Mieliepap tert poffertjies:

lekker so op sy eie , of ‘n lusmaker by die braaivleis..
1 kop gaar dik stywe mielie pap – afgekoel (nie slappap of te styf nie) 1 kop koekmeelblom 3 t/lepels bakpoeier knypie mosterdpoeier knypie cayenne peper pakkie spek, opgkap en brosbruin gebraai ‘n eier 2 gerookte worsie – opgesny in skyfies, en goudbruin gebraai 1 ui fyn opgesny 1 tl knoffelsout sout en growwe gemaalde swart peper na smaak 1 kop gerasperde kaas
*Kookolie vir braai *Om in te rol: 1 kop biltongpoeier
Gooi alles saam in lekker mengbak, Meng goed deur met houtlepel. Laat staan vir 10 min Maak kookolie warm in die potjie, gooi paar teelepels vol van die beslag in , en bak albei kante tot mooi goudbruin. Dreineer op kombuispapier, rol in die biltongpoeier. Sit warm voor met lekker doopsousie
[image: image.png]

Please follow and like us:

Leave a Reply