Nuus en Weer 27 November 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nuus en Weer 27 November 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

  

Nuus

  • Witdeep weg, Main Reef in die rigting van Angelo/Boksburg Noord – Is gevaarlik na sononder dit is ‘n  NO GO zone. Gebruik alternatiewe roetes.

 

  • Die Liggaam van ‘n 81 – jarige vrou was gevind met haar keel afgesny in haar bed in die Oos-Kaap nadat haar dogter wat haar nie in die hande kon kry op haar selfoon nie die bure inkennis gestel het en gevra het om ondersoek te gaan instel. ‘n 24 – jarige man is ingeneem vir ondervraging in die verband.

 

  • Die Nkomazi plaaslike munisipaliteit in Oos-Transvaal sal slim planne moet uitwerk om sy R18 miljoen terug te vorder van salarisse wat hy twee keer aan werkers uitbetaal het. Die werkers het in Oktober vanjaar hulle salarisse twee keer gekry, en weier nou om dit terug te betaal aan die owerheid. Die eerste betaling op die 15 de en tien dae later, op 25 Oktober, kry hulle weer salaris, en toe die Raadslede besluit om hulle nie in November op die 15 de te betaal nie, het hulle ’n volskaalse staking begin met die argument dat hulle nie salaris gekry het op betaaldag nie. Die Raad moet nou vinnig planne beraam om die geld terug te vorder voordat die finansiële jaar sluit, en oorweeg dit om 20% per maand minder aan hulle te betaal sodat alles terug gevorder kan word voor Junie 2020. Later het dit bekend geword dat die salarisse per abuis weer betaal is, terwyl dit reiskoste is wat uitbetaal moes word.

 

  • Suid-Afrika se grootste kettinggroep buite die kruideniers handel, Pepkor, het sy handdoek ingegooi in die bankrot land Zimbabwe. Zimbabwe se inflasiekoers, die onbetaalbare brandstofprys, en die stagnering van die werkende burgery se salarisse het dit ’n nie-winsgewende bedryf gemaak om in die noordelike buurstaat voort te gaan met handel. Die kameel se rug het gebreek met die gedurige tekort aan brandstof en die wisselende voorsiening van elektrisiteit. Die maatskappy wat bekende etikette dra van Pep Strore, Ackermans, en ShoeCity, het nou sy laaste 20 winkels in Zimbabwe toegesluit na meer as 20 jaar se teenwoordigheid in die land wat jaarliks al verder agteruitgaan op ekonomiese gebied. Zimbabwe ondergaan tans sy swakste ekonomiese jaar vir die afgelope dekade, en waarnemers is van mening dat die toestand nie gaan verbeter alvorens ’n meer realistiese benadering gevolg gaan word op ekonomiese en finansiële gebied nie. Pepkor is self ook besig met ’n herstrukturering program, en sal uiteindelik sy winkels verminder tot 313 om die ekonomiese afswaai die hoof te bied.

 

  • Vrydag sal nie ’n gewone Vrydag wees nie, maar wel “Swart Vrydag” waartydens die koperspubliek die winkels instroom en met emosie hulle aankope doen. Sakemanne en finansiële deskundiges waarsku egter dat die publiek eerder hulle huiswerk moet doen voor hulle blindelings die “Swart Vrydag” tegemoetgaan. Die Nasionale Krediet Reguleerder doen ’n ernstige beroep op die kliënte om eerder hulle kredietkaarte vir die dag by die huis te laat wanneer hulle die winkels besoek. Indien daar nie vooraf deeglik beplan is om ’n bepaalde artikel te koop nie, dan moet mense nie sonder deeglike oorweging artikels gaan koop omdat hulle glo dit is “goedkoper” op Swart Vrydag nie. Mense moet in gedagte hou dat kredietkaarte se uitstaande bedrag moet betaal word, en met die feesseisoen op hande, kan kliënte in ernstige verleentheid kom as Swart Vrydag al die geld opeis wat eintlik met die jaarlikse bonus betaal gaan word – en daarmee is die welverdiende Desember vakansie en feestyd na die maan… Mense wat hulle aankope slim doen, koop gewoonlik die dag na Swart Vrydag die artikels goedkoper, en ander koop liewer die volgende dag ook niks, en sug van verligting omdat hulle nie skuld gemaak het deur emosioneel t raak nie.

 

  • Die aktiviste se 16 Dae van geen Geweld teen Vroue en Kinders word wyd deur die media en die sosiale netwerke gepropageer. Ramaphosa sê dit is ’n groot skande dat geweld teen vroue en kinders gepleeg word, en die “nasie” moet hulle skaam vir die land se swak rekord. Ramaphosa sê die gewelddadigheid is alles behalwe waarvoor Suid-Afrika staan, terwyl mans en seuns eerder respek moet hè vir die vroulike geslag en hulle moet beskerm teen geweld. Terwyl die ANC president die gedagtes oordra aan die mense van Noord-Transvaal, is meer as 250 nuwe gevalle van geweld teen vroue en kinders gepleeg is volgens die statistieke dat daar elke 3 minute ’n nuwe wandaad teen hulle gepleeg word. Suid-Afrika is een van die wêreld se mees gewelddadige lande wat vroue en kinders raak, en met die verkragtingsyfer wat skrikwekkend hoog is, en die moord syfer van meer as 50 mense per dag, sal die president beter maatreëls in plek moet sit
  • Tom Moyane het toestemming van die Zondo Kommissie gekry om die ANC se Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan onder kruisverhoor te plaas in ’n spesiale sitting van die Kommissie oor Staatskaping. Die adjunk Hoofregter Raymond Zondo het die goedkeuring gegee nadat die versoek van Moyane vroeër van die hand gewys is. Die kruisverhoor kom nadat Moyane daarvan beskuldig is vir sy finansiële wanbestuur ten tye toe hy hoof van die SA Inkomstediens was. Pravin Gordhan het Moyane ernstig beskuldig, en regter Zondo het die kruis ondervraging goedgekeur met die verstandhouding dat dit van Moyane vereis word om sy dokumentasie op te stel en in te handig rakende die beskuldigings wat hy teen Gordhan wil inbring. Politieke ontleders reken dat Moyane se kruis ondervraging teen hom kan boemerang en sy saak net verder benadeel kan word.

 

  • TLU SA het ‘n baanbrekerstap geneem om volhoubare voedselsekerheid en -produksie in die bestek van die TLU SA-mandaat teweeg te bring, deur die gebruik van die moderne tegnologie van die Vierde Industriële Rewolusie (ook bekend as 4IR of Industry 4.0).
    ‘n Samewerkingsooreenkoms met IQ Logistica beloof uitkomste in makliker marktoegang, bestuursvermoë en samewerking. Dié maatskappy het ‘n naspeurbaarheidsplatform ontwikkel wat onder andere primêre landbouproduksie, verwerking, logistiek en transaksies fasiliteer tot by die eindverbruiker. Die werksaamhede van rolspelers in die waardeketting sal effektief vanuit ‘n geïntegreerde inligtingsbestuur perspektief herontwerp word.
    “TLU SA het met groot opgewondenheid verneem hoe die katoenbedryf dramaties as gevolg van dinamiese inligtingsbestuur jaar-op-jaar gegroei, verbeter en versterk het,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “IQ Logistica het sedert 2014 ‘n merkwaardige bydrae gemaak tot die katoen-waardeketting in Suid-Afrika. Die tegnologie werk baie goed, soos bewys met die sigbare resultate in die katoenbedryf.”
    TLU SA en IQ Logistica sal voortaan saam werk aan die stelselmatige uitbreiding van die sake-intelligensie-, naspeurbaarheid- en handelsplatform na waardekettings waarin TLU SA-lede rolspelers is, hoewel toegang tot die platform en die voordele daarvan beskikbaar sal wees aan alle rolspelers en belanghebbendes.
    Die skaal waarop die projek aangepak word vereis noodwendig samesprekings met  belanghebbendes, vir welke rede TLU SA ‘n kommunikasieplan sal daarstel en fasiliteer waaruit insette verkry en verwerk sal word.
    “Lede word aangemoedig om aktief deel te neem aan die uitdagende, maar konstruktiewe groeiproses wat vir ons voorlê,” sê mnr. Meintjes.
    Meer inligting oor die vordering en vooruitsigte van die projek sal deurgaans versprei word.

 

Bron: Die Vryburger & SABC

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

  

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 20 Max 33

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 15 Max 32

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 20 Max 33

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 19 Max 31

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige tot swaar reënbuie met ‘n Min 19 Max 34

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 21 Max 33

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 16 Max 36

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 22 Max 37

Durban – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 17 Max 26

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 18 Max 25

Upington –      Sonnig en bloedig warm met ‘n Min 20 Max 41

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 16 Max 22

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 15 Max 23

Sutherland – Sonnig en baie warm met ‘n Min 13 Max 33

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

Geniet jou Woensdag saam met Netradiosa
10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie
15:00 – Lulu se storietyd – saam met Cathy
16:00 – Treffers van Toeka tot nou met Ludwig
18:00 – Crime Time saam met William
19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:
http://netradio.gq – werk op alles op die internet

web https://netradiosa.co.za/

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm


 

Be the first to comment

Leave a Reply