Crime Time: Menseregte

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Goeie naand! Jy kuier saam met William Munnik en dis net so
skuins na 18:00 wat beteken dat dit tyd vir Crime Time is waar ek jou `n blik
op die misdaadwereld gee. Ek wil jou ook net herinner dat Netradiosa `n
nie-politieke radiostasie is en dat die opinies nie noodwendig die van die
radiostasie is nie en dat die omroeper bloot net beriggewing doen. Dit is Werkersdag om die regte en menseregte van werkers herdenk.  Menseregte wat elke mens in ons land verwerf deur bloot `n mens te wees en as mens gebore te word. Dit klink idillies. Ja idillies ne, maar net
soos in die tuin van Eden, is daar altyd `n paar slange wat willens en wetens
en gewetenloos, wetsgehoorsame burgers se menseregte skend deur misdaad te
pleeg. Die wette wat grotendeels ons gedrag teenoor mekaar beheer, is die
Grondwet waar ons Menseregte in verskans word en die hoogste wet in die land is
en dan ook die Strafproseswet waar die meeste kernmisdade in ons land beskryf
word soos Moord, roof, verkragting, aanranding, huisbraak en diefstal en
diefstal om maar `n paar te noem. Alle ander wette waar `n misdaad daar gestel
word is net `n uitbreiding op een van hierdie kern misdade. Ons kan onsself
maar verstout deur te se dis die wette wat hoofsaaklik in die Tien Gebooie
opgeteken staan. Vandag is die waarheid dat hierdie wette oortree word en dat
slegs `n klein persentasie van misdadigers aangekeer en suksesvol deur die
stelsel gaan en skuldig bevind word en gevonnis word. Die groot probleem wat
hierdie tendens aanblaas, is dat daar hoofsaaklik drie Staatsdepartemente is
wat met misdaad en misdadigers werk. Hulle is die Polisie en die Departement
van Justisie ( die howe) en Departement Korrektiewe Dienste ( die tronke). Die
probleem wat ons egter in die gesig staar, is dat hierdie drie departemente
elkeen sy eie mandaat het wat teen mekaar inwerk. So in werklikheid werk die
drie Staatsdepartemente teen mekaar. Hierdie besef gaan vir jou `n nuwe lig
laat opgaan vir die misdaadvlaag in ons mooi land. Die Polisie se mandaat en
werk is om eerstens misdaad te voorkom en om misdaad te ondersoek. Die howe se
werk en mandaat is in werklikheid om toe te sien dat mense se regte beskerm
word deur middel van die reg en om te sorg dat slagoffers se regte wat geskend
is vergoed word en reggestel word. Korrektiewe dienste se werk is om te sorg
dat die gevonnisde misdadigers gehuisves word en dat hulle hulle straf uitdien
en dat die misdadigers gerehabiliteer word sodat hulle produktiewe burgers van
die samelewing kan word. Wat in werklikheid gebeur is dat die Polisie alles in
hulle mag doen om misdadigers te arresteer en om hulle uit die samelewing uit
te haal en om dan die ondersoek so te doen dat hierdie misdadigers skuldig
bevind word en gevonnis kan word sodat hulle kan rehabiliteer. Die howe is weer
van mening dat die misdadiger die reg het om vrylik rond te loop en dat hy
geregtig is op borg en sal misdadigers net in uiterste gevalle vonnis tot
direkte tronkstraf. Departement Korrektiewe dienste is weer van mening dat die
tronke te vol is en dat hulle ook eerder die misdadiger op vrye voet wil he en
niemand dus eintlik sy volle vonnis uitdien in die tronke nie en dat hulle
sommer baie vinnig parool kry en op vrye voet is. Rehabilitasie is daar volgens
my mening ook nie in die tronke nie, want sodra die misdadiger uitkom uit die
tronk uit, verval hy maar weer baie vinnig terug in die misdaadpatroon. Soos ek
al vantevore gese het  jy kan slegs
gerehabiliteer word as jy gerehabiliteer wil word. Jy kan nie gedwing word om
gerehabiliteer te word nie. Wel jy kan, maar dit gebeur slegs in die Arabiese
lande. Dink maar daaraan. As jou hand afgekap word as jy gesteel het, kan jy
slegs twee keer in jou lewe steel en dan is jy gerehabiliteer. So is dit vir
jou nou meer duidelik hoekom ons land so gebuk gaan onder `n al hoe meer
groeiende misdaadsyfer?

 

Voor ek verder gaan met Menseregte en die Grondwet gaan ek
eers breek vir `n musiekbreek en op die draaitafel het ek vir jou vir Steve Hofmeyer en Demi-Lee Moore met Amanda en The Police met Every breath you take en die Wrecking ball remix van Miley Cyris..

 

Dit was Steve Hofmeyer en Demi-Lee Moore met Amanda en The Police met Every breath you take en die Wrecking ball remix van Miley Cyris… Jy kuier saam
met William Munnik op Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee.

Ek het sopas verduidelik hoe misdaad inbreek maak op die bree publiek
se menseregte en hoekom die bree publiek voel dat hulle regte net deur
misdadigers geskend word en dat daar nie regtig gepaste reg en geregtigheid
teenoor die slagoffer geskied nie.

 

Daar is egter volgens die Handves van Menseregte `n paar
regte wat nie-aantasbaar is. Ek gaan na `n paar van die nie-aantasbare regte
kyk.

 

 

1

 

Artikelnommer

 

2

 

Opskrif van artikel

 

3

 

Mate waarin die reg nie aantasbaar
is nie

 

9

 

Gelykheid

 

Met
betrekking tot onbillike diskriminasie uitsluitlik

 

op
grond van ras, kleur, etniese of sosiale

 

herkoms,
geslag, godsdiens of taal

 

10

 

Menswaardigheid

 

Geheel
en al

 

11

 

Lewe

 

Geheel
en al

 

12

 

Vryheid
en sekerheid van die

 

persoon

 

Met
betrekking tot subartikels (1)(d) en (e)

 

en
(2)(c)

 

13

 

Slawerny,
knegskap en

 

dwangarbeid

 

Met
betrekking tot slawerny en knegskap

 

28

 

Kinders

 

Met
betrekking tot:

 


subartikel (1)(d) en (e);

 


die regte in subparagrawe (i) en (ii) van

 

subartikel
(1)(g); en

 


subartikel (1)(i) ten opsigte van kinders van 15

 

jaar
en jonger.

 

35

 

Gearresteerde,
aangehoue en

 

beskuldigde
persone

 

Met
betrekking tot:

 


subartikels (1)(a), (b) en (c) en (2)(d);

 


die regte in paragrawe (a) tot (o) van subartikel

 

(3),
uitgesonderd paragraaf (d);

 


subartikel (4); en

 


subartikel (5) ten opsigte van die uitsluiting

 

van
getuienis indien toelating van daardie

 

getuienis
die verhoor onbillik sou maak.

 

 

Ek gaan by `n paar van hierdie regte stilstaan en bespreek.
Voor ek dit gaan doen gaan ek weer vir `n musiekbreek en gaan vir jou vir
Martin Garrix se Animals en Imagine
Dragons se Thunder en Mwah met Gee Gee Gee speel.

 

Dit was Martin Garrix se Animals en Imagine Dragons se Thunder en Mwah met Gee Gee Gee  en ek is William Munnik met Crime Time
waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Vanaand praat ek met jou oor die
Grondwet en Menseregte. Voor die breek het ek sekere nie-aantasbare regte genoem. Ek gaan nou so `n paar van hulle bespreek.

 

Art. 9. Die reg op Gelykheid.

 

Die Grondwet se dat elke lid van die publiek die reg tot
gelykheid het aangande onbillikke diskriminasie uitsluitlik gegrond op ras,
kleur, etniese of sosiale herkoms, geslag, godsdiens of taal. Die vraag is egter
of hierdie mensereg werklik nie-aantasbaar is. Die antwoord is `n verbysterende
nee. Nee hierdie reg kan aangetas word deur die einste regering wie verkies is
deur die massas. Dit klink onmoontlik, maar dit is so. In die Grondwet is daar
`n artikel wat die meeste mense verby lees en dit is eintlik `n baie gevaarlike
artikel. Dit is Art. 36. Art. 36 is die algemene regsgeldende reel, wat beteken
dat as daar `n regsgeldende reel is soos dat `n polisiebeampte jou kan
arresteer ingevolge die Polisiewet of volgens die Strafproseswet, hy jou reg op
Vryheid wettig kan skend. Jy moet hier baie mooi luister en onthou date k praat
van die wettige skending van jou regte. Al wat die regering moet doen, is om te
se dat daar wettig teen jou gediskrimineer kan word aangaande jou ras of geslag
wanneer dit kom by werk of die verkryging van lenings ens. Daar is werklik so
`n reel waar daar wettig teen jou gediskrimineer kan word aangaande jou ras of
geslag ens. Ons ken hierdie wettige diskriminasie as Regstellende aksie. Regstellende
aksie se dat Swart mans en vroue eerste oorweeg moet word wanneer daar
vakatures beskikbaar raak by `n organisasie of wanneer daar na bevorderings
gekyk word. Blanke mans en vroue beklee nou die laagste rang op die
Regstellende aksie leer. So jou aanstelling en bevordering kan goedgekeer of
afgekeer word as gevolg van jou ras of geslag. Ons het nou al so gewoond geraak
daaraan dat dit jy dit nie eers meer pla nie en jy aanvaar dit nou maar gelate.
Dit is wettig, maar volgens my nie regverdig nie. Al wat die regering gedoen
het is om die diskriminasie wettig te maak.

 

Art. 11 Die reg tot lewe.

 

Hierdie reg is die reg in ons wet wat die toediening van die
doodstraf ongrondwetlik maak. Hierdie reg het die doodstraf heeltemal afgeskaf
in ons mooi land. Dit is ook die rede dat ongeag hoeveel versoekskrifte en
betogings die landsburgers kan hou, die doodstraf iets van die verlede is. Daar
is verskeie redenasies vir en teen die doodstraf. Een groep sal se dat die
doodstraf misdaad bekamp het. Veral ernstige geweldsmisdaad soos moord en
verkragting waar jy die doodstraf opgele souk on word in die verlede as jy
skuldig bevind sou word aan moord of verkragting. Die ander groep sal net weer
die teenoorgestelde se. Hulle sal ook verder aanvoer dat foute gemaak word deur
landdroste en regters en onskuldige mense skuldig kan bevind en ter dood
veroordeel. Jy kan altyd `n vonnis van tronkstraf verander as die persoon later
op nuwe feite onskuldig bevind sou word, maar as hy reeds ter dood veroordeel
is, kan jy dit nie regstel nie. Al wat ek kan se is dat die moord en
verkragtingsyfers drasties toegeneem het nadat die doodstraf afgeskaf is.

 

Is hierdie reg wel nie-aantasbaar? Volgens die Grondwet en
Handves van Menseregte is dit, maar in werklikheid is dit wel aantasbaar. So
nou gaan jy my vra. Kan dit waar wees? Kan `n mens dan nog wettig gedood word
in ons land en die antwoord is Ja. Ja `n mens kan wettig gedood word in ons
land en dus kan sy reg tot lewe hom wettig ontneem word. Nou hoe gebeur dit?
Eintlik baie maklik. Jy as landsburger het die reg op lewe en om jouself te
beskerm. Jy het die reg om jou eie lewe en die lewens van jou mede-landburgers
en familie te beskerm. Soos byvoorbeeld. Jy is in jou huis besig om te slaap of
om TV te kyk ens en `n misdadiger of misdadigers dring jou huis binne en
bedreig jou lewe en / of die lewens van jou gesin, dan het jy die reg om jou
reg tot lewe en jou gesin se reg tot lewe te beskerm en kan jy jouself verdedig
teen die aanval en as jy in die proses jou aanvaller of aanvallers dood, sou
dit geag word as straffelose doodslag. Jy moet egter onthou dat jy wel
gearresteer gaan word en dat die polisie `n ondersoek sal hou en dat jy dan
later `n hof sal moet oortuig dat jy geen ander keuse gelaat is as om jou
aanvallers te dood nie om die aanval af te weer nie. Dit gaan `n lang
senutergende proses wees, maar net een manier hoe die reg tot lewe wel wettig
aangetas kan word. Jy moet onthou jy het die reg om jouself te verdedig. Daarom
is dit belangrik om jouself en jou gesin te bemagtig deur een of ander
gevegskuns te beoefen of om n selfverdedigingskursus te deurloop. Hier waar ek
bly, gee ek van tyd tot tyd soos die behoefte hom voordoen gratis
selfverdedigingsklasse aan die publiek. Iets om aan te dink veral in die
afgelee landelike areas waar plaasaanvalle en plaasmoorde nou handuit ruk.

 

Is dit moontlik om die doodstraf terug te bring? Sal dit
ooit gebeur? Voor ek daardie vraag beantwoord, gaan ek weer vir `n musiekbreek
en speel vir jou vir Shakira met Moscaas en la casa en Taylor Swift met Bad Blood.

 

Dit was Shakira met Moscas en la casa en Taylor Swift met Bad Blood en jy
kuier saam met William Munnik op Crime Time waar ek vir jou `n blik op die
misdaadwereld gee. Ek praat vanaand met jou oor die Grondwet en die handves van
Menseregte. Voor die breek het ek met jou gepraat oor nie-aantasbare regte
wat in werklikheid nie so nie-aantasbaar is nie. Ek het toe in diepte met jou
die reg op gelykheid en die reg op lewe bespreek. Ek het ook die vraag of dit
moontlik is om die doodstraf terug te bring. Die antwoord is egter ja. Dit is
moontlik om die doodstraf terug te bring, maar nie soos die Grondwet tans
daaruit sien nie. Nou hoe dan? Hoe kry `n mens so iets reg. Weld is so moeilik en
so maklik as om die Grondwet te verander. Nou hoe doen `n mens dit? Dis ook net
so maklik en ter selfder tyd ook so moeilik. Om dit reg te kry moet die party
wie dit wil verander, `n twee derde meerderheid in die Parlement he. Die
verandering moet dan ter tafel gele word en dit moet dan in die Parlement
bespreek word en die wetgewing moet dan verander word as twee derdes daarvoor
stem. Sal dit ooit gebeur? Ja dit sal. Dit is tans besig om te gebeur deurdat
die regerende party die reg om eiendom te besit wil verander sodat eiendom
sonder vergoeding gevat kan word. Ons lewe in interessante tye. Maar ja die
Grondwet kan verander word.

 

Daar is egter net een ding wat in die Grondwet verander kan
word in my opinie om misdaad te laat daal in ons land. Die verandering is
eenvoudig en niks hoef weggeneem te word uit die Grondwet nie. Daar moet
eintlik net iets bygeskryf word en dit is dat elke wetsgehoorsame landsburger
Menseregte het en dat die oomblik wat jy skuldig bevind word in `n hof, jy jou
Menseregte verbeur totdat jy jou boete betaal het of jou vonnis uitgedien het.
Dit beteken dat solank as wat jy nog nie skuldig bevind is nie, is jy geregtig
op al jou regte, maar sodra die landdros of Regter gese het dat jy skuldig is,
jy outomaties jou regte verbeur totdat jy jou boete betaal het of vonnis
uitgedien het, sal baie minder mense misdaad pleeg, want dit sal veroorsaak dat
sodra die landdros jou skuldig bevind het van `n misdaad, jy nie meer die reg
tot gelykheid of kos of klere of selfs die reg op lewe het nie. Dit beteken dat
as jy tronk toe gaan, jy nie hoef kos of klere of `n bed of enigiets van die
staat te kry nie. Geen mens, hoe gehard ookal sal so wil leef nie. Dit maak dan
ook die deur oop vir `n landdros om nou weer die doodstraf op te le aangesien
die beskuldigde nou geen regte het nie. Dis iets om oor te dink.

 

Op daardie noot gaan ek tot siens se tot Saterdag waar ek om
08:00 vir jou gaan help om jou week en naweek se ontspanningsaktiwiteite te
beplan. Net hierna is DR Tienie Eiliers met Oordenking. Ek gaan uitspeel met
Ciara se Paint it black. Tot Siens tot `n volgende keer.

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

Be the first to comment

Leave a Reply