Koue oorlog woed in ANC

Die onverkwiklike verskille tussen die ANC se Sekretaris-Generaal en die ANC se president, is besig om tot ʼn interne koue oorlog te ontwikkel.
Die president, Cyril Rmaphosa, het verskeie kere probeer om die meningsverskille uit die weg te ruim, maar sy stryd teen korrupsie het hom genoop om ook kennis te neem van Ace Magashule wat nou op aanklag van korrupsie oor die asbesdak skandaal in die hof verskyn het.
Zuma se weiering om voor die Zondo Kommissie te verskyn het die kloof van verdeeldheid dieper gekeep, en met Magashule aan die Zuma kant, en Ramaphosa as die anti-korrupsie stryder, word verwag dat ʼn uitbarsting kan kom, veral as Magashule volhard dat hy onskuldig is van korrupsie in die asbesdak skandaal.
Tans heers daar ʼn gevaarlike stilte, asof beide kampe besig is om strategie uit te werk, en dit is die aanloop tot ʼn koue oorlog wat uiteindelik lei tot ʼn verwagte uitbarsting.
Die bron: Die Vryburger
[image: image.png]

Please follow and like us:

Leave a Reply