CRIME TIME: SLANGE MET WILLIAM MUNNIK

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

SKAKEL OM TE LUISTER:

lINK TO LISTEN:

Goeie naand! Trevor Nasser se Vyfster se vir jou dat dit tyd
vir Crime Time is waar ek jou `n blik op die misdaadwereld gee  en ek is William Munnik. Hierdie program van
Ek hoop jy het `n misdaadvrye
week gehad. Die dae raak nou warmer soos die  somer nader kom. Dis tyd vir
braai en jolig wees en drink en bestuur. Die dodetal op ons paaie is erger as ooit.
Dronkbesture het in die tyd toegeneem met meer as 200 sake en dit nadat mense
weet dat hulle dit nie moet doen nie. Verder word trokke wat kos en ander benodighede vervoer, met petrolbomme bestook en word hulle net uitgebrand sonder om iets te steel. Ek dink dis alles net om vrees by die bree publiek in te boesem, onluste is aan die orde van die dag en dit blyk of die owerhede nie wee twat om te doen oor die geweld in ons land nie. My persoonlike opinie is dat die leierskap op hoe vlak tekort skiet. Die manne op die grond wee twat om te doen, maar as die leierskap hulle verkeerd lei, gaan dit nie die gewenste effek he nie.

 

Ok nou gaan ek van my seepkissie afklim en gaan ek gesels oor `n baie ernstige saak. Dis `n saak wat baie mense se
lewens eis as gevolg van onkunde. So ek gaan die onkunde `n bietjie die nek
inslaan vandag. Ek was in die week by `n bewusmakingsveldtog in my dorp waar
daar vir grootmense sowel as kinders, en dan hoofsaaklik vir die kinders
voorligting en bewusmaking gegee is oor slange. Ja slange. Jy gaan vir my se
nou wat het slange met misdaad te doen. Wel eintlik baie. Misdaadvoorkoming het
grotendeels te doen met die beveiliging en versekering van mense se lewens en
dan veral die kwesbares onder ons soos die vrouens en kinders en bejaardes.
Misdaad het ook te doen met Natuurbewaring se wette so eintlik het bewusmaking
oor slange baie met misdaad te doen. As `n slang jou pik, kan jy doodgaan en as
jy `n slang doodmaak, kan jy groot boetes opgele word of selfs tronk toe gaan.  Ek het by die bewusmakingsveldtog vir Gerrie
Steyn van Snake Lives matter en Ettiene Swanepoel van Dwarskersbos Snake Rescue
ontmoet en het met hulle `n onderhoud gevoer wat ek met julle gaan deel.
Hierdie 2 manne het `n passie vir die bewaring van slange en sal enige tyd van
die dag of nag opstaan om `n slang te red van ons mensdom af. Ja hy red ook die
mense van die slang af, maar meestal is dit die slang wat aan die kortste ent
trek as hy met mense in aanraking kom. Hulle vra ook `n fooitjie vir die
verwydering van die slang, maar hulle se ook vir my dat in 90% van die gevalle
betaal die mense hulle niks nie en dra hulle die onkoste self. Mense is snaakse
goed. Sodra die bedreiging weg is, wil hulle niks weet van betaling vir dienste
gelewer nie.

 

Voordat ek die onderhoud vir julle gaan speel, gaan ek eers
vir `n musiekbreek en ek speel vir julle vir Eminem se Venom en I don’t care van Ed Sheraan en Justin Bieber en Old Town road van Lil Nas en Billy Ray Cyris.

 

Dit was Eminem se Venom en I don’t care van Ed Sheraan en Justin Bieber en Old Town road van Lil Nas en Billy Ray Cyrise en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op
die misdaadwereld gee. Voor die musiekbreek het ek jou belowe dat ek die
onderhoud met Gerrie Heyns van Snake lives matter en Ettiene Swanepoel van
Dwarskersbos Snake rescue gaan speel. Dis regtig twee passievolle manne soos
julle nou gaan hoor.

 

Onderhoud

 

 

 

Wow! Soos ek gese het twee passievolle manne. Dis weer tyd
vir `n musiekbreek en ek speel vir Katey Perry met Never really over en Shahmen mark met die Infinity Remix..

 

Dit was Katey Perry met Never really over en Shahmen mark met die Infinity Remix vir  en ek is William Munnik met Crime Time waar ek jou `n blik op die
misdaadwereld gee. Op daardie noot het ek aan die einde gekom van die program.
Los die slange uit en hulle sal jou uitlos en moenie drink en bestuur nie. Ek speel
uit met Youngsta CPT met Young van Riebeeck

Luisterskakels vir die Radio: web https://netradiosa.co.za/ Rekenaar ALLEENLIK: (Speel met VLC of Winamp) http://198.12.88.183:9308/listen.pls or http://radiostream.gq:9308/listen.pls NET – BlackBerry: http://198.12.88.183:9308/;listen.mp3 or http://radiostream.gq:9308/;listen.mp3

http://tunein.com/radio/NetRadioSA-s273972/

https://www.liveonlineradio.net/south-africa/net-radio-sa.htm

Sluit aan by ons Bakkiesblad by

https://www.facebook.com/groups/netradiosa.co.za/

https://www.facebook.com/Netradiosa-wwwnetradiosacoza-3891…/

Luister Skakels

 

Be the first to comment

Leave a Reply