Immunisering in kreeftegang

Suid-Afrika se inenting veldtog vertoon uiters swak, en die bietjie entstof wat hier in die land is, word met n gesukkel versprei en toegedien.
Die regering se grootpraat van etlike maande gelede, dat hulle beoog om 40 miljoen mense te immuniseer voor 2022 aanbreek, word nou allerweë beskou as ʼn gepraat oor iets wat nie sal realiseer nie.
Die oorblywende 10 maande is veels te min tyd om die ongeorganiseerde Departement van Gesondheid se planne om 4 miljoen mense te immuniseer per maand, of sowat een miljoen per week.
Benewens die swak infrastruktuur en die beperkte hoeveelheid entstof wat van tyd tot tyd gelewer gaan word, beteken dat die mikpunt nie bereik sal word nie.
Die Bron: Die Vryburger
[image: image.png]

Please follow and like us:

Leave a Reply