Nuus en Weer 28 November 2019

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nuus en Weer 28 November 2019

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

 

Nuus

 

  • PENDELAARS kan hul voorberei vir ‘n Donderdag vol chaos. Metrorail se treindiens in die Wes-Kaap is tydelik opgeskort weens ‘n brand vroeg Donderdagoggend op Kaapstasie. Na bewering was die brand op platforms 9, 10, 15 en 16. Die oorsaak van die brand is nog onbekend
  • BUITELANDERS wie skuilplek by ‘n kerk in die Kaapse-middestad gesoek het wil nou na die naaste grens stap. Vir die afgelope week woon die groep by die Metodiste-kerk in Kaapstad. Dit kom nadat hulle buite die Verenigde Nasies se kantore in Kaapstad verwyder is. Die groot groep buitelanders, wie xenefobiese spanning vrees, soek hulp om Suid-Afrika te verlaat. JP Balous, ‘n vlugteling-aktivis, sê hulle is moeg en wil Suid-Afrika verlaat. “Dis ons laaste week. Ons gaan die land verlaat deur na die naaste grens te loop.” Honderde buitelanders dring vir weke reeds by die Verenigde Nasies se vlugtelinge agentskap aan om hulp om Suid-Afrika te verlaat. Die VN sê hulle kan nie die groep hervestiging doen nie. EWN berig die groep is ‘n week gelede ook gesê om die kerk, waar hulle nou skuil, te verlaat

 

  • DIE Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat ‘n hittegolf van gister af dele van die land sou tref. Die weerdiens sê sommige areas kan temperature van tot 40 °C verwag. Die warm toestande kan tot Vrydag aanhou.  Edward Engelbrecht, ‘n weervoorspeller van die SA Weerdiens, sê inwoners van die Vrystat, Noordwes, die binneland, Noord-Kaap en die Wes-Kaap gaan onder die hittegolf deurloop. Die enigste provinsies wat nie die hittegolf sal ervaar nie, is Mpumalanga, KwaZulu-Natal en dele van Gauteng.

 

  • Die plaaslike gemeenskap is in skok nadat ’n jong vrou in haar huis by haar slapende kind vermoor is. Shakira Links (20) se lyk is Saterdagoggend op haar kombuisvloer gevind met haar gesig in ’n bababadjie vol bebloede water. Een van haar bure, Viola Kotze, het omstreeks 09:00 op haar lyk afgekom

 

  • – Dit is ’n skreiende skande en ’n oortreding teen die mensdom. Dít is die lot van plaaswerkers van Kruisrivier in Calitzdorp wat siek-siek die sowat 20 km grondpad na die aansluiting by die R62 moet aandurf. Net omdat die ambulans nie die grondpad ry om die pasiënte daar te kom optel nie.

 

  • Die ernstige droogte het het sy tol op boere landwyd begin eis. In Noordwes het sommige boere groot hoeveelhede lewende hawe verkoop. In sommige gebiede is vee besig om van die honger dood te gaan. Die situasie word vergerger deur die trae pas van die regering se droogteverligting. Dit het daartoe gelei dat boere op skenkings van ander provinsies aangewese is. Vroeër het die bestuurshoof van Agri-Noordwes, Boeta du Toit gesê landbou-unies en private skenkers doen hulle bes om hulp te verleen en minstens veevoer te verskaf.

 

  • Meer as 20-duisend polisiebeamptes gaan gedurende die feestyd in KwaZulu-Natal ontplooi word. Dit is deel van ‘n geïntegreerde veiligheidsplan vir die vakansieseisoen wat gister deur die provinsiale Departement van Vervoer, Veiligheid en Gemeenskapskakeling in Westville in Durban bekend gestel is. Die departement se LUR, Bheki Ntuli, sê wetstoepassers gaan veral fokus op gebiede waar misdaad hoogty vier.

 

  • Die Wêreldnatuurlewefonds in Suid-Afrika het ‘n beroep op verbruikers gedoen om die hoeveelheid plastiek wat tydens die feestyd gebruik gaan word, te verminder. Die bewaringsorganisasie het gevra dat mense eerder herbruikbare inkopiesakke saamneem vir hulle inkopies en ook duursame, herbruikbare goedere aanskaf.

 

  • Die vergrote begroting van Gauteng is bedoel om beter infrastruktuur te skep, en meet werksgeleenthede te ontwikkel, maar dit kom ten koste van die minder gegoede provinsies wat nou met minder moet klaarkom. Waarnemers sê die vergroting van die provinsie se begroting sal bydrae tot meet korrupsie en groter wanbestuur. Die LUR van finansies , ene Nomantu Nkomo Ralehoko, het glo R443,9 miljoen bygevoeg tot die Gautengse begroting, wat glo geoormerk is vir verbeterde infrastruktuur en die instandhouding van bestaande strukture. Na raming is minstens R5 miljard nodig om die vervalle strukture op te gradeer en aandag te gee aan moontlike nuwe infrastruktuur.

 

  • Werkers is dikwels onbewus daarvan dat hulle sekere pensioen voordele het wat aan hulle uitbetaal moet word wanneer diens verlaat word. Dit bring mee dat onopgeëiste bedrae nou reeds miljarde Rand beloop wat na raming soveel as R4 miljard kan wees wat in twee unies opgehoop het. Dit lyk asof ’n totale bedrag van meer as R40 miljard opgeloop het oor die afgelope twee tot drie dekades, en niemand help diens verlaters reg om te sê hulle moet aansoek doen om uitbetaling van hulle pensioen voordele nie. Die inligting is bekendgemaak nadat ’n onafhanklike entiteit navorsing gedoen het en bevind het dat niemand werkers inlig oor hulle regte in die verband nie. Indien in aanmerking geneem word dat sekere pensioene buite die Pensioenfonds Wet ressorteer, dan is die totale opgehoopte bedrag R51 miljard wat nie geëis is nie.

 

  • Die ANC president, Cyril Ramaphosa het van sy plaaswerkers afgeleq, en sê dit is ’n sake besluit wat geneem is. Ramaphosa besit ’n plaas in die Oos-Transvaal, en daar word met beeste geboer, maar die bek-en-klouseer wat in ’n swart gebied van Noord-Transvaal uitgebreek het, het versprei na Oos-Transvaal. Die Ankole, ’n beesras uit Amerika, is Ramaphosa se keuse, maar nou het die bek-en-klouseer ook sy gebied besmet, en kan sy beeste besmet. Die ANC president het die helfte van sy plaaswerkers afgelê uit vrees dat die bek-en-klouseer ook op sy plaas gaan uitbreek, alhoewel dit nog onduidelik is oor waarom die afleggings gedoen is want die werkers is seker nie verantwoordelik vir die verspreiding van die siekte nie. Een van die 22 plaaswerkers wat afgelê is, sê hy is met nie ’n enkele sent in sy besit, afgedank nie. Die orige 24 permanente werkers sal toesien dat die beeste, tesame met die bul wat hy onlangs aangekoop het vir R500,000 nie beke-en-klouseer opdoen nie.

·       Nuwe kontrak vir e-tol laat vrae. Verskeie instansies hê die bestaande e-tol kontrak as ’n volslae mislukking beskryf, en tenders is gevra vir ’n nuut opgestelde kontrak wat daarmee gepaard gaan. Op 2 Desember verval die bestaande kontrak met die Electronic Toll Collections (ETC en moet een van die nuwe tenders aanvaar word om die omstrede stelsel staande te hou. Die kontrak wat sedert 2013 in gebruik was, is later verleng om ’n totaal van ses jaar te geld, en wat uiteindelik R9,9 miljard beloop het. Die kontrak wat bepaal dat die funksies van die e-tol en die instandhouding van paaie in die provinsie die kontrakteur se belangrikste taak is, moet nou met die nuwe kontrak tot uitvoer gebring word. Twee tenders is ontvang, waarvan een ’n bedrag van R11.399 miljard beloop, en ’n tweede tender beloop R7.5 miljard. Outa het glo vasgestel dat die tender van Kusa Kokutsha vir R7.5 miljard eers in Augustus gestig is, en klaarblyklik met die uitsluitlike doel om die e-tol tender te bekom.

 

·       TLU SA vra: Maak beswaar teen grond onteiening. TLU SA het ‘n veldtog bekend gestel om Suid-Afrikaners aan te moedig om steeds kommentaar te lewer teen die wysiging van art. 25 van die grondwet rakende grondonteiening sonder vergoeding.
“President Ramaphosa se regering het eensydig besluit dat die grondwet gewysig moet word en nie ag geslaan op die insette wat die gevolge van so ‘n wysiging duidelik uitgespel het nie,” sê mnr. Louis Meintjes, die president van TLU SA. “Ons uitgangspunt is, en was nog altyd, dat grondonteiening sonder vergoeding ‘n bedreiging tot privaat besitreg en die vryemarkstelsel is.
“Die wysiging gaan Suid-Afrika se ekonomie vernietig en ‘n noodlottige effek op voedselsekerheid hê. Ons kan en sal nie deel wees van hierdie vernietiging nie. Grondonteiening is níé belangriker as kos op die tafel nie.”
Die publiek het nou tot Februarie die geleentheid om oor die bewoording van die wysigings kommentaar te lewer.
“Die konsepwetgewing oor hierdie wysiging word eenvoudig deur die parlement gestoomroller,” sê mnr. Meintjes. “Met hierdie veldtog doen ons ‘n dringende beroep op Pres. Ramaphosa en die voorsitter van die ad hoc-komitee getaak met die bewoording van die artikel, Dr Mathole Motshekga, om eerder te fokus op hoe die wysigings en bewoording daaruit behoort te sien om eiendomsreg te versterk en te verhoed dat onteiening sonder vergoeding kan plaasvind. Dit is in belang van elke inwoner van Suid-Afrika.”

 

Bron: Die Vryburger & SABC

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

 Warmbad – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 21 Max 35

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 20 Max 35

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 24 Max 35

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 22 Max 32

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 22 Max 36

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 21 Max 34

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 18 Max 36

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en bloedig warm met ‘n Min 23 Max 37

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met matige reën met tye met ‘n Min 22 Max 25

Oos-London – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 18 Max 24

Upington –      Sonnig en bloedig warm met ‘n Min 22 Max 40

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 17 Max 28

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met ‘n Min 16 Max 23

Sutherland – Sonnig en bloedig warm met ‘n Min 17 Max 36

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

Die program rooster vir vandag

Geniet jou Donderdag saam Netradiosa

10:00 – Nuus en Weer saam met Corrie

11:00 – Gesondheid saam met Cathy

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers

Luisterskakels vir die Radio:

web https://netradiosa.co.za/

of http://netradio.gq – werk op alles op die internet

 

https://www.liveonlineradio.net/south-afri…/net-radio-sa.htm


 

Be the first to comment

Leave a Reply