n bewys van aanmelding en kan die polisie maklik
terugvoering by sosiale dienste kry. As daar `n verdagte is in `n kriminele
saak oor die mishandeling van die bejaarde, is die polisie ook in `n goeie
posisie om teen so `n persoon op te tree.

 

Dis belangrik om te onthou dat die verwaarlosing of
mishandeling van `n bejaarde persoon is `n misdaad. As jy sou skuldig bevind
word aan so `n misdaad, gaan jy bo-op jou vonnis, wat `n boete en of tronkstraf
insluit, op die register vir die mishandeling van bejaardes verskyn. Dit kan
verrykende gevolge he vir jou in die toekoms as jy sou wou werk by `n
fasiliteit wat met bejaardes werk soos `n ouetehuis of `n hospitaal ens.

 

Dit is baie duidelik dat die wet nie speel met mishandelaars
van bejaardes nie.

 

Op daardie noot het my tyd uitgeloop. Koester ons bejaardes,
want onthou jy gaan ook eendag dalk `n bejaarde wees as jy so lank sou leef.
Ons bejaardes verdien respek en menswaardige behandeling.

 

Ek se tot siens tot Saterdag om 08:00 waar ek jou gaan help
om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te beplan op Wat Nou en dan
weer op Woensdag om 18:00 op Crime Time waar ek jou `n blik op die
misdaadwereld gee.

 

Ek gaan uitspeel met Shawn Mendes en Camilla Cabello se Senorita

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

Be the first to comment

Leave a Reply