CRIME TIME: MISDAADSTATISTIEK 2018/2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Skakel om te luister:

Link to listen:

Goeie naand. Trevor Nasser se Vyfster se vir jou dat dit tyd is vir Crime Time waar ek jou n blik op die misdaadwereld gee.  Ek hoop jy het `n misdaadvrye week gehad. Die week het soos gewoonlik sy deel aan moord en roof en verkragting en diefstalle en huisbrake gehad. Vragmotors is aan die brand gesteek sonder rede. Dit lyk asof ons mooie land in anargie gedompel is en dat die regering oenskynlik niks daaraan doen nie. Xenofobiese aanvalle word veroordeel deur die buiteland en ons President het vure gaan doodslaan in Nigerie, maar hy het nog nie sover my kennis strek, `n beroep op die gemeenskap wie hierdie misdade pleeg, gedoen om daarmee op te hou nie. Hy het nog nie aan die howe gese om sulke misdade hard te straf nie. Dit te midde van die vrystelling van die 2018/2019 misdaadsyfers. Syfers wat bra swak lyk. Daar is eier op die gesig van die Nasionale Kommissaris van Polisie se gesig en dit is duister wat hy gaan doe nom die prentjie te verbeter. Ek is seker ons gaan maar weer die gewone retoriek hoor van sy kant af. Die Suid-Afrikaanse Polisie Unie se Nasionale sekretaris Tumelo Mogodiseng, het in `n persverklaring gese dat die Nasionale Polisiekommissaris gefaal het in sy taak en hy het verder gese op `n radio-onderhoud met SAFM dat die polisiemanne op die grond kundig is en hulle goed van hulle taak sal kwyt, maar dat topbestuur swak is en die manne en vroue in blou verkeerd lei. Ek gaan nie met hom stry nie, want dit is so. Polisiering deesdae het verander na die polisiering van statistiek en nie die misdaad nie. Die Polisie is nie `n besigheid nie en jy kan dit nie bestuur soos `n besigheid nie. Ek sal later uitbrei oor die polisiering van statistiek. Eers is dit tyd vir `n musiekbreek voordat ek die 2018/2019 misdaadstatistieke vir jou uitpak. Ek speel vir jou vir The Police se Every breath you take en Mis eet slaap herhaal van Demi-Lee Moore.

Dit was The Police se Every breath you take en Mis eet slaap herhaal van Demi-Lee Moore en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Voor die breuk het ek jou belowe date k vir jou die 2018/2019 misdaadstatistiek gaan uitpak. So kom ons gaan kyk daarna.

Ek gaan die powerpoint presentation gebruik wat deur die polisie gebruik is om die misdaadsyfers deur te gee. Die powerpoint presentation kan in die diepte bestudeer word by die volgende skakel: https://www.scribd.com/document/425529028/2018-19-Crime-Stats#download. As jy dit nie nou gou genoeg kon afskryf nie, kan jy die skakel op die Netradiosa Facebookblad oor hierdie uitsending volg en dan sal jy dit kry om te Copy en paste.

Misdaadstatistiek powerpoint presentation

Dis weer tyd vir n musiekbreek en ek speel vir jou vir Lil Nas en Billy Ray Cyris met Old Town Road en Ed Sheeran en Justin Bieber met I don’t care.

Dit was Billy Ray Cyris met Old Town Road en Ed Sheeran en Justin Bieber met I don’t care en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou n blik op die misdaadwereld gee. Ek het nou met jou die 2018/2019 misdaadsyfers is SA behandel. Ek het nou net die geweldsmisdade behandel en sal volgende week die eiendomsmisdaad bespreek. Die syfers lyk nie goed nie en ek kan jou belowe dat dit nie gaan verbeter nie tensy daar `n drastiese verandering in die bestuur van die Polisie gaan plaasvind nie.

Op daardie noot het ek aan die einde gekom van die program en speel ek uit met Katy Perry se Never really over.

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

Be the first to comment

Leave a Reply