CRIME TIME SKOOLVEILIGHEID

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Skakel om te luister:

Link to listen:

Goeie naand. Dis so skuins na 18:00 en jy kuier saam met William Munnik op Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gaan gee. Dis 2020 en `n nuwe jaar het begin en hiermee wil ek almal `n voorspoedige nuwe jaar toewens. Die ouers is in ekstase, want dit kondig die einde
van `n lang Desember vakansie aan. Die kinders is by die skool en die huis gaan vir `n paar uur stil wees en die kinders gaan nie verveeld by die huis rondhang nie. Die ander kant is dat dit nou weer ekstra geld kos, want die kinders moet skool toe vervoer word en skoolboeke moet gekoop word en skryfbehoeftes bly ook nie agter nie. Om nie te praat van die skoolfonds en skoolklere nie. Dis skoolsport en sokkies en enige ding. Die begin van die nuwe skooljaar stel ook ons kinders bloot aan misdaad en misdadigheid. Daarom gaan ek vanaand met jou praat oor skoolveiligheid. Dis `n baie belangrike onderwerp, want ons wil almal he dat ons kinders in `n veilige omgewing moet leer en groei tot jong volwassenes, maar daar is altyd diegene wie nie ons ideale deel nie en uit hulle pad sal gaan om ons kinders in die afgrond in te help. Daarom is dit belangrik dat jy kennis neem van die skoolveiligheidsplan en wat dit behels. Voor ons verder gaan met hierdie onderwerp, gaan ek vir jou vir Pink Floyd se Another brick in the wall en Twenty One Pilot met Heathens en Rihanna en Jay Z met Umbrella speel.

Welkom terug. Jy kuier saam met William Munnik op Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gaan gee. Jy het geluister na Pink Floyd se Another brick in the wall en Twenty One Pilot met Heathens en Rihanna en Jay Z met Umbrella . Voor die musiekbreek het ek met jou begin
praat oor skoolveiligheid. Die skool gebasseerde misdaadvoorkoming is  skoolomgewing te kweek. Skoolveiligheid is baie keer `n kritieke struikelblok tot effektiewe Studie. Misdaad en geweld affekteer
alle aspekte van die samelewing en skole is nie hiervan gevrywaar nie. Verby is die dae dat jy jou kind kon skool toe stuur met die gerustheid in jou hart dat jou kind veilig sal wees. Dis hartseer maar dis waar. Voorkoming en vroee intervensie is `n effektiewe en veral koste effektiewe manier om te verseker dat jou skool `n veilige leeromgewing vir jou kind is. Om dit te bewerkstellig, word skole aangemoedig om `n Veilige Skool Komittee daar te stel en te onderhou. So `n komittee bestaan uit interne rolspelers soos die leerders, onderwysers, die skool beheerliggaam en skoolsekuriteitsbeamptes en eksterne
rolspelers soos die SAPD en Metro polisie en politieke leiers in die spesifieke wyk waar die skool is en sosiale werkers en die plaaslike Gemeenskaps Polisiering Forum. Die betrekking van die GPF by jou skool se veiligheidskomittee is van kardinale belang aangesien inligting daar gegee kan word oor die aktiwiteite van bv, dwelmsmokkelaars by skole ens. Saam kan daar dan `n oplossing gevind word vir die misdaadprobleme wat die gemeenskap en die skole ervaar. So raak betrokke by jou plaaslike GPF en Skoolveiligheidskomittee sodat probleme onmiddelike aandag kan geniet en sodat inligting ordentlik gedeel kan word met die owerhede. Die probleem is dat die gemeenskap gewoonlik apaties staan teenoor die betrokkenheid by sulke komittees, maar dat die publiek baie vinnig is om vinger te wys na ander organisasies om hulle te blameer vir die stand van sake. Daar moet mo seers `n tragedie gebeur voordat die bree gemeenskap wakker skrik en iets aan die saak probeer doen. Dan is dit
gewoonlik te laat en `n kind het dalk sy lewe onnodig verloor. So raak betrokke en hou op om te wag dat iemand anders dit vir jou gaan doen. Op daardie noot gaan ek vir jou vir Selena Gomez met Kill them with kindness en Bashunter met Russia Privjet en Shakira met Donde Estas Corazon  speel

Welkom terug. Jy kuier saam met William Munnik op Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaad onderwereld gaan gee. Jy het geluister na Selena Gomez met Kill them with kindness en Bashunter met Russia Privjet en Shakira met Donde Estas Corazon. Ek praat met jou oor skoolveiligheid veral met die aanbreek van die nuwe skooljaar in die Wes-Kaap. Nou gaan ek met jou `n paar skoolveiligheidswenke deel wat die leerkragte kan help.

 

  1. He `n beleid van geen toleransie vir wapens, alkohol en dwelms nie. As dit dan sal beteken dat deursoekings gedoen moet word, dan moet dit so wees. Voorligting kan met behulp van die SAPD of Sosiale dienste gedoen word om aan die kinders die euwel van wapens, alkohol en dwelms te wys.

 

  1. Baken dwelmvrye en wapenvrye sones af.

 

  1. He `n beleid dat enigiets wat onwettig is van die skoolgronde, ook onwettig is op die skoolgronde.

 

  1. Stig `n leerlingraad
  2. Stel werkswyses vas tussen die SAPD en die skool en hoe daar met risikos en risiko kinders gehandel gaan word.

 

  1. Stel `n bronnelys op van bv sielkundiges op vir kinders wie aan depressie en of stress lei.

 

  1. Betrek die leerders by die opstel van groepe om bv. Graffiti van die mure aft e haal of om `n Misdaadwag te stig ens.

 

  1. Stel `n skoolveiligheidskomittee op en vergader gereeld om probleme op te los  en om inligting uit te ruil met die rolspelers sodat daar ook voorkomend opgetree kan word.

 

Wat kan ouers doen om hulle kinders se veiligheid te verseker by die skool?

 

Ons kinders spandeer die meeste van hulle tyd in `n dag by `n
skool en as die kind veilig voel by die skool, is sy / haar leerervaring soveel meer suksesvol. Skole is relatief veilig, maar daar is skole met probleme soos boelies of diefstal ens. So jy as ouer kan ook `n rol speel om jou kind se skool veiliger te help maak.

 

  1. Jy as ouer moet met jou kind praat. Vra hom/ haar uit oor sy dag. Vra of daar probleme is of iets wat hom / haar pla. Vra hom of hy gesien word hoe iemand geboelie word. Vra hom of iets hom ongemaklik maak. Kyk vir tekens soos punte wat val. Hy verloor dalk sy vriende en kyk vir geskeurde klere.

 

  1. Hou `n oog op jou kinders se internet gebruik. Vind uit by die skool of hulle internetgebruik gemonitor word en of die skool `n toestel op het wat toegang tot eksplisiete webwerwe stuit. Praat met jou kind en vind uit of daar kinders is wie boelie, hetsy fisiek of deur eposse.

 

  1. Vra uit oor die skool se veiligheids- en noodplan. Vind uit waarvoor die skool voorsiening gemaak het op die plan. Vind ook uit hoe die plaaslike polisie betrokke is.

 

  1. Speel `n aktiewe rol by jou skool se veiligheidskomitte en plaaslike GPF.

 

Ek gaan nou eers weer vir `n musiekbreek. Hier op die
draaitafel het ek vir jou vir Dynoro EN Gigi Agosini met In my mind en Demi Lee Moore met Vulkaan  speel.

 

Welkom terug jy kuier saam met William op Crime Time waar ek jou `n blik op die misdaadonderwereld gee. Jy het nou geluister na Dynoro en Gigi Agosini met In my mind en Demi Lee Moore met Vulkaan. Ek gesels met jou oor skoolveiligheid. Een van die gevaarlikste goed
om te doen deesdae is om van jou woning na die skool toe en van die skool af na die woning te beweeg. Rampokkers le en wag vir jou om jou te beroof. Vele kinders is al doodgeskiet op pad skool toe hetsy deur `n dwaalkoeel wat deur `n bendelid afgevuur is of wat aspris deur `n mede leerder afgevuur is. So hier volg `n paar wenke vir die beweging tussen skool en huis.

 

  1. Beplan saam met jou kind die roete skool toe en stap saam met hom die roete en wys potensiele gevare uit soos vakante bouvalle en parkies ens.

 

  1. Sensiteer jou kinders om die padreels te gehoorsaam wanneer hulle skool toe stap of fietsry.

 

  1. Vra jou kind om in groepe te loop en om nie alleen by bushaltes te wag nie.

 

  1. Leer jou kind om nie met vreemde mense te praat nie en om nie geskenke of lekkers by so `n persoon te vat nie. As jou kind iemand sien wie verdag lyk by die skool, moet hulle onmiddelik dit aan `n grootmens vertel.

 

  1. Laat jou kinders, veral die kleintjies, hulle huisadres en jou telefoonnommer memoriseer. Skryf dit ook op `n kaartjie neer saam met ander noodnommers sodat hy dit byderhand kan he.

 

 

 

Belangrike nommers:

 

SANCA 0861 472 622

 

NICRO 021 462 0017

 

Verkla dwelmsmokkelaars by:

 

SAPS CRIME STOP 08600 10111

 

EMERGENCY NUMBER 10111

 

Op daardie noot gaan ek tot siens se. Word betrokke by jou
skool se veiligheidskomittee. As jy nie betrokke is nie, stel jy eintlik nie belang in jou kind se veiligheid nie. Dis miskien harde woorde, maar dis tyd dat ons ophou om apaties terug te sit en te wag dat iemand anders iets vir jou doen. Jy moet dit vir jouself doen.

 

So tot siens tot Saterdagoggend om 08:00 waar ek jou gaan
help om jou naweek en week se ontspanningsaktiwiteite te beplan. Tot volgende keer moenie drink en bestuur nie en hou by die spoedgrens.

 

Ek gaan uitspeel met Bobby van Jaarsfeldt en Demi Lee Moore se Ek weet al lankal.

https://netradiosa.gq

Be the first to comment

Leave a Reply