Koeksisters

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Koeksisters
Stroop 8 koppies suiker 5 koppies water 5 ml vanilla 5 ml kremetart
1 kaneel stokkie Plaas alles in diep kastrol en roer tot suiker als gesmelt is Sodra dit begin borrel om te kook sit deksel op en kook 5 min toe. Laat afkoel en plaas in vrieskas oornag. Die stroop moet yskoud wees.
*DEEG* 4 koppie koekmeel gesif 15 ml bakpoeier 50 ml botter Knippie sout 3 meduim eiers of 2 jumbo
Gooi eiers in glasmaatbeker en vul op tot 400 ml met melk.vir sagte koeksisters of water vir harde koeksisters Vryf die botter in die droe bestanddele. Klits eiers en melk en voeg by droë bestanddele. Knie tot elasties en sit in plastieksakkie in yskas vir minstens n uur.
Vleg en bak in diep olie tot goudbruin en dompel in die stroop. Die geheim is om dit dadelik onder in die stroop te hou totdat dit stroop opgesuig het voordat jy dit laat gaan.

Please follow and like us:

Be the first to comment

Leave a Reply