Nuus en Weer 26 November 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nuus en Weer 26 November 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

 

Nuus

 

 

 

  • Die staatsbeheerde lugredery, SA Express is gewikkel in hofsake met verskaffers.  Miljoene rande is betrokke by kontrakte wat glo onreëlmatig toegeken is. Daar word verder beweer dat sekere kontrakteurs kontrakte opwaarts “aangepas” het.  ‘n Verdere hofsaak is aan die gang rondom ‘n huurooreenkoms van R 14 miljoen by ‘n ander verskaffer.  Vliegtuig motore is gehuur teen ‘n bedrag van R26,7 miljoen en SA Express het die ooreenkoms ook na eksterne regskenners verwys.
  • Die ANC se adjunk sekretaris-generaal Jesse Duarte, het die ANC uitgeskel as rassiste. Sy sê verder dat die party stamgebonde-chauvinisties is deurdat lede van die party wat nie swart is nie, gemarginaliseer word.  Sekere bleek gesigte word volgens haar aangestel om die voorkoms van ‘n multi-kulturele party voor te hou.
  • Die rustige Wes-Kaapse dorpie Darling was die toneel van pad blokkering deur protesteerders. Die hoofpad van die dorp is met klippe afgesper en die polisie is op die toneel.  Die rede vir die protes optrede is onbekend.
  • Die Spesiale Ondersoek Eenheid het toegeslaan op die Noordelike Raad se kantore in Pietersburg.  Bewerings van korrupsie rondom die kontroversiële Giyane waterprojek was die rede vir die ondersoek.  Die mislukte projek van meer as R2 biljoen sou water aan Giyane en omliggende gebiede lewer.

 

  • Inwoners kan hul gereed maak vir ‘n hittegolf die komende week.  Weerkundiges het  gewaarsku dat groot dele van die land buitengewoon hoë temperature gaan ervaar, selfs so hoog as 40 grade. Oos Transvaal, Natal en dele van Sentraal Transvaal kan gespaar wees van die hittegolf.  Geen reën word in die gebiede verwag nie en die brandgevaar is hoog.
  • Eskom dreig weer om kragtoevoer af te sny van sekere Vrystaatse munisipaliteite wat miljoene rande aan die kragverskaffer skuld. Manguang wat Bloemfontein insluit, Mafube(Frankfort/Villers en omgewing) en Matsope( Ladybrand Excelsior en omgewing) munisipaliteite kan van 3 Desember  tussen 06:00 en 20:00 sonder krag wees.  Die kennisgewing is uitgestuur aan die drie munisipaliteite om reëlings vir betaling voor 3 Desember te tref.

 

  • Rampbestuur spanne was Saterdag inderhaas ontplooi in die Utrecht gebied in Natal toe berig ontvang is dat ’n kragtige tornado aan die nader beweeg was. Dit is die derde tornado binne enkele weke wat op verskillende plekke in Natal verwoesting gesaai het, en dele van Nuwe Hanover en Bergville is ook getref. In ’n verklaring wat Saterdag uitgereik is deur die Departement van Koöperatiewe Samewerking, word bevestig dat die tornado groot verwoesting gesaai het, maar geen amptelike gegewens is beskikbaar oor die omvang van die skade nie. Weerkundiges skryf die vreemde klimaat toe aan klimaatsverandering wat nou wêreldwyd ondervind word. Talle lande beleef ongekende oorstromings terwyl ander dele gebuk gaan onder lang uitgerekte droogte
  • Kwazi Mshengu is onlangs daarvan beskuldig dat hy ’n motor verhuring skema gebruik het om te regverdig dat hy nie die ampsmotor van sy voorganger hoef te gebruik nie. Kwazi Mshengu is die nuut aangestelde opvoedkundige van die Uitvoerende Komitee in Natal, maar is nou sonder ’n motor nadat Mercedes-Benz die waarborg gekanselleer het, sowel as die instandhouding kontrak. Die vervaardiger het ook sy hoflikheid voertuig herroep wat die senior ANC werker sonder enige voertuig laat wat hy tydens sy werk kan gebruik. Die vervaardiger het intussen ’n onafhanklike ondersoeker aangewys om vas te stel wat die oorsaak is van die skade aan die motor. Kenners sê die uitsonderlike optrede van die motorvervaardiger, Mercedes-Benz, om ’n waarborg, dienskontrak sowel as ’n hoflikheid voertuig te herroep, is ’n duidelike teken dat die voertuie misbruik is deur die bestuurders daarvan. Die optrede van die vervaardiger volg nadat ’n vervalste brief aan Kwazi Mshengu gegee is waarin die vervaardiger sê die motor wat deur sy voorganger gebruik is, is onveilig en moet nie gebruik word nie. Die Mercedes (GLE 350) wat kwalik een jaar oud is, kos belastingbetalers maandeliks R103,776 sedert Meimaand toe  Kwazi Mshengu in sy amp begin het. Ingeligte bronne reken die man wil maar net ’n nuwe motor hê, en wil nie in een ry wat deur sy voorganger gebruik is nie.

 

  • Suid-Afrika het die reuse kontrak van Denel geblokkeer wat miljarde Rand beloop het. Die kontrakte, waarvan die grootste is vir wapentuig aan die twee lande, Saoedi-Arabië, en die ander een aan die Verenigde Arabiese Emirate, is geblokkeer en kan uiteindelik deur die kopers gekanselleer word. Die Suid-Afrikaanse vervaardiger Denel, wat tans soos vele ander staats entiteite, sukkel om kop bo water te hou, kan kwalik bekostig om die reuse bestellings te verloor omdat ’n dispuut oor inspeksie ontstaan heers. Ingeligte bronne wys daarop dat dit ook kan beteken dat duisende werksgeleenthede in gedrang kan kom by die sukkelende wapentuig vervaardiger. Die inspeksie dispuut wentel glo om ’n klousule in die uitvoer dokumente wat vereis dat buitelandse kliënte nie wapentuig mag oorplaas na derdeparty instansies of lande nie. Die bepaling lui verder dat Suid-Afrika toegelaat word om inspeksie te doen oor die fasiliteite, en die bepalings kan lei tot kansellasie van bestellings wat miljarde Rand beloop. Saoedi en die VAE koop nagenoeg 35% van Denel se produksie, en die dispuut wat nou na die oppervlakte gekom het, kan alles verongeluk, ook vir toekomstige bestellings, word gesê.

  • SA Lugdiens het weer sy vliegtuie in die lug na ’n week van stakings wat die redery sowat R350 miljoen uit sie sak gejaag het. Die personeel is almal terug op hulle pos nadat ’n verhoging van 5,9%, terugwerkend van April, deur die vakbonde aanvaar is. Die vakbonde het egter daarin geslaag om die ANC regime te oortuig om nie die bykans 1000 werkers af te lê nie, wat beteken dat die entiteit se pogings om hom reg te ruk, eerder in die bek geruk is. Die SAL gaan ook nie daarin slaag om met die oorbevolking van werkers, sy enorme skuldlas af te werk nie, en die R28 miljard wat betaal moet word kan veroorsaak dat die ANC weereens die belastingbetaler se geld gaan gebruik.

 

  • Eskom het ontwaak uit sy 25 jaar se korrupsie slaap en nou skielik besluit om Soweto se onwettige kragverbruikers se toevoer af te sny. Volgens die jongste verslag het Eskom aangedui dat hy die kragtoevoer gaan ontkoppel van minstens 60% van die 200,000 Soweto huishoudings wat oor voorafbetaalde kragmeters beskik. Die rede hiervoor is volgens Eskom toe te skryf aan die feit dat die meerderheid van die huishoudings onwettige koppelings het, en daardeur die kragvoorsiener besteel. Kenners sê dit is een van die redes waarom die gereelde betalers so swaar belas is met onredelike hoë tariewe vir die afgelope dekade. Eskom het tot die optrede besluit nadat die Hooggeregshof die aansoek van Soweto inwoners verwerp het waarin gevra word dat Eskom verbied word om die krag af te sny.

  • Eskom sê alhoewel beurtkrag nie voorsien word nie, kan dit te enige tyd nodig word weens die druk wat ondervind word en die instandhouding wat steeds voortduur. Eskom beweer dat hy voldoende voorraad diesel het vir sy bystand opwekkers, maar die kragverbruik in die land hou die vermoë op sy maksimum vlakke en versoek verbruikers om spaarsaam te werk met krag tot die instandhouding program afgehandel is. Eskom hou die deur oop dat beurtkrag wel toegepas kan word indien “onvoorsiene breekskade” opduik wat die totale kraglewering kan beïnvloed. In Januarie neem die nuwe Uitvoerende Hoof, Andre de Ruyter, sy plek in by Eskom, maar sy hoof opdrag is om die bankrot entiteit te ontbondel in minstens drie afsonderlike entiteite terwyl hy moet rekening hou met die werklikheid van ’n R450 miljard skuldlas.

 

  • Bewerings word gemaak dat die Vrystaatse regering van die ANC meer as R330,000 per student betaal het om in Kuba te gaan studeer om geneesheer te word. Dit is meer as dubbel die bedrag wat dit in Suid-Afrika sou gekos het, en die grootste probleem is dat die studente nie afstudeer het nie. Dit neem ses jaar om af te studeer as dokter in Kuba, plus een jaar wat vooraf as taalkursus afgelê moet word om Spaans onder die knie te kry. Aanvanklik is 211 studente na Kuba gestuur, waarvan 33 gou teruggekeer het na SA, maar kort daarna het een omgekom in ’n straat van die hoofstad. Die opleiding van dokters in Kuba verskil van die opleiding wat in Suid-Afrika gebied word, en kenners waarsku dat die dokters nie noodwendig geskik is vir die diens wat van geneeskundiges verwag word nie.

 

  • Beskuldigings word gemaak dat Themba Matlou, wat aan die hoof staan van die Sosiale Sekuriteit Agentskap (Sassa) in Sentraal Transvaal, sy kantoor gebruik het om ’n veldtog te voer vir ’n provinsiale posisie in die ANC. Bewerings word ook gemaak dat hy die staat se bronne en finansies gebruik het vir die veldtog, en die Openbare Beskermer gaan nou ondersoek doen na die bewerings. Hy word ook daarvan beskuldig dat hy sy mag as hoof beampte misbruik deur mense te benadeel wat nie met sy siening van sake saamstem nie. Dit is nie bekend wie die klagte ingedien het by die Openbare Beskermer se kantoor op 5 November nie, maar die OB kantoor het glo ’n skrywe gerig om verdere inligting op die aanklagte te bekom. Die klaer beweer dat Themba Matlou ook goedgekeur het dat vervoer en hotel verblyf betaal word vir een van sy “geliefdes”.

 

  • Die omstrede LUR vir Onderwys in Gauteng se planne met die plasing van blankes in swart woongebiede se skole, is ’n algehele mislukking en met nog net vier dae oor, gaan baie kinders nie weet waarheen om te gaan op die eerste skooldag van 2020 nie. Alhoewel Panyaza Lesufiheftig ontken dat dit sy bedoeling is, wys opvoedkundiges daarop dat hy geensins rekening gehou het met die bewese stelsel van kinders gaan na die skool wat naaste aan hulle woonplek is nie. Sy stelsel om kinders aanlyn te plaas is ’n reuse mislukking, en honderde kinders was Maandag nog nie geplaas in enige skool nie. Nagenoeg 9,000 skoliere moet nog in kennis gestal word waar hulle geplaas gaan word, en talle ouers het besluit om die chaos te vermy en wil hulle kinders nou in CVO-skole plaas. Panyaza Lesufi se versekering dat elke kind geplaas sal word, het egter daartoe gelei dat verskeie skole nou met ’n oorbevolking sit, wat gehalte onderwys weer in gedrang bring.

 

  • Die Sekretaris-generaal van die ANC, en voormalige premier van die Vrystaat, Ace Magashule, se plan om Kubaanse ingenieurs na Suid-Afrika te bring om die Vrystaat se “water probleme” op te los, het toe uitgeloop op verkwisting van miljoene Rand. Die sogenaamde Kubaanse ingenieurs is verwelkom met ’n enorme sermonie toe hulle vier jaar gelde uit Kuba hierheen gekom het. Van die 37 Kubane, wat hulle uitgegee het as ingenieurs, het daar nou nog net drie in die Vrystaat oorgebly. Mgasjule se indrukwekkende “ Vrystaat Kubaanse Tegniese Adviseurs Program, wat belastingbetalers meer as R84 miljoen gekos het, het toe soos so baie ander projekte, in skielike dood gesterf sonder dat die “water probleem” opgelos is. Die kamtige ingenieurs, wie se kwalifikasies nie in Suid-Afrika erken word nie, moes ook sien dat die dienslewering in die Vrystaatse munisipaliteite verhoog word, kon nie hond haaraf maak met die ANC werkers nie, en geen positiewe resultate is bereik nie.

 

  • Die polisie het die liggaam van die derde tiener wat Sondag by Seepunt in Kaapstad in die see vermis geraak het, gekry. Die woordvoerder vir die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon het bevestig dat polisieduikers laat gisteraand in rowwe seetoestande, die lyk van ‘n 16-jarige seun in die branders gekry het, nadat ‘n lid van die media hulle gekontak het. Laat gistermiddag het die polisie ook ‘n tiener se liggaam uit die see gehaal. Altesaam vier tieners het Sondag in die see gaan swem, waarna hulle in die moeilikheid geraak en die see ingetrek is. Die soektog na die laaste kind, ‘n 18-jarige, sal vandag voortgaan. Die kinders is deel van ‘n groep vlugtelinge wat tydelik by die Methodistekerk in Kaapstad gehuisves word.

 

  • Meer as 360 mense is die afgelope week in die Wes-Kaap in hegtenis geneem en daar is op 36 vuurwapens beslag gelê. Die inhegtenisnemings is deel van Operasie Lockdown wat vroeër vanjaar van stapel gestuur is met die ontplooiing van die weermag op die Kaapse Vlakte. Die Wes-Kaapse polisie sê in ‘n verklaring hulle het ook 59 verdagtes, wat deur die polisie gesoek is, opgespoor. Hulle word van verskeie misdade verdink soos moord, poging tot moord, dwelmbesit en seksuele oortredings. Slegs in die Nyanga-gebied is daar op 13 vuurwapens beslag gelê. Die polisie het ook afgekom op ‘n aansienlike hoeveelheid dwelms en alkohol.

 

  • ‘n Aardbewing van 6-komma-4 het naby Shijak in Albanië voorgekom, wat as die hewigste in 30 jaar bestempel is. Mense in die hoofstad, Tirana, het die skudding die ergste gevoel. Die Amerikaanse Geologiese Opname sê die episentrum van die aardbewing was 10 kilometer noordwes van Shijak op ‘n diepte van 10 kilometer. Albanië se Geologiese Sentrum se webwerf is tans buite werking. Dit is die tweede aardbewing vanjaar in die gebied. In September is honderde huise beskadig en talle verwoes tydens ‘n aardbewing met ‘n meting van 5-komma-6.

 

Bronne: Die Vryburger & SABC & Weeburo

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 

 

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 21 Max 34

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n Min 20 Max 28

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met reën plek plek met ‘n Min 22 Max 33

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 20 Max 31

Vereeniging – Sonnig en bloedig warm met ‘n Min 18 Max 35

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 19 Max 34

Bloemfontein – Sonnig en baie warm met ‘n Min 17 Max 34

Kimberley – Sonnig en bloedig warm met ‘n Min 20 Max 35

Durban – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 20 Max 24

Oos-London – Sonnig met ‘n Min 17 Max 23

Upington –      Sonnig en bloedig warm met ‘n Min 16 Max 39

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 16 Max 24

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 17 Max 22

Sutherland – Sonnig en baie warm met ‘n Min 11 Max 32

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

Geniet jou Dinsdag saam met Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
11:00 – Digters en Skrywers forum met Cathy

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
http://netradio.gq – werk op alles op die internet

web https://netradiosa.co.za/

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm


 

Be the first to comment

Leave a Reply