Nuus & Weer 10 Januarie 2020

Alpha Lipid™ Lifeline™ -7067

Nuus & Weer 10 Januarie 2020

Weeksdae Aangebied deur Corrie om 10:00(CAT)

Luister weer deur op die skakel te klik

Kennisgewing

Die Radio raak nie by politieke of godsdienstige argumente betrokke nie.

Artikels en materiaal gebruik in programme is nie noodwendig die siening van die betrokke omroeper of die radiostasie nie maar die van die artikel- of berigskrywer.

Die Radio gee berigte en nuus deur soos ontvang en is neutraal van enige politieke groep of agenda.

 

 

Nuus

 

Die Weermag het met ‘n dringende ondersoek begin na die noodlanding wat ‘n Suid-Afrikaanse militêre vliegtuig in die Demokratiese Republiek die Kongo uitgevoer het.

 

Die DA het intussen gesê die C-130 vliegtuig was die laaste van sy soort wat nog in gebruik was. Die vliegtuig het 58 lede van die Suid-Afrikaanse weermag se vredeskorps en agt kajuitpersoneellede aan boord gehad. Dit wil voorkom of een van die vliegtuig se vier enjins aan die brand geraak het tydens die noodlanding by die Goma-lughawe in die ooste van die DRK.

 

Voorlopige syfers dui daarop dat padsterftes in die Wes-Kaap die afgelope vakansie gedaal het van 167 in 2018 tot 111 vir die huidige periode. Die provinsiale minister van vervoer, Bonginkosi Madikizela het die afname van sowat 34 persent verwelkom, hoewel die syfers nog voorlopig is.

 

Die polisie in Kaapstad het vier verdagtes in Landsdowne in hegtenis geneem nadat hulle betrap is met meer as 300 kilogram se spoorwegkabels. Die waarde van die kanbels word op sowat 83-duisend rand geraam.  Die polisie is steeds op soek na ‘n vyfde verdagte.

 

Sommige ekonome waarsku dat die Wêreldbank se hersiene groeivooruitsigte vir Suid-Afrika nie haalbaar is nie. Die Bank het die land se vooruitsigte vir vanjaar afwaarts aangepas tot onder een persent weens die voorslepende elektrisiteitsprobleme.

 

Eskom sê hoewel die kragverskaffer besig is om sy noodreserwes aan te vul, wil hy so min diesel as moontlik gebruik om kostes te besnoei. Eskom sê dieselkragopwekkers sal slegs gebruik word in noodgevalle om ander opwekkingseenhede te rugsteun. Fase Een beurtkrag geld van sesuur vanoggend tot elfuur vanaand nadat van die eenhede wat buite werking was, weer by die netwerk ingeskakel kon word.

 

Die Instituut vir Sekerheidstudies sê daar is sedert 2012 ‘n toename in ernstige geweldsmisdaad in die land. Die Instituut sê die Polisiediens is nie in staat om sy mandaat uit te voer nie – in weerwil van 152-duisend opgeleide polisiebeamptes. ‘n Senior navorser by die ISS, Johan Burger sê dié leemte is te wyte aan die verlies van deskundige kennis in pro-aktiewe, intelligensie-gedrewe ondersoeke. Burger sê misdade soos moord het sedert 2011/2012 met sowat 35 persent toegeneem. Hy sê ‘n soortgelyke tendens is sigbaar by roof met verswarende omstandighede.

 

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, sê redelike bewyse bestaan dat die Oekraïnse vliegtuig wat in Iran neergestort het, deur ‘n grond-tot-lug-missiel afgeskiet is en dat dit moontlik per ongeluk gedoen is. Brittanje het hom aangesluit by die VSA en Kanada en vir ‘n volskaalse en deursigtige ondersoek gevra. Al 176 passasiers aan boord van die vliegtuig is dood. Vier van die slagoffers was Britte.

 

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ten gunste van ‘n resolusie gestem dat daar ‘n beperking geplaas word op die President, Donald Trump. Ingevolge die resolusie mag hy nie enige militêre optrede teen Iran uitvoer sonder die toestemming van die Amerikaanse Kongres nie. Dit volg vier dae nadat Trump opdrag gegee het vir die aanval op die konvooi van die Iranse militêre leier, Qassem Soleimani in Irak. Die resolusie sal nou na die Senaat verwys word. Die maatreël is meestal simbolies van aard, en gee ‘n mandaat aan die Kongres om enige toekomstige konflik met Iran eers goed te keur, behalwe in die geval van ‘n dreigende gevaar teen Amerika. Trump sê hy het nie ‘n probleem om Kongreslede eers te raadpleeg nie, maar hy behou die reg om sonder versuim ‘n besluit te neem.

 

Britse parlementslede het die wetgewing goedgekeur wat Brittanje in staat sal stel om die Europese Unie op 31 Januarie met ‘n ooreenkoms te verlaat. Hulle het met 330 stemme ten gunste daarvan gestem, 99 meer as die 231 wat dit teengestaan het. Dit stel die eerste minister, Boris Johnson, in staat om die hoofstuk van een van Brittanje se ergste politieke krisisse in dekades af te sluit. Die wetgewing word nou na die hoërhuis verwys vir bekragtiging.

 

Bron: SABC

 

Weer

Temperature vir vandag soos verskaf deur die Suid-Afrikaanse Weerburo.

Warmbad – Gedeeltelik bewolk en warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 21 Max 28

Nelspruit – Gedeeltelik bewolk en warm met ligte reënbuie met ‘n Min 19 Max 22

Pretoria – Gedeeltelik bewolk en warm met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 20 Max 27

Johannesburg – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n Min 19 Max 26

Vereeniging – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n Min 18 Max 27

Rustenburg – Gedeeltelik bewolk en warm met reën plek plek met ‘n Min 20 Max 30

Bloemfontein – Gedeeltelik bewolk en baie warm met matige reën plek plek met ‘n Min 9 Max 30

Kimberley – Gedeeltelik bewolk en baie warm met ‘n Min 20 Max 33

Upington – Sonnig en baie warm met ‘n Min 17 Max 35

Durban – Gedeeltelik bewolk en warm met swaar reën met tye met ‘n Min 22 Max 25

Oos-London – Bewolk met ligte reën met ‘n Min 10 Max 21

Kaapstad – Gedeeltelik bewolk en warm met ‘n Min 18 Max 26

Port Elizabeth – Gedeeltelik bewolk met matig tot swaar reënbuie met ‘n Min 14 Max 20

Sutherland – Sonnig met ‘n Min 13 Max 27

 

Besoek gerus ons webwerf by www.netradiosa.co.za waar die radio ook speel en jy met enige selfoon of rekenaar kan saamkuier en Loer gerus rond op die webwerf daar is ook potgooie van vorige programme indien jy dit gemis het of weer daarna wil luister.

Sluit aan by ons facebook groepe en gaan hou van ons faceboek blad en nooi al jou familie en vriende om saam te kuier.

Kuier saam op die webwerf of met tunein gaan volg ons sommer daar ook – en kuier saam met enige selfoon, android, tablet, rekenaar, skootrekenaar enige plek enige tyd wêreldwyd vanaf die hoogste bergspits of in jou huis of kantoor solank jy toegang tot internet het.

Indien jy jou droom wil waarmaak om jou stem oor die radio te hoor – Bedryf jy jou eie besigheid wat jy met ‘n program op die radio wil bemark? Het jy n interresante stokperdtjie, hou daarvan om te kook of bak, of droom jy daarvan om pret te hê deur ‘n omroeper te wees?

Hier is jou kans. Kontak ons en ons help jou om jou eie program op Radio te begin

 

Geniet jou Vrydag saam met Netradiosa

10:00 –  Nuus en Weer saam met Corrie

12:00 – Tjailatyd met Arlene

19:00 – Meditation with Dr. Tienie Eilers


 

Be the first to comment

Leave a Reply