CRIME TIME MISDAADTOENAME

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

                CRIME TIME: MISDAAD

 

Goeie naand. Trevor Nasser se Vyfster se vir jou dat dit so net na 18:00 is en dat dit tyd vir Crime Time is met William Munnik waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Ek hoop jy het `n misdaadvrye week gehad. Ek weet baie kan dit nie se nie en was slagoffers van huisbrake, diefstalle en geweldsmisdade soos aanranding, verkragting en selfs moord. Veral moord wat hoogty vier in plekke soos Nyanga in die Kaap en ook op die bendegeteisterde Kaapse Vlaktes. Die weermag is daar ontplooi met groot fanfare, maar het nie veel van `n impak gemaak nie. Daar word nog steeds oor die 40 mense per naweek in die Kaap vermoor. Die naweek het ons ook die dood van `n AGU lid by sy huis gesien. Die huidige storie is dat hy deur sy kollega geskiet is nadat gemeenskapslede hom by sy huis genader het. Die kollega se dat hy sy wapen beveilig het. Die saak word deur IPID ondersoek. So `n geweldadige week wat verby is. Vanaand gaan ek dus juis praat oor hoekom die misdaadsyfers nie stabiliseer nie. Voor ek dit gaan doen, gaan ek vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir The Police met Every breath you take en Martin Garrix met Animals en EMINEM met Venom.

Dit was The Police met Every breath you take en Martin Garrix met Animals en EMINEM met Venom en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Voor die breuk het ek gepraat oor die toename in misdaad. Nou gaan ek yk na hoekom die toename in misdaad plaasvind.

Hoekom `n toename in Misdaad?

Misdaad benodig 2 entiteite om te kan plaasvind. Net soos vuur suurstof en brandstof en `n vlam  nodig het om te kan brand, net so het misdaad `n geskikte en aantreklike teiken en `n geleentheid om misdaad te pleeg sonder om gevang te word nodig. Dit klink voor die hand liggend. Nou die geskikte en aantreklike teiken, is enige persoon wie kwesbaar is, soos byvoorbeeld bejaardes, vrouens, kinders, afgelee plase ens. Dit sluit ook geleenthede in soos waar  skootrekenaars of selfone of enige ander waardevolle item onbewaak gelaat word. Die geleentheid wat benodig word , kan himself op enige plek o ten enige tyd voordoen. Dis weer waar waardevolle items onbewaak op die motor se sitplek gelaat word of iemand wie in die winkelsentrums met `n selfoon loop en chat en nie bewus is van sy/haar omgewing nie. Op plase is dit die vervoerbaarheid van vee en toerusting. Goeie infrastruktuur soos om die vee te steel, te vervoer en maklik te verkoop. Verder moet daar inkopies in die stede gedoen word en word die plaas vir lang tye alleen gelos. Almal ken nie meer vir almal nie. En laastens is daar die persepsie dat die platteland veilig is. Die platteland is wel veiliger as die stede, maar die platteland is lankal nie meer veilig nie.

Kom ek gaan kyk net na die veediefstalsake wat gerapporteer word.

2011/2012 – 30 000 sake

2012/2013 – ongeveer 28 000 sake

2013/ 2014 – ongeveer 26 000 sake

2014/2015 – ongeveer 25 000 sake

2015/2016 – ongeveer 25 000 sake.

Die statistieke lyk goed. Dit lyk asof die veediewe gevang word. Die aantal sake het met ten minste 5000 sake afgeneem in die tydperk vanaf 2011 tot 2016. Of het dit regtig?

Kom ons gaan kyk na die rapportering van hierdie sake.

2011 – 36,3% nie-rapportering

2012 – 40,1% nie-rapportering

2014 – 64,4% nie-rapportering

2015 – 67,7% nie-rapportering

2016 70,7% nie-rapportering

Dit beteken dat die nie-rapportering van sake amper verdubbel het in dieselfde tydperk. Het die misdaad dus geval? Het die owerhede hulle doel bereik deur die misdade te voorkom en die skuldiges aan die pen te laat ry? Nee. Dit lyk eerder asof die mense net opgehou het om die misdaad te rapporteer .  Dus in 2016 was 17 675 sake net nooit gerapporteer nie. Daar was dus eintlik 42 675 veediefstalsake in 2016 gewees. Dit dui op n beduidende toename in misdaad. Hierdie syfers is gekry by Stats Suid-Afrika. So kan ons dieselfde padjie stap met enige misdaad.

Nou hoekom sou mense ophou om misdaad te rapporteer?

34,7% voel dat dit `n mors van tyd is en dat dit nutteloos is.

19,1% voel dat die polisie in alle geval niks kon gedoen het nie.

14,4% het van tevore `n slegte ondervinding met die polisie gehad.

8% vertrou nie die polisie nie.

1.3% van mense is bang dat hulle deur die misdadigers leed aangedoen sal word as weerwraak omdat hulle `n saak gemaak het.

Wat is die gevolge van nie-rapportering?

`n Verwronge prentjie van die misdaad word geskep wat tot gevolg het dat die polisie nie die regte hoeveelheid mannekrag en hulpbronne allokeer waar en wanneer dit nodig is nie. Daar moet byvoorbeeld 21 polisiebeamptes en 8 voertuie geallokeer word om misdaad te voorkom in `n spesifieke gebied, maar omdat die publiek in daardie gebied nie die misdaad aanmeld nie, word daar slegs 8 polisiebeamptes en 4 voertuie geallokeer. Gaan misdaad effektief bekamp word? Nee dit gaan nie.

Dis weer tyd vir `n musiekbreek en ek speel vir jou vir Lil Nas en Billy Ray Cyris met Old Town Road en Shawn Mendes en Camilla Cabello met Senorita en Depeche Mode met Walking in my shoes.

Dit was Lil Nas en Billy Ray Cyris met Old Town Road en Shawn Mendes en Camilla Cabello met Senorita en Depeche Mode met Walking in my shoes en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee. Voor die breuk het ek gepraat oor die misdaadstatistiek en hoekom die misdaad nie daal nie. Kom ek gaan kyk na verdere interessante statistieke.

8 uit 10 huisrowe vind plaas met behulp van huishulpe, tuinier en vorige werkers. So dis deur mense wie jou en jou gesin se bewegings goed ken.

Die verkenning van hul teiken vind oor `n tydperk van gemiddeld 2 weke plaas.

Meeste aanvalle vind tusssen 19:00 en 00:00 plaas. Dis die tyd wat die alarm dalk nog nie aangeskakel is nie en al die deure nog nie gesluit is nie en die vensters nog nie almal toe is nie en die TV nog aan is en jou aandag aflei en daar `n rustigheid oor jou kom. Daarna is dit weer vanaf 04:00 tot vroeg in die oggend. Dis wanneer jy begin wakker word en nog nie by jou volle positiewe is nie.

97% van misdadigers is gewapen.

Die gemiddelde hoeveelheid van misdadigers wat jou kom aanval is gewoonlik 4.

Die gemiddelde ouderdom van die misdadigers is tussen 19 en 26 jaar oud.

30% van misdadigers het of sal moord pleeg.

17% van inbrekers is buitelanders.

90% van inbrekers het nie matriek nie of is werkloos.

10% van hulle het hulle werke gelos, want “crime pays”

Die gemiddelde getal rowe wat oor `n 7 jaar tydperk gepleeg word voor die rower gevang word is 103.

Die misdadiger se basis of woonplek van die teiken as is gewoonlik tussen 10 en 30 minute se ryafstand.

Die skuldigbevindingsyfer in SA is 7,67% en die VSA is dit 53%

Die kleur van die slagoffer speel geen rol nie, maar wel die welvaart van die slagoffer.

Die meeste slagoffers vertoon hulle rykdom of welstand dmv voertuie, geld, juwele, huis ens.

Klein hondjies in die huis is die beste afskrikmiddel.

As daar `n aanval is, wat het verkeerd gegaan.

Kameras, beams of alarmstelsels was nie gemonitor nie, nie aangeskakel nie of was nie die alarmtipe nie.

Daar is baie kontant op die plaas of by die huis.

Rook of braai buite.

Deure, vensters het geen diefwering nie of dis oop.

Jy is in die stort wanneer dit gebeur.

Maklike toegang tot die eiendom.

Vuurwapen nie beskikbaar nie.

Dis weer tyd vir n musiekbreek waarna ek na voorkomingsmaatreels gaan kyk en ek speel vir jou vir Bok van Blerk se Tyd om te trek en dis nie een van die voorkomingsmaatreels nie.

Dit was Tyd om te trek van Bok van Blerk en soos ek belowe het gaan ek nou kyk na   voorkomingsmaatreels om hierdie tipes misdaad te voorkom en te verseker dat jou kanse kleiner is om `n slagoffer van misdaad te wees.

  1. Voorkom maklike toegang deur tralies en omheining en “beams” aan te bring.
  2. Kry alarmstelsels. Ganse en klippies in die paadjies is baie goeie alarms.
  3. Kry `n noodknoppie wat jy by jou dra.
  4. Bring veiligheidsligte aan. Kry die wat deur beweging geaktiveer word . Kyk na buiteligte, skadukolle en kyk dat die ligte weg van die huis af skyn.
  5. Kry veiligheidsligte wat gekoppel is met `n sirene en wat aan en af gaan binne en buite die huis.
  6. Koppel huisligte aan die lig met die bewegingsensor.
  7. Gereelde wapenhantering.
  8. Sit die kluis in die kamer.
  9. Kry `n veilige sone soos die badkamer.
  10. Elektriese heining
  11. Praat op radio sodat die aanvallers kan hoor. Hulle is bang vir gearresteer word en sal vlug as hulle dink dat hulp op pad is.
  12. Moenie uit jou kamer of huis gelok word nie.
  13. As jy op `n plaas bly, pas toegangsbeheer toe.
  14. Sorg vir goeie kommunikasie. Moenie net op `n selfoon steun nie. Kry ook `n radio.
  15. Insta lleer cameras.
  16. Woon misdaadvergaderings in jou area by.
  17. Maak vriende met die bure.

 

Dis net so n paar wenke om jouself te beveilig. Op daardie noot is dit tyd om totsiens te se tot `n volgende keer. Ek speel uit met Killing me softly van die Fugees.

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

Be the first to comment

Leave a Reply